AWSUM Zwartkop vs Eldoraigne 2024

Page 1

includes eye test, frame and latest blue blocking lenses

HOËRSKOOL ZWARTKOP SE SKOOLHOOF AAN DIE WOORD

Dit is vir die Hoërskool Zwartkop ‘n aangename voorreg om as gasheer op te tree in die FNB Classic Clash byeenkoms tussen die Hoërskool Zwartkop en ons bure, die Hoërskool Eldoraigne.

Mag hierdie dag ons almal vul met diepe dankbaarheid teenoor ons Skepper vir soveel geleenthede en voorregte. Hoewel die stryd op die baan en veld intens moet wees, is die blywende neweproduk van die byeenkoms dat vriendskapsbande tussen die twee skole verstewig, dat hartlike buurmanskap die toon aangee en dat die dag sorg vir onvergeetlike herinneringe. Mag ywer altyd triomfeer oor na-ywer.

Ons dank ook aan die borge vir hul ondersteuning. Hul belegging is onmisbaar en so help hulle om die suksesverhaal van kinders te skryf.

Ja, sukses is altyd ‘n gedeelde ervaring en word elke afrigter en ouer bedank vir hul belegging in ons kinders. Die opvoedkundige waarde van sport as voertuig om sukses te kweek, mag nooit onderskat word nie.

Laat ons ten slotte altyd besef dat wat ons ookal vermag, te danke is aan dit wat ons van ons Hemelse Vader ontvang het.

Zwarriegroete

Dr Dewald Strydom SKOOLHOOF

‘N GEREKENDE SKOOL IN DIE ONDERWYSLANDSKAP: HOËRSKOOL

ZWARTKOP.

‘n Immergewilde skool in Centurion het op 11 Januarie 2024 sy 40ste bestaansjaar gevier. Hoërskool Zwartkop het sedertdien van krag tot krag gegroei en in een van die steunpilare van die Centurion-gemeenskap ontwikkel.

Hoërskool Zwartkop is gebou op die ou oorspronklike plaas met die naam Zwartkop. Die skool het sy deure op 11 Januarie 1984 geopen met ‘n leerdertal van 298. Die skool is gebou met fasiliteite vir ‘n algemene- en tegno-akademiese studierigting. Vandag bestaan die skool uit ‘n leerdertal van nagenoeg 1 900 en ‘n personeelkorps van meer as 120.

Die prestasies van die skool oor die afgelope aantal jare strek oor alle fasette van die skoollewe. Die spyskaart van aktiwiteite waaraan kinders in Zwarrieland kan deelneem, is lank en wyd. Hoërskool Zwartkop roem daarop dat afgeronde, goedgebalanseerde en gelukkige leerders aan die einde van matriek gelanseer word om suksesvolle landsen wêreldburgers te word.

Hoërskool Zwartkop word geken as ‘n skool wat op atletiekgebied spiere bult en kragte meet teen die bestes in Suid-Afrika. Danksy ‘n merkwaardige aantal kundige afrigters, bereik die Zwarries besonderse hoogtes op verskeie sportgebiede. Wat wintersporte aanbetref is hulle deel van die Super 16 NWUReeks waar hulle hulself oor jare gevestig het onder die top 3 uit 16 skole. Die ander sporte op die Zwarrie-sportspyskaart presteer ook uitnemend! Zwarries is besig met ‘n opwaartse kurwe ook met ander sporte en aktiwieite.

Op kultuurgebied blink die Zwarries uit. Buiten die produksies wat jaarliks op die Zwarrieplanke gebring word, word daar gespog met redenaars-, orators- en debatleerders wat groot hoogtes bereik. Die Zwarries word ook geken vir hul solosangleerders en die koor wat oral naam maak.

Zwarries is aktief betrokke in die gemeenskap met welsynsprogramme. Die Zwarries is baie trots op hul Eko-klub, wat met groot erns by die bewaring van ons planeet betrokke is met verskeie programme.

Akademie is die kernbesigheid van Hoërskool Zwartkop en is dit die 17 de jaar aaneenlopend wat die skool pronk onder die top 10 akademiese skole in Gauteng. Verlede jaar se matriekgroep het met hul 100% slaagsyfer die trotse prestasie voortgesit. Drie matrikulante het ‘n gemiddeld van bo 90% behaal, 50 matrikulante het ‘n gemiddeld van bo 80% en 128 matrikulante het ‘n gemiddeld bo 70%.

Uiteindelik is dit die familiegevoel en die kenmerkende Zwarrie-vibe wat Hoërskool Zwartkop eiesoortig maak. Zwarries word geken daaraan dat hulle trots is op hul skool, tradisieryk is, graag deel van die suksesstorie van hul skool is en getrou is aan hul leuse: Glo en Dien!

Winter Warmer Promotion! 012 654 7752 Address : Medicross Saxby, 1053 Frederik Ave, Eldoraigne Mailbox : admin@knipoog.co.za Website: www.knipoog.co.za Buy Get FREE! T’s and C’s Apply Book Now!

LUHARDT BOOYENS

KAPTEIN VAN DIE EERSTE

RUGBYSPAN

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Alhoewel ek van my lekkerste rugby by die klub gespeel het, was dit my droom om eendag vir ‘n skool se eerstespan uit te draf.

Hoe motiveer jy jou span?

Om by elke oefening hulle moed in te praat, om daar te wees deur moeilike tye, saam te lag en saam te huil. Om positiewe, maar eerlike kommentaar te lewer, en om net so hard soos almal te werk. Ek glo dat om ‘n voorbeeld te lei die beste motivering is.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Adriaan Jansen van Vuuren, hy help my as die druk op sy ergste is en om my te motiveer om harder te werk. Hy is ‘n flank en sy werk is om die enginkamer aan die gang te hou.

Waarna sien julle as span die meeste hierdie jaar uit?

Ons sien uit om die Classic Clash op ons eie tuisveld te speel, asook die Noordvaalreeks. Ons werk hard en ons weet ons sal die vrugte pluk.

Wie is jou gunsteling Springbokrugbyspeler en hoekom?

Handré Pollard. Die kalmte wat hy op die veld bring en sy visie en spelkennis is iets waarna ek opkyk.

ONDERSTEUN DIE EERSTE RUGBYSPANNE, SATERDAG 18 MEI OM 13:45. O|19ARUGBY

JAYDEN NIEHAUS

KAPTEIN

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Om vir die eerste keer as die kaptein van die eerstespan op ons tuisveld uit te draf.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek glo `n kaptein moet as ’n rolmodel lei, so as ek van ‘n speler verwag om iets te doen, sal ek dit doen en vir hulle help om dit ook tot die beste van hul vermoë te doen.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

JP Meyer is die onderkaptein en hy ondersteun my deur om altyd my in die besluite wat ek neem te ondersteun en wanneer ek oorweldig voel, weet ek dat ek op hom kan staatmaak om ook besluite te neem.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Die Classic Clash is altyd `n hoogtepunt vir Eldoraigne se eerstespan en ons sien uit om weer Zwartkop op hulle tuisveld te wen.

Wie is jou gunsteling Springbokrugbyspeler? Fourie du Preez.

Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag Elektroniese Ingenieurswese gaan studeer en dan ook nog steeds rugby

VAN DIE EERSTE RUGBYSPAN
Manie Buitendach Darren Bruwer Jaco Fourie Divan-Michael van Rooyen
SW
Hendru van Zyl Liebenberg Marnes Prinsloo Ruben van der Merwe Jaydon Niehaus Deon Anderson Ivan Vermeulen Juwuan Pieterse Wian White Cappy Mashabela Jaundré Ian Bosch Rikus Rheeder Evan Fivaz
Cameron
Dugan Daniels Tristan Lee
AFWESIG: MC Scheepers
Zander Engels Victor Koopmans
Kevin Earle JP Meyer
Enrico Joubert
Justin Meintjies
Voor: Reinhardt Haasbroek, Wickus Strydom, Divan van Rooyen, Neall Venter, Zander Vermaak, JJ Engelbrecht. Middel: Gerrie Marais, Kian van den Heever, Stefan Janse van Vuuren, Viloen van Rooyen, Sebastian Serfontein, Sydzer de Wet. Agter: Marinus Langerman, Jason Henery, PF Potgieter, Ivan Dreyer. HS Eldoraigne - Rugby o.19C HS Eldoraigne - Rugby o.19B

HS Zwartkop - Rugby o.16A

Voor: Christiaan de Vries, Shayden Botha, Jacques du Plessis, Wihan Pelser, Wihan Roux (k), David van Jaarsveld (o.k), Tilon Baron, Marko Herbst, Stiaan Botha, Regan Blignaut. Agter: AJ Hendriks, Dian Booyens, Jethro le Roux, Franco van Tonder, Reghardt Naude, Dian du Plooy, Herman Potgieter, Mikka Allers, Johan Armstrong, Luan Wepener, Matthew Smith.

HS Zwartkop - Rugby o.15A

Voor: Ethan Deneys, Justin Visser, Thomas Muller, Stian Scholtz, Tayten Thiart, Giandré Claassen, Jacques Jv Rensburg, Quwin Meyer, Luhan van Staaden, Lian Meyer, Dameon van der Merwe, Ruvan Burger. Agter: Garrith Warie, Vian Fourie, Zane Venter, Sebastian van der Mescht, Nathan de Bruin, Ryan Buys, Austin Yzelle, Heinrich Kotze, Justin Ferreira, Micah Dry, Ruan Jordaan, Judah le Roux, Zachary Basson.

Voor: Jean du Randt, Ethan Beyer, Kyle Geldenhuys, Conrad Swart, Ian Coetzer, Jean de Villiers, Matthew Dartnall, Selwyn Ibbetson. Middel: Ruan Potgieter, Riku Myburgh, Luan du Preez, Damian Elferink, Eben Degenaar, Shawn Swanepoel, Wian Audier. Agter: Duan Joubert, Divan du Plessis, Chase Wessels, Donovan Smith, Ruan Boshoff, Michael vd Berg, Guan van Wyk.

HS Zwartkop - Rugby o.14A

Voor: Keagan Watkins, Dian Snyman, De Wet De Lange, Franco Alberts, AJ Kleinsmit, Jaydin Olivier, Roschua Gleeson, Bashir Blaauw, Thabiso Magoro, Lehan Naudé. Agter: Dominic Du Toit, Alexander Boucher, Ben-Martin Alberts, William De Lange, Ruan Fuchs, Christopher Dobson, Wilhelm Du Toit, Markus Bothma, LJ Rootman, Xian Gouws, Llewellyn Brits, Hendré Taljaard.

AN-LyttletonAD(128x95mm) FINAL.pdf 1 2023/03/06 16:08

Voor: Paul Delport, Manase Ngwepe, Xander Butler, Cecil Rich, Ruan Stephens, JZ Erasmus, Pieter Bosch, Janko van Niekerk. Middel: Ryno Kat, Dian Reynecke, Owen Reek, Niclas Möller, Chadin Dartnall, Xander Koopmans, Rynhardt de Beer, Ruan Hollander. Agter: Ruben Nel, Aiden van Rooyen, Louis Parker, Tiaan Grobler, Justin Janse van Rensburg, Jayden Luke Weber, Ominami Sithole.

