Potchefstroom Herald 7 November 2013

Page 9

8 November 2013

DA­burgemeester maak ‘eierdop’ beloftes Danie Heenop skryf: Na twee persoonlike besoeke aan prof. Combrink se kantoor oor beide plaasaanvalle en veral plaasmoorde het prof. Combrink beloof om ’n persverklaring uit te reik om die plaaslike boeregemeenskap in te lig oor die stadsraad en veral die DA se beleid ten opsigte van plaasmoorde in ons gemeenskap. Die eerste vergadering was op 31 Augustus 2013. ’n Memorandum oor plaasmoorde is aan haar oorhandig wat sy ontvang en onderteken het. Die tweede vergadering was op Donderdag 5 September 2013. Tydens die vergadering is statistiek wat van “Projek 2010” oor plaasmoorde verkry is aan haar oorhandig. Die vergadering was ook onder andere bygewoon deur Pieter Swanepoel van die plaaslike boeregemeenskap. Die gemeenskap is erg bekommerd oor die plaasmoorde wat skielik toegeneem het en wag angstig op antwoorde en of voorstelle van die burgemeester. Daar was geen reaksie van prof. Combrink nie. Ek het Woensdag 16 Oktober haar weer geskakel. Sy het beloof om dieselfde middag die verklaring vir my te e-pos. Dit het nie gebeur nie. Daarna het ek weer twee SMSe vir haar gestuur, maar word steeds geïgnoreer. Duidelik besef die burgemeester nie die erns van die saak nie. Die burgemeester en haar gesante was ook nie op Krugerdag (10 Oktober) te Bailliepark teenwoordig toe honderde rooi ballonne vrygelaat is as protes

9

Potchefstroom Herald

teen plaasmoorde nie. In dié stadium is daar duidelik geen verskil tussen die DA en ANC nie, albei is baie goed en vinnig met beloftes en dit is waar alles eindig. Nie eers die “nuwe besem vee skoon nie.” Net ’n vriendelike, maar ook ernstige waarskuwing aan voornemende kiesers… maak julle oë groot oop vir volgende jaar se gestemmery voordat julle vir wie en watter party gaan stem. Prof. Annette Combrink antwoord (in haar persoonlike hoedanigheid): Ek vind dit jammer dat die skrywer oorgaan na ’n persoonlike aanval op my. Die DA moet ook nie verantwoordelik gehou word vir my huiwering om dadelik oor te gaan tot ’n skrywe nie. Ek het lank nagedink, omdat die verskynsel van plaasmoorde, en veral moorde op Afrikaanse boere, ’n uiters komplekse verskynsel is wat in ’n veelvoud van kontekste al ondersoek en oor besin is. Ek deel natuurlik die afgryse van enigiemand oor die verskynsel van plaasaanvalle en veral plaasmoorde. Ongelooflik wrede aanvalle op veral weerlose ouer mense, maar ook enige ander mense moet ten sterkste veroordeel word en ek ondersteun graag enige poging van die toepaslike owerhede soos die polisie om die misdade te ondersoek, op te los en die booswigte aan die pen te laat ry (soos wel dikwels gebeur). Ek sal dus in die openbaar ’n beroep kan doen op die owerhede om

Vier kaartjie op spel vir “As jy sing” Die lekker-lag intrige-gevulde musiekdrama, “As jy sing” sal eersdaags in teaters landwyd wys. Die première vir die rolprent is op 5 November by die Brooklyn Mall in Pretoria. Met groot name soos Bobby en Karlien van Jaarsveld, Robbie Wessels, Katlego Maboe, Bok van Blerk en Hanna Grobler in die rolverdeling, word daar verwag dat die rolprent ’n weghol-sukses gaan wees. Maar vir Parys-liefhebbers hou hierdie rolprent besondere betekenis in. Dit is grotendeels by Sunwa net buite Parys verfilm met van die tonele wat ook in die dorp geskiet is. Lesers kan nou reeds na die lokprent op Sunwa se webtuiste www.sunwa.co.za gaan kyk om ’n voorsmakie te kry van “As jy sing”. Die meegaande foto van Bok van Blerk word gesien in die lokprent op Sunwa se webtuiste. Potch Herald in samewerking met Sunwa gee twee dubbelkaartjies weg al wat ons wil weet watter kleur raak Bok se “moermeter”? Die antwoord is in die lokprent. Die eerste twee korrekte antwoorde wat na maryke.vanheerden@media24.com gestuur word saam met jou kontakbesonderhede, ontvang elkeen dubbelkaartjies vir die spesimet selfs groter ywer aandag aan hierdie verskriklike verskynsel te gee en om toepaslike hulp aan te bied waar nodig en moontlik. Ek was nie op 10 Oktober by die geleentheid waarna verwys word nie want ek was nie bewus daarvan nie, en in die lig van die feit dat dit nie meer ’n openbare vakansiedag is nie was ek by die werk en het my gewone

ale vertoning van “As jy sing”op 16 November om 19:00 by Sunwa. Die film sal op 15 en 16 November, albei aande om 19:00, by Sunwa gewys word, en slegs 800 mense kan per aand geakkommodeer word. Kaartjies vir die vertonings kos R110 per persoon wat ’n peuselpakkie en koeldrank vir fliektyd insluit. Gou spring, kaartjies verkoop vinnig. Bring komberse en kussings en kom hou saam piekniek op die rotse by die grootskerm. Stoele sal wel beskikbaar wees vir diegene wat moeilik beweeg. Jy kan kaartjies vir die vertonings bespreek by die Parys Info-kantoor tel. 056 811 4000 of by Sunwa by 056 817 7108 of by accounts@sunwa.co.za, of wie weet dalk is jy vandeesweek een van ons gelukkige wenners. Bok van Blerk in een van die tonele uit die rolprent, “As jy sing” waar hy vertel waar sy “moermeter” staan.

take ter wille van die gemeenskap verrig. Ek sal my steun toesê aan pogings om hierdie verskynsel hok te slaan en mense se lewens te probeer red, en sal in die openbaar, soos hier, my houding bekendmaak. Ek sal ook ’n inisiatief soos dié van Afriforum, wat na die VN wil gaan met ’n petisie, steun deur ‘n handtekening.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.