Kalfiefees 2016 Program

Page 16

16

KOMEDIES MUSIEK Platform 9 Two – Parkstation

Theo, ’n sjef, word genooi om vir ‘n sterpaartjie se troudag die kos te maak. Top Billing gaan deel wees van die hele trougedoente. Sy vriend, Mau, ’n voornemende kletsrymer, bied aan om hom by te staan as hy as gaskunstenaar kan optree. Nadat hulle uiteindelik op die trein klim by Platform 9, Kaapstadstasie, ontmoet hulle ’n verskeidenheid mense. Sal die twee uiteindelik in Johannesburg uitkom met al die hindernisse wat hulle moet deurmaak? Sal Mau weer vir Theo kry nadat hy op Colesbergstasie agtergelaat is? Hartseer en trane, vreugde en lekker lagbuie vergesel die gehoor vanaf Platform 9 uit Kaapstad tot by Parkstasie in Johannesburg. Met Theodore Jantjies en Maurice Paige Teks en regie: Christo Davids

Pay back the Curry!

In the tradition of the awarding-winning Bafana Republic satirical revues, Mike van Graan’s Pay back the Curry! comprises a series of sketches to make audiences think even as they laugh out loud. The creative “dream team” includes Siv Ngesi (producer), the director, Rob van Vuuren, and the multi-talented Daniel Richards, depicting a variety of characters (and caricatures) that comment on all things contemporary, from fees and falls, through sparrows and statues to Zuptas and zombies! Mo 8 Aug 10:00 & 13:00 De Wet Hall • 70 min • R90

Sa 6 Aug 20:00 Sandbaaisaal • 70 min • R90

’n Geworry (Tragi-komedie)

Net as ’n mens dink jy is klaar: met skole-atletiek en matriekafskeid en studielenings en troues en sakgeld (veral sakgeld!) en alles waarby jy uit eie wil of teësinnig ingesleep word as betrokke, liefdevolle ouer. Net as jy dink jou kinders is nou uiteindelik op hulle voete, só dat hulle kan aangaan – en jy vir ’n slag by jouself uitkom, by jóú huis en daai vakansie waarvoor julle al jare spaar. Net as jy dink die goeie lewe begin uiteindelik op sestig – net dan begin rondte twee, die dag as jy besef groot kinders beteken groot moeilikheid. Met Wilson Dunster en Elize Cawood Teks: Saartjie Botha

Ma 8 Aug 12:00 Sandbaaisaal • 60 min • R100


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.