Die Piketberger April 2019

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Janke nr 1 in SA

Janke van Schalkwyk, vanjaar in matriek en hoofmeisie by PHS, het haarself bewys as die vinnigste 0/19-Vroue atleet in die 400mH in Suid-Afrika. Vir die af-

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...pp4,6 Fees van Trourokke...pp8-10 Klas van 1958...p12 VLV Sirkel Konferensie...p20 Groentetuinkompetisie...p28 Dienshelde...p31 Skolesport...p34 SSS Nuus...p36 Kaskarre...pp38,39 Zebras Swem…p40 Fonteinfees Pretstap...p41

gelope nege agtereenvolgende jare, behaal Janke SA's en kom elke keer met al haar items in die finale. Vanjaar sluit sy haar skool atletiekloopbaan op 'n hoogtepunt af met 'n Goue medalje. Atletiek het Janke in baie opsigte oor grense geneem, nie net geografies nie, maar ook kultureel. Haar ouers, Dirkie en Sanet, was elke keer saam met haar om te ondersteun en geen moeite was te veel vir hulle nie. Haar afrigters oor die jare was Henrilize Slabber, toe Janke nog 'n klein dogtertjie was, Berenice Scheepers, spesifiek met Verspring een jaar, Cecil van Wyk, Terence Brown en Marina Eksteen, die een wat die langste pad oor jare met haar gestap het. Die laaste twee jaar het JJ Benn die 400m afgerig. Haar mikpunt was altyd net om die finaal by SA's te haal en verder ook haar persoonlike beste te hardloop. Vervolg op p2...

R5,00

Janke van Schalkwyk. Foto’s verskaf


2

Redaksioneel Lag bring die Lig

Die een grappie na die ander doen die rondte, met slim woordspelings en humoristiese kwinkslae. En ja, stem ons saam, Suid-Afrikaners het die vermoë om in donker tye die lig te sien en te lag. "What is load shedding?" "Well, it's difficult to explain, Eskomplicated". Iemand het die waarheid oor beurtkrag ontdek: President Ramaphosa bekla sy lot oor die telefoon: "I'm having problems running my country". Aan die ander kant van die lyn, kom die voorstel: "Have you tried turning it off and on again?" Ek word aan die begin onverhoeds betrap met die voorbereiding van die middagmaal, want twaalfuur word die knoppie afgesit. Nog 'n whatsapp kom deur van die man wat die oond oopmaak en na die halfgaar kos kyk en vra hoe ver is die kos? Vroulief antwoord ewe sjarmant: "Stage 4". By my raak dit nou 'n uitdaging, kry alles gereed voor 12. As die huismense nie 12 uur kan eet nie, eet ons ewe smaaklik, 'n uur later, aan die kos by kamertemperatuur. Gelukkig het Nataniël eens opgemerk dis eintlik baie slimmer, want dan kom die smake beter na vore. Skielik waardeer ek die koppie koffie na ete nog meer, wanneer ek weer die ketel kan aanskakel. Een aand met beurtkrag, lees ek 'n hele boek by flitslig. Een aand met beurtkrag, draf ek al die skoon blokraaie deur. Een aand met beurtkrag, reël ek koerantberigte via my foon, vir solank die battery hou. Een aand met beurtkrag........merk ek die volmaan op wat onverstoord sy lig laat skyn, en vir 'n uur lank kan niks mooier wees as dit nie. Dis Lydenstyd. "I think Eskom gave up electricity for Lent." Die stil, donker aande herinner aan 'n tyd van Lyding, dit help my om goed op te gee. Mag ek en jy die Lig op Paassondag sien deurbreek en lag.

Don’t forget to be awesone. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Nico Louw van Koringberg skryf… Ek is sedert 1974 'n lojale ABSA-kliënt, toe nog Volkskas, in dorpe soos Calvinia, De Aar, Brits, Vredendal en nou Piketberg. Vir Piketberg ABSA se personeel wil ek prys, aangesien hulle almal oortref met hulle vriendelikheid, ordentlikheid, behulpsaamheid en professionaliteit. Ek is 'n 100% tevrede en dankbare kliënt. René Rust skryf... Ek wil baie dankie sê aan die helpers wat my by die Pretloop gestoot het. Ek waardeer dit baie en ek het dit baie geniet. Dit was ook Wêreld Rolstoeldag. –Red Sien pretloop foto’s op p41 Janke vervolg van p1…. en haar eie tyd te verbeter..... en vir die "journey van vriendskappe en die spoor wat sy agterlaat". Verder het Janke nog altyd geglo dat sy enigiets vanuit PHS kan bereik wat "Pappa God" vir haar bestem het. Janke het oor die afgelope nege, tien jaar atletiek van hoogstaande gehalte gelewer, waaroor Die Piketberger gereeld berig het.


3


4

Mnr en Mev Botha

Mnr en Mev Matthews

Louis en Yolandi Botha is op 22 Desember by Pronkies Holiday en Quad Farm getroud. Die paartjie bly tans in Kaapstad. Foto: Ivan van Niekerk

Victor en Madelein Matthews is op 9 Maart op Saamstaan Plaas getroud. Foto: Bea Pieters

Salomie Pieters het vir ‘n familie troue al elf hierdie uitrustings gemaak. Die dames is Salomie Pieters, tannie van die bruid, Allie Cronje, Molly Kamfer, ouma van die bruid, Maricelle Peeters, blommemeisie, ZoĂŤ Pieters, blommemeisie, Shania Yule van Dyk, die bruid, Tammy Yule, suster van die bruid, Bianca van Harmelen, blommemeisie, Rebekka Yule, moeder van die bruid, Bea Pieters en Ester Cronje, tannie van die bruid. Foto verskaf


5

Tel: 022 913 1051


6

Mnr en Mev Mostert

Clicks Apteker Evette Viljoen, nuwe apteker by Clicks, is ‘n oud-leerder van Hoërskool Vredendal. Sy het haar Aptekerswese graad by Universiteit Potchefstroom (NWU) behaal. Evette het haar internskap by Clicks Bayswater, Bloemfotein gedoen en haar gemeenskapdiensjaar by Grootvlei korrektiewe dienste Bloemfontein. Foto verskaf

Hendrik en Carla Mostert is op 2 Maart te Chris-Elle Buffeljagsrivier getroud. Hendrik is die oudste seun van Johan en Karin Mostert van Nieuwedrift, Piketberg. Carla se ouers, Cansius en Rykie Swart, woon op Riviersonderend. Die paartjie is die eienaars van Nieuwedrift Wine Estate. Foto: Jo Stokes Photography

GESOEK Sus en Daan is maats, ‘n sub A-leesboekie van die sestiger jare. Kontak Teresa 083 539 5048

Kalmte in die Malle Gejaag Mindfulness vir Besige Mense word op 22 Mei deur die skrywer, Johannes de Villiers, bespreek. Besoekers is welkom om hierdie besonderse Leeskringgeleentheid by te woon om 9:30 in die Biblioteek Saal.


7


8

LBW-bruide by Fees

Die model in Landbou Johanna Lourens in haar Susan de Vries in haar Weekblad November trourok op 8 April 1972 in trourok op 31 Maart 1971 wat die oog van Kuilsrivier. Haar ma, 1973 in Oranjemund. beide Susan en Johanna Beukes, maak Haar ma, Kotie Kruger, Johanna gevang het. die rok wat in die LBW maak die rok wat in die Albei se ma’s was November 1971 verskyn LBW November 1971 bedrewe naaldwerkhet. Sy bring plat plooie verskyn het. sters en het hul dogop die heupe aan en Sy verander die moue ters se wense waar gebruik nie die voorstel en bring plat plooie op gemaak. Op dieselfde van die rooskleur die heupe aan. dag, vier dekades rompgedeelte nie. later, in Februarie 2019, op Piketberg, meld dié twee rokke hulle aan vir die kerk se trourok-vertoning.

Johmine Croeser en Lea de Vries vertoon die twee eenderse rokke by die NG Kerk se Fonteinfees op 2 Maart 2019. Johmine is ‘n kennis van Johanna se suster, Jackie Ferguson van Piketberg. Lea is Susan se kleindogter. Foto: Soreen Gouws

Mari Visser (Monica Fivaz 2004), Carli Rossouw (Sarina Visser 1987), Petro Grundlingh (Gerna Croeser 1990), Lea de Vries (Susan de Vries 1973) en Janke van Schalkwyk (Sanet van Schalkwyk 1992).

Arina Potgieter (Retha van der Merwe 2006), Karla Taljaard (Liesel Potgieter 2001), Simoné van Niekerk (Talita Ewing 2004)en Hilmarié de Vries (Annaleen Pretorius 2006).

Video Link: https://youtu.be/ AENj1tYASz4

Marnel Pretorius (Biddy Langenhoven 1978) met Hanri Fourie en Joanie du Toit (Roline Kotze 1973).

Kyk gerus na hierdie pragtige modelle in kleur op die internet.


9

Fees van Trourokke by Fonteinfees

Elize Visser (Analize Nicola Coetzee (Elizabeth Coetzee 1995), Ilze-Mari Coetzee (Marina Grobbelaar 1980), Rossouw 1999), Zoë McDonald (Lizelle Calitz 2013) en Jana Truter (Jansie Truter 1996) en Lani Kristin Lochner (Elizabeth Visser (Salomie Pieters 1996). Kooij 2008).

Christina Smit, middel, se 1964-rok word deur haar dogter, Sarina Visser regs, gedra. Links is Anika Jordaan met Elizma Olivier se rok, Christina se jonger dogter, wat haar rok op dieselfde patroon laat maak het, in 1997. Foto’s links is die modelle by Monica Fivaz, Gerna Croeser, Marina Grobbelaar, Jansie Truter en Elizabeth Coetzee.

Fees van Trourokke (1964 - 2014) by die NG Kerk Fonteinfees. Foto’s: Soreen Gouws


10

C V Studio Oop

Fees van Trourokke

Salomie Pieters, Carina Eksteen, Cecile du Toit, Juliana Visser, Carla Eksteen en Jolandi Hanekom staan agter met voor, Corné Visser, Therena Janse van Rensburg en Louise-Marie Smit. Foto’s: Marietha Goosen

Simoné van Deventer (Melanie Groenewald 2009) en klein Lienka Groenewald.

Lineëse Vercuiel (Rowen Gerber 2009) en blommemeisies Mia de Vries en Lindré Vercuiel.

Corné Visser Studio het onlangs oopgemaak te Hoofstraat 26 (Ou Sinkdakkie). Gaan loer daar in.

Sanet en Janke van Schalkwyk.

Illanri van Rossum (Inge Taylor 2014).

Bloedskenk datums 3 Mei * 5 Julie * 13 September * 8 November (Vrydae – 10:00-14:00) by Piketberg Museum


11


12

PHS se Klas van 1958

Die Ark Koringberg Cor en Letitia Uys na

PHS se 1958 matriekklas het hul 60jaar reünie gehou op 10 Oktober te Picardie Gastehuis, Paarl. Agter is Gawie Louw, Egbert de Waal, Eric Vercuiel, Gerrit Kotze, Sethean Visser; tweede ry van agter Pieter Walters, Andries Schreuder, Hannes Lambrechts, Sybrand Botes, Jacoline Richter (Theron); derde ry van agter Margaretha Langeveldt (Theron), Adrana Bestbier (Swart), Alida Grobbelaar (Gouws), Annaleen van der Merwe (Prins), Elsie Kruger (Meyer) en voor Lenie van Zyl (Van Eeden), Loely Loubser (Avenant), Betsie van Niekerk (Kotze) en Bessie Mouton (Kotze). Wat ‘n wonderlike voorreg om na soveel jare weer saam te kan wees. Sommige is verhinder weens afstande, ander wie se gesondheid die lang reise nie kan aflê nie. Dan is daar die wat nie opgespoor kon word nie en dan hulle wat nie meer met ons is nie. Met die baie gesels en vrae wat moet beantwoord word, het die dag maar vinnig ten einde geloop. Ons sal nie weer 10 jaar kan wag om weer saam te kan gesels nie. Berig en foto verskaf deur Egbert de Waal

Teken Aan:

30 Maart - Piket-Bo-Berg Plaasmark 2 April - Skole Open 5 April - Badisa se Lang Vriendskapstafel 6 April - Piquet Fees 19 - 22 April Paasnaweek 27 April - Vryheidsdag en Piket-Bo-Berg Plaasmark 1 Mei - Werkersdag 8 Mei - Stemdag

Volmaan Vrydag-Nagmaal Voetslaan of Vervoer Sop en brood Goeie Vrydag 19 April 2019 om 17:00 Nie-stappers ry op met bakkies. Dis ‘n 5.5 km heuwelop stap, 90min vir nie-so-fikses. Son sak 18h18 en maan kom 18h44 op Gemaklike stapklere, warm baadjie, sterk flits en drinkwater. RSVP 16 April 2019 @ R100 pp. Beperkte getal Anel Moorreesburg Toerisme 082 731 3432 Bregda 083 597 0091 Die volgende Maanligstap vind plaas op Saterdag 18 Mei

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


13


14

Profiel van Adonis Carolus Booyse

Doontjie en Elsabie Booyse met hul kleindogter, Riley Hannah. Foto: Marietha Goosen Adonis Carolus Booyse (alombekend as Doontjie) is in Piketberg as die derde oudste seun van Frederick en Sophia Booyse gebore. Hy het onderskeidelik die eertydse AME Primêre- en huidige Steynville Primêre Skole bygewoon en matrikuleer by die Schoonspruit Senior Sekondêre Skool. Hierna verwerf hy sy Laer Onderwys Sertifikaat te Hewat in Athlone en sy Hoër Onderwys Diploma te Bellville Onderwys Kollege. Sy strewe na akademiese uitmuntendheid noop hom om sy BA Graad, BA Honneurs, MPh en sy PhD in Teologie aan die Universiteit van WesKaapland te voltooi. As onderwyser gee hy onderskeidelik onderrig by Steynville Primêr, Eden Primêr en Bramble Way Primêr in Kaapstad waar hy na twee en twintig jaar uit die onderwys tree om as voltydse predikant in die African Methodist Episcopal (AME) Kerk te dien. Na twee en dertig jaar van aktiewe diens word hy uit die AME Kerk geskors en begin die Mount Olive Community Kerk te Piketberg. Sy werk in die AME Kerk is baie hoog aangeslaan. In 1991 word hy President van die kerk se Jongelinge vereniging; in 1993 die Direkteur vir die Raad van Christelike Onderwys; in 1989 dosent van die Raad van Eksaminatore; in 1993

PIKETBERG ANIMAL OUTREACH

Argivaris en in 1994 die Dekaan van die Raad van Eksaminatore. As predikant bedien hy vir vyf jaar die Vredenburg gemeente, vyftien jaar die Stellenbosch gemeente en twaalf jaar die Piketberg gemeente. Adonis se passie en liefde vir die kerk bied hom die geleentheid om die kerk tydens konferensies in Columbia, Kanses City, New Orleans, Philadelphia, Dallas, Cincinnati, Nashville, New Orleans, Washington, Atlanta en New York in die VSA by te woon. So tussendeur sy oorsese reise besoek hy ook vir Parys in Frankryk, London in Brittanje en Amsterdam in Nederland. Adonis is die skrywer van ‘n hele aantal boeke wat hoofsaaklik oor die kerklike lewe handel. In 1993 verskyn sy eerste uitgawe getiteld “HIDDEN TREASURES: Guideline to local church historiography; hy is mede-skrywer van die Kaïros dokument wat kerkgenootskappe aanmoedig om “apartheid” as sonde voor God te verklaar. Hierdie uitgawe verskyn in 1985. In 2003 verskyn ‘n tweede uitgawe van “HIDDEN TREASURES” met ‘n meer wetenskaplike benadering tot gemeente geskiedskrywing. Ter voorbereiding van die Mount Olive AME Kerk se eeufeesviering, skryf hy “On this Rock – The Story of Mount Olive”. Hy is instrumenteel in die versoeningsberaad tussen die drie hoofstroom kerke op Piketberg. In 2006 verskyn sy boek “The Key to Breaking Down the Dividing Walls of Hostility – the story of reconciliation between the AME Church, Dutch Reformed Church and the Uniting Reformed Church in Piketberg. Voorts publiseer hy gereeld artikels in die “AME Review” wat in Amerika gedruk en versprei word. Op Piketberg dien hy op die Museum komitee; dien as voorsitter van die Piketberg Polisieforum en word ook gekies as wykslid in wyk 4 van die Bergrivier Munisipaliteit. Saam met sy vrou inisieer hulle die “Berg River Motivated Women,” ook bekend as Home Based Care. Adonis is getroud met Elsabie, ook ‘n boorling van Piketberg en hierdie paartjie sal hierdie jaar 39 jaar getroud wees. Sy seun Ellsforth, werk as koördineerder vir die Onafhanklike Verkiesingskomitee in die Bergrivier Munisipaliteit. Sy seun, Ashley, is ‘n rekenmeester en werk vir Sanlam, Kaapstad. Na ‘n vol en kleurryke loopbaan, word hy op vyf en sestig jarige ouderdom oupa en is baie trots op sy kleindogter, Riley Hannah. Haar koms het voorwaar nuwe lewe in die Booyse huishouding gebring.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na:

diepiketberger@gmail.com

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918

Betroubare verwysings beskikbaar


15


16 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Gemeenskap van Piketberg kom ons skrik wakker asseblief. Ons dorp gaan op baie vlakke agteruit. Die volgende pla my en wek kommer terwyl ons daarop roem dat ons Christene is. Kerke wil nie saamwerk nie, maar werk liewer teen mekaar. Raadsheer Ons diskrimineer teenoor mekaar oor Ray van Rooy die kleur van ons vel. Rykes diskrimineer teenoor armes wat swaarkry. Die gebruik van dwelms wat toeneem onder ons jong kinders en selfs volwassenes. Kinders wat hul ouers en ons bejaardes mishandel. Die rondloop van kinders gedurende skooltye en kinders wat skool op ’n jong ouderdom verlaat. My gebed aan ons inwoners is om elke dag liefde te betoon aan u medemens en ook aan besoekers. My bekommernis is die afbreek van ons dorp se fasiliteite en verkeerstekens. Ons speelparke se apparaat word verniel of afgebreek wat opgerig was vir die kinders om op te speel. Die verkeerstekens word beskadig of dit word afgebreek om as skroot te verkoop. Graag wil ek ’n beroep aan die inwoners doen om die munisipaliteit te kontak wanneer persone ons eiendom beskadig of afbreek. Ek wil ook graag ’n beroep op ons ouers doen om hul kinders weg te hou van die rioolopgaardam. Daar is elke dag klein kinders wat daar kom speel en dit wek kommer. Die rioolopgaardam is ’n verbode area en die omheining wat beskerming moet bied word elke keer afgesteel.

Ouers, maak seker waar u kind is en waar hy of sy gereeld speel. Die munisipaliteit kan nie verantwoordelik gehou word vir u kind nie. Ons gaan ons wetstoepassers uitstuur en kinders voor die hof bring. Net ’n regstelling oor die hokke om alle onwaarhede te besweer. Ons sê nie dat ons nie weer hokke gaan toelaat nie. Ons gaan tot Junie 2019 geen nuwe hokke toelaat nie omdat ons die oprig van onwettige hokke wil stop. Hokke word opgerig sonder toilette en mense kry nie krag by die eienaar nie, dan word dit die munisipaliteit se probleem. Ons wil die beleid in lyn bring met ons daaglikse uitdagings en om dit vir die munisipaliteit en inwoners te vergemaklik. Na die goedkeuring van ons beleid gaan daar weer na u aansoek gekyk word. Diegene wat nie goedkeuring het vir ’n hok of wendy nie, het kans tot einde Julie 2019 om wettig aansoek te doen vir die struktuur. Gaan sien die behuisingsbeampte in u dorp vir meer inligting. Mense, kom ons vat hande en spreek die euwels in ons gemeenskap saam aan deur verhoudinge te bou tussen die munisipaliteit, kerke, skole, sportklubs en gemeenskaporganisasies. Ons as munisipaliteit is positief om die verskil in die gemeenskap te maak met u en andere se hulp. Kom ons staan op teen die persone wat dwelms aan ons kinders verkoop en nie omgee vir ons kinders nie. Hulle is die mense wat ryk raak uit ons bloedgeld. Ek het die afgelope tyd verskeie klagtes gekry oor diefstal by Bergrivier Munisipaliteit veral by ons store. Enige persoon wat bewus is van ongerymdhede by Bergrivier Munisipaliteit, kontak my by 083 657 9615 of stuur die inligting na my private e-pos rayvr42@gmail.com. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. Dit is ons dorp, kom ons wees trots op Piketberg.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


17


18

Bederf jou Viervoet Kinders 20 Jaar Gelede - April 1999 Voorblad: Frikkie Rossouw wen Tafeldruif kompetisie. Piketberg groet Fanie en Anneline Breytenbach. Christo Viljoen is aangestel as ABSA se nuwe Landbou ekonoom. Roberto, die panfluitspeler, musikant en grapmaker is deur ACVV genooi om op te tree. ACVV-projekte vir eerste semester: Traumasentrum, SANRA-week by skole, Vigsbewusmakingsveldtog, Groentetuin, Boereworsverkope en Plaasbraai op Bo-Kuile. Piketberg Lions hou konsert met Freddie Mercury, Mimi Coertse, Sannie Briel, die Chippendales en Pavarotti and friends. Piketberg Biblioteek hou trourok, -foto en -storie uitstalling. Lions skenk geld vir KANSA. Personique Boland Menslike Hulpbronne bied oggend-seminaar aan vir Vroue met Huishulpe. Christiana Dienssentrum op Goedverwacht bied bejaardedag aan. NG Kerk stel hul visie bekend op 14 Maart. Advertensies: Aartappeluithaler te koop R2800. Stax videos beskikbaar by Marga Superette. Plaasmelk @ R1,50/liter te koop by Witvlei. 900g Appelkooskonfyt @ R5,99 by SPAR.

Maresa Kriel is die bestuurder by Groenkloof Dierekliniek en Pets Pleasure Hondesalon in Hoofstraat. Sy wys ook hier die wye verskeidenheid Somer- en Winterklerereeks vir hondjies. Foto: Marietha Goosen

Wêrelddag vir Maatskaplike Werk As deel van ACVV Piketberg se Eeufeesvieringe is Wêrelddag vir Maatskaplike Werk op 19 Maart met 'n Vonkelontbyt by Org de Rac gevier. Die geleentheid is bygewoon deur 20 maatskaplike werkers van Piketberg en Moorreesburg, sowel as oudwerkers van ACVV Piketberg. MC Ras, al die pad vanaf Jeffreysbaai, was een van laasgenoemde groep. Sy is in 1987 by ACVV Piketberg aangestel teen 'n salaris van R129 per maand! Die gehoor het haar kostelike vertellings baie geniet. Sonja Bredell se besondere boodskap het almal geïnspireer om aan te hou om liefde uit te deel, sonder om iets terug te verwag. Om dit te vermag, is dit natuurlik nodig om geanker te wees in die Bron van Liefde. Anina Bester se pragtige sang het die oggend opgevrolik en almal met 'n glimlag op die gesig en in die hart gelaat. Danksy geskenke vanaf Dup Meubels, Piketberg Apteek, Salon Sanet, B Pretti, Perskepot en ander anonieme skenkers, kon elke persoon met 'n gelukspakkie huis toe gaan. Org de Rac, wat die lokaal gratis beskikbaar gestel het, asook die ACVV-dames se heerlike kos verdien om vermeld te word. Mag die bietjie spesiale erkenning en waardering elke maatskaplike werker bemoedig en aanspoor om steeds elke dag hul beroep met toewyding, omgee en passie uit te leef. Berig: Marina Grobbelaar


19


20

87ste VLV Sirkel Weskus Konferensie Op 6 Maart 2019 vergader al 15 takke van die Weskus te NG Kerk Graafwater vir die 87ste Konferensie. Al die sprekers se praatjies sluit by die tema, “Laat ‘n voetspoor/Leave a footprint,” aan. Die gasspreker vir die oggend was Francine van Niekerk, redakteur van LIG-tydskrif. Ander sprekers vir die oggend was Leentjie Lotz met die onderwerp “’n Tuin in Potte – kweek jou eie groente/blomme in potte!” Hanli van Zyl van KANSA vertel dat baie van die fondse, wat deur KANSA ingesamel word, vir spesifieke navorsing gebruik word. Donasies word by die Konferensie ingesamel, spesifiek vir die doel van prosteses vir borsrekonstruksies.

‘Wie Ek is’

By die VLV se Opvoeding en Kultuur Ledevergadering gesels Erin Nel oor haar nuwe boek “Wie Ek is”. Sy vertel van haar reis deur die boek en hoe jy jou identiteit in Christus kan ontdek. Op die foto is Roché du Toit voor en agter is Alta Vos, Netta Liebenberg, Erin Nel, Nicoline Brown en Jackie Ferguson.

Piketberg-tak se afgevaardigdes saam met dagbesoekers by die Konferensie: Rosa Lategan, Rita Esau, Nicoline Brown, Jackie Ferguson, Lenie Otto, Dinette Lochner, Katinka Morrison en Mickey Visser.

PHS se graad R-leerders saam met Mareli Koch kom inspireer al die lede met hul spontane sang en voordrag-items. Foto’s: Marietha Goosen

VLV-bestuur nooi graag nuwe intrekkers uit na hul volgende vergadering vir ‘n genotvolle en leersame oggend. Kuns en Handvlyt by Tillies ACVV op 9 Mei om 09:00 vir 09:30 Almal welkom – R30 (vir nie-lede) Navrae : Nicoline Brown 082 477 0665 Voor is die voormalige sirkelpresidente: Louwna Hoving, Estelle du Plessis (huidige sirkelpresident) en Rosa Lategan saam met die res van die Sirkelbestuur. Marie Grobbelaar (vise-voorsitter) heel regs voor en agter Marlene Dirkse van Schalkwyk, Maggie Enever, Mary-Ann van Schalkwyk, Dinette Lochner, Sunette de Villiers – sirkelpresident: Sirkel Worcester, Nicoline Brown, Elsabe Carstens en Joline Rossouw. Hierdie groep is die 2018 sirkelbestuur. ‘n Nuwe bestuur is by die konferensie verkies. Marlene Dirkse van Schalkwyk het uitgetree en Elize Knoetze is in haar plek verkies. Foto’s verskaf

Stuur gerus u gradeplegtigheidfoto’s na diepiketberger@gmail.com Ons plaas dit gratis!

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


21


22


23


24

SA Jagters– en Wildbewarings Vereniging Bergrivier SA Jagters Bergrivier toon groot potensiaal vir groei, sodat lede in omliggende dorpe asook streke voordeel kan trek daardeur. Die SA Jagters Vereniging groei steeds nasionaal en neem sy diens na 16 streke met 81 take landswyd. Met ‘n ledetal van oor die 43 000 lede is dit die grootste vereniging in SA, en bestaan reeds sedert 1949. As geakrediteerde vereniging by SAPD is SA Jagters by magte om “Toegewyde Sportskiet” status uit te reik en te administreer. Om hierdie kursusse te voltooi skakel gerus met Dave Ferguson by Praktika Piketberg 022 913 2933. Skietbaan SA Jagters Bergrivier se skietbaan te Meintjieskraal is deur NRCS goedgekeur en gesertifiseer tot op 700m. Tans is hierdie skietbaan nog onder konstruksie deur die plaaseienaar, Petrie Smith, en beloof dit om aan al die lede se behoeftes te voldoen. Ons behoort binne twee maande daarmee klaar te wees. Daar sal ook voorsiening gemaak word vir kampering asook piekniekgeriewe om juniorkampe en kursusse aan te bied. By hierdie skietbaan sal byna maandeliks geskiet word by wyse van “Familie- en kompetisie-skietdae.” Die familie skietdae is daar gestel om die familie te betrek om ‘n slag die gewere, haelgewere en handwapens in gebruik te neem, onder wakened oog van bekwame baanoffisiere. Dit gee juniors ook die kans om blootstelling te geniet en deel te neem tot die vlak wat hulle dit graag wil neem. Juniors se ledegeld is slegs R150 vir sy/ haar hele skool loopbaan en kan provinsiale asook nasionale kleure hierdeur verwerf. Waar kry ek meer inligting? Besoek gerus ons webwerf by www.piketberginfo.co.za onder “Aktiwiteite” - “SAJW Bergrivier” om te sien wat ons tak behels asook alle toekomstige skietdae op die kalender. Skakel gerus met die bestuur of met Midas by 022 913 1939 vir meer inligting.

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Praghuis te Piketberg R2 500 000.00 neg

Erf te Dwarskersbos R380 000.00 neg

Piketbergers doen dit wéér…… met ’n uitstalling van erfgoed Die tweejaarlikse skou van die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs [SAVTEK] is op 1 en 2 Maart op Clocolan in die Oos-Vrystaat gehou. Die WesKaapse klub het die Nasionale Klubkompetisie gewen. Twee lede van die Piket Veteraan-trekker-enimplementeklub het met hul uitstalling van gereedskap verseker dat die trofee vir die tweede maal sedert die instelling van die kompetisie in 2011 deur die WesKaapse klub verower is.

Apie Richter en Pieter de Jongh met die trofee Apie Richter en Pieter de Jongh se uitstalling van die gereedskap wat die ondernemende en handige boer sowat ’n halfeeu gelede gebruik het om sy lyf werktuigkundige, veearts en kabinetmaker te hou, het 90% gekry. Met die slagspreuk, as jy klaar is met jou vak, bêre dit op die rak, sluit die uitstalling ook ‘n belangrike boodskap in, naamlik dat interessante gebruiksartikels bewaar eerder as weggegooi moet word. Baie keer besef besoekers aan erfgoeduitstallings eers wat hulle aangevang het deur van gereedskap ontslae te raak wanneer die volgende generasie gereedskap aangeskaf word. Die uitstalling sal in sy geheel nog van 9 tot 18 April in die plaaslike museum en by die Wes-Kaapse Veteraneskou in Augustus op Villiersdorp te sien wees, waarna die uitstalling afgetakel en die 155 items aan die verskillende eienaars terugbesorg sal word. ’n Paar jaar nadat Wes-Kaapse versamelaars van gesinserfstukke uit hul huise en tuiswerkswinkels begin het om hul interessante en waardevolle versamelings op skoue uit te stal, het die gebruik landwyd posgevat en is ’n kompetisie ingestel waar met hierdie soort versamelings in die Nasionale Klubkompetisie meegeding word. Dit is ook heel gepas dat Piketbergers hierdie soort uitstalling vir die nasionale verhoog maak, aangesien die begrip erfgoeduitstallings sy oorsprong op Piketberg gehad het.

3-Slaapkamerhuis te Porterville R1 450 000.00 neg

Skakel 022 913 1132

Die uitstalling tydens die skou op Clocolan. Berig en foto’s verskaf deur Apie Richter


25

R199.90


26

Op die rakke van die Biblioteek...

GESOEK Sus en Daan is maats, ‘n sub A-leesboekie van die sestiger jare. Kontak Teresa 083 539 5048

GESOEK Op soek na houtwerk gereedskap. Klampe, skawe, vyle en sae. Whatsapp Daniel Goosen by 078 093 0906

PPC De Hoek Piketberg 1921-2021

The Secret Garden deur Frances Hodgson Burnett

‘n Sielsverrykende bespreking van The Secret Garden deur Frances Hodgson Burnett en almal is dit eens, kom ons skryf nie veel nie, ons prentjies vertel die storie… Leeskringlede kom, sonder om Bespreking deur af te spreek, feitlik deur die Anneli Venter bank, geklee in blomtuinklere. The Secret Garden is ‘n goedvoel boek wat jou saam met Mary, Dickon en Colin ‘n bestaan van siekte, dood, hartseer, verwyt, afsku en verwerping agterlaat en voluit gaan vir ‘n lewe van sonskyn, lag en aanvaarding.

Alle PPC De Hoek werknemers van 1921 - 2019, familie en vriende van daardie werknemers, mense met inligting of kennis van daardie periode ten opsigte van PPC De Hoek...met ander woorde, almal wat iets weet van PPC De Hoek - lees asseblief verder! Alhoewel die Hermon Piquetberg Lime Company reeds in 1914 kalkverwerking by De Hoek begin het, het die Cape