Potchefstroom Herald 19 Julie 2013

Page 8

8

Potchefstroom Herald

Dankie aan die derde leser in verband met die voertuie se misligte. Jy het reg gelees. Ek het ‘n ouerige Mercedes met aparte skakelaars en liggies wat aandui of die voor of agterste misligte aan is, so my voertuig klink of hy kan kwalifiseer as “cool”. Jou voertuig se liggie het seker net ge-”fuse”! ‘n Voertuig se misligte moet kan afgeskakel word, want daar is ‘n verkeerswet daarvoor. Mense moet net bewus gemaak word dat jy nie altyd met misligte moet aan ry nie. Beste Marius. Sekere moderne fabrikaat motors en bakkies se ligte is outomaties aangeskakel as mens ry. Jy kan dit glad nie afskakel nie. Ek wens alles motors was so, dan hoef niemand te onthou om hulle motors se ligte aan te skakel as hulle op die pad is nie. Daar verander die MooiRivier Mall sy tariewe sommer oornag vir die onderdakparkering. Sommer so. APOSTLE and Martyr, great in virtue, rich in miracles, kinsman of Jesus Christ, faithful intercessor of all those who invoke your name in urgent need. To you I have recourse from the depth of my heart, I humbly beg you to come to my assistance. Please help me now in my need and grant my petition. In return I promise to make your name known and publish this prayer. May the Sacred Heart of Jesus pray for us. St Jude worker of miracles, pray for us. St Jude, helper of the helpless, pray for us. A person may say this prayer 9 times daily for 9 days and publish it on the eighth day and your petition will be granted. Bremnerstraat se parkie sou die Sakekamer na omsien? Afval lê oral, waterlek word nie herstel! Nabye inwoner. Oppad na my woonstel in Bothastraat op my fiets, het ’n vrou per ongeluk in my vasgery. Sy het geen inligting gegee nie, maar het haar nommer vir my ge-sms. My foon het gebreek en ek het jou nommer verloor. Al wat ek weet, is jy bly in Ventersdorp en boer met varke. Kontak my asseblief by 076 9004 948. Flippie Peens. Buurman trou met buurvrou. So geseënd. Ek is lief vir jou. Flippie Peens. Ek sien vanoggend so ’n ou plaasbakkie die dorp inry met die mooiste klein dogtertjie wat regop staan op die voorste sitplek. Die pa rook sommer ook in die bakkie terwyl hulle so inry. Besef die mense dan nie wat se onreg jy daai kindertjies aandoen nie? Maak hulle mooi vas en moenie rook as hulle in die kar saam met jou ry nie. Hulle is te kosbaar. Wat maak ’n donker bril jou? Meneer vergeet jou houding en wees net jouself. Jy lyk in elk geval lagwekkend met jou vreeslike groot lense. Ek wil graag Winskoop-toere aanbeveel vir

’n toer na Europa. So pas terug vanaf OosEuropa en dit was ’n groot fees! Dankie Fanie en Ems. S. Woensdagmiddag twee uur het ek klere na Etrisias geneem vir ’n nuwe zip. Sinta het gese die klere sal Vrydag klaar wees. Ek was verras toe ek 14:45 ’n sms ontvang dat die klere klaar was en die zip baie netjies ingewerk, jul is tops. Ongelukkig gaan alles om geld vir die meeste veeartse deesdae!? R400+ vir genadedood?? Een inspuiting? Dit is hartseer. Sopkombuis Woensdae by Woordkafee. Bydraes welkom. Skakel. Sannie 082 075 2382 vir meer inligting. Dankie. Special thanks to Michael and the team at Wohen for their excellent customer service and professional advice. As uiters lojale Aardklopper by vertonings en stalletjies wil ek net weet hoe kan mens R120 ingang per dag bekostig by stalletjie en nog iets koop ook? Prof. Annette Combrink, ons salueer jou vir dit wat jy vir Potch en vir die DA beteken. Oppies jy soek ’n tweede MTN-winkel, gaan kyk in die River Walk daar is een en daardie mense loop die eksra myl met jou. Gaan probeer hulle. Hannes. Ons wil net vir die vrou vra wat so foto’s neem Vrydagaande by GPS, asb. ons voel dis ’n privaat kuierplek. Ons wil nie ons foto’s die hele facebook vol hê nie. Daar is mense wat daar kuier wat net wil ontvlug en ontspan! Ons vra mooi vir die eienaar van GPS kan ons asb privaatheid geniet in jou kroeg en kuierplek? Probeer gerus Potch Kar Was by Pick n Pay parkeerarea. Die eienaar bestuur my motor, was dit deeglik terwyl ek rustig inkopies doen. Aan die persoon wat die smse stuur oor die 8-jarige dogtertjie wat by haar broer slaap. Hoe siek is jy dat jy nie die polisie hieroor inlig nie! Doen iets, want jy is net so skuldig. Baie dankie aan Johanna wat vir my die kumkwatte geskenk het en vir haar vriendelikheid. Daar is min mense so vrygewig soos jy. xx Wil graag vir Riana by die water en ligte afdeling van die munisipaliteit ’n kompliment gee. Sy is uiters bekwaam en beslis ’n werknemer om op trots te wees. Sarie. Unrestrained children - guilty parents think long and hard about what you are doing!! You aren’t protecting your precious, powerless gifts! The parent/s normally have their safety belts on but the life of their child isn’t protected. May you never have to see your child die because of your negli-

Soek en vind Blanke man soek dringend buitekamer met toilet en stort te huur. Baie stil, het net ’n fiets, het vaste werk en kan min of meer R1000 per maand betaal. Kontak 082 8081 837. Ek is n 43 jarige, hardwerkende, blanke man op soek na tuinwerk. Is eerlik en betroubaar. Skakel my 082 6963 432. Ek is ’n ma wat ’n beroep op al Potch se mense doen. Weereens het ons bakkie gebreek op die dag wat skole begin. Ons bly ver. Man moet by werk kom, ek moet ook werk. Is daar iemand in hierdie dorp wat ons met ’n karretjie kan help? Ons kan net R500 per maand afbetaal. Groot asb mense help ons. Lea, 0727130745. Goeie dag. Ek is op soek na kasplanke. Het ou ingeboude kaste gekry kort deure. 233 x 62. Het so 4 nodig asb. Indien daar enige iemand/kontrakteur ou ingeboude kaste verwyder het wat kan help. Probeer maar my ou plekkie self

opknap. Baie dankie. My no. 084 688 8596. Ek is ’n pensioenaris en is op soek na ’n naaldwerk paspop. Sal waardeer as iemand my kan help. Skakel my by 083 4510 374. Indien enige iemand ’n groen Sunconjar-voëltjie gevang het, kontak my asb by 072 7797 072 of (018) 297 7022! Sy naam is Popeye, dankie. Tannie Meisie Lottering. Het iemand dalk vir my ’n wasmasjien wat ek dalk by u kan afbetaal wat nog heeltemal reg is? Baie dankie. U kan my skakel by 076 9779 904. Bejaarde, gesiggestremde dame benodig ’n oefenfiets, wil graag aktief en gesond bly. 082 4958 462. Is daar asb. iemand wat my kan help met ’n computer boks wat in ’n werkende toestand is, asb skakel my 071 1696 703.

gence!!! DDP. Wil net graag dr. Dennis du Toit tandheelkundige en Calla van tandheelkundige dienste baie dankie sê vir hulle puik dienste. Teremie Veldsman, Stilfontein. Potch DBV, julle is nie net die oudste nie, maar ook die beste. Julle toegewydheid word opreg waardeer. Tommy, dankie vir jou moeite op die N12. Sterkte! SJV. Dankie aan konst. Mpopo wat bereid was om dokumente vir my te sertifiseer by Potch-polisie nadat konstabel Lempe my weggewys het en gesê het dis te veel werk. Die polisie het meer mense nodig soos Mpopo. Well done Rea at Pick n Pay. You’re the most amazing woman friend and inspiration in my life. Thanks for the motivation on Friday, your words will always be in my mind. Gary. Aan ons dierbare Mams, Adrie. Graag wil ons net ons Hemelse Vader bedank vir ’n moeder soos ons sin! En dan wil ons net ons mams bedank vir al haar liefde en bystand en dat mams altyd daar is vir Boeta en my! Mams daar is geen beter ma as ma nie! Hoe sal ons mams ooit kan dankie sê vir dit wat mams vir ons doen? Lief mams onsettend baie! Jolene en Barend. As iemand dalk ’n groen Senekal gevang het, ouma se groen voëltjie het uitgekom en haar hart is baie seer. Sy naam is Popeye! Kontak ons groot asb! 0727797072. Ek wil graag weet of dit normale praktyk in Potch is dat iemand wat amper 30 jaar ondervinding en ’n graad het, vir weke sonder betaling (“opleiding”) moet ontvang voor die hospitaal sal besluit of hul jou sal aanstel. Is dit nie dalk teen die arbeidswet nie? Ons wil vir dr. Engelbrecht van Potch Dierekliniek dankie sê. Dis ’n veearts wat omgee. Pepsi. Baie, baie dankie aan Johan van AJR in die Mooirivier Mall, asook aan Dewald van TV - Tronics in Potchefstroom, vir uitstekende dienste gelewer t.o.v. van die HD PVR-dekodeerder wat ek by Johan gekoop het en die installasie wat deur Dewald gedoen is. Veral die naverkope diens. Manne julle is puik. Aardklop, wat van goedkoper kaartjies vir volwassenes en kinders wat net stalletjies kom besoek? Nie almal kom vir shows nie. Goed is reeds so duur op Aardklop. Baie mense gaan net vir een dag, so weekkaartjie nie ’n opsie nie. Met die pryse hou julle die mense met die minder geldjies dalk vir rede weg? Potchefstromer. Aardklop, so ek, my vrou en 2 kids (onder 5) R280 net om stalletjies te kom check en ietsie te eet. Eina... Bied goedkoper opsies ook asb. -Why are non-smoking laws ignored? At Cafe Nadia a lady smoked next to a non smoking sign. At Country Club smoking is allowed in bar in total disregard for non smoking laws. Do authorities care about non-smokers getting obnoxious toxic second-hand smoke from selfish smokers? My naam is Dante, ek is nou die mooiste swart kat in Potch. Ek het hier by oupa-hulle opgedaag omdat my mamma in Holland moet gaan “locum”, (ek weet nie eers wat dit be-

19 Julie 2013

teken nie). Ek is bly dat ek by oupa se voete mag slaap en dat hy vir my warmwatersakke maak op die koue dae. Ek bewys my dankbaarheid deur gereeld die duif se twee vlerkies en baie vere voor sy bed vir hom te los. Maar hy is baie ondankbaar en het so ‘n groot klok om my nek gehang dat ek niks meer kan vang nie. Dit is nie lekker om so tussen tevredenheid en ontevredenheid te leef nie, ek is besig om my identiteit te verloor. O ja, dan noem oupa my ook nog Peanut Butter. Wil iemand nie die DBV laat weet nie, seblief? Dante. As ek betrokkke is by ’n dwelmhandelaar kan ek bedank by die SAID as ’n belastingbetaler: anti-korrupsie. Dankie aan Mtho Leshaba vir goeie diens by Game, het darem nou die produk ontvang. Mense wat kla oor slaggat in die strate van Potch was nog nie in Parys of Viljoenskroon nie. Daar beskadig die klein stukkies teer, wat tussen die gate oorgebly het, die voertuie. ’n Mens wonder elke keer, as dit gesien word, hoekom belasting betaal word? A.S.T. Ek wil graag weet wat het geword van geen kinders onder 18 in kuierplekke en dat hulle hul ID moet toon? Is daar iemand wat asseblief vir my die nuwe skoonheidsopleidingsentrum in Bailiepark se adres en telefoonnommer kan gee. Baie dankie. 083 7268 986. Dankie aan Herald smse. Hou so aan, dit is ’n wenner. Ek het gevra vir ’n DVD-draad en twee persone kon help. Dankie aan Vissie. Wil net vir al ons kliënte die versekering gee dat ons nie gaan toemaak nie en steeds by dieselfde adres is. Alet en Jerry. Kirby. Ek ry elke dag werk toe op my fiets en sien hoe vreeslik ry die trokdrywers as hulle die dorp binnery van Klerksdorp af. Kan die stadsraad iets doen soos in Pretoria as hulle daar inry van Johannesburg af? Hulle moet stop en na ’n laer rat skakel voor iets lelik gebeur. Die spoed wat hulle ry, maak my bang. Dink net aan die ander padgebruikers. Vra maar net? S.S, Potch. Mev. Van Dyk, sal u asb. my skakel in verband met ekstra wiskunde klasse vir ’n graad 8-leerling. Ek het u nommer verloor. Sel no. 082 623 7042. Baie dankie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.