Rijk Tulbagh Skool-Kwartaal 2

Page 1

Rijk Tulbagh Nuus/News

Junie/June 2018 Success is the result of perfection, hard work, learning from failure, loyalty, and persistence. -Colin Powell


Uit die Skoolhoof se pen… Die kwartaal snel tot ‟n einde en daar heers tans groot opgewondenheid by elke leerder oor „n welverdiende ruskansie. Rijk Tulbagh Skool strewe reeds vir 14 jaar daarna om steeds ons leuse “ Reik

uit/Reach out” na te streef deur ʼn GELUKKIGE, GEBALANSEERDE KIND die lewe in te stuur, gewapen met waardes, geloof en respek vir ander. Ons as personeel se uitgangspunt is dat geleenthede en geriewe wel geskep moet word vir talentvolle kinders wat hulle volle potensiaal wil ontwikkel, sonder om kinders bloot te stel aan onbehoorlike eise en onnodige druk. 'n Gesonde balans tussen

akademie, sport en kultuur word gehandhaaf met die vaslegging van akademiese leerkennis wat altyd prioriteit geniet. Ons prestasies en uitslae wys dan ook weer eens hierdie kwartaal dat ons steeds met trots relevante en goeie onderwys verseker. Met 'n puik en ervare onderwyskorps soos ons s'n, is dit ook geen verrassing nie! May you and your child/ren then become part of the partnership created

by the above-mentioned mission. It is not only your right, but also the privilege of fully sharing in your child's education. Participate in all the activities that the School, Governing Body and Parent Teacher Association offer you.


The values we teach at Rijk Tulbagh result in children being proud of themselves - something that encourages each learner to always believe in themselves and to strive for better.However, all these goals can only be successful if all the role players address it in faith in our Heavenly Father.

Therefore all glory to Him when we celebrate our achievements of the past term. Dit bring ons dan ook by „n nuwe toevoeging tot die “Rijk Tulbagh familie”. Ons hartlike gelukwense gaan aan Juffrou Heleen en Arno wat „n babadogtertjie ryker geword het. Uit die kringe van Rijk Tulbagh Skool, wil ons vir hulle alle geluk en vreugde toebid. Ons weet dat God hulle as „n gesin ryklik sal seën en dat sy vir hulle hope vreugde sal bring. Groot dank aan al ons leerders en personeel vir hulle harde werk en ons ouers vir al die ondersteuning die afgelope kwartaal. I once again remind you of our "open door policy" to speak to me at all times on matters that you may bear. I do not guarantee keyword responses and results, but at least a sympathetic ear. Ry veilig en geniet die vakansie! M. van Rensburg


Rijk Tulbagh presents Ali Baba! The Musical. Save the date : 25 & 26 September 2018

We promise a magical evening filled with excited and laughter!


BOOK DAY 2018! We had such a blast celebrating our love for books and reading this year! Thank you to everyone who donated books to our classroom libraries. We believe that all the winners enjoyed their book prizes. Our learners truly showed a lot of creativity and created the most outstanding story book covers. We most definitely have a lot of authors and illustrators in the making.



Die RTPSFamilie groei! Baie geluk aan Juffrou Heleen en haar man, Arno, met hulle nuwe baba dogter, Carla-Mari. Ons mis Juffrou baie by die skool, maar ons is bly Juffrou kan bietjie tuisbly en tyd saam met Carla-Mari en Helana spandeer. Hartlik welkom aan ons nuwe Juffrou, Juffrou Talita Myburg.

Ons is bevoorreg om Juffrou hier te verwelkom as ons Graad 2 opvoeder terwyl Juffrou Heleen tyd spandeer saam met haar baba dogter, Carla-Mari. Juffrou het alklaar diep in ons leerders se harte ingekruip en ons sien uit na die 4maande saam met Juffrou.








Wynveiling Vrydag die 25 ste Mei was die jaarlikse spoggeleentheid – die Wynveiling van Rijks Tulbagh Privaat Skool. Hierdie jaar het ons gebruik gemaak van die prentjie mooi Saronsberg Wynkelder, en niemand sou kon

raai hoe suksesvol die aand sou uitdraai nie.Daar was vyftig verskillende lotte. Elke lot het bestaan uit verskillende wyne gepaard met allerande bederfies soos skoonheids geskenkbewyse tot wegbreuk naweke. Ons het ‘n volle R350 000 ingesamel! Hierdie geld sal ten volle benut word by die skool. Baie dankie aan al die borge, ouers en helpers wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.






RUGBY Ons rugbyseisoen het weggespring met gereelde oefeninge en „n vol program van sportdae. Ons spelers was gereed vir die seisoen en het uitgesien na ons eerste sportdag. Elke speler was deeglik bewus van wat verwag word om fiks genoeg te wees om „n wedstryd te voltooi.

Ons het hierdie kwartaal aan drie sportdae (CPM, Simond en RTPS) deelgeneem. Die 4 spanne (o/7/8; o/9; o/11; o/13) wat deelgeneem het, het hulle puik van hul taak gekwyt en uitstekende uitslae behaal. Ons o/7/8 span is nog onoorwonne hierdie seisoen. Die o/9 span het op een wedstryd na al die ander wedstryde gewen. Ons o/11 span speel tans uitstekende rugby en ons wil vir Mnr Falck baie dankie sê vir die inspuiting van hy bewerkstellig het in ons rugby by die skool. Ons o/13 afrigter Mnr Steaan van den Berg kwyt hom uitstekend van sy taak met die hindernisse van net 5 spelers in die span. Ons o/13 span moet elke wedstryd gebruik maak van ander spelers om ons span vol te maak, maar ten spyte van dit vaar hulle baie goed.

Baie dankie aan al ons ouers wat elke sportdag so getrou bywoon en ons leerders by die

sportdae besorg. Aan elke afrigter en ons sportorganiseerder, Adri Putter net „n groot dankie vir julle onbaatsugtige moeite met rugby in ons skool.


Witzenberg Rugby Ons wens vir Nichlas van den Berg geluk met sy prestasie as lid van die Witzenbergspan vir die Bolandproewe. Nichlas het hom sover onderskei met

die gehalte van spel wat hy elke wedstryd lewer en daarom die eer wat hom te beurt geval het. Ons vertrou dat Nichlas van krag tot krag sal vorder met sy rugbyloopbaan.

Ons is trots op jou Nichlas.


Exams are over!! School is out!! Have a good rest and plenty of laughter this holiday!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.