
3 minute read
KragDag op Môreson
Besoeker Parkering
KragDag Wes-Kaap sal hierdie naweek talle interessanthede vir besoekers bied.
Advertisement
Besoeker Parkering
Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, die hoofborg van KragDag, het genoem dat Sakeliga KragDag reeds ʼn kragstasie is met ʼn besondere energie. Energie om anders te dink oor selfstandigheid. Hy voer aan dat staatsbestande ondernemings staatsbestande sakegemeenskappe met veerkragtigheid toerus om ondanks staatsverval voorspoedige gemeenskappe op te rig en in stand te hou.
Na verskeie versoeke vanuit die Kaap het die KragDag-span besluit om die KragDag-ekspo ook vanjaar na die Kaap te neem.
Volgens HP Steyn, bestuurshoof van KragDag, is KragDag die plek waar entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.
Die KragDag-ekspo, bied ʼn leersame dag met ʼn karnavalatmosfeer. Hier is jy egter nie ‘n blote vermaaklikheidstoeskouer nie, maar ʼn deelnemer in interaksie met dinge wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.
Kom skakel met mense wat in selfstandigheid belangstel en kry raad by die kundiges wat by die ekspo uitstal, vir jou eie selfstandigheidsplanne. .
KragDag 2023 bied iets vir elke lid van die gesin. Met 100 uitstallers, praktiese demonstrasies, ʼn biertuin, helikopterritte, ʼn pretpark, kuns en kou mark, heerlike kos, landbou uitstallings en selfs ʼn biogas-aanleg waar jy kan sien hoe die aanleg werk. Kom kry ‘n koppie boeretroos wat op ʼn biogasstofie berei is.
Waar vind Sakeliga KragDag Wes-Kaapplaas?
Die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap vind op die Môreson plaas, ongeveer 11km buite Malmesbury plaas.
Wat beloop die kostes?
KragDag Wes-Kaap se toegangskaartjie kos slegs R50 per volwassene. Dit is 50%-afslag op die normale hekfooi van R100. Die kaartjie gee jou toegang vir een of beide dae om die ekspo by te woon.
Toegang vir kinders tot 18 jaar bly steeds gratis. Vooraf kaartjieverkope sluit op 16 Februarie 2023.

kykNET Buite Ekspo 2023 kruip al nader
Die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap vind binnekort plaas by Môreson Plaas net buite Malmesbury van 24 tot 26 Maart 2023.
Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4x4 mark. Onthou die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.


Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die splinternuwe Ford Raptor Ervaring en ook Maniac 4x4, waar die publiek GRATIS saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.
Kom ervaar ook die gewilde helikopter ritte en bekyk die Swartland uit die lug. Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs en moenie vergeet van ons Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Irene-Louise van Wyk, West, Tasché, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Rooies, Sone Joubert, Rooiwyn Profeet, Nicky de Kock en Riaan Grobler wat ook die MC vir die naweek sal wees ! Kom ry ook GRATIS saam die immergewilde ‘Mnr 4x4’ – André de Villiers van André 4x4 en aanbieder van Safari 4x4 Roetes op kykNET. Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie en hierdie jaar sal Andre die publiek op ritte neem in verskillende voertuie op die kykNET baan, saam met kykNET sepie akteurs!
Nog iets nuut die jaar is pret rofstoei vertonings deur Mother City Wrestling, wat beloof om tonne vermaak te verskaf.
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ‘n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunsteling drankies en nog vele meer. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffer vertonings, Skattejag.
Onthou alhoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top klas buitelewe-produk uitstallings.

Beperkte kampering is beskikbaar op terrein – stuur asb ‘n epos aan admin@moresonmalmesbury.co.za en dan kan ons puik ‘Glamping’ tente bespreek word by ryno@you2camp.com.
Dagbesoeker kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Probeer asb aanlyn kaartjies koop deur TicketPro indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal!

Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo. co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.