
2 minute read
Die Werkswêreld in 2033
from Concipio 2023
by semperPRG
Hanko van Rooyen
In ’n wêreld wat voortdurend verander, is die toekoms minder voorspelbaar as ooit … Dit is veral vandag uiters belangrik om die regte besluit met betrekking tot jou beroepsrigting te neem. Vir Paul Roosers (veral Graad 11’s en 12’s) is hierdie onderwerp baie relevant.
Advertisement
Terwyl ons besig is om ons voete in die 21ste eeu te vind, ontwikkel die arbeidsmark teen ’n ongekende tempo. Tegnologiese vooruitgang, demografiese verskuiwings en globale uitdagings transformeer die werkslandskap wat geleenthede én uitdagings bied. As jy, soos baie van ons, nog nie besluit het watter studierigting jy wil aanpak nie, is deeglike navorsing belangrik. Nadat ek gaan ondersoek instel het, het volgende beroepsvelde vir my uitgestaan:
Kunsmatige Intelligensie (AI) Spesialiste: Die vraag na AI-spesialiste sal verseker styg. Die ontwikkeling en implimentering van AI sal innovering in verskeie velde tot gevolg hê.
Volhoubare Energie-ingenieurs: Die aanvraag na volhoubare energie-ingenieurs sal toeneem as gevolg van die wêreld se groeiende kommer oor omgewingsvolhoubaarheid.
Gesondheidsorgspesialiste: Daar word verwag dat die gesondheidsorgsektor aansienlike groei sal ervaar as gevolg van veroudering van bevolkings en die toenemende voorkoms van chroniese siektes.
Robotika-ingenieurs: Die opkoms van outomatisering en robotika vereis ingenieurs in dié betrokke veld.
Datawetenskaplikes:
Aangesien die wêreld steeds ’n groot volume data genereer, kan die behoefte aan bekwame datawetenskaplikes net vergoot.
Die toekomstige arbeidsmark sal sonder twyfel opwindende geleenthede vir individue met die regte vaardighede verskaf. Soos nuwe tegnologie ontwikkel, sal nuwe werksgeleenthede volg. Diegene wat die ontwikkelende eise van die toekoms kan hanteer, sal goed geposisioneer wees om in hulle gekose veld te floreer.
Taking the Road Less Travelled: Embracing the Gap Year
Izak de Wet
“Wat gaan jy volgende jaar studeer?” As jy ’n matrikulant is, hoor jy hierdie vraag waarskynlik gereeld.
Indien jy reeds presies weet wat jy ná skool wil studeer, behoort dit nie ’n moeilike vraag te wees om te beantwoord nie. Maar vir heelwat van ons is dit nie ’n uit- gemaakte saak nie. Baie mense voel dat hulle direk na skool moet gaan studeer omdat “almal tog gaan studeer” of omdat hulle nie “iets wil misloop nie”. Maar is dit slim om te gaan studeer as jy nog nie 100% seker is wat jy vir die res van jou lewe wil doen nie? Is dit nie meer sinvol om dan ’n oorbruggingsjaar, oftewel gap year, te vat sodat jy kan uitvind nie?
Ek onthou nog hoe ek gevoel het toe ek in graad 9 vakke moes kies. Dit was opwindend, maar terselfdertyd vreesaanjaend. En nou moet, net twee jaar later, ’n besluit oor ’n studierigting neem wat moontlik my hele toekoms gaan beïnvloed. Moet dit die norm wees om direk na skool te aan studeer?
Dit kan werklik voordelig wees om ’n oorbruggingsjaar te vat, selfs al voel sommige mense dat dit tydmors is. Is dit regtig tydmors as jy ’n jaar gebruik om jouself te leer ken en lewensuitkyk te verander? Dit klink eerder vir my asof jy jou tyd goed aangewend het.
Weeg ál jou opsies op voor jy besluit.