
3 minute read
Rolbal wen, maar skuif af
Malmesbury se WP Vlag-rolbalspan het Saterdag goed gedoen deur Durbanville met 7-5 met die kous oor die kop huis toe te stuur, maar kon dit nie regkry dat albei spanne wen nie. Hulle sak nogtans een posisie terug op die punteleer na die vierde plek.
Daniël Griebenauw, Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl is weer die keur van die spanne en wen gemaklik met 29-12, ondanks die feit dat hulle die laaste stel teen alle verwagtinge in 3-8 verloor. Dit ná hulle 0-2 agter loop in die eerste stel, goed terugveg en uiteindelik dit 7-3 wen. In die tweede stel maak hulle amok en wen 19-1 en in die proses tel hulle twee keer 3 en twee keer 5 op op die laaste 4 skofte. Dit is juis hierdie goeie tweede stel wat dit onverklaarbaar maak dat die laaste stel hulle gepootjie het. Die verloor hulle 3-8.
Advertisement
Die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen lewer beter spel as die vorige week, maar kan nie die knoop deurhak nie en verloor 14-19.
Hulle verloor die eerste stel 4-8, ruk hulle reg tydens die tweede stel om 9-1 voor te loop, net om toe te sien hoe die opponente skip met sy laaste bal die prentjie verander van 3 skote af na 3 skote vir hulle. Dit skud die span kwaai en hulle verloor die laaste stel 1-7. Volgens Roux vly die telling die opponente en beskou hy die wedstryd as die taaiste tot dusver die seisoen.
Die uitslag druk Durbanville af na die tweede posisie op die punteleer, met Sunningdale, teen wie die span Saterdag weg speel, die nuwe voorlopers vanaf nêrens met 5,5 punte meer op die punteleer.
Die Trips-span wat ook tuis teen Sunningdale gespeel het, het gesorg vir bietjie klubgeskiedenis. Vir die eerste keer was 'n getroude paar die skips in dieselfde Malmesbury-span. Die eer kom Ricardo en June Rickett toe. Net om die vrede te bewaar, het June vir ten minste 'n week die spogregte tuis dat haar span gewen het, en sy vir Ricky uitoorlê het. June, Peter Hall en Cobus Vermeulen begin goed deur die eerste skof 8-3 te wen. Tydens die tweede skof veg hulle terug van 'n 3-6 agterstand om 6 elk gelykop te speel. Op die laaste skof van die derde stel, slaag hulle daarin om net 1 skoot af te staan, en sodoende die wedstryd naelskraaps 17-16 te wen. Hulle het wel die stel 3-8 verloor.
Op die baan langsaan is Ricky, Kobus Groenewald en Johan de Kock deurgaans in 'n taai stryd gewikkel. Hulle wen die eerste stel 7-6, verloor die tweede 5-7 nadat hulle 3 skote op die laaste skof optel, en verloor die laaste stel 3-5. Die telling 15-18, en die uitslag tot dusver die beste vir die span. Hulle verloor 4,5-7,5. Hulle gaan speel Saterdag weg teen Pinelands.
Intussen het sewe spelers aan die verskillende WP Enkelspelkpioenskappe gaan deelneem. Jeff Petersen hou steeds die klub se naam hoog in die Novice-kampioenskap en het Sondag op Milnerton deurgedring na die laaste 16. Hy speel komende Sondag op Pinelands teen 'n speler van Mowbray. Die novice-kompetisie is vir spelers wat, wanneer die kompetisie begin, drie jaar of minder rolbal speel.
Dit is Jeff se laaste jaar as novice en die lede hou duim vas vir verdere sukses. Volgens Roux is Jeff 'n baie besadigde en bestendige speler wat gefokus bly en konstante goeie spel lewer, ook onder druk. Hy is dus nie verbaas dat hy so ver gevorder het nie.
GELUKWENSING Congratulations kersie brand, maar vir Pa nooit vergeet nie. Ons koester ons mooi herinneringe saam. Liefde – kinders en kleinkinders

14 Februarie - CLEONAY MARONIQUE
ROEMS. “Happy 5th birthday” ma se blom. Alle seënwense op jou nuwe lewensjaar. Jy sê jy’s vandag ‘n volle handtjie vol, Onthou pappie Rico kyk vandag af na jou klompie soentjies en drukkies.
Van: jou Ma en Roems gesin Look who is turning 5 on 14 February - Happy birthday Cleonay Roems. May you have a blessed day.
From: granny Pauline, uncle Piet, Marche, Marchall, Steffie, Deonise and Talitha Baie geluk Cleonay mag daar nog vele wees. Van: ouma Atta, oupa Stephan, boeta Heinie en Jenise
JOLIZNA JUANIC OWIES – 19 Februarie
- Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees en net goedheid op jou pad kom #unlock 21. Van: Mamma, Ouma, jou broers, suster en jou meisiekind Chrislynn
There's nothing more special than the day you were born, because that's the day the whole world became brighter!! Happy 21th. Love- Antie Vonne en Vera
MEMORIUM In Memoriam
17 FebruarieMARICO GERADO
DYASON – “Happy heavenly birthday
Dad” -Vandag is dit jou eerste verjaarsdag weg van ons. My pa ek mis jou nog elke dag, maar ek gun jou die ewige rus, “miss and love you a lot”. Van: mammie Sharnique en jou enigste dogter, Cleonay
17 Februarie - Vandag is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Marico baie geluk met jou verjaarsdag daar in die hemel. Ons mis jou – “fly high”. Van: jou Ma, susters Marche, Steph-Line, Ouma, Oupa, Heinie, Jenice, Marchall, Cleonay, Deonise en Talitha
CHARLENE PATERSON
- Passed on 9 February - will be missed by her friends and family. Rest in peace. We love you
LUKAS NELL – 15
Februarie – Pa vier nog ‘n verjaardag met die engele. Ons sal ‘n