1 minute read

Wild uit verte vir Wilgehof

Advertisement

Tabitha is ‘n 30 jaar-oue projek waar daar tans elke Woensdag tussen 30-40 mense ‘n gekookte bord kos en genade vir nog ʼn dag ontvang. Die projek word bestuur vanuit die NG Kerk Wilgehof se kombuis, maar is nie beperk tot lidmate nie.

Wilgehof is een van die woonbuurte in Bloemfontein waar armoede homself goed tuis gemaak het, waar nood jou by die meeste voorhekkies sal verwelkom en hongerte die lyne op baie gesigte definieer.

Die projek word hoofsaaklik met R400 per week uit die gemeente se skrams begroting gedra. Hier word week na week gebid, en getoor in die kerkkombuis, om die beskikbare produkte te rek en te strek om al die honger leemtes te vul. Skenkings aan hierdie projek is lewegewende verliging vir ‘n projek wat waarlik van week tot week oorleef.

Dit is hier waar Bloem158 vir hierdie winter ‘n wesenlike verskil en bydrae gemaak het, deur die help van 41ner vanaf Nederland se 158 tafel. Wim en Harry het al die pad vanuit die verte hier in ons midde kom jag vir die winter. 2 Mooi bladskote het ʼn Rooibok en ‘n Swarthartebees plat getrek. Hierdie vleis gee ‘n “broodnodige” (vleisnodige) hupstoot vir hierdie projek vir die koue winter wat voorle. Met al die vleis kan die ekstra R400 ‘n week nou goed aangewend word om baie meer voedsame geregte aanmekaar te slaan in hierdie WonderKombuis.

Bloem158 kan seker wees dat daar hierdie winter weekliks tussen 30-40 “Impactful chanced” gedefinieerde gesigte sal rondloop deur hierdie skenking.

Welkom 40 had a five rand project that was held at Sylvania Super Spar in Welkom. We had a lot of support from the community and collected food and non-perishable items to a value of about R4000. We would like to thank the community and Sylvania Super Spar for the support on this project.

This article is from: