1 minute read

PRG Toneel

Ian Lubbe

Paul Roos spog vanjaar met twee nuwe toneelstukke waarmee hulle die skool by verskeie kunstefeeste gaan verteenwoordig. Die toneelspan is reeds hard aan die werk om BROERS en VAL(DEUR) teen die derde kwartaal op die planke te kry. Meneer Opperman behartig BROERS se regie, terwyl me- neer Nelson by VAL(DEUR) die leiding neem. Kom kyk gerus na dié twee stukke by die PRG Toneelaand.

Advertisement

VAL(DEUR) se sinopsis: Oor die generasies word name oorgedra — die vraag bly staan: Is dit ’n goeie of ’n slegte ding? ’n Groep vriende werk aan ’n taak en ontdek geheime van hul herkoms. Maar, iets het by die valdeur gebeur. Hoe sal hierdie insident die intrige beïnvloed? Wie is Niël Burgert van Dijk werklik, oftewel, wie wil hy wees?

BROERS se sinopsis: ’n Ongeluk keer ’n oudste broer se wêreld om. Groot besluite moet geneem word, maar die verskeie invloede help nie juis die saak nie. Aanvaar, verander of onttrek? Dit bly egter Gideon se grootste vraag.

This article is from: