EERSTERIVIER & BLUE-DOWNS NEW LOCKDOWN TRADING HOURS
• Mon – Friday 8.30am – 5pm • Sat 8am – 5pm • Sundays 8.30am – 1pm (NOW AVAILABLE)
Valid from 4th November to 8th November 2020. X1WDVFV1-AL041120
Woensdag, 4 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
New sports complex launched
The Nooiensfontein Sports Complex was unveiled on Saturday. As part of the event, a soccer tournament was held, which was won by Highgate United. Here they are celebrating their victory. See story on page 4.
BLACKHEATH: VUURWAPEN IN GESIG GEDRUK
Rooftog traumatiseer BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
’n
Vrou wat in ’n gewapende rooftog in Austenville in Blackheath aangerand is, is volgens haar ma erg getraumatiseer. Cheryl Solomons du Toit sê haar dogter,
Tyler, en nog ’n kassier was in die Austenville Supermark toe drie mans ingekom en hulle as klante voorgedoen het. “Nie lank ná hulle in die winkel gekom het nie, het hulle vuurwapens uitgepluk. Een het na die ander kassier gegaan en haar geldlaai leeggemaak, waarna die ander na my dogter gegaan en die vuurwapen in haar ge-
sig gedruk het. Hy het haar probeer dwing om die laai oop te maak. Die een het haar met ’n harde voorwerp, vermoedelik ’n vuurwapen, teen die kop geslaan,” sê Solomons du Toit. Volgens haar het die verdagtes met die geld, sigarette en die koopkragmasjien gevlug. “Volgens my dogter was die een wat haar
geslaan het, baie aggressief. Die een wat by die deur gestaan het, was baie kalm. Hulle het in ’n silwer Mercedes weggery,” sê sy. Dit is nie die eerste keer dat Tyler met ’n vuurwapen gekonfronteer word nie. Twee jaar gelede het iemand ook probeer om hulle op die R300-snelweg te kaap. V Vervolg op bl. 4