Voor: JJ Botes, Stephan Vermaas, Brandon Mostert, Francois Jacobs, Franco Vermeulen, Duandré Naude, Jayden Calitz. Middel: Ryan van Schaik, Aiden de Waal, Migael Moulder, Zachary McGilton, Leander Hanekom, Liam Swanepoel, Dehandré van der Merwe, Jayden Schmal. Agter: Hein van Beek, Luandré Ras, Marnus Kriek, Kelvin Viljoen, Nicho Visagie, Brendan Möller, Norman Orsmond, Zander Hattingh.

Kry al die spanfoto’s aanlynskandeer die kode

HS Eldoraigne - Rugby o.16A
Rugby o.15A HS
- Rugby o.14A
HS Eldoraigne -
Eldoraigne
Zwartkop
Eldoraigne
vs

MEGAN MOREHEN

KAPTEIN VAN DIE EERSTE

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Ons oorwinning teen Hoërskool Waterkloof is ons hoogtepunt tot dusver. Ons het aan onsself bewys dat ons instaat is om die beste span moontlik te wees en tot die einde toe te veg. Dit het vir ons die motivering gegee om net nog harder te werk om ons doelwitte te bereik. Ons het alles in ons vermoë gedoen om ons skool se naam hoog te hou.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek bemoedig my span deur positief te bly en inspireer hulle om die beste moontlike weergawe van hulleself op die netbalbaan te wees. My leuse vir die span is “aanhouer wen” en ten spyte van die moeilike tye, poog ons om altyd doelgerig te wees en mekaar by te staan, ongeag of ons wen of verloor. Ons vier die hoogtepunte en ons werk net harder in die moeilike tye.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Tiané Brink is my regterhand. Sy is altyd daar in tye van nood en sy is ‘n hartsvriendin. Sy is die persoon op wie ek kan terugval wanneer my gemoed laag is. Sy sal vir my die ondersteuning bied om deur te druk, sy is altyd daar vir die span en is werklik ’n staatmaker.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Ek praat namens die span as ek sê dat ons elkeen se grootste doelwit is om deur te gaan SA’s toe. Ons span het die potensiaal om die doelwit te bereik. Ek glo met my hele hart dat die Here ons pad vorentoe ryklik sal seën en vir ons die krag sal gee om aan te hou glo en om die droom ‘n realiteit te maak. Dit sal my so trots maak om te sien dat ons

ONDERSTEUN DIE EERSTE NETBALSPANNE, SATERDAG 18 MEI OM 11:00. O|19Anetbal

Netbal o.19B

NETBALSPAN
Voor: Haneke Kruger, Nelia Hurter, Elanè v Breda. Agter: Klarissa Engelbrecht, Chloë van Rensburg, Nichola Roux, Chené Haman, Bianca Jansen.

ASHLEIGH HARVEY EN ANNIKA JANSE VAN RENSBURG.

KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

`n Hoogtepunt wat vir ons uitstaan is defnitief ons Paarl-toer tydens die Maartvakansie. Ons het baie op dié toer geleer en mekaar as `n span gevind.

Hoe motiveer julle die span?

Ons luister na hulle probleme en help hulle dan om deur dit te werk en positief op die baan te bly.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal julle trots maak?

Ons wil kwalifiseer vir SA’s. Wat ons trots maak is om elke dag op te daag, al is dit ‘n moeilike dag.

Anke de Jager Vicky Lottering Lidene Lubbe Zandri Nel Itu Aphane Amelia Roberts Ashleigh Harvey Lara Schutte Annika Janse v Rensburg Marnel van Niekerk Voor: Precious Mashaba, Martinise Mulder, Gitte de Jager. Middel: Anke Jansen, Xanté Hansen. Agter: Zanique Cronje, Rosamarie Jansen van Vuuren, Chanel Stolz (Afrigter). Netbal o.19B Voor: Carmia Swart, Lenise Klopper, Lumé Prinsloo. Agter: Mia de Jager, Luzelle Roos (k), Britney Pelser, Tatum Lemmer. HS Zwartkop - Netbal o.14A HS Zwartkop - Netbal o.17A HS Zwartkop - Netbal o.16A HS Zwartkop - Netbal o.15A Voor: Misha van der Walt, Vonique de Bruyn, Nica Breytenbach, Nicole Joubert (Afrigter). Agter: Mionet Küsel, Kaitlin Botha, Kayla Le Roux, Jade Harvey. Afwesig: Lienke Potgieter. HS Eldoraigne - Netbal o.14A HS Eldoraigne - Netbal o.17A HS Eldoraigne - Netbal o.16A Rolandi van den Berg, Alissa Korff, Mia Redelinghuys, Ilzeri van Niekerk (Afrigter). Agter: Louréal Zeelie, Izelke Janse van Rensburg, Suri Breytenbach, Zané Jansen van Vuuren. HS Eldoraigne - Netbal o.15A

AMORE BRENKMAN

KAPTEIN VAN DIE EERSTE HOKKIESPAN

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Die Heronbridge-toernooi was vir ons span ‘n goeie grondslag vir die hokkieseisoen en vir ons `n hoogtepunt. Ons het mekaar begin vind en as ‘n span begin saamspeel. Ons span se beste lê nog voor.

Hoe motiveer jy die span?

Die belangrikste is dat ons span mekaar motiveer. Ek motiveer my span deur positief en diensbaar te wees. Ons weet dat karakterbou deel is van sport en dat dit nodig is.

Wie is jou onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Elné Marais. Sy is vir my ‘n steunpilaar, sy tel op waar ek kortkom. Ons help mekaar en leer by mekaar en ek waardeer haar baie.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal julle trots maak?

Om as span saam te funksioneer en ons doelwitte te bereik wat insluit om die Classic Clash te wen. Dit sal my trots maak as elke speler haar volle potensiaal bereik het en om te weet dit maak nie saak wat die uitslag is nie, dit was goed!

ONDERSTEUN DIE EERSTE HOKKIESPAN, SATERDAG 18 MEI OM 08:45.

MARINE PRETORIUS

KAPTEIN VAN DIE EERSTE HOKKIESPAN

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Ons toer Kaap toe is vir ons defnitief `n hoogtepunt.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek motiveer my span om hulle aan te moedig om aan te hou al maak hulle foute, en dat die hele span daar is om mekaar te help om die fout reg te maak.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Alet Hattingh en Inke Nel is ons onderkapteins. Ons staan saam om situasies te evalueer en besluite te neem.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Om die Classic Clash te wen, om by Noordvaal ‘n medalje te wen en om as `n span saam te groei en ons doelwitte te bereik.

O|19Ahokkiedogters
Mariné Pretorius (k) Kara-mia Badenhorst Diané Nel Jeanté Korff Clarissa Dreyer Inke Nel (o.k) Kristin Venter Olivia Schalkwyk Annerine Croukamp Nicola Minnie Mandi Greyvensteyn Mikayla Bain Alet Hattingh (o.k) Danika Malan Yolandi Theron AFWESIG: Kaylyn Muller

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Die klere-oorhandigingseremonie wat ons span gehad het was vir ons `n hoogtepunt en het die span nader aan mekaar gebring.

Hoe motiveer jy die span?

Ek probeer my span motiveer deur om hulle moed in te praat en om oefeninge en wedstryde vir hulle lekker te maak.

Wie is jou onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Handré Coetzee, hy help my om die span se moraal hoog te hou en hy help my met beplanning, sodat alles in die seisoen goed kan verloop.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal julle trots maak?

Ons wil in die Cape Town Internationaltoernooi later in die jaar goed presteer. As ons die hegte vriendskapsbande wat tydens die jaar gevorm is sal kan volhou, sal dit my baie trots maak.

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

`n Hoogtepunt vir ons is die KES Easter Festival. Ons het regtig die jaar goed begin en het die platform geskep vir dit wat ons die res van die jaar wil bereik - om net goeie hokkie te speel.

