Boland Landbou Rugby Dag 2018

Page 2

‘N TROTSE TRADISIE Boland Landbou is gestig in 1962 en het huidiglik 350 seuns. Ons het 18 rugbyspanne wat weekliks teen die top rugbyskole in die Wes-Kaap meeding. Oor die jare het Boland Landbou vier Springbokke opgelewer, naamlik Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens en Derick Hougaard. Ons het ook reeds twee spelers opgelewer vir die SA o.20 span naamlik Arno van Wyk in 2014 en Jondré Williams in 2017. Boland Landbou poog om elke vier jaar rugbyspanne oorsee te neem en het die afgelope twintig jaar toere onderneem na Suid-Amerika (1997); Dubai (2001); England, Wallis en Frankryk (2006); New Zealand (2011) en Italië, Frankryk & Spanje (2015). Die skool is ook een van slegs ‘n paar skole in SA wat in 2002 die Sanix Wêreldtoernooi vir skole in Japan gewen het. Boland Landbou speel in die Premier A-liga van die WP Rugby Unie en neem ook jaarliks aan elke top skolerugbytoernooi in SA deel. Ons o.19A-rugbyspan neem deel aan die volgende toernooie: • Wildeklawer skole-rugbytoernooi. Die top 20 rugbyskole in SA neem hieraan deel. • Die Noord/Suid-Rugbytoernooi wat jaarliks in Pretoria gehou word. Skole wat hieraan deelneem is Waterkloof, Monnas, Garsfontein en Grey Kollege. • Die WP Rugbydag waar ons seuns op Nuweland speel. • Die Blou Bulle Rugbydag waar ons seuns op Loftus Versfeld speel. • Ons speel jaarliks twee wedstryde op TV by Wildeklawer en ons Interskole teen Oakdale. Ons o.14A, o.15A en o.16A-rugbyspanne neem jaarliks deel aan die Outeniqua o.14 & o.15 rugbyweek en Paarl Gimnasium se o.16-rugbytoernooi. Ons o.19B- en o.19C-spanne neem ook gereeld aan ‘n toernooi in die Aprilvakansie deel. Elke twee jaar vertrek die hele skool vir ‘n naweek na Port Elizabeth waar ons teen Framesby rugby speel met 15 rugbyspanne. Die eerste rugbyspan van Boland Landbou eindig jaarliks onder die top 15 skole op die SA skole ranglys. In 2016 het Boland Landbou 5de op die ranglys geëindig. Ons wen gereeld ‘groot’ skole soos Paul Roos, Monnas, Bishops en in 2017 het ons vir Paarl Gimnasium geklop vir die eerste keer sedert 2009. ‘n Hoogtepunt elke jaar is ons wedstryd teen HJS Paarl wat altyd ‘n baie taai en gelykopstryd is. Ons jaarlikse Interskole is teen Oakdale en ons het 19 van die vorige 30 interskole wedstryde gewen. Sedert 2012 het Boland Landbou 11 WP-Cravenweek spelers opgelewer, 14 WP o.18-Akademie spelers en 12 WP o.16-Grant Khomo rugbyspelers. Ons het ook 7 WP o.17- sewes rugbyspelers opgelewer en in 2017 is Eugene Snyders opgeneem in die SA o.17-sewesspan. In dieselfde tydperk lewer ons twee SA Skole rugbyspelers op. Afrigting: • Elke rugbyspan het ‘n afrigter. • Ons A-rugbyspanne het ervare afrigters met IRB Vlak 1 of 2 kwalifikasies. • Die A-span afrigters is of oud-provinsiale spelers of het reeds op provinsiale vlak afgerig. • Ons maak gereeld van spesialis-afrigters gebruik by ons spanne, soos Hawies Fourie die huidige Matiesafrigter, en oud-skoliere soos Hottie Louw, voormalige Springbok slot, is steeds baie betrokke by die skool. • Deon Carstens ‘n oudskolier en voormalige Springbok, Sharks, Saracens en WP-stut is een van ons 1ste span afrigters al vir die afgelope drie seisoene. • Ons huidige o.14A-afrigter, Jan Brand is die voormalige WP o.13-Cravenweek afrigter wat vir baie jare die finaal van die o.13-Cravenweek gewen het. • Dit is ook vir ons belangrik dat ons oud-skoliere by ons rugby afrig omdat hulle ons skool se waardes en tradisies verstaan. Daarom is daar huidiglik sewe oudskoliere wat by ons rugby afrig. Boland Landbou se Nasionale en Provinsiale spelerslys: Springbokke 4 (Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens & Derick Hougaard) SA o.20 2 (Arno van Wyk, Jondré Williams) Italië 1 (Tobie Botes) Namibië Wêreldbeker 1 (Danie van Wyk, Johan (Aranos) Coetzee & AJ de Klerk) Namibië Curriebeker 1 (Francois Wiese) Springbok Sewes 2 (Stefan Basson & Jose van Rensburg) UAE Sewes 1 (Stephen Cooper) Super Rugby of Curriebeker 34 (Attie Strauss, Hottie Louw, Derick Hougaard, Deon Carstens, Willem de Waal, Manie du Toit, Evert Kleinhaus, Kobus le Roux, Stefan Basson, Pieter Wium, Cecil Kemp, Jose van Rensburg, Albertus Buckle, Clemen Lewis, Thor Halvorsen, Alwyn Bester, JP Geldenhuys, Heinrich Steyl, Johan Coetzee, Burger Schoeman, Tobie Botes, Morne Hanekom, Chris Buckle, Johan Herbst, Rossouw Kruger, Gerhard Jordaan, Jos Malherbe, Tiaan Loots, Nicolai Lubbe, Tiaan Radyn, Francois van Wyk, Justin Basson, Arno van Wyk, Mathys Basson) SA Skole 9 (Jondré Williams, Hottie Louw, Deon Carstens, Derick Hougaard, Kobus le Roux, Albertus Buckle, JP Basson, Andre Schikkerling, Stephan Basson) SA Skole Akademie 4 (Evert Kleynhaus, Vlam Taljaard, CG Stomann, Clemen Lewis, Athi Magwala)

Bladsy 2

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Athi Magwala – matriek 2016 SA Skole A-span WP o.19 Curriebeker

Arno van Wyk – matriek 2012 Blou Bulle o.21 & SA o.20

Oud Springbokke Derick Hougaard

Francois van Wyk – matriek 2009 Northampton Saints

Deon Carstens 2016 matriek WP o.19 Curriebeker

Jondre Williams matriek 2015 SA o.20


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.