Aankondiginge 29 Julie 2012
Dopeling Lisa Janse van Vuuren van Switzerland word vanoggend by die eerste diens deur ds Anton Pienaar gedoop. Baie geluk aan Francois en Christine.
‘n Klein lewe vir ‘n groot geleentheid Vir hierdie kwartaal se Leeskring gaan ons tande inslaan in ‘n boek wat warm van die rolpers is. Wilna Adriaanse se nuwe roman ‘n klein lewe het reeds ‘n paar goeie resensies gekry. ’n klein lewe is die verhaal van ’n wit vrou wat in die laat 1950’s in Suid-Afrika gebore is. Die verhaal bied ’n voëlvlug oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis die afgelope 55 jaar en die impak wat dit op ’n spesifieke vrou gehad het. Dit word ook ’n kultuurhistoriese dokument wat ’n blik bied op die wit Afrikaanse leefwêreld in die tweede helfte van die 20ste eeu. Die roman is ondanks die politieke ondertone ’n reis na begrip, nie na konfrontasie nie.
BYBEL-IN-ONS-LEWE
Hosea – die boodskap tref wyd Die begrippe sonde en genade is oor eeue al deel van ons geloofswoordeskat. Die boek Hosea help ons om die radikale betekenis daarvan onder woorde te bring. As daar nou twee woorde is wat maklik leeg en betekenisloos raak, is dit sonde en genade. Met die boek Hosea in die hand kan ons weer die dieper betekenis daarvan herwin. Hosea se preke daaroor het so impak gemaak dat dit jare nadat hy dit in die Noordryk gepreek het, weer die mense van die Suidryk (Juda) aangespreek het. Noordryk, Suidryk, SuidAfrika, Pretoria ... So kring die boodskap van Hosea uit. Ook na jou en my. Vanaand 19:00 in die konsistorie en die herhaling Woensdagoggend 10:00.
Dis ’n persoonlike belewenis en belydenis wat niks meer as dit probeer wees nie. Die geldigheid van elke individu se ervaring is ononderhandelbaar.
Dit is môre of nooit vir Klein-Kariba!
Adriaanse bied die ervaring in ’n beskeie stemtoon aan, baie bewus van ander se ervaring wat nooit gehoor sal word nie, en uiteraard met hare sal verskil.
Môre is ongelukkig die allerlaaste dag waarop jy kan aandui of jy op die gemeente se wegbreekkamp in Oktober gaan.
Haar skryfstyl is vlot en toeganklik, met hier en daar dialoog wat effens geforseerd voorkom. ’n klein lewe is sterk aan te beveel vir almal wat bemoeienis het met herkoms, ook vir dié wat besef dat daar ’n veelheid van stemme nodig is om sin te maak van die land waarin ons leef. (uitreksel uit Saartjie Botha se resensie in Boeke24). Die Leeskring is Woendag 19 September 19:00 in die binnehof. Trek die brilhuisies nader!
Die beskikbare plekke by Klein-Kariba is in aanvraag by die publiek, en daarom is die ‘n wag-nog-bietjie, ons sal later besluit, nou verby met die oord. Al kan jy nie nou betaal nie, kontak asseblief op die laatste more vir Sonja by die kerkkantoor en bevestig dat jy en jou geliefdes aanboord is. Dit wil lyk of vanjaar ‘n groot kampeernaweek gaan wees. Daar is reeds 21 kampeerplekke bespreek! Tyd vir tentopslaan!