Page 1

1 Desember 2019

Nuwe lidmate

NG Gemeente Stellastraat

Baie welkom aan die volgende nuwe lidmate by Stellastraat Flip en Liz du Toit van Waterkloof Village 14, Sydneylaan 279 , Waterkloof. Indien jy ‘n lidmaat wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul. Jy kan ook die kerkkantoor skakel 012 460 8570.

AANKONDIGINGE

Ons dink aan... Johan Odendaal wat steeds in Eugene Marais hospitaal versorg word. Dawie de Villiers (snr) wat Maandag ingaan vir ‘n hartprosedure in die Midstream hopitaal. Tannie Marie de Klerk van 18e straat Menlopark, wat in die week oorlede is. Tannie Marie (99) was waarskynlik Stellastraat se oudste lidmaat. Die gedenkdiens vind plaas Dinsdag 3 Desember 10:00 in die Stellastraat kapel.

Verjaarsdae 1 Des - 7 Des 2019

Erediensversorgers - 8 Desember

Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaarsdae!

09:00

1 Desember

Wimpie Barnard Erna Botha Floris du Plooy Ragie Ferreira Julanda Meyer Liezel Pont Monika Pretorius Susanna vd Westhuizen

2 Desember

Madeleine Henning Braam Massyn-Loubser Marsha Massyn-Loubser Lydia Pienaar Lizé Prinsloo Elizna Roos Janette Sievers Danielle van Wyk Marie Visagie Ronny Webber-Youngman

6 Desember Christelle Auriacombe Carla Krogh Billy Lyons Emma Reyneke Mia Rich Jeanne Steyn Liam Swart Pieterjan van der Merwe Wouter van Wyk

Faan Grundlingh (Koördineerder) Vrywilligers asseblief

Deurdiens - 8 Desember 09:00 Vrywilligers asseblief

Teespan - 8 Desember & 15 Desember

7 Desember Olivia Barkhuizen Elara Cloete Al De Brito Jay Fourie Súly Kühn Anna Maria Laas Margaret Olivier Stals Swart

Ons onthou - dankbaarheid sonder woorde

09:00 8 Desember

15 Desember

Werner Erasmus

Werner Erasmus

Tharina & Ans

Karien Louw

Mia Rich

Rachel Combrink

Mag daar vir heelwat van ons genesing in die herinneringsgebaar van vanoggend wees. Dankie dat mense ons lewe sin gee. Dit is mense wat ons dikwels gehelp het om rigting te kry. Wat ons gehelp het om goed te voel oor onsself. Ons eer hulle vandag met ’n dankbaarheid wat nie in woorde omgesit kan word nie.

Advent – ’n tyd van vreugde en vrede Vandag is ook die begin van advent. Advent beteken ‘koms’. In die volgende vier Sondae gaan ons elke keer ’n kers aansteek om voor te berei vir die ‘koms’ van die verlosser. Die geboorte van die Christus. Die vier adventskerse is reeds saam met die Christuskers voor in die kerk. Die kerse het elkeen ’n tema en die eerste kers word genoem ‘afwagting’. Advent is ‘n wonderlike tyd vir christene. Daar is ’n opgewondenheid van iets groots wat gaan gebeur. In die tyd is mense vrolik en hulle maak ook moeite dat ander mense vrolikheid kan beleef. Dit is dan so dat die mooiste musiek en kuns ook gebore is om in die adventstyd na te luister en te geniet. Van die mooiste wiegeliedjies, popmusiek tot die pragtige klassieke kerkmusiek waarna ons kan luister. Mag advent vir ons elkeen ’n tyd van vreugde en vrede wees!

3 Desember

Jako de Wit Marietjie Joubert Gavin Lachenicht Karen Stander

Kerktoe - gaan in die vakansie - onthou die tye!

4 Desember

NG Gemeente Stellastraat

Roelof de Villiers Suzaan Esterhuyse Jandré vd Westhuizen

Tel: 012 460 8570 Faks: 086 480 7844 Epos: info@stellastraat.co.za

5 Desember

Deon Botha Adriénne Kloppers Jané le Roux Gregor Mcgregor Cobus van der Merwe Corlia van Gass

In vandag se erediens is ons gedagtes by onlangse seer. By iemand wat in die jaar deur die dood van ons weggeneem is. Dit is nie maklik nie, want geen mens is vervangbaar nie. Elke persoon in ons lewe het ’n unieke en vormende rol gespeel.

Veels geluk!

Bankbesonderhede: Bank - ABSA Tjekrekeningnommer 540 580 022 Takkode - 632 005

Stellastraat 158 Waterkloof 0181 www.stellastraat.co.za

Al is daar krieket op Centurion, swaar reën in die ooste, kragonderbrekings, optogte in die weste, die eredienste in Stellastraat gaan aan tot ons nie meer kan nie. Elke Sondagoggend 09:00 in die kerk en elke Sondagaand 18:00 in die kapel. En op Kersdag 09:00 in die kerk. Op Kersdag is daar koekies vir die kinders in die kerk sommer vir almal! Onthou ook die Geloftediens wat Maandag 16 Desember 08:45 in die gebou van die Hervormde kerk in Dely straat gehou gaan word.

Eredienstye 08:30 10:00 15:00 18:00 18:00

Erediens Erediens Faith Community Erediens Adoramus

Ddopatums om te hou! 1 Desember 2019 1ste Advent Herinneringsondag 09:00 Erediens: Herinneringsdiens 18:00 Adoramusdiens: Nagmaal 4 Desember 2019 Skole sluit 8 Desember 2019 2de Advent 09:00 Erediens 18:00 Adoramusdiens 15 Desember 2019 3de Advent 09:00 Erediens 18:00 Adoramusdiens 16 Desember 2019 Versoeningsdag

1 Desember 2019

8 Desember 2019

09:00 Erediens James Kirkpatrick

09:00 Erediens James Kirkpatrick

20 Desember 2019 Kerkkantoor sluit

Peter Maruping

Peter Maruping

18:00 Adoramusdiens Willem Nicol

18:00 Adoramusdiens Willem Nicol

22 Desember 2019 4de Advent 09:00 Erediens 18:00 Adoramusdiens


WAT GEBEUR WAAR?

SOOS EK DIT SIEN

Om met jouself te trou!

Ons onthou die volgende persone ... NAAM VAN OORLEDENE

VAN VAN OORLEDENE

DATUM VAN AFSTERWE

Anton Teresa Esté Marié Irene Dawn Elizabeth Sharon Jocelyn Alex Anika Henry Elize Zet Ronel Susan Koeries Petra Henri Amy Elaine Siebert Christiaan Wiid Jannie Chris Flip Anton Riana Deon Uysie Johan Mos Carol Irene Fanie Chris Bernice Elizabeth (Lynnie) Koos Réna

Erasmus Whiteford Erasmus van Heerden Barnard Coertze Potgieter van Deemter van Kerken Pelser Swanepoel Rensburg Prinsloo Scheepers Cilliers Bosman Worst Lindenberg Ebersohn van der Watt van Tonder van Zyl Bester Swart Lamprecht Venter Redelinghuys de Lange Baume Barnard Louw Van Niekerk

9 Maart 2017 13 Januarie 2018 4 Augustus 2018 10 November 2018 27 November 2018 9 Desember 2018 26 Desember 2018 1 Januarie 2019 20 Februarie 2019 14 Maart 2019 22 Maart 2019 22 April 2019 12 Mei 2019 14 Mei 2019 18 Mei 2019 16 Junie 2019 23 Junie 2019 8 Julie 2019 29 Julie 2019 8 Augustus 2019 10 Augustus 2019 6 September 2019 6 September 2019 13 September 2019 18 September 2019 21 September 2019 25 September 2019 29 Oktober 2019 29 Oktober2019 7 November 2019 15 November 2019 18 November 2019

Neem vir jou ’n 2020 Stellastraatkalender! Die 2020 Stellastraatkalender is vandag orals in die kerk te kry. As daar een kalender is wat deel van elke huishouding moet wees, is dit die een van Stellastraat. Neem asseblief een per gesin, dit is Stellastraat se Kersgeskenk aan jou!

Adoramus in die Kapel Sondagaand om tien voor ses vir sesuur. Willem lei dit uit Psalm 25. Dis eerste advent en herdenk dit dat God mens geword het. Ons vier dit dat Jesus ’n ware mens was wat ons kan verstaan en volg. Ons vier Nagmaal en kuier na die tyd met verversings. Daarna: ons jaarlikse evaluasiegesprek vir almal wat wil saampraat.

Biblioteek Nuwe verhale in die Ja-afdeling: Mesu Andrews: Isaiah’s Daugther (Prophets & Kings reeks) Jill Eileen Smith: A Passionate Hope – Hannah’s Story (Daughters of the Promised Land 4)

Baie welkom Nicolaas Jacobus Venter

Baie welkom Sebastian Marcel Stellaard

- Tienie Bosman In die Beeld van 14 November 2019 verskyn daar ‘n artikel van Werner Beukes onder die opskrif “Vrou (63) trou met haarself na ellendes”. Met die lees van die opskrif wonder jy by jouself “hoeveel ellendes moet jy dan beleef dat jy besluit om met jouself te trou?” Wanneer jy die lewensverhaal van Rita Woodall-Terreblanche lees dan begin daar so bietjie simpatie vir haar by jou opkom. Haar 2 vorige huwelike was nie maklik nie en nadat sy haar laaste man vir etlike jare in ‘n siekbed moes oppas, het sy besluit om nooit weer te trou nie. Wel nooit weer met ‘n man nie. Dit is toe dat sy belsuit het om eerder met haarself te trou. En dit was toe nie sommer ‘n afskeeptroue nie – in ‘n hotel, klein groepie gaste, troukar en ‘n spesiaal ontwerpte ring. Ek het nogal by myself gewonder watter simbool sou ‘n mens gebruik in so spesiale trouring van jouself aan jouself. Ek het dit natuurlik self al oorweeg om ‘n jaggeweer, nuwe 4x4 voertuig, sport toerusting ensovoorts vir myself aan myself te gee maar nog nooit aan ‘n nuwe trouring gedink nie. Blouwillem het ook met sy eie skerpsinnigheid op hierdie troue gereageer (Maandag 18 November). Hy vra “Kan jy dink dat jy in die oggend opstaan en vra, Skatie het jy ook so lekker geslaap soos ek?” Volgens hom is die enigste voordeel dat jy jou bed vir jouself het. Die artikel sluit dan af met Rita Woodall-Terreblanche se eie woorde oor hoekom sy met haarself getrou het “Niemand kan ‘n mens liefhê en bederf soos jyself nie”. Hierdie woorde het in my bly maal. Sit daar nie iets van die waarheid in hierdie stelling nie? Oor die hele idee om met jouself te trou, kan daar sekerlik lank gedebateer word. Ons weet dit is nie wettig nie maar wat is die boodskap daaragter? Miskien is die gevaar in ‘n gemeenskap waarin mense so self-gesentreed lewe en behep met hulleself is dat hierdie maar net ‘n produk van ons tyd is. En tog aan die anderkant leef ons in ‘n gemeenskap waarin mense mekaar al so seergemaak het, dat mense nie meer weet hoe om hulleself lief te hê en te bederf nie. Reeds in Jesus se tyd moes Hy die mense aanspreek “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matt 22:39 wat ‘n aanhaling uit Lev 19:18 is waar liefde vir jouself al uitgespel word). Hoekom sukkel ons so om onsself lief te hê en om onsself te bederf? Miskien is een van die redes omdat ons “nederig wees” en “verneder” met mekaar verwar. Om nederig te wees, is een van die eienskappe van die werk van die Heilige Gees in ons (Gal 5:22-23). Nederig wees is iets wat God van ons verwag. Maar vernedering is iets wat ander aan ons doen uit liefdeloosheid. Vernedering is iets wat ons selfbeeld totaal en al kan vernietig en daarom behoort ons nie vernedering toe te laat nie. Ons voel maklik skuldig as ons onsself liefhet en onsself bederf. ‘n Gesonde self-liefde help ons om ander mense te waardeer en lief te hê. Die Feestyd en vakansie lê voor. Geniet dit ook as tyd van self-bederf en self-liefhê.

Profile for NG Stellastraat

Aankondiginge 1 Desember 2019  

Aankondiginge 1 Desember 2019  

Advertisement