Hoe motiveer jy jou span?

Deur vir hulle `n voorbeeld te stel as ek die ekstra myl gaan, so motiveer ek die mense langs my om dieselfde te doen, want hulle sien ek sal dit vir hulle doen.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Ons onderkapteins is Markus Zeelie, Christian Ruytenberg en Ewan van der Walt. Hulle ondersteun my deur beheer tussen die verskillende hokkielyne te neem en kan dan meer spesifiek wees wanneer hulle net met hulle bepaalde groepe praat.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Ons wil graag by Top Schools aan die einde van die jaar presteer. Dit sal wonderlik wees en my super trots maak as ons onder die top twee eindig.

KADE POONASAMY
ONDERSTEUN DIE EERSTE HOKKIESPAN, SATERDAG 17 MEI OM 18:20. O|19Ahokkieseuns
HANDRU DICKINSON Nico Jv Rensburg Sean Jones Jordaan Otto Tyron Bouwer Ruan van den Berg Stefan Malan Aidan Troskie Daniël Fourie Ewan van der Walt Hanco Nel Christian Ruytenberg Duncan Eloff Iwan Thompson Kade Poonasamy Markus Zeelie Nathan van Zyl Daniel Beneke
DIE EERSTE
DIE EERSTE HOKKIESPAN
Leon Wiesemann
KAPTEIN VAN
HOKKIESPAN KAPTEIN VAN

HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.19B

HS

- Hokkiedogters o.16A

HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.16A

HS Zwartkop - Hokkiedogters o.15A

o.14A

HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.15A

Voor: Refilwe Mvendlela, Melindi De Bruin, Anneme Janse van Rensburg, Vinay Fabel, Milé Hurter, Mia McArdle, Lianri Langeveldt. Agter: Evette Smit, Chloey Meyer, Megan Strydom, Alissa Venter, Monet Corgne, Jazel Schalkwyk, Jizelle Leach, Sonique Kotzé.

Voor: Hanté De Vries, Mia Barnard, Ziné Brand, Juané Coetzee, Riley Abraham, Kaylin Comacho. Agter: Bianca Benadé, Jocelynn Muller, Hannah Dawson, Ivanke Oberholzer, Ariane Grobbelaar, Hayley van der Westhuizen, Karla Erasmus, Lieke van Staden. Afwesig: Jo-Lee Ferreira. HS Zwartkop - Hokkiedogters Chené Smith, Alishia Middleton, Anika Botha, Seana Singery, Mariné du Plessis, HS Zwartkop - Hokkiedogters o.19B Zwartkop Kaylee Wheeler, Chanté Borchard, Isabella Cronje, Minka Steyn, Mia van der Westhuizen, Ymke Handford, Ziandré Cronje, Karli van Aswegen. Voor: Chené Coetzee, Angelique Kidson, Kaylin van der Westhuizen, Ciana Dyason, Lindi Kotze, Melinke Cronje, Juné van Zyl. Agter: Bernice Breytenbach, Lené Strydom, Emma-Ann Smith, Emily Ibbetson, Alex Abrahams, Chané Du Randt. HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.14A Voor: Mione Coetzer, Elizabeth Champion, Arnél Berning, Charlotte Bruce, Melindie Reyneke. Middel: Léandri Walkinshaw, Almi Jacobs, Tanica van der berg, Elizané Barnard, Karla Nagel. Agter: Simoné Nel, Marisha Prinsloo, Nadia Schutte, Lourika Zeelie, Anelle Swart, Clarissa Ford, Lize Jacobs. Voor: Terésa van Straten, Chané Roets, Annebelle Abraham, Anouk van Heerden, Zoë Rich, Marilie van Zyl, Kayla Schroder, Danielle Karemaker. Agter: Leané du Plessis, Johané Homan, Jazelle Engelbrecht, Marissa Dyssel, Jana van Dyk, Duné Du Preez, Kaylin O’Toole.

