1
Jaargang 21 Nr. 4
www.piketberg.com
Mei 2014
022-913 1796
Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com
Witskip wen Stoops en Remax
R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Merietprys vir Maria Visser...p4 Proefstudente...p4 Toekenning vir Bergrivier Munisipaliteit...p6 Troufoto’s...p10 Piketberg Drukkers word 30...p12 Die Piketberger 20 jaar gelede...p18 Tuinbou Nuus...p20 Leandré kry graad...p22 WP o.21 netbal...p25 Aasvoëlkop Pretstap en -draf...p26 PIKETBERG
Die eerstespan van PHS, die Witskip, word bekroon as die Span van die Toernooi tydens die Tony Stoops rugbytoernooi waar 44 skole meegeding het. Hierdie manne het al drie hulle wedstryde gewen, teen Rondebosch, Sasolburg en Despatch. Dis voorwaar 'n groot prestasie. Agter verskyn die afrigter, Chris van der Merwe. Erich Kankowski, regs, word aangewys as speler van die toernooi en Christie van der Merwe, links, as beste voorspeler op Saterdag 31 Maart. Dié twee spelers is ook opgeneem in die Tony Stoopsspan wat bestaan uit die beste spelers in hulle posisies vir die toernooi. Verlede Saterdag het hulle die Remax-toernooi by Hoërskool Jan van Riebeeck gewen en Christie was aangewys as Speler van die toernooi en as beste voorspeler. Foto’s: Marietha Goosen
ONE STOP MOTOR PART SHOP
AUTO ELECTRICAL SPECIALIST
022 913 1939 022913 2404