DURBANVILLE
Woensdag, 4 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Steun aan polisie Die Doxa Deo-gemeente in Durbanville het die afgelope Saterdag hul steun aan die Durbanville-polisie gewys. Nie net is die tuin van die polisiekantoor skoongemaak, takke weggery en die gras gesny nie, maar die polisielede aan diens is ook op boereworsrolletjies en koeldrank getrakteer. Bo is Riaan Gouws (middel), pastoor van Doxa Deo Durbanville, by (van links) konstt. Ivann Amos, Lauren Adams, Aubrey Mudau en kapt. Elma Jooste. Die gemeente het onderneem om die tuin tot einde Maart aanstaande jaar in stand te hou. Maritha Roukema van die Durbanville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gesê dié projek sluit aan by die GPF se geprioritiseerde projekte van sy veiligheidsplan. Dit sluit in die verfraaiiing van die polisiekantoor en aanbring van veiligheidstoerusting. Nog ’n skerm gaan in die gemeenskapsentrum aangebring word om polisielede en die publiek teen Covid-19 te beskerm, het sy gesê. FOTO: ESMÉ ERASMUS
DURBANVILLE: GELD VIR KLEUTERSKOOL BEDOEL
Man gaps glo Covid-19 geld ESMÉ ERASMUS ’n Man van Gauteng is vas weens sy beweerde betrokkenheid by die diefstal van R150 000 van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) tydens die Covid-19-pandemie. Die geld was vir ’n kleuterskool in Durbanville bestem. Die 45-jarige verdagte, Lesiba Samuel Modiba, het na bewering die geld in Mei vanjaar ontvang nadat die Durbanville Kleuter Akademie in Goedemoedweg in Durbanville aansoek gedoen het om Covid-19-Ters-voor-
dele vir sy werknemers. Die direktoraat vir prioriteitsmisdaad (Valke) het in ’n mediaverklaring gesê die ondersoekeenheid vir ernstige korrupsie in Pretoria is oor die diefstal ingelig. Modiba is verlede Maandag in Hammanskraal in Noord-Gauteng in hegtenis geneem ná ’n deeglike ondersoek, lui die mediaverklaring. Hy het in die Pretoria-handelsmisdaadhof verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is tot 18 November uitgestel. Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder
van die Valke, het aan TygerBurger gesê sy kan nie meer inligting bekend maak oor hoe hy die geld na bewering gesteel het nie, omdat dit die ondersoek kan belemmer en daar na nog verdagtes gesoek word. Sy wou nie bevestig of die verdagte by die departement van arbeid se WVF-afdeling werk nie. Volgens Mulamu is ’n gedeelte van die R150 000 teruggekry, maar is ’n gedeelte daarvan ook reeds bestee. Die Durbanville Kleuter Akademie wou nie kommentaar lewer op vrae oor hoe dit
die kleuterskool benadeel het “voordat die saak teen die beskuldige afgehandel is nie”, het Janine Lochner van die skool gesê. TygerBurger kon nie nog kleuterskole in Durbanville opspoor wat deur soortgelyke bedrog geraak is nie. Volgens die hoof van ’n ander kleuterskool, Lelanie Gerber van die Durbielandkleuterskool, het hulle WVF-geld vir sowat 70 werknemers vir ’n periode van sowat drie maande geëis. “Ons het die geld nogal gou gekry; dit het baie gehelp,” het Gerber gesê.
HUGE VARIETY POTS UP TO 50% OFF! BUXUS (BOXWOOD) WAS 29.95
HORSETAIL THATCH WAS 69.95
NOW EACH
WAS 529.95
MILAN POT
NOW EACH
www.stodels.com
PETUNIA MILLION BELLS
VARIOUS COLOURS
WAS 79.95
WAS 69.95
NOW
NOW
NOW
EACH
EACH
EACH
WAS 259.95
TOTI POT
BABERTON DAISY
NOW EACH
WAS 269.95
PETUNIA PLANTER
NOW EACH
WAS 169.95
PROVINCE POT
NOW EACH
VERBENA HANGING BOWL
SUTERA + CALIBRACHOA + VERBENA
BUY 3
GERANIUM MAVERICK
BUY 4 FOR
WAS 279.95
NOW
TERRACOTTA PLANTER
EACH
EGG POT
FOR
WAS 139.95
NOW EACH
WAS 29.95
EMMA BOWL 25CM
NOW EACH
LARGE WAS 439.95
NOW EACH
MEDIUM WAS 299.95
NOW EACH
SMALL WAS 149.95
NOW EACH
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 Offers valid until 08 November 2020. While stocks last.