Agter:

Voor: Yarnu Botha, Iwan Albertyn, Christopher Petzer, Reinhardt Beyers, Ewald van Aardt, Mateo del Rio Maree, Ethan Pieterse, Jacques Faure. Agter: Ethan Bisschoff, Stefan du Randt, Kenan Stassen, Gian Edwards, Stefan Jordaan, Vincent Matraiotti, Dante le Roux, Waldo Louw, Rynard Pieterse. HS Zwartkop - Hokkieseuns o.19B Voor: Jodan Cloete, Benjamin Oliver, Hanko Vermaak, Nathan Bennett (k), Driaan Booyens, Leroux Van Wyk. Agter: Marinus de Wilde, Johannes Hanekom, Christiaan Niemann, Johannes Badenhorst, Andreas Strydom, Divan Marx, Luca Posthumus. HS Zwartkop - Hokkieseuns o.14A Voor: Ewan Kielblock, Aiden Vorster, Ruben Coertze, Zian Grobler (k), Reuben Olivier (o.k), Logan Kidson, Francois Bezuidenhout. Agter: Caylem Mitchell, Ruwan O’Kelly, Reghardt Swart, Ha’ris vd Merwe, Roland Scheepers, Dylan Marx, André Roode, Pieter Fleming. HS Zwartkop - Hokkieseuns o.16A Voor: Andru du Preez, Johan Broekman, Janru Steenekamp. Middel: JW van As, De Beer Combrinck, Zadian Theart, Ethan Freeman. Agter: Abrie Kotzé (Afrigter), Jordan Edwards, Jason Tennant, Ruan Visser. HS Eldoraigne - Hokkieseuns o.19B Voor: Tiaan Grobler, Wihan Calitz, Shaun van der Merwe, Aidyn Dekker, Tiaan Schoeman, Janco Pedder, Taylor van Wyk. Agter: Keegan Enslin, Rico Jacobs, Henrich Kruger, Bernard Jonker, Heinrich Venter, Matthew de Kok, Dandré Hattingh (Afrigter). HS Eldoraigne - Hokkieseuns o.14A Voor: Ruben Hollander, Andries Wessels, Jayden van Seventer, Janro Berning, Frank D’Amico, Aidan Venter, Rico Botha, Ethan Wylie. Christiaan Stoltz, Ayden Brits, Hanré Steyn, Ruan Paton, Tiisetso Tshauke, Tiago André, MC de Klerk, Stefan Coertzen (Afrigter). HS Eldoraigne - Hokkieseuns o.16A

ANDER SPORT

Kry al die ander sport foto’s aanlyn.

AFRIGTER ONDERHOUDE...

DAVID GOUWS

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Hulle kan seuns wat bereid is om te veg tot die einde verwag, seuns wat hulle lywe op die spel sit en seuns wat vir mekaar speel. Ons sal probeer dat die bal die werk doen en natuurlik om die opponent se foute uit te buit en dit in punte om te skakel.

Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings?

Week-na-week poog ons dat die beste moontlike vyftien spelers op die veld draf. Huidiglik is daar enkele beserings wat wel ‘n invloed op die span het, maar so kry die volgende speler weer die geleentheid om sy staal te wys en te groei. Ons het ‘n klein woelige pak voorspelers wat nie terugstaan nie en senters wat daarvan hou om met die bal te hardloop.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons werk baie hard aan aanvalsgeleenthede en glo dat as ons die balbesit kan behou en fases opsit, sal ons aan die einde van die dag beloon word. Soos ons almal weet kan jy nie rugby speel sonder die bal nie, maar ons weet ook dat verdediging vir jou wedstryde kan wen.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

Die een wat bereid is om te leer, hy moet “coachable” wees, hy moet ‘n spanspeler wees, sy basiese vaardige moet daar wees en hy moet sy eie unieke verrassingselement hê.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Om die spelers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede sodat hy die beste moontlike speler in sy posisie kan wees, ook om ‘n gedissiplineerde jong man nie net op die veld nie, maar ook van die veld af te kweek. Laastens moet hy dit wat hy doen geniet en binne die vier lyne kan niks hom keer om sy talente wat hy gekry het, uit te leef nie.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?

Ek kyk op na alle rugbyafrigters en glo ook dat mens by elkeen iets kan leer, of dit nou Bulletjie-afrigters is, laerskole of hoërskole - die tyd, moeite, omgee en geduld wat afrigters in spelers en spanne belê, is alles vir die liefde van die spel.

DEON ANDERSON

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Ons glo ons kan ons liga wen en met harde werk en vertroue, is niks onmoontlik nie.

Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings?

Beserings het ons ongelukkig die jaar gekos,maar dis `n geleentheid vir ander spelers om hand op te steek en hulle kanse te gebruik.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons het `n baie goeie pak voorspelers met `n gevaarlike skakel paar.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

`n Goeie rugbyspeler is `n hardwerkende en `n gedissiplineerde speler, veral in oefeninge, want dit lei tot hoe jy speel.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Om jou waardes toe te pas, om altyd positief te bly, om nie bang te wees om foute te maak nie, om jou spelers te laat inkoop in dit wat jy wil toepas en `n kameraadskap in jou span te vorm.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?

Scott Robertson van die All Blacks en Bill Belichick van die New England Patriots.

STEPHANIE VAN JAARSVELD

HOËRSKOOL ELDORAIGNE - AFRIGTER VAN DIE

Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span? ‘n Dag vol opwinding, kwaliteit netbal en ‘n span wat op hul heel beste funksioneer wanneer die druk hoog raak.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Die span ken mekaar deur-en-deur. Hulle ondersteun mekaar op, en van die baan af.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Die toeskouers kan aanskoulike Zwarrie-netbal verwag met elke dogter wat net haar beste vir haar span en haar skool gaan gee.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons krag lê in die feit dat ons vir mekaar speel en dat opgee glad nie ‘n opsie is nie en dat ons weet dat ons die ondersteuning van elke Zwarrie het.

Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span?

Ons wil goeie aanvallende hokkie speel met die bal wat die werk doen en goed gedisiplineerde verdedings lyne hou.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons krag lê daarin dat ons `n span is wat altyd aanhou veg en nooi gaan lê nie.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Toeskouers en ondersteuners kan verwag dat ons hul met trots sal verteenwoordig, dat ons uitmuntende hokkie sal speel en dat daar aan die einde van die wedstryd `n gevoel van samesyn is oor ons trots is om ons skool te kan verteenwoordig.

Hierdie vermoë om onder druk te kan funksioneer maak ons span gevaarlik.

Deel die uitgawe met familie en vriende.

RUGBYSPAN
HOËRSKOOL ZWARTKOP - AFRIGTER VAN DIE EERSTE
Waar sou jy sê
Ons krag lê in die vermoë om enige uitdaging kop eerste te kan aanpak en aan die ander kant sterker uit te kom.
HOËRSKOOL ZWARTKOP - AFRIGTER VAN DIE EERSTESPAN HOKKIESEUNS HERMAN POTGIETER
lê julle krag hierdie jaar?
- AFRIGTER VAN DIE EERSTE RUGBYSPAN
HOËRSKOOL ELDORAIGNE
NETBALSPAN
EERSTE
includes eye test, frame and latest blue blocking lenses includes eye test, frame and latest blue blocking lenses includes eye test, and latest blue blocking lenses
vs Eldoraigne
Zwartkop
HOËRSKOOL ZWARTKOP - AFRIGTERS VAN DIE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS JESSICA PALIN MARTIN WILLIAM
HOËRSKOOL ZWARTKOP - AFRIGTERS VAN DIE EERSTE NETBALSPAN IRENE VORSTER CHAMONE MATTHYS
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.