14 Maart 2014
37
Potchefstroom Herald
Skole sport foto’s
Die volgende leerders van Ferdinand Postma het tydens die afgelope NW Muurbalkampioenskap Provinsiale kleure verwerf. Ferdies is inderdaad trots op hulle. Zané Labuschagne( o.19 NW-kampioen), Michelle Barnard (NW-span ), Shanél Potgieter( o.16 silwermedalje) en Leoshan Reddy( NW-span, afwesig). Foto: Verskaf
Die oorhandiging van H/S Ferdinand se 1ste span sportklere wat weereens deur Daly Auto geborg word, is tydens ‘n funksie in die skool se klubhuis gedoen. Op die foto is John Brink (afrigter), Leslie Kay (Speler) en Scholtz Fourie van Daly Auto. Foto: Verskaf
Congratulations to the swimmers who received trophies at the Annual inter-house gala held on February 25 at Potchefstroom Central School. In front are Marcelo Ferreira (junior Victor Ludorum) and Nathalie Hufkie (junior Victrix Ludorum) and at the back are Nathan Hufkie (senior Victor Ludorum) and Leniese Kock (senior Victrix Ludorum.)
Twaalf atlete van Laerskool Mooirivier is gekies om die Noordwesprovinsie vanaf 20 tot 22 Maart by die Daljosafat-stadion in die Paarl te verteenwoordig by die SA-kampioenskap. Voor is Zia Pieterse, Milana van der Merwe en Sunel Smit. In die middel i Hendrik Hattingh, Simphiwe Motaung, Almero Niemann en Philip Botha. Agter is Reinhardt Greyling, Mizelle Muller, Charlande Swanepoel, Ruandi van Dyk en Morné Stafford. Foto: Verskaf
Ané Aucamp van Gimmies het 'n nuwe rekord opgestel tydens die Limpopo Skyfskiet Ope Kompetisie met 'n telling van 1 416 uit 1 600. Foto: Verskaf
Van Zyl Brand (links) en Eliz-Maric Cronje (regs) van Gimmies is beide na afloop van die NW Hoërskole Swem Interhoërgala as senior Victor-en Victrix Ludorums aangewys. Foto: Verskaf
Baie geluk aan die volgende Volkskool-atlete wat nou deel is van die Noordwes-Atletiekspan. Hulle het fantastiese prestasies behaal in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Johan Pyper (800 m – tyd 1.53.20), Duard Barnard (400 m hekkies – tyd 0.54.10), Juan Kleynhans (spiesgooi – 51.61 m), Anrè Kotze (diskus – 40.53 m; hamergooi – 53.34 m) en Jurie Heyns (diskus – 47.95). Foto: Verskaf
Kekkel en Kraai-kleuterskool het Vrydag 21 Februarie ‘n baie suksesvolle atletiekdag gehad. Die optog was kleurryk en die dirigente, van Rio afkomstig, het gesorg dat almal uit vollebors sing. Ons sien op elke atleet se gesig hoe hulle hul bes doen en is beloon deurdat elk ‘n medalje ontvang het. Almal het lekker saam-gekuier en ons sê dankie aan al die pappas, mammas, oupas en oumas wat ons kom ondersteun het. Foto: Verskaf
Laerskool Mooirivier se gr. 2-welpies het as algehele wenners by die Oor-die-Vaal Sportfees uit die stryd getree. Die geesdriftige welpies spog met die pragtige trofee en die goue medaljes wat hulle ontvang het. Hulle het hulle teenstanders, die welpies van Baillie Park, met 25 - 5 in die finale ronde geklop. Voor is Johandré Maree, Rick du Plessis en Tiardt Vorster. In die middel is Antonie Labuschagne, Ruhan Joubert, Christoff Nel (kaptein), Marnu Jacobs en Garouw Basson. Agter is Toks Bester, Dirk Hanekom, Lhuan-dré Pretorius, Ronaldo Duarte en Tobias van Dyk. Foto: Verskaf
Players from Potchefstroom Central School who were selected for the North West Indoor Cricket u.13 team are Channing Stephens, Muhammad Motara and Shakeel Sooliman. Foto: Verskaf
Baie geluk aan die volgende Volkskool-atlete wat nou deel is van die Noordwes-Atletiekspan. Hulle het fantastiese prestasies behaal in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Marionique Wentzel (hoogspring – 1.65 m) , Monja Fourie (spiesgooi – 37.26 m) en Odette Dreyer (1 500 m - tyd 4.56.77; 800 m – tyd) Foto: Verskaf