1 minute read

Du-wayne doen dit weer

Du-wayne Damon, leerder van Steynville Sekondêr op Piketberg, het die atletiekkringe aan die gons met sy talent.

Advertisement

Die verspringatleet van Moorreesburg het op 4 Februarie aan die Plattelandbyeenkoms deelgeneem en 'n afstand van 6.49m aangeteken. Die afgelope naweek het hy aan die Wes-Bolandbyeenkoms deelgeneem en 'n afstand van 6.24 m gespring. Volgende naweek neem hy aan die Bolandbyeenkoms in die Paarl deel.

Du-wayne word afgerig deur Junior January, ook van Piketberg.

Hy is 'n fiksheidsinstrukteur by Adams

Fitness.

Hy beskryf Du-wayne as 'n nederige persoon wat altyd hard sal werk om sukses te bheaal.

"Hy het 'n sterk persoonlikheid en hy is baie lief vir lag en glimlag!"

This article is from: