Page 1

2016G 4 - 9 AU

ONRUSRIVIER SANDBAAI HERMANUS


2

WELKOM KALFIEFEES VRIENDE

Sien julle almal by die Kalfiefees. Jimmy Hattingh

Voorsitter Kalfiefees

Die Kalfiefees-komitee is: Voor, Anna Spaarwater (program), Annemarie Rautenbach (program) en Cilene Bekker (media). Middel, Gwyneth Norman (kunstenaars-akkommodasie, kuiertent) en Arnold Hugo (bemarking). Agter, Marius Barnard (logistiek), Adolf Joubert (finansies) en Thys Sutherland (regsaspekte). BORGE & GASTEHUISE • Finansiële borgskappe: Hermanus Times, Overstrand Munisipaliteit, Pick n Pay, Computicket, Wesgro, Naspers, Onrus Apteek, Seeff Eiendomme, Toyota Hermanus, Dagbreek Trust, Aïda Eiendomme, Rola Motors Hermanus • Bygedra tot borgskappe: Rola Motors Hermanus vervoer van kunstenaars, Wildekrans Wyne, Seven Springs Wyne, Whale Coast Radio, Agrimark, CCS Plant Hire, Café Blu, Benguela Cove Wyne, Cape Marque & Bedouin Tente, Stanford Valley Guest Farm, Maxitec, OK Minimark Onrus, Domaine Des Dieux Wyne, Media 24, ADT Sekuriteit, Coastal Gas, The Heat Shoppe, Hire Centre • Geskenke en bydraes: Refine, Old Station Car Wash, Justine, EAT’s Restaurant, Wine Village, Willow Creek, Onrus Health & Beauty Salon, Pro-Active Gym, Harbour Rock Restaurant, B’s Restaurant, Sarie-tydskrif, Vikings Restaurant • Verblyf aan kunstenaars: 138 Marine Drive, Aloe House, Beaumonte Gastehuis, On the Vermont, Sandbaai Country House, Schulp-hoek Guest House, Whale Coast Hotel, Whale Rock Lodge, Misty Waves Hotel, 16 Reasons Guesthouse, Pelagus House, Pat’s Place, Windsor Hotel, D’Vine View Beachfront B&B, Grys Paleis, JC@ 3 Hill Street, Harbour Vue, On the Cliff Guest House, Chesham House

KALFIEFEESKANTOOR

Binne die kuiertent by die De Wetsaal, Roosstraat, Onrusrivier Tel: (028) 316 1687 • Faks: 086 606 1687 • www.kalfiefees.co.za facebook.com/kalfiefees • e-pos: kalfiefees@hermanus.co.za BESPREKINGS: By Computicket landwyd en Kalfiefeeskantoor, Onrusrivier

Rola

Hermanus

PROGRAMUITLEG EN ONTWERP: MICHAEL MULLER 082 852 2895

Vanjaar is die sestiende jaar wat die Hermanus Times Kalfiefees aangebied word. Ons vier die aankoms van ons Walviskalfies in die maand wat ons opdra aan die vrouens in ons lewe. Om aan te haal uit Die Vrou van Elizabeth Eybers - Somer en Herfs en Winter, trek in wye onafgebroke wisseling deur die land, maar sy bly draer van die Lente, want liefde het haar verhef bo die getye. Daar kan uitgesien word na hoogstaande gehalte van dramas, komedie, musiek en kinderproduksies. Die gereelde besprekingsprogram en vrouedagaanbieding sal soos gewoonlik vinnig opgeraap word. Die fees kan nie bestaan sonder u, ons getroue feesvriende, die kunstenaars en veral ons lojale borge, wat dit moontlik maak dat die Kalfiefees aangebied word teen bekostigbare kaartjiepryse. Die hart van ons fees is ons kuiertent langs die De Wetsaal. Kom kuier saam en vier die fees met iets om te eet en te drink en om ou en nuwe vriende weer te ontmoet. Op ’n treuriger noot wil ons die fees ook opdra aan een van die stigterslede van die Kalfiefees wat ons ontval het - Willie Smit. Rus in vrede. Laastens, ons klein komitee wat die Kalfiefees beplan en bymekaar bring met entoesiasme en ywer - julle is elkeen ’n STER!


3

Beste Kalfiefees-ondersteuners Ek heet julle hartlik welkom by die 2016 Kalfiefees. Die fees is ongetwyfeld ’n hoogtepunt op die kalender van teater-, kuns- en musiek-entoesiaste, en vier vanjaar reeds sy sestiende bestaansjaar. Die vol program, vanaf 4 tot 9 Augustus, bied ’n skatkis van vermaak-juwele vir oud en jonk van gees. Die feesweek begin op ’n hoë noot met die pragtige fluweelstem van Anna Davel, die gaskunstenaar by die Gala-openingsaand met haar produksie genaamd Jazz-up. Dan is daar nog sangers soos Lize Beekman, Joshua na die Reën en Snotkop om na uit te sien, sowel as die wonderlike stemme van die Tygerberg Kinderkoor . Wat teater betref is daar verskeie prima produksies met groot name in die bedryf wat telkemaal beïndruk. Verblydend ook is die nuwe werke met opkomende verhoogakteurs. Die Overstrand Munisipaliteit is daartoe verbind om hulp te verleen in die verdere ontwikkeling

van dié dinamiese sektor - veral gegewe die geweldige waarde wat dit tot die ekonomiese groei en sosiale integrasie van ons mooi gebied toevoeg. My dank aan die organiseerders, mede-borge, sake-eienaars, die gemeenskap en almal wat betrokke is om weereens vanjaar top-vermaak te verseker. Ons sien uit na die vertonings en hoop u geniet dit. Coenie Groenewald

Overstrand Munisipale-bestuurder


4

OPENINGSAAND Gala-aand met Anna Davel in Jazz Up! (Musiek)

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2016 met die bekende en gewilde sangeres, Anna Davel, tydens ’n luisterryke Kaas-en-Wyn Gala-aand, kan open! Met die verskeidenheid van musiek wat sy na die verhoog bring is hierdie ’n geleentheid om nie te mis nie! Jazz Up! is ’n vertoning saamgestel uit splinternuwe verwerkings van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu. Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing jazzmusiek van oor die wêreld; Swing Standards, Latino ritmes, Blues en nuwe Jazz verwerkings van ’n paar onverwagse bekendes. Liedjies waarna die gehoor kan uitsien is oa Nightingale sang in Berkeley Square en The way you look tonight om maar ‘n paar te noem. Geborg deur Rola

Hermanus

Do 4 Aug 19:00 Burgersentrum - 80 min - R180

H E L D at

Hermanus

ENTRANCE R50 W I N E TA S T I N G R 1 0 0 GPRS 34°24'47.9"S 19°11'30.7"E

6 , 7 , 8 AU G U S T ‘ 1 6

SAT 11am-8pm • SUN&MON 11am-5pm

Live local bands ENTERTAINING

FOOD TRUCKS Micro-breweries Gin- Avaria

250 PREMIUM WINES ON TASTING

TEL 028 316 3988 winefestival@hermanus.co.za

w w w.hermanuswineandfood.co.za

FREE

Kids under 12 with Entertainment


5

MUSIEK CH2

Die bekende kitaarduo CH2 met Leon Gropp en Corneille Hutton spog al met twee SAMA-toekennings. Van hulle nuutste musiek is ook al gebruik deur internasionale sportsterre, soos die Italiaanse figuurskaatser, Valentina Marchei tydens die Winter Olimpiese Spele van 2014. Hierdie duo het ook as wêreldwye wenners van die Flamenco / Klassieke kategorie tydens die “Lee Ritenour Sessnaar Teorie Internasionale Kitaar Kompetisie” weggestap. CH2 is bekend vir die wye verskeidenheid van musiek wat hulle op die verhoog aanbied - van pragtige Afrikaanse ballades tot hoogs tegniese klassieke musiek. ’n Produksie van die hoogste gehalte! Ma 8 Aug 12:30 Burgersentrum - 60 min - R100

-5% LL

EIV REC

E

ES W I N ST L ONTA A IV GU F E S I N G AU UR

the T A E Y ONL L L AG

D

WIN

E VI

Open 7 days a week. Hemel-en-Aarde Village, Hermanus | Tel 028 316 3988 wine@hermanus.co.za | w w w.winevillage.co.za

Voted one of South Africa’s Best Wine Shops! Monday to Friday 9am - 6pm. Saturday 9am - 5pam. Sunday 10am - 3pm


6

MUSIEK Emile Minnie

Hierdie uiters gewilde musikant kom maak vanjaar weer ’n draai by Kalfiefees 2016. As liriekskrywer en musikant is daar nooit ’n droogte aan nuwe en innoverende musiek in sy optredes nie. Hy geniet dit om met Afrikaanse lirieke te speel in sy musiek maar bind homself nie net aan een genre nie. As bekende kunstenaar by verskeie kunstefeeste is ons besonder trots om hom ook as musikant vanjaar by ons Vrouedag-ontbyt welkom te heet. So 7 Aug 13:00 De Wetsaal • 60 min • R90

Cabaret with Danièle Pascal Nostalgia, a tribute to Marlene Dietrich

“Marlene. Her name says it all. Glamour, beauty and most of all, mystery. As one of the greatest entertainers of the Golden age, a film star, a cabaret sensation and wonderful enigma, she was the quintessence of feminine enchantment and sexual allure.” French born entertainer and playwright Danièle Pascal has earned widespread critical acclaim for her interpretation of the music of Edith Piaf, Jacques Brel, Marlène Dietrich. A recipient of many theatre and service awards in France, Mexico, Canada and South Africa, she continues to expand her French and English cabaret song in fascinating ways. Musical arrangements are by Liza Joubert (from Lisa se Klavier-fame). Sa 6 Aug 20:00 De Wet Hall • 80 min • R120

Tygerberg Kinderkoor

Waar hierdie wêreldbekende Kinderkoor ookal optree word hulle net altyd met lof besing. Vir Kalfiefees 2016 is dit ’n besondere voorreg om hulle ook na die Overstrand te bring sodat meer mense aan hierdie hoogs talentvolle klompie kinders, onder die bekwame leiding van Hennie en Theresa Loock, bekend gestel kan word. As deelnemers en wenners van verskeie wêreldwye koorkompetisies het hulle eintlik weinig bekendstelling nodig.

Sa 6 Aug 14:30 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 70 min • R90


7

Jannie en Corlea

Hierdie twee begaafde sangers, wat nou onlangs eers saam begin sing het, is reeds ’n groot treffer by die Suid-Afrikaanse publiek en as jy hulle al gehoor het, sal jy verstaan waarom. Hier by die Kalfiefees is ons vreeslik bly dat hulle tyd in hul besige toerskedule kon inpas om hul talente aan ons ten toon te kom stel. Jannie en Corlea se nuutste album alle paaie lei na rome is baie goed deur ondersteuners ontvang. Ma 8 Aug 20:00 Sandbaaisaal • 90 min • R110


8

MUSIEK Beautiful, Beautiful Hymns

Koos Kombuis

Kom verdryf die winterkoue met die warm klanke van sy musiek. Die troebadoer van Afrikaanse musiek kielie nog steeds die lagspiere, roer die hartsnare en maak steeds ’n paar ou tannies en politici die hoenders in. Pynlik eerlik en nooit sonder ’n stewige skoot ironie en selfspot nie.

Kom beleef hierdie unieke klavierspel met welbeminde Rocco de Villiers, saam met twee ander instrumentaliste, en raak meegevoer deur die bekende musiek wat in hierdie produksie weer ou herinneringe sal oproep. So 7 Aug 11:00 Sandbaaisaal • 70 min • R90

So 7 Aug 20:00 De Wetsaal • 70 min • R100


9

Lize Beekman

Kom verwonder jou aan die pragtige stem van hierdie bekende en beminde sangeres. Met Afrikaanse en Engelse lirieke en briljante toonsettings raak sy die hartsnare. Saam met die bekende pianis, Jaconell Mouton, van Noot vir Noot-faam, bring hulle ’n unieke musiekprogram na die Kalfiefees. So 7 Aug 20:00 Burgersentrum • 70 min • R120

Snotkop

’n Geleentheid wat jy nie mag mis nie! Met hierdie bekende kletsrymer / kwaitosanger op die verhoog gaan jou voete jeuk om saam te dans. Kom beleef Snotkop!

Vr 5 Aug 20:00 Sandbaaisaal 60 min • R130


10

MUSIEK Ou Musikant – die Danie Bosman Storie

Danie Bosman se uitsonderlike komposisies leen hul tot Jazz-, Blues-, kontemporêre-, en ligte klassieke musiek. André Terblanche en Marlie Katzke laat hierdie Ou Musikant-storie glorieryk herleef deur die uitvoer van die Bosman- komposisies waaronder Daar onder in die Kaap, Net ’n Stille Uurtjie en Boereseun sekerlik van die bekendste is. Danie Bosman verdien, 70 jaar na sy dood, uiteindelik hierdie teater-verering!

Sa 6 Aug 13:00 Sandbaaisaal • 70 min • R110

Joshua na die Reën

Dié verhoogskunstenaar glo die kuns van liedjies skryf lê daarin om nie net oor die liefde te sing nie, maar ook oor jou ervarings en dinge waarmee jy jou kan vereenselwig. Hy wil hê sy musiek moet mense weer laat droom en daarom bevat dit uiteenlopende temas – van vrolik tot diep en sielvol. Die musiek is tydloos en inspirerend. Alhoewel die fondasie klavier- en kitaargedrewe snitte is, het dit ook ’n invloed van R&B en rock. Ma 8 Aug 15:00 Sandbaaisaal • 70 min • R100

STELLENBOSCH UNIVERSITY SYMPHONY ORCHESTRA The University of Stellenbosch Symphony Orchestra was founded by Prof Eric Rycroft in 1981 as an extension of the Stellenbosch University String Ensemble. To date, the orchestra has studied and performed more than 400 full-scale works including symphonies by Mozart, Beethoven, Brahms, Saint-Saens, Tchaikovsky, Dvorak, Shostakovich, Mahler, Bruckner and Prokofiev, a number of cantatas, masses, oratorios and 5 full-scale operas. Over the years USSO has produced many musicians who now perform with professional orchestras all over the country, and also elsewhere in the world. Under the baton of Corvin Matei, appointed as Music director and permanent conductor in 2006, USSO recently played to packed venues in Cape Town and Stellenbosch accompanying the legendary violinist, Pinchas Zukerman. This programme was repeated in collaboration with the JPO in Johannesburg to great critical acclaim as well.

So 7 Aug 15:00 NG Gemeentesentrum, Onrusrivier 70 min • R100


12

KOMEDIES MUSIEK My briljante egskeiding

Dit was ’n bietjie vreemd toe Manie van sy besigheidstrippie terugkeer en sy tas eerder inas uitpak. Voordat Engela van Tonder-Strydom besef wat aangaan, verdwyn hy deur die voordeur en uit haar lewe. Eers later hoor sy van Rosa, die kaktusbloeiseltjie wat Manie op sy besigheidstrippie ontmoet het. En dinge verander. Geraldine Aron se wêreldtreffer uit die stal van Lyf, Die Naaimasjien en Shirley Valentyn.

Die Kaap is weer Holms

Met Anthea Thompson • Teks: Geraldine Aron Regie: Hennie van Greunen

Een vrou, hope stories, bietjie heimwee, baie lag. Marion Holm wag nie vir ander om haar Kaap Hollands te maak nie, sy maak sommer self haar Kaap Holms. Teks: Chris Vorster en Marion Holm

Ma 8 Aug 20:00 en Di 9 Aug 10:00 De Wetsaal • 110 min • R90

Vr 5 Aug 20:00 en Sa 6 Aug 10:00 De Wetsaal • 75 min • R90

Klein Jakkalsies

Julle ontmoet, raak smoorverlief, raak verloof en maak reg vir ’n idilliese lewe. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood, tot die voordeurklokkie lui en ’n gros klein jakkalsies ongenooid opdaag. Dinge begin jeuk en krap en spoedig is die huweliksvlammetjie in fase-drie beurtkrag. Getroudes sal die jakkalsies herken. Indien jy daaraan dink om te trou, sal die komedie jou baie goed voorberei. Met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams Regie: Leon Kruger

Sa 6 Aug 20:00 en So 7 Aug 10:00 Burgersentrum • 70 min • R110 Geen o/14


13

#dowwedolla

In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ’n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”. Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”, sy ontleed die Suid-Afrikaanse “braai” in detail uit ’n blonde sielkundige oogpunt. In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ’n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee. Verwag nog ’n lag/minuut woorde-tsoenami van Suid-Afrika se gunsteling blondine. Met Margit Meyer-Rödenbeck Regie Jurgen Human

Ma 8 Aug 18:00 en Di 9 Aug 10:00 Burgersentrum • 75 min • R100 Geen o/12

Omvattende professionele beleggingsadvies Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. Portefeuljebestuur en Aandelemakelary HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Private Bag X16 PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. RFD 728


2016 DAGPROGRAM DONDERDAG 4 AUGUSTUS

19:00 GALA-AAND (Musiek)

met Anna Davel in “Jazz-Up!” R180 (Kaas-en-Wyn ingesluit) • 80min Burgersentrum

VRYDAG 5 AUGUSTUS

09:00 BESPREKINGSDEBAT

18:00

20:00

20:00

20:00

met Dr Frans Cronjé • R120 • 120 min Burgersentrum DIE LAAITIE (Drama) met Natasha Steneveld en andere R50 • 60 min • Geen 0/13 Hawston Shecinah Ministries (Die Stoor) DIE KAAP IS WEER HOLMS (Komedie) met Marion Holm • R90 • 75 min De Wetsaal SNOTKOP (Musiek) R130 • 60 min • Sandbaaisaal ’n KAT IN DIE DUIWEHOK (Drama) met Eric Nobbs en Almar Müller R110 • 80 min • Geen 0/14 • Burgersentrum

SATERDAG 6 AUGUSTUS

10:00 VROUEDAGVIERING

10:00

10:00

13:00

13:00

13:00

14:30

met Emile Minnie en Elsabé Daneel R180 • 120 min • Harbour Rock Restaurant DIE LAAITIE (Drama) met Natasha Steneveld en andere R90 • 60 min • Geen 0/13 • Burgersentrum DIE KAAP IS WEER HOLMS (Komedie) met Marion Holm • R90 • 75 min De Wetsaal ROOIVALK (Drama) met Richard September R90 • 65 min • Geen 0/13 • De Wetsaal OU MUSIKANT – DIE DANIE BOSMAN STORIE (Musiek) met Marlie Katzke en André Terblanché • R110 • 70 min Sandbaaisaal ’n KAT IN DIE DUIWEHOK (Drama) met Eric Nobbs en Almar Müller R110 • 80 min • Geen 0/14 • Burgersentrum TYGERBERG KINDERKOOR (Musiek) olv Hennie Loock • R90 • 70 min NG Gemeentesentrum, Onrusrivier

16:00 PRUIMBOOM (Drama)

16:00

20:00

20:00

20:00

met Jan Groenewald R90 • 60 min • De Wetsaal INVISIBLE (Drama) met Vinette Ebrahim R110 • 75 min • Geen 0/13 • Sandbaaisaal KLEIN JAKKALSIES (Komedie) met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams • R110 • 70 min • Geen 0/14 Burgersentrum PLATFORM 9 TWO – PARKSTATION met Theodore Jantjies en Maurice Paige R90 • 70 min • Sandbaaisaal NOSTALGIA, A TRIBUTE TO MARLENE DIETRICH (Cabaret) with Daniele Pascal R120 • 80 min • De Wet Hall

SONDAG 7 AUGUSTUS

10:00 ROOIVALK (Drama)

10:00

11:00

13:00

13:00

15:00

15:00

17:00

met Richard September R90 • 65 min • Geen 0/13 • De Wetsaal KLEIN JAKKALSIES (Komedie) met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams • R110 • 70 min • Geen 0/14 Burgersentrum BEAUTIFUL, BEAUTIFUL HYMNS (Musiek) met Rocco de Villiers R90 • 70 min • Sandbaaisaal EMILE MINNIE (Musiek) R90 • 60 min • De Wetsaal AMPER, VRYSTAAT (Drama) met Antoinette Louw, Milan Murray en Cintaine Schutte R100 • 60 min • Geen 0/16 • Burgersentrum US SIMFONIEORKES (Musiek) olv Prof Corvin Matei R100 • 70 min NG Gemeentesentrum, Onrusrivier PRUIMBOOM (Drama) met Jan Groenewald R90 • 60 min • De Wetsaal PA (Drama) met Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blanckenberg en Gustav Gerdener R110 • 120 min • Sandbaaisaal


2016 DAGPROGRAM 20:00 KOOS KOMBUIS (Musiek)

R100 • 70 min • De Wetsaal 20:00 PA (Drama) met Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blanckenberg en Gustav Gerdener R110 • 120 min • Sandbaaisaal 20:00 LIZE BEEKMAN (Musiek) R120 • 70 min • Burgersentrum

MAANDAG 8 AUGUSTUS

16:00 SPEKKIES EN DIE 3 VARKIES (Kinders)

16:00

17:00

18:00

10:00 PAY BACK THE CURRY (Comedy)

20:00

10:00

20:00

11:00

12:00

12:30

13:00

15:00

15:00

with Daniel Richards R90 • 70 min • De Wet Hall AMPER, VRYSTAAT (Drama) met Antoinette Louw, Milan Murray en Cintaine Schutte R100 • 60 min • Geen 0/16 • Burgersentrum TJIFF EN TJAFF (Kinders) R50 • 45 min • NG Gemeentesentrum, Onrusrivier ’n GEWORRY(Tragi-komedie) met Elize Cawood en Wilson Dunster R100 • 60 min • Sandbaaisaal CH2 (Musiek) met Leon Gropp en Corneille Hutton R100 • 60 min • Burgersentrum PAY BACK THE CURRY (Comedy) with Daniel Richards R 90 • 70 min • De Wet Hall JOSHUA NA DIE REëN (Musiek) R100 • 70 min • Sandbaaisaal RASENDE RYME (Woordkuns en Musiek) met Elsabé Daneel en Wilken Calitz R110 • 60 min • Burgersentrum

20:00

R50 • 60 min • NG Gemeentesentrum, Onrusrivier AFTER DARK IN THE GROOT MARICO (Drama) with Andrew Laubscher and Sive Gubangxa • R100 • 70 min • De Wet Hall SCHALK BEZUIDENHOUT (Komedie) R100 • 60 min • Sandbaaisaal #DOWWEDOLLA (Komedie) met Margit Meyer-Rödenbeck R100 • 75 min • Geen 0/12 • Burgersentrum MY BRILJANTE EGSKEIDING (Komedie) met Anthea Thompson R90 • 110 min • De Wetsaal JANNIE EN CORLEA (Musiek) R110 • 90 min • Sandbaaisaal TIP-ex (Drama) with Lauren Hannie, Melissa Johannisen and Maxine Ceasar R100 • 70 min • Civic Centre

DINSDAG 9 AUGUSTUS

10:00 MY BRILJANTE EGSKEIDING (Komedie)

10:00

10:00 13:00

13:00

met Anthea Thompson R90 • 110 min • De Wetsaal #DOWWEDOLLA (Komedie) met Margit Meyer-Rödenbeck R100 • 75 min • Geen 0/12 • Burgersentrum DANS OPVOEDINGSENTRUM HERMANUS • R80 • 60 min • Sandbaaisaal TIP-ex (Drama) with Lauren Hannie, Melissa Johannisen and Maxine Ceasar R100 • 70 min • Civic Centre AFTER DARK IN THE GROOT MARICO (Drama) with Andrew Laubscher and Sive Gubangxa • R100 • 70 min • De Wet Hall


16

KOMEDIES MUSIEK Platform 9 Two – Parkstation

Theo, ’n sjef, word genooi om vir ‘n sterpaartjie se troudag die kos te maak. Top Billing gaan deel wees van die hele trougedoente. Sy vriend, Mau, ’n voornemende kletsrymer, bied aan om hom by te staan as hy as gaskunstenaar kan optree. Nadat hulle uiteindelik op die trein klim by Platform 9, Kaapstadstasie, ontmoet hulle ’n verskeidenheid mense. Sal die twee uiteindelik in Johannesburg uitkom met al die hindernisse wat hulle moet deurmaak? Sal Mau weer vir Theo kry nadat hy op Colesbergstasie agtergelaat is? Hartseer en trane, vreugde en lekker lagbuie vergesel die gehoor vanaf Platform 9 uit Kaapstad tot by Parkstasie in Johannesburg. Met Theodore Jantjies en Maurice Paige Teks en regie: Christo Davids

Pay back the Curry!

In the tradition of the awarding-winning Bafana Republic satirical revues, Mike van Graan’s Pay back the Curry! comprises a series of sketches to make audiences think even as they laugh out loud. The creative “dream team” includes Siv Ngesi (producer), the director, Rob van Vuuren, and the multi-talented Daniel Richards, depicting a variety of characters (and caricatures) that comment on all things contemporary, from fees and falls, through sparrows and statues to Zuptas and zombies! Mo 8 Aug 10:00 & 13:00 De Wet Hall • 70 min • R90

Sa 6 Aug 20:00 Sandbaaisaal • 70 min • R90

’n Geworry (Tragi-komedie)

Net as ’n mens dink jy is klaar: met skole-atletiek en matriekafskeid en studielenings en troues en sakgeld (veral sakgeld!) en alles waarby jy uit eie wil of teësinnig ingesleep word as betrokke, liefdevolle ouer. Net as jy dink jou kinders is nou uiteindelik op hulle voete, só dat hulle kan aangaan – en jy vir ’n slag by jouself uitkom, by jóú huis en daai vakansie waarvoor julle al jare spaar. Net as jy dink die goeie lewe begin uiteindelik op sestig – net dan begin rondte twee, die dag as jy besef groot kinders beteken groot moeilikheid. Met Wilson Dunster en Elize Cawood Teks: Saartjie Botha

Ma 8 Aug 12:00 Sandbaaisaal • 60 min • R100


Schalk Bezuidenhout Lewendig

Met die 2015 Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar (KKNK), die 2015 Comics Choice Award vir Best Intermediate Comedian, asook optredes saam met Trevor Noah, is ’n vertoning deur hierdie opwindende 23-jarige skerpskertser ’n moetsien. As aanbieder van die program Die Kliek op die DStv-kanaal Via is Schalk ook deesdae ’n bekende op die kassie en jy sien hom binnekort in ’n splinternuwe reeks op kykNET. Schalk steek graag die draak met alles van verhoudings tot skolerugby, Afrikaanse radio en ’n gewilde sepie. Hy gaan jou mis as jy hom mis, so moet hom nie mis nie. Ma 8 Aug 17:00 Sandbaaisaal • 60 min • R100

MUSIEK WOORDKUNS MET MUSIEK

Rasende Ryme (Woordkuns met musiek)

Hierdie twee uitsonderlike kunstenaars lewer ’n unieke musiek-en-verstoer deur die bekendste Afrikaanse gedigte, beide oud en nuut. Klanke word op die verhoog opgedis, opgeneem, verwerk en vermeng met voordrag om gedigte tot op die been te ontgin. Musiek en tegnologie ontmoet hier. Woordkuns soos selde beleef word. Met Elsabe Daneel en Wilken Calitz

Ma 8 Aug 15:00 Burgersentrum • 60 min • R110


18

MUSIEK DRAMAS Pa

André (Chris van Niekerk) is 65 jaar oud. Anna, sy dogter, is ’n goeie dogter wat sorg dat haar pa alles het wat hy nodig het. Maar André se horlosie is (weer) weg en hy wéét dat Lara, sy versorger, dit gesteel het. André wonder ook oor Pierre, Anna se nuwe liefde. Die man lyk vir hom arrogant en gevaarlik. En hy herken nie die stoel wat nou in sy sitkamer staan nie. En wie is die ‘weird’ vrou wat soms maak asof sy Anna is? En waar is Elize, sy jonger dogter - die een vir wie hy eintlik lief is? Een vir een gaan die liggies in André se kop af. Florian Zeller se snaakse, roerende wêreldtreffer is ’n studie van geheue, van familie en van herinneringe. Met Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blackenberg en Gustav Gerdener. Regie: Hennie van Greunen

‘n Kat in die duiwehok

Ons almal kom by ’n punt waar jy terug kyk op jou lewe. Die ideale wat nie bereik is nie, drome wat verdamp het soos mis voor die son. Gaan jy toelaat dat dit van jou ’n bitterbal maak? Of gaan jy al jou bagasie weggooi en die kind in jou herontdek? Hoe doen jy dit as jy al jare lank dieselfde kind verloën en onderdruk? Wat doen jy as die kind in jou skielik voor jou staan in al sy onskuld, jou konfronteer met al die goeie goed wat iewers langs die pad in die slag gebly het? Soos met alles in die lewe, het die verhaal net soveel humor as weemoed. “Ek hoop om die gehoor saam met my op reis te neem deur hulle eie lewens.” Met Eric Nobbs en Almar Müller Teks: Eric Nobbs

Vr 5 Aug 20:00 en Sa 6 Aug 13:00 Burgersentrum • 80 min • R110 Geen 0/14

Geborg deur

So 7 Aug 17:00 en 20:00 Sandbaaisaal • 120 min • R110


19

Amper, Vrystaat

Mense sê die Vrystaat is waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is dat jy jou toekoms kan sien van ’n windpomp af. Drie vervreemde susters ontmoet vir Ma se begrafnis in Amper, ’n dorpie duskant nêrens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hulle ma se dood die hele kontrei aan die gons. Met Antoinette Louw, Milan Murray en Cintaine Schutte Teks: Die Geselskap ★ Beste debuutproduksie by Vrystaat Kunstefees 2015 ★ Benoem vir verskeie Fiëstas

So 7 Aug 13:00 en Ma 8 Aug 10:00 Burgersentrum • 60 min • R100 Geen 0/16

BOUMATERIAAL, VERF en verwante PRODUKTE beskikbaar by Agrimark Hermanus: Verfreeks en -dienste sluit in:

• Gratis opmeet van huise • Vogtoetse • Verfkwotasies asook -spesifikasies • Dulux • Jotun • Soudal • Laminin Paints • Buccaneer Liquid Plastics (waterdigting industrieël & DIY) • Professionele verf spesifikasies

Boumateriaalreeks en -dienste:

• Aflewerings (ons het nou ‘n nuwe 8 ton-vragmotor) • Volledige kosteberaming van bouplanne, kappe, dakke ens.• Deure, rame, hout & aluminium • Dakke en reënwater• Watertenke • Stene • Geute • Plafonborde • Sement (PPC & IDM) • Boukalk • Bou-houte • Brickforce • Veiligheidsklere

Verdere dienste sluit in:

• Rekeningfasiliteite beskikbaar • RCS Hoofweg Sandbaai T: 028 316 4552 | F: 028 316 4016 E: hermanus.agrimark@kaapagri.co.za W: www.myagrimark.co.za Boumateriaal-bemarker: Jacques Goosen | jacques.goosen@kaapagri.co.za


20

MUSIEK DRAMAS Pruimboom

Kindermolestering is ’n onderwerp wat, tragies soos dit is, gewoonlik voorgehou word as ’n sielkundige en sosiale ramp. In Pruimboom volg Jan Groenewald ’n ander roete: hy omskep ’n persoonlike ervaring in ’n verhaal van wraak en verlossing. Die teks is treffend en hartseer, maar met komiese elemente wat wys hoe hy as kind sy trauma verwerk het. ’n Ou-ou tema word met ’n verrassende nuwe aanslag benader. Erik Holm, wat debuteer as regisseur, laat die klem sensitief op die alleenreis van slagoffers val. Met Jan Groenewald • Teks: Jan Groenewald Regie: Eric Holm

Sa 6 Aug 16:00 en So 7 Aug 15:00 De Wetsaal • 60 min • R90

After dark in the Groot Marico (Drama/Comedy)

The creative team of the award-winning Mafeking Road invites you on another trip through the Groot Marico. Oom Schalk Lourens introduces you to his world of love, music and a little bit of magic. “. . . A spectacular performance by these two actors in which they bring life to the Groot Marico in a charming and poignant series of tales.” With Andrew Laubscher and Sive Gubangxa Director: Tara Notcutt

Mo 8 Aug 16:00 and Tu 9 Aug 13:00 De Wet Hall • 70 min • R100


21

Invisible

Katie is ’n bekende bergie op Groentemarkplein, vol stories en streke. Almal ken haar en sy ken almal, en “’n smile en ’n laggie kos jou niks, maar as dit ’n life lesson is, kos dit R5.00!” Katie se storie is nie uniek nie. Dit het al met baie gebeur, maar wat maak haar storie van op straat wees so besonders? Was dit die wegskeur as kind van Distrik Ses in 1966? Of was dit dalk die feit dat die Cape Flats soos ’n strop om haar nek gesit het tot sy nie meer asem kon haal nie? Of haar liefde vir geskiedenis? Maar sy is nou hier, met geskiedenis en al. “Julle ken my, maar julle sien nie my siel nie!” Met Vinette Ebrahim • Teks: Vinette Ebrahim

Sa 6 Aug 16:00 Sandbaaisaal • 75 min • R110 Geen 0/13


22

MUSIEK DRAMAS TIP-ex

The central theme for the play focuses on gender issues, and in particular, corrective rape. The narrative is about a woman, Katie, who takes the audience back to her teenage years when she first started to realise that she was attracted to persons of the same sex. When she mentions this to her conservative family for the first time, outrage breaks out and everything changes. As still often happens today, she is sent to confirmation classes to ‘fix’ the problem. With Lauren Hannie, Melissa Johannisen and Maxine Ceasar • Director: Lauren Hannie ★ A winning production at the ZABALAZA-Theatre Festival

Mo 8 Aug 20:00 and Tu 9 Aug 13:00 Civic Centre • 70 min • R100

Rooivalk

Rooivalk word groot op ’n plaas in Limpopo, tussen heinings wat lank voor sy geboorte al vir hom gespan is. Met Richard September, die Fiësta-, Fleur de Cap- en Kannawenner vir sy vertolking in Rondomskrik, beloof hierdie produksie om ’n unieke ervaring vir die oë, ore en hart te wees. Met Richard September • Teks en regie: Nico Scheepers

Die Laaitie

’n 15 jarige seun se lewe - Dylan? Is dit ooit my regte naam? Wie is ek regtig? Met my onstabiele ma en ’n druglord vir n stiefpa, kan my se storie nie goed eindig nie. Of kan dit? Kom ondersteun die plaaslike gemeenskap van Hawston se Amateur Dramavereniging, Seabreeze Productions, in hierdie aangrypende verhaal van soeke na stabiliteit. Met Evangeline Pharo, Natasha Steneveld, Nelmari Jooste; Melanthea Braaf, Bejorgan Arendse, Neville Hess en Helen Swartz • Seabreeze Productions

Sa 6 Aug 13:00 en So 7 Aug 10:00 De Wetsaal • 65 min • R90 Geen 0/13

Vr 5 Aug 18:00 Hawston Shecinah Ministries (Die Stoor) (Kaartjies slegs by die deur). Sa 6 Aug 10:00 Burgersentrum 60 min • R90


23

MUSIEK KINDERS Tjiff en Tjaff

Die karakters van die gewilde kinderreeks, Tjiff & Tjaff, kom kuier! Die liewe groen outjies was al op baie uitstappies en nooi almal om deel te word van hul avonture. Hulle is mal oor speletjies en verrassings. Kom kuier saam met Tjiff en Tjaff en hul maatjie Mimi en vind uit wat die avontuurlustige span beplan.

Spekkies en die Drie Varkies

Spekkies is ’n eekhoring met towerkragte wat hom groter en lewensgroot kan maak. In die toneelstuk help hy die drie varkies van die bekende sprokie om een tree voor Dolf die Wolf te bly. Dolf het nare planne met die varkies wat elkeen besig is om hul eie huis te bou. Met Dean van der Ventel, Karli Heine, Isak van Zyl en Stephanie Badenhorst • Teks en regie: Gaerin Hauptfleisch

Met Kika Smit, Dean van der Ventel en Isak van Zyl

Ma 8 Aug 11:00 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 45 min • R50

Ma 8 Aug 16:00 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 60 min • R50


24

VROUEDAGVIERING MUSIEK Damesoggend

Vir die soveelste jaar bied ons weer die gewilde damesoggend van pret, plesier en bederf aan! Kom geniet die heerlikste kos en kom verlustig jou in die borrelende geselskap van Elsabe Daneel saam met die gewilde musiek van Emile Minnie terwyl jy die pragtige natuurskoon van die Overstrand romdom jou kan waardeer.

Sa 6 Aug 10:00 Harbour Rock Restaurant • 120 min • R180

DANS “INTO OUR WONDERLAND” Dans Opvoedingsentrum, Hermanus

NEEM ASB KENNIS: Moontlike padwerke in Hoofweg, Sandbaai mag beteken dat feesgangers ’n alternatiewe roete via Schulphoekweg (by CTM) gebruik. Volg die Kalfiefees-borde of besoek www.kalfiefees.co.za

Vanjaar gee ons ons plaaslike Danssentrum geleentheid om saam met ons Kalfiefees te vier. Die Skool, wat deur Marina Rautenbach bestuur word, bestaan uit dansers van alle ouderdomme. Dit is vir ons ’n voorreg om verlede jaar se vertoning “Into our Wonderland” op die Kalfiefees verhoog aan te bied. Kaartjies is slegs by die deur beskikbaar. Di 9 Aug 10:00 Sandbaaisaal • 60 min • R80


25

AKTUALITEIT MUSIEK Besprekingsprogram

Die spreker tydens die Hermanus Times Kalfiefees 2016 besprekingsprogram is Dr. Frans Cronje, hoofuitvoerende beampte van Die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge (IRV). Die program vind plaas op Vrydag 5 Aug 2016 om 09:00 in die Overstrand Munisipale Ouditorium. Die IRV is die leier op die gebied van vryemarkdenke en die tuiste van ’n ondersoekspan wat tendense ondersoek vir verskeie beleidsrigtings. Die IRV is die grootste onafhanklike verskaffer van inligting en navorsing rakende die gebied via hul sentrum vir risiko navorsing en is ook bekend vir ’n wye verskeidenheid van publikasies op hierdie gebied. Dr. Cronjé is o.a. die outeur van die boek A time traveler’s guide to our next ten years (Tafelberg 2014)

OK MiniMark Onrus amongst retail elite!

OK MiniMark Onrus is one of a select few retailers to have been nominated for this year’s very prestigious OKFD Franchisee of the Year Award in the OK MiniMark category. “We would like to thank all of our loyal customers for their continued support. We are committed to retail excellence and will endeavour to always bring you the most fantastic shopping experience possible!”

Onrus

Tel: 028 316 3711

FA OKFD11740

Hierdie is ’n unieke geleentheid om na die bekende spreker te kom luister. Hierdie bespreking is moontlik gemaak deur PSG WEALTH van Portfolio Management & Stockbroking Hermanus.

Vr 5 Aug 09:00 Burgersentrum • 120 min • R120


26

KUIER, MUSIEK KUNS EN KALFIE-PRETRAP Kom kuier saam in die kuiertent

Soos verlede jaar is die hart van die Kalfiefees weer by die De Wetsaal in Onrus in ’n kuiertent wat geborg word deur Pick n Pay Hermanus. Al storm en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees, het ons ’n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees. Binne die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie en tee en koffie sal aanhoudend prut. ’n Heerlike verskeidenheid van eetgoed sal die innerlike kan versterk. Die Kalfiefeeskantoor is ook binne die tent. Kaartjies vir alle vertonings kan gekoop word by Computicket sowel as by die kuiertent gedurende die fees. De Wetsaal, Onrusrivier 09:00 tot laat

Kalfiefees-kunsuitstalling

Ter nagedagtenis aan Derick Dickens, die stigter van die Kalfiefees-kunsuitstalling, bied ons met trots weer vanjaar die Kalfiefees-Kunsuitstalling, in die banketsaal van die Munisipale Ouditorium, aan. Werke van meer as 50 kunstenaars kan besigtig word. Maak ’n draai tussendeur die Kalfiefees-vertonings of kom ’n bietjie vroeër na jou vertoning by die Ouditorium en kom ontmoet die kunstenaars en gesels oor hul kunswerke en skaf dalk een of twee aan. Hermanus en omgewing is ryk aan kultuur en veral kunstenaars.

Do 4 Aug tot Di 9 Aug ??:?? tot ??:??

Wildekrans Rotary MTB Adventure

Die eerste Kalfiefees Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Sondag 7 Augustus 2016. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word. Die doel van hierdie aktiwiteit is om ’n niete-mededingende bergfietsgeleentheid van 35 kilometer vir entoesiaste aan te bied. Die roete is ’n unieke roete op Wildekrans wat ’n ongelooflike pad deur die pragtige omgewing sal neem. Sekere dele van die roete is pasgemaak vir hierdie geleentheid en sal vir die eerste keer gebruik word. Twee verdere roetes van onderskeidelik 5km en 10 km word vir kinders aangebied sodat die jongelinge en ander familielede ook hulle vaardighede kan kom toets. Die geleentheid beloof hope vermaak en opwinding vir die hele gesin. Om deel te neem, skakel Johan 083 626 3081 of (028) 316 4667


Hermanus Showroom Hemel & Aarde Village, Hermanus hermanus@woodenways.co.za

028 050 0589

CALEDON R320

CALEDON N2

HEMEL-EN-AARDE VILLAGE

KIDBROOKE

NU MA H ER

ONRUS

R43 AD

ST

N OFF UR

R43

M IM CA BON HA

P SI T E

RO

CURRO PRIVATE SCHOOL

VERMONT

CAPE TOWN

SANDBAAI

Deliveries Countrywide

www.woodenways.co.za

HERMANUS

STANFORD

Profile for Splash Magazine

Kalfiefees 2016 Program  

2016 Kalfiefees 4 – 9 Augustus ONRUS – SANDBAAI – HERMANUS Dis ‘n lekker lang naweek vanjaar en ons sien uit om julle te verwelkom by die He...

Kalfiefees 2016 Program  

2016 Kalfiefees 4 – 9 Augustus ONRUS – SANDBAAI – HERMANUS Dis ‘n lekker lang naweek vanjaar en ons sien uit om julle te verwelkom by die He...

Advertisement