TygerBurger Bellville - 12 August 2020

Page 1

BELLVILLE

GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS

VEGETABLES 6PACK

WAS R22.95

NOW

www.stodels.com

R16.95

Offer valid until 16 August 2020 X1W9JXKD-AL120820

Woensdag, 12 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

X1W9JX3R-AL120820

@TygerBurger

TygerBurger

#LightSAred The iconic Milnerton lighthouse lit up in red on Wednesday 5 August to show support for the #LightSAred movement. Other buildings across the country participated and took a stand against the country’s lockdown regulations to raise awareness about the economic impact on the live events industry. Read the full story on page 2. PHOTO: HELENA’S IMAGES

TYGERBERG-KINDERKOOR: OEFEN OP ZOOM

‘Ek mis die koor vreeslik’ TARRYN-LEIGH SOLOMONS @tarryns07

T

ygerberg-kinderkoor se dirigent, Karina Erasmus, sê sy mis die koor verskriklik baie. Om dinge aan die gang te hou, het Erasmus aan TygerBurger gesê, bied hulle koorklasse op Zoom aan. Hulle beplan ook om ’n konsert in November te stroom. “Ek self mis die koor vreeslik; ek mis dit om die kinders se klank te hoor en hulle te sien.

“Ons bly oefen op Zoom omdat ons nie kan ophou sing nie. Ons is ’n span van vier musiekpersoneel wat elkeen met ’n stemgroep oefen. Dis nie dieselfde as om werklik te oefen nie, want ’n mens kan net een stem op ’n slag hoor. “Dit help my baie om die kinders beurte te gee om te sing, want so leer ek elkeen se stem goed ken. Ons is soos ’n koorfamilie, mis mekaar en kan net nie ophou sing nie,” sê Erasmus. In dié koorkringe is sy reeds ’n ou bekende – sy het in 1999 al uitgehelp toe haar eie leer-

ders van die Laerskool Goodwood Park vir die koor begin sing het. Sy is in 1991 as hoof van die Laerskool Goodwood Park se musiekafdeling aangestel. Erasmus was ’n inwoner van Goodwood tot haar kinders in 2002 na ’n hoërskool moes gaan. Tans woon hulle in Brackenfell. Sy sê die Zoom-kooroefeninge motiveer die kinders. “In ’n tyd dat daar geen sport of enige ander bedrywighede is nie gee die Zoom-klasse positiewe afleiding en betrokkenheid vir die kinders. “Ons het vier virtuele koorwerke instu-

deer sedert die einde van Maart. Twee was ons eie projekte, ‘We shall be reborn’ en ‘The hands of Man’, een saam met PJ Powers, ‘The World in Union’, en ’n ander een, ‘Sing as One’, saam met ’n Filippynse koor met kinders van reg oor die wêreld.” Die koor kan op die Tygerberg-kinderkoor se Youtube-kanaal gehoor word. “Die kinders neem almal hul eie stem op met hul selfone en maak ’n video van hulself, alles tuis. Die klank en video word dan in ’n ateljee gemeng en op die internet vrygestel. Ons beplan om in November ’n konsert te stroom.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.