1 minute read

Marco ALBIE

Kaptein Van Die Eerste Rugbyspan

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Definitief toe ek in 2022 in die SWD Cravenweek gespeel het.

Hoe motiveer jy jou span?

Deur altyd positief te wees en nooit negatief te raak nie.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Louis Fourie, hy help om my kalm en rustig te hou in situasies waar nodig is.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Om met die Wit-trui uit te draf en voor die skool by Interskole te staan.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Steven Kitshoff, want hy is ‘n goeie speler en ook ‘n goeie leier.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag gaan rugby speel en daarvan ‘n loopbaan maak.

ONDERSTEUN DIE EERSTE RUGBYSPANNE SATERDAG, 19 AUGUSTUS OM 12:30.

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Toe ons WP Cravenweekspan die Bulle in die finaal geklop het en ook toe ons vir Paarl Boys’ High op hulle tuisveld 22 Julie 2023 geklop het.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek doen my bes met ‘n praatjie voor elke wedstryd, maar hulle het dit eintlik nie nodig nie, want hulle is reeds gemotiveerd vir/voor elke wedstryd.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Chistoff (Bettie) Etzebeth. Ons staan altyd saam en respekteer mekaar. Ons sit nooit vas nie en stem altyd saam.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ons sien beslis uit na Interskole teen Oakdale.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Duane Vermeulen. Hy is `n baie harde fisiese rugbyspeler en beskik oor goeie leierseienskappe.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek sal baie graag na skool verder wil rugby speel en ook B-Agric studeer en later op ons plaas in die Swartland gaan boer.