KUILSRIVIER NEW LOCKDOWN TRADING HOURS
• Mon – Friday 8.30am – 5pm • Sat 8am – 5pm • Sundays 8.30am – 1pm (NOW AVAILABLE)
Valid from 4th November to 8th November 2020. X1WDVFV1-AL041120
Woensdag, 4 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Slote word gegrawe om kabels te verwyder. INLAS: Inwoners kom gereeld op tonele soos hierdie af.
HIGHBURY: INWONERS IS RAADOP
Kabels word weggedra CARINA ROUX
I
nwoners van Highbury wat naby die spoorlyn woon, is raadop weens die blatante diefstal van kabels wat so te sê onder hul neuse plaasvind. As skelms rolle en rolle kabels kan wegdra, kan hulle ook ander goed wegdra en dit stem baie van die inwoners onrustig, sê hulle. ’n Inwoner van Arendsestraat sê hulle het reeds vier inbrake gehad. Sy vertel die kabeldiefstal het veral die laaste paar maande al hoe erger geword. “Die area is stil en hulle kom weg daarmee. Hulle kan ook oor ons mure klim en nog steel.” Sy het verskeie foto’s van gate, sommige
redelik diep, wat gegrawe is om by die kabels uit te kom. “Jy sien hoe stap die mense hier agterom met die kabels.” Sy sê dit is soms helder oordag en ander kere ná middernag. “Mense is desperaat vir geld, so hulle doen dit nou amper enige tyd, want dit is stiller hier – dis aan die agterkant van die huise en met fabrieke aan die oorkant.” Die skelms kom meestal in groepe van drie of vier, sê sy. “Een hou wag en twee grawe. Hulle is goed georganiseerd.” Sy het dit al telkemale aangemeld, omdat hulle ook bekommerd is oor hul eiendom se veiligheid, maar niks het nog verander nie. “Niemand reageer nie, Prasa stel nie belang nie,” sê sy. Sidney van der Colff van die plaaslike
buurtwag (sektor 1) sê ’n veiligheidsbeampte van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het wel eendag kom kyk, maar hy is nie bewus van enige optrede wat daaruit gevolg het nie. Die oorgroeide oop stukke grond dra verder by tot inwoners se kommer met digte bosse wat goeie skuilplek bied aan misdadigers. Van der Colff het gesê die terugvoer van die Stad Kaapstad oor die dele grond wat aan hulle behoort, was dat die tenders om dit skoon te maak, nog nie in plek was nie. “Laaste wat ons gehoor het was dat dit moontlik einde Oktober sou wees.” Een van die gedeeltes is die Saxdown-padreserwe, wat ook ’n deurgang is vir voetgangers. Van die inwoners het genoem hulle wil
graag sien dat die deurgang toegemaak word en dat Prasa ordentlike heinings langs die spoorlyn oprig. In Higginsstraat het inwoners verlede week vergader om oplossings te probeer vind. Graham Raatz van die Highbury-stigting het verskeie rolspelers versoek om dit by te woon, maar geen verteenwoordigers van die subraad of van Prasa het dit bygewoon nie. Die polisie se sektorbevelvoerder, sers. Pieter du Toit, het dit wel bygewoon. Daar is nog nie daadwerklike oplossings gevind nie, maar die inwoners oorweeg dit om self geld in te samel om dalk versperrings op te rig en om die plantegroei in bedwang te kry. V Na bladsy 2
HUGE VARIETY POTS UP TO 50% OFF! BUXUS (BOXWOOD) WAS 29.95
HORSETAIL THATCH WAS 69.95
NOW EACH
WAS 529.95
MILAN POT
NOW EACH
www.stodels.com
PETUNIA MILLION BELLS
VARIOUS COLOURS
WAS 79.95
WAS 69.95
NOW
NOW
NOW
EACH
EACH
EACH
WAS 259.95
TOTI POT
BABERTON DAISY
NOW EACH
WAS 269.95
PETUNIA PLANTER
NOW EACH
WAS 169.95
PROVINCE POT
NOW EACH
VERBENA HANGING BOWL
SUTERA + CALIBRACHOA + VERBENA
BUY 3
GERANIUM MAVERICK
BUY 4 FOR
WAS 279.95
NOW
TERRACOTTA PLANTER
EACH
EGG POT
FOR
WAS 139.95
NOW EACH
WAS 29.95
EMMA BOWL 25CM
NOW EACH
LARGE WAS 439.95
NOW EACH
MEDIUM WAS 299.95
NOW EACH
SMALL WAS 149.95
NOW EACH
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 Offers valid until 08 November 2020. While stocks last.