
1 minute read
Nuwe duikslagreëls: Goed of sleg?
from Concipio 2023
by semperPRG
Hano Basson
Die Rugby Voetbalunie of Rugby Football Union (RFU) van Engeland het aangekondig dat die wettige hoogte van ’n duikslag in professionele, amateur- en skolerugby vanaf 1 Julie 2023 sal verander om rugby vir alle spelers op die veld “veiliger” te maak. Die hele rugbygemeenskap het die aankondiging nie ligtelik opgevat nie, en baie mense het hulle opinie daarop gelewer. Die nuwe reël behels dat alle duikslae onder die persoon met die bal se middellyf gemaak moet word. Volgens die RFU is hul doel met die reëlverandering om die blootstelling aan kopbotsings asook die risiko van harsingskudding vir beide die baldraer en die speler wat hom duik, te verminder. Nadat die reëlverandering aangekondig is, het sosiale media ontplof en talle mense het hul ongelukkigheid uitgespreek. Party mense beskryf dit selfs as “die dood van rugby” wat rugbyliefhebbers vir seker nie wil hoor nie. Daar is selfs groot onsekerheid of die nuwe reëls werklik die sport veiliger gaan maak. Meer kop-tot-kniekontak gaan plaasvind wat kan lei tot meer harsingskuddingsgevalle en nekbeserings. The Eggchasers, ’n aanlyn podsendingplatform, het in hulle nuutste podsending (podcast) gesê dat die RFU deur die aanpassing van die reël twee verskillende sporte geskep het. Huidige en voormalige profes- sionele rugbyspelers, soos Nick Easter, het ook aanlyn uiting aan hul frustrasies gegee.
Advertisement
Nick het getweet dat meer beserings, harsingskuddingsgevalle en hofsake gaan kom indien die reël amptelik geïmplementeer gaan word.
Ek hoop dat die reël nie skolerugby in Suid Afrika enigsins sal beïnvloed nie. Daar is min goed wat beter is as om te sien hoe een van jou skool se spelers ’n speler in die opposisie se wind totaal en al wegduik. Die sport, waarvoor ons almal so lief is, sal heel waarskynlik baie vervelig word indien die reël hier geïmplementeer word.







