Boland Landbou Rugby Dag 2018

Page 1

Gaan na www.awsumnews.co.za

vir 24/7 skolenuus

16 MAART 2018


‘N TROTSE TRADISIE Boland Landbou is gestig in 1962 en het huidiglik 350 seuns. Ons het 18 rugbyspanne wat weekliks teen die top rugbyskole in die Wes-Kaap meeding. Oor die jare het Boland Landbou vier Springbokke opgelewer, naamlik Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens en Derick Hougaard. Ons het ook reeds twee spelers opgelewer vir die SA o.20 span naamlik Arno van Wyk in 2014 en Jondré Williams in 2017. Boland Landbou poog om elke vier jaar rugbyspanne oorsee te neem en het die afgelope twintig jaar toere onderneem na Suid-Amerika (1997); Dubai (2001); England, Wallis en Frankryk (2006); New Zealand (2011) en Italië, Frankryk & Spanje (2015). Die skool is ook een van slegs ‘n paar skole in SA wat in 2002 die Sanix Wêreldtoernooi vir skole in Japan gewen het. Boland Landbou speel in die Premier A-liga van die WP Rugby Unie en neem ook jaarliks aan elke top skolerugbytoernooi in SA deel. Ons o.19A-rugbyspan neem deel aan die volgende toernooie: • Wildeklawer skole-rugbytoernooi. Die top 20 rugbyskole in SA neem hieraan deel. • Die Noord/Suid-Rugbytoernooi wat jaarliks in Pretoria gehou word. Skole wat hieraan deelneem is Waterkloof, Monnas, Garsfontein en Grey Kollege. • Die WP Rugbydag waar ons seuns op Nuweland speel. • Die Blou Bulle Rugbydag waar ons seuns op Loftus Versfeld speel. • Ons speel jaarliks twee wedstryde op TV by Wildeklawer en ons Interskole teen Oakdale. Ons o.14A, o.15A en o.16A-rugbyspanne neem jaarliks deel aan die Outeniqua o.14 & o.15 rugbyweek en Paarl Gimnasium se o.16-rugbytoernooi. Ons o.19B- en o.19C-spanne neem ook gereeld aan ‘n toernooi in die Aprilvakansie deel. Elke twee jaar vertrek die hele skool vir ‘n naweek na Port Elizabeth waar ons teen Framesby rugby speel met 15 rugbyspanne. Die eerste rugbyspan van Boland Landbou eindig jaarliks onder die top 15 skole op die SA skole ranglys. In 2016 het Boland Landbou 5de op die ranglys geëindig. Ons wen gereeld ‘groot’ skole soos Paul Roos, Monnas, Bishops en in 2017 het ons vir Paarl Gimnasium geklop vir die eerste keer sedert 2009. ‘n Hoogtepunt elke jaar is ons wedstryd teen HJS Paarl wat altyd ‘n baie taai en gelykopstryd is. Ons jaarlikse Interskole is teen Oakdale en ons het 19 van die vorige 30 interskole wedstryde gewen. Sedert 2012 het Boland Landbou 11 WP-Cravenweek spelers opgelewer, 14 WP o.18-Akademie spelers en 12 WP o.16-Grant Khomo rugbyspelers. Ons het ook 7 WP o.17- sewes rugbyspelers opgelewer en in 2017 is Eugene Snyders opgeneem in die SA o.17-sewesspan. In dieselfde tydperk lewer ons twee SA Skole rugbyspelers op. Afrigting: • Elke rugbyspan het ‘n afrigter. • Ons A-rugbyspanne het ervare afrigters met IRB Vlak 1 of 2 kwalifikasies. • Die A-span afrigters is of oud-provinsiale spelers of het reeds op provinsiale vlak afgerig. • Ons maak gereeld van spesialis-afrigters gebruik by ons spanne, soos Hawies Fourie die huidige Matiesafrigter, en oud-skoliere soos Hottie Louw, voormalige Springbok slot, is steeds baie betrokke by die skool. • Deon Carstens ‘n oudskolier en voormalige Springbok, Sharks, Saracens en WP-stut is een van ons 1ste span afrigters al vir die afgelope drie seisoene. • Ons huidige o.14A-afrigter, Jan Brand is die voormalige WP o.13-Cravenweek afrigter wat vir baie jare die finaal van die o.13-Cravenweek gewen het. • Dit is ook vir ons belangrik dat ons oud-skoliere by ons rugby afrig omdat hulle ons skool se waardes en tradisies verstaan. Daarom is daar huidiglik sewe oudskoliere wat by ons rugby afrig. Boland Landbou se Nasionale en Provinsiale spelerslys: Springbokke 4 (Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens & Derick Hougaard) SA o.20 2 (Arno van Wyk, Jondré Williams) Italië 1 (Tobie Botes) Namibië Wêreldbeker 1 (Danie van Wyk, Johan (Aranos) Coetzee & AJ de Klerk) Namibië Curriebeker 1 (Francois Wiese) Springbok Sewes 2 (Stefan Basson & Jose van Rensburg) UAE Sewes 1 (Stephen Cooper) Super Rugby of Curriebeker 34 (Attie Strauss, Hottie Louw, Derick Hougaard, Deon Carstens, Willem de Waal, Manie du Toit, Evert Kleinhaus, Kobus le Roux, Stefan Basson, Pieter Wium, Cecil Kemp, Jose van Rensburg, Albertus Buckle, Clemen Lewis, Thor Halvorsen, Alwyn Bester, JP Geldenhuys, Heinrich Steyl, Johan Coetzee, Burger Schoeman, Tobie Botes, Morne Hanekom, Chris Buckle, Johan Herbst, Rossouw Kruger, Gerhard Jordaan, Jos Malherbe, Tiaan Loots, Nicolai Lubbe, Tiaan Radyn, Francois van Wyk, Justin Basson, Arno van Wyk, Mathys Basson) SA Skole 9 (Jondré Williams, Hottie Louw, Deon Carstens, Derick Hougaard, Kobus le Roux, Albertus Buckle, JP Basson, Andre Schikkerling, Stephan Basson) SA Skole Akademie 4 (Evert Kleynhaus, Vlam Taljaard, CG Stomann, Clemen Lewis, Athi Magwala)

Bladsy 2

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Athi Magwala – matriek 2016 SA Skole A-span WP o.19 Curriebeker

Arno van Wyk – matriek 2012 Blou Bulle o.21 & SA o.20

Oud Springbokke Derick Hougaard

Francois van Wyk – matriek 2009 Northampton Saints

Deon Carstens 2016 matriek WP o.19 Curriebeker

Jondre Williams matriek 2015 SA o.20


ALGEMENE REËLINGS Wedstrydreëls: • Elke span speel 1 wedstryd van 40 minute (2 helftes van 20 minute elk). • Geen beseringstyd. • Geen doelskoppe, strafskoppe en skepskoppe na die pale. • Die begin en einde van die wedstryde word met ‘n sirene aangekondig. Spanne moet asseblief betyds aanmeld vir wedstryde, anders sal wedstryde verkort word. • Die Maties Skeidsregters Akademie sal die wedstryde hanteer.

Grensregters:

• Elke span voorsien sy eie grensregters.

Kleedkamers:

Die o.13A-spanne gebruik die kleedkamers onder die hoofpawiljoen en die o.11A-spanne gebruik die kleedkamers onder die Boland Sentrum. Kleedkamers moet ontruim word voordat die spelers op die veld gaan.

Etes:

Die spelers se etes moet afgehaal word by die Kiosk langs die pawiljoen by die A-rugbyveld. U kan hierdie etes enigetyd gaan afhaal tussen 15:00 en 17:00. Vir die spanbestuur en skoolhoofde sal daar deur die loop van die middag/aand verversings beskikbaar wees by die Boland Landbou Ondersteunersbond onder die Boland Sentrum.

Boland Landbou Ondersteunersbond:

Ons nooi alle skoolhoofde, afrigters, ouers en ondersteuners uit om na afloop van die laaste wedstryd saam te kuier in die Boland Landbou Ondersteunersbond klubhuis. Daar gaan ook gedurende die aand vure brand en u kan braaipakke koop en heerlik saam met ons kuier. Ons voorsien hout en blitz.

WAT MAAK ONS UNIEK? • Somer- en winterinterskole teen Oakdale Landbouskool • Eie Lenteskool vir ons graad 12-leerlinge • Deelname aan Wildeklawer Superrugbytoernooi • Landboukursusse in o.a. wol, beesbeoordeling, wynmaak • Mnr en Mej Boland kompetisie • Deelname aan nasionale tennis-, rugby-, en kriekettoernooie • Internasionale opvoedkundige sporttoere

Koshuis Koshuiswoning is verpligtend. Die Graad 8-leerlinge gaan in die Junior Koshuis tuis, terwyl die Graad 9 – 12 leerlinge in die Senior Koshuis woonagtig is. In die koshuis is daar ‘n ontspanningsaal waar leerlinge toegang het tot DSTV. Daar is ook ‘n snoepie, ‘n volledige toegeruste gymnasium en ‘n rekenaarsentrum.

Vakkeuse

Boerdery Leerders het toegang tot die volgende boerdery-aktiwiteite: • Wingerd en koring • Melkery • Nethuiskwekery • Asook ons eie volwaardige wynkelder • Skape en beeste • Erdwurmboerdery

Verpligtend

Graad 8 & 9 Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Ekonomieseen Bestuurswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Kuns en Kultuur, Lewensoriëntering, Tegnologies en Landbou.

Keusevakke

Afrikaans Huistaal

1

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Engels Eerste Addisionele Taal Lewensoriëntering

2 3 4

Fisiese Wetenskappe Rekeningkunde Landbouwetenskappe

Geografie Lewenswetenskappe Landboutegnologie

admin@omegaagri.co.za Tel: 021 864 1876 / 021 864 1881 Faks: 086 517 1943 www.omegaagri.co.za

Besigheidstudies Landbou- bestuurspraktyke

Ons bied ‘n verskeidenheid optometriese dienste vir die hele gesin. Ons passie is om jou te voorsien van gehalte sorg & produkte in ‘n vriendelike omgewing. • Volledige ondersoeke • Kindervisie • Sportvisie • Spesialiteit Kontaklense • Laboratorium op perseel • Wye verskeidenheid rame

T: +27 (0)21 872 1910 F: +27 086 689 6251 E: optomadmin@paarleyecentre.co.za 20 Upper Lady Grey Str, Paarl, 7646 Bo Lady Grey St 20, Paarl, 7646

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Bladsy 3


WYNLAND

AGRI SERVICES (PTY) LTD

Agricultural Services & Repairs Alfred Brendel 062 285 7475 | wynlandagri@gmail.com

Vrydag 16 Maart 2018 O.11A PROGRAM

O.13A PROGRAM

TYD

C-VELD

D-VELD

TYD

C-VELD

D-VELD

14:45 – 15:30

Lochnerhof vs VRSP

Hugenote vs Goudini

14:45 – 15:30

Worcester Noord vs Hugo Rust

Hugenote vs Goudini

15:35 – 16:20

Worcester Noord vs Hugo Rust

Northway vs De Kuilen

15:35 – 16:20

Paarl Boys’ Primary vs Eikestad

16:25 – 17:10

Noord Eind vs Welgemoed

De Kuilen o.10A vs Bastion o.10A

Drakenstein vs Connect/Vusa Academy

16:25 – 17:10

Laerskool Gimnasium vs Gene Louw

De Kuilen vs Northway

17:15 – 18:00

Swartland vs Bastion

Gene Louw vs Laerskool Gimnasium

17:15 – 18:00

Lochnerhof vs VRSP

Table View vs Brackenfell

18:05

Paarl Boys’ Primary vs Eikestad

Brackenfell vs Table View

18:05

Swartland vs Bastion

Welgemoed Vs Noord Eind

We built great apps for great schools. Contact us today at awsumapp@tiemedia.co.za

Bladsy 4

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018


BOLAND LANDBOU RUGBYBEPALINGS 2018

DATUM

WEDSTRYD

16 Maart

Boland Landbou Laerskole Rugbydag – 0.11A & 0.13A

17 Maart

Boland Landbou Rugbydag - 0.19A vs Garsfontein

24 Maart

Wynberg tuis - 0.14A & B, 0.15A & 0.16A

28 Maart

Noord Suid Rugbytoernooi – Menlo Park 0.19A vs Monument

28 Maart – 02 April

Outeniqua 0.14 & 0.15 Rugbytoernooi Paarl Gimnasium 0.16 Rugbytoernooi Hoërskool Punt Sportfees – 0.19B/C

03 – 07 April

HJS Paarl 150 Rugbyfees - 0.19A

14 April

Brackenfell (Tuis)

21 April

Rondebosch (Tuis)

24 April

Cavaliers Rugby Academy Australia – 0.14A

28 & 30 April

Wildeklawer – Kimberley

05 Mei

Wynberg (Weg)

12 Mei

Framesby (Weg)

19 Mei

Bishops (Weg)

26 Mei

Paarl Gimnasium (Weg)

02 Junie

UITNAWEEK

09 Junie

HJS Paarl (Weg)

15 & 16 Junie

PROVINSIALE BONDEDAG

21 Julie

SACS (Tuis)

28 Julie

Stellenberg (Tuis)

04 Augustus

Paul Roos (Weg)

11 Augustus

UITNAWEEK

18 Augustus

Oakdale (Interskole) (Tuis)

Meadow Feeds Paarl wens al die Rugby spanne wat speel sterkte met hul wedstryde!

Mias Nieuwoudt - 082 879 9545 Kantoor - 022 921 2579 Loopstraat 11, Citrusdal, 7340 info@nieuwoudtspray.co.za www.nieuwoudtspray.co.za

Meer as net voer

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Bladsy 5


LAERSKOOL LOCHNERHOF

VAN RIEBEECKSTRAND PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL HUGENOTE

LAERSKOOL GOUDINI

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

LAERSKOOL HUGO RUST

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

NORTHWAY PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL DE KUILEN

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

LAERSKOOL NOORD-EIND 0.11 Rugbyspan

Bladsy 6

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

LAERSKOOL WELGEMOED

0.11 Rugbyspan

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018


LAERSKOOL SWARTLAND

LAERSKOOL BASTION

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

KLEIN BOISHAAI

LAERSKOOL EIKESTAD

TABLE VIEW PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL BRACKENFELL

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

LAERSKOOL GENE LOUW

LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM

0.11 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

LAERSKOOL BASTION

LAERSKOOL DE KUILEN

0.11 Rugbyspan

0.10 Rugbyspan

0.11 Rugbyspan

0.10 Rugbyspan

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Bladsy 7


LAERSKOOL LOCHNERHOF

VAN RIEBEECKSTRAND PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL HUGENOTE

LAERSKOOL GOUDINI

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

LAERSKOOL HUGO RUST

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

NORTHWAY PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL DE KUILEN

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

LAERSKOOL NOORD-EIND 0.13 Rugbyspan

Bladsy 8

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

LAERSKOOL WELGEMOED

0.13 Rugbyspan

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018


LAERSKOOL SWARTLAND

LAERSKOOL BASTION

KLEIN BOISHAAI

LAERSKOOL EIKESTAD

TABLE VIEW PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL BRACKENFELL

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

LAERSKOOL GENE LOUW

LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

LAERSKOOL DRAKENSTEIN

CONNECT VUSA ACADEMY

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

0.13 Rugbyspan

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Bladsy 9


Boland Landbou straks gereed vir nuwe uitdagings “Dit is vir ons belangrik om week na week professioneel te wees in ons benadering t.o.v elke aspek van die spel,” dit is die woorde van Oloff Bergh, die hoofafrigter aan die stuur van rugby by Boland Landbouskool. Bergh, wat op sy dae as ‘n kranige skrumskakel vir Boland 0.21 uitgedraf het, het ondervinding in o.a Italië en Nieu-Seeland opgedoen voor hy sy terugkeer na Suid-Afrika gemaak het. Hy het as 22-jarige die afrigtingswêreld betree toe hy as sportbestuurder by Hoërskool Strand aangesluit het. Bergh, wat onder andere vir Cornal Hendricks en Willie le Roux afgerig het, was ook betrokke by Paarl Boys High alvorens hy by Boland Landbou aangesluit het. Hierdie jaar sal beslis ‘n beproewing vir Bergh en kie wees, nadat hulle ‘n baie suksesvolle 2017 gehad het. Die skool was op verskeie rugby webtuiste as een van die top 20 skole vir 2017 aangewys, maar soos met meeste van die top rugbyskole in die land, moet die rugbyspelers hul tyd afwissel met die somer sportkodes. Hierdie kodes sluit in krieket en tennis, maar die Boland Landbou rugbyafrigters werk hard om hierdie te balanseer met hul rugby oefentye. Verskeie uitdagings moet deur Bergh en sy manne oorkom word, maar dit is die uitstekende samewerking onder die afrigters wat Boland Landbou in staat stel om elke seisoen op goeie voet af te skop. “By Boland Landbou is baie van ons rugbyspelers ook goeie krieketspelers, tennisspelers en atlete en daarom begin ons eers in Februarie rugby oefen,” het Bergh gesê toe gevra was hoe maak hulle om die balans tussen die rugbyvoorseisoen en somerkodes te handhaaf. “Dit is daarom altyd ‘n uitdaging om die eerste span reg te kry vir die seisoen, wat vir ons vanjaar reeds op 6 Maart begin. Dit is vir ons egter belangrik dat ons seuns die geleentheid kry om ook aan ‘n somersport deel te neem. Die voorbereiding verloop goed en ons sal reg wees as die seisoen begin.” Boland Landbou spog met top afrigters en spelers, sê Bergh wat ‘n paar seisoene gelede in beheer was van ‘n baie suksesvolle WP o.16 Grant Khomospan, en 2018 gaan nie veel anders vir die span van die Agter Paarl wees nie. Soos met meeste goeie spanne, is dit nie die individue wat die span se sukses bepaal nie, maar tog die versameling en harde werk van talentvolle en vaardige spelers. “Boland Landbou is n skool met trots en wat met guts en groot harte speel en dit sal verseker weer die geval wees in 2018. Ons sukses hang af van 15 spelers op die veld wat vir mekaar, die skool en die old boys, wedstryd na wedstryd alles gee in die swart-trui.”

EVOLUTION BY SA’s No.1 *Based on the industry sales survey by the independent market data specialist infoSource.

Bladsy 10

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

SA’s No.1 IN BUSINESS

AUTOMATION

*

Konica Minolta South Africa Paarl Branch - 021 871 1510 - lizettet@kmsa.com


Boland Landbou blink uit in verskeie sportsoorte Boland Landbou bied ook die volgende sportsoorte Krieket: • Ons het die volgende spanne: • o.19A-D, o.15A&B en o.14A&B • Ons speel in die A-liga van die Boland teen HJS, Paarl Gim en Paul Roos en teen WP skole SACS, Rondebosch en Wynberg. • Ons 1ste span neem deel aan die Kaapse skole-krieketweek waar ons teen skole soos Waterkloof, Garsfontein, Noord-Kaap en Pretoria Boys High speel. • Ons het sedert 2012 reeds twee SA Skole en SA o.19 Wêreldbeker krieketspelers opgelewer. Stiaan van Zyl het ook in 2014 ons eerste Protea krieketspeler geword en het in sy debuut vir die Proteas ‘n 100tal aangeteken teen Wes-Indië. • Ons Interskole is elke jaar teen Oakdale en ons het die afgelope 6 jaar Interskole gewen. Tennis: • Ons beskik oor een van die bekendste professionele junior tennisafrigters in SA naamlik Myburgh van Zyl. Myburgh bestuur sy eie tennisakademie, nl Tennis Republic, wat bedryf word vanaf Boland Landbouskool. • Alle leerlinge by Boland Landbou kry vir drie middae van die week gratis afrigting by Myburgh. Individuele afrigting word ook deur Myburgh gedoen buite daardie tyd. • Ons het 8 top kwaliteit tennisbane en beskik oor ‘n moderne en gerieflike tennisklubhuis. • Ons bied jaarliks twee Nasionale toernooie aan naamlik die Boland Landbou o.15 Tennistoernooi in Februarie en die Boland Landbou o.18 Tennisfees in Oktober. • In 2016 en 2018 het ons die groot 5 toernooi by die Hoërskool Nelspruit gewen. Daar het ons afgereken met onder andere Monnas, Garsfontein, Menlopark en HTS Middelburg. • Tennisafrigting vind regdeur die jaar plaas. Atletiek: Boland Landbou het ‘n voltydse Hoof van Atletiek en beskik oor ervare en professionele afrigters. Ons neem jaarliks deel aan die volgende byeenkomste:

• Die top 10 byeenkoms in Bloemfontein wat deur HS Sentraal aangebied word. • Die Driehoekige byeenkoms tussen Boland Landbou, HJS Paarl en Brackenfell. • Ons top atlete neem jaarliks deel aan die Top 10 byeenkomste in Mosselbaai by die HS Punt, by die HS Swartland en by die HS Bredasdorp. • Ons jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms vind teen Oakdale plaas. • Ons lewer jaarliks SA atlete op. In 2013, 2015 en 2017 het ons atlete gehad wat goue medaljes by die SA Skole Kampioenskappe verower het. • In 2018 is 9 van ons seuns gekies vir die Bolandspan wat aan die Wes Kaap Kampioenskappe deelgeneem het.

Gholf: • Die skool beskik oor sy eie ‘driving range’ asook ‘n setperk en kaphouarea vir oefeninge. • Boland Landbou speel in die tweede liga van die Boland skole gholfliga en ons het hierdie liga al ‘n hele paar keer gewen. • Gholf vind regdeur die jaar by Boland Landbouskool plaas. • Ons gholfspan onderneem elke jaar ‘n gholftoer na die Suid-Kaap waar hulle op van die beste bane in SA speel. • Ons tuisbaan is die Wellington Gholfklub. Kondisionering en Rehabilitasie: • Die skool beskik oor ‘n voltydse Sportwetenskaplike naamlik Douglas van Blerk wat sy honneursgraad in sportwetenskap by die Pukke voltooi het in 2014. • Ons het ‘n biokinetikus en ‘n fisioterapeut wat beide op die plaas woon en elke dag tot beskikking is vir ons seuns. • Die skool beskik oor ‘n volledig toegeruste gimnasium wat beskikbaar is vir elke seun vanaf graad 10 tot 12. • ‘n Buitelug oefensentrum is beskikbaar vir graad 8 tot 12 leerders. • Ons sportwetenskaplike, biokinetikus en fisioterapeut is daar vir elke seun en vir elke sport by die skool.

Algemeen: • Alle vervoer met ons eie voertuie, is gratis. • Wanneer ons van openbare vervoer gebruik maak, betaal die ouers slegs die helfte van die vervoerkostes, m.a.w. wanneer die 1ste rugbyspan vlieg na Johannesburg vir die Noord/Suid-toernooi, betaal die ouers slegs die helfte van die vliegtuigkaartjie. Dieselfde geld vir die ander sporte. • Elke seun in Boland Landbou moet aan ‘n winter- en ‘n somersport deelneem.

LEES AL DIE NUUTSTE SKOLENUUS, 24/7 www.awsumnews.co.za AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018

Bladsy 11


Boland Landbou Old Mutual Insure Agri Rugbydag Wedstrydprogram – 17 Maart 2018 Ons nooi alle ouers en leerders om goeie skolerugby te kom kyk, by ons Boland Landbou Old Mutual Insure Agri Rugbydag, 17 Maart op ons velde. Deelnemende skole: • Hoërskool Porterville • Hermanus High School • Hoërskool Durbanville • Langenhoven Gimnasium • Hugenote Hoërskool • Hopefield High School • HHH

• HTS Bellville • Edgemead High School • Hoërskool Strand • SACS • Hoërskool Bellville • Hoërskool Bredasdorp • Parow High School • Hoërskool Stellenberg

• Paulus Joubert Secondary School • Hoërskool Brackenfell • Worcester Gimnasium • Fairbairn College • Hoërskool Monument Park • New Orleans Secondary School • Fairmont High School • HTS Drostdy

Hoofwedstyd: 14:10 - Boland Landbouskool VS Hoërskool Garsfontein

BOLAND LANDBOU FEESNAWEEK

VIND PLAAS OP VRYDAG 16 MAART EN SATERDAG 17 MAART 2018. DIE PROGRAM GAAN SOOS VOLG DAAR UITSIEN: VRYDAG Laerskole Rugby 14:30 – 40 Spanne Leerlingaktiwiteite | Vleis en groenteverkope Mej. Boland | Braaipakke – Gesellige braai.

SATERDAG Algemene verkope o.a. vleis, groente en plaasprodukte vanaf 09:00 - 12:00. 0.19 rugbydag - 26 spanne

HOOFWEDSTRYD 14:00 Boland Landbou vs Garsfontein

VLEISTAFEL Lambraaipak | Skaapbraaipak | Wors | Afvalle | Vark

Bladsy 12

AWSUM CLASHES: BOLAND LANDBOU LAERSKOLE RUGBYDAG MAART 2018


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.