Platinum Gazette 14 February 2014

Page 10

10

NEWS

14 FEBRUARY 2014

Bosbok Tak hou skietdag vir jagters op Lydenburg Die Bosbok Tak van die SA Jagtersvereniging bedien die Burgersfort, Steelpoort, Ohrigstad en Lydenburg area.

Hulle hou hierdie Saterdag, 15 Februarie hul volgende skietdag en lede sowel as belangstellendes is welkom om dit by te

Foto en Inligting: Johan Grimbeek.

woon. Dit sal ‘n sosiale skietdag wees en vind by die Egbert Hiembstra skietbaan buite Lydenburg plaas. Dit sal die tweede sosiale skietdag van die jaar wees. Die eerste het reeds op 25 Januarie plaasgevind en bywoning was buitengewoon hoog. Ongeveer 70 skuts het aan dié dag deelgeneem. Die wenners van die dag se onderskeie afdelings was soos volg: Blouwildebees (Bosveld tabel): Mans Ope: 1. Johan Grimbeek 94%, 2. Timo Briedenhann 78%, 3. Kassie Kasselman 78%. Dames Ope: 1. Lizl Grimbeek 48%, J van der Merwe 24%, 3. Chantall Kilian 11%. Juniors: 1. Wikus Viljoen 78%, 2. Ian Grobler 37%, Ulrich Stickling 33%. Boogskiet Rooibok: Algeheel: 1. Johan Grimbeek 96%, JB Willers 90% en Loffie van Emmenis 86%. Vlakwark Mans Ope: 1. Johan Grimbeek 98%, 2. Timo Briedenhann 87%, Kassie Kasselman 80%. Dames Ope: Lizl Grimbeek 47%, J van der Merwe 30%, 3. Chantall Kilian 29%. Juniors: 1. Ulrich Stickling

62%, 2. Wikus Viljoen 60%, 3. Ian Grobler 40%. Die algehele wenners was mans ope: Johan Grimbeek, vroue ope: Lizl Grimbeek, Juniors: Wikus Viljoen, boogskiet: Johan Grimbeek. Die Springbok en Jakkals tabelle sal hierdie naweek geskiet word. Dit behels 5 skote op Jakkals op 300m. Springbok kry 3 skote op 300m en 6 skote op 200m. Daar sal vergunning gebied word om gewere in te skiet tussen 07:00 en 07:30, 11:00 tot 11:30 en 14:00 tot 14:30. Die Rooibok tabel gaan geskiet word met die boog asook vlakvark en haas replikas. Boog belangstelling groei baie en die “buds” het swaar deurgeloop. Enige boogjagter of skuts is welkom om te kom saam skiet. Lede sal R50 betaal en nie-lede R75 per inskrywing vir die geweer afdeling en R50 per lid en R75 vir nie-lede per inskrywing vir boogskiet. Die eerste inskrywing vir die dag sal gebruik word om die wenners te bepaal en die telling sal gebruik word om te sien of skuts vir skietbalkies kwalifiseer. Inskrywingsgelde sluit ook ‘n lootjie in, waarby die wenner ‘n rooibokram by Khumula Lodge kan gaan skiet. Navrae: Johan Grimbeek, 082 378 0698 (skiet koördineerder), JB Willers, 082 820 1748 (voorsitter) en Loffie van Emmenis, 082 853 7414 Iskiet sake).

Tubatse Masters face off against Tukakgomo Masters On Sunday last week the Tubatse Masters visited the Tukakgomo Masters to play friendly soccer games. The first game Tubatse Masters walked away as the winners with a score of 2-0. Doctor Klaaste scored in the first half and in the second half Aubrey Malindisa scored a second goal. In the second game the Tubatse Masters continued to dominate. Tomas Lubisi scored a hatrick in the first half to make the half time score 3-0. In the second half Aubrey Malindisa scored his second goal of the day. The hosts also managed to score a goal in the second half, but the game ended 41 in favour of Tubatse Masters. (Information and photographs: Jerial Mvundlela)

Behind them all the way Daniël Makua, a local marathon runner known for his colourful attire during races is also one of Kaizer Chiefs’ biggest supporters. He this week contacted the newspaper to say: “They will go all the way!” Like the Chiefs’ coach, Stuart Baxter he does not believe that the 2-2 draw against Maritzburg United who was 14th on the log is something to worry about. “The will this year become the Caf Champions!” he added.

Plaaslike motorsport blitse presteer Plaaslike motorsport entoesiaste het goed gevaar op die eerste byeenkoms van die jaar. Dit het op 7 February by die Amsterdam “raceway” plaasgevind. Aveen Harigen van Lydenburg het ‘n eerste plek met sy BMW in die 6 silinder turbo klas behaal. Sy tyd was 11.9 sekondes teen ‘n spoed van 192km/h oor 400m. Nico Venter van Lydenburg het ‘n tweede plek in dieselfde klas behaal. Sy spoed was 13.24 sekondes teen ‘n spoed van 178km/h oor 400m.

Corrie Strydom van Steelpoort het ‘n eerste plek met sy Datsun GX in die Rotary N/A klas behaal. Hy het ‘n tyd van 14.53 sekondes teen ‘n spoed van 156.6km/h oor 400m gery. Die manne is nog opsoek na borge en hoop om die area se naam hoog te hou in die wêreld van motorsport. Belangstellendes can Corrie Strydom by 083 938 0523/24 of 082 881 5642/43 kontak. (Inligting en foto’s: Corrie Strydom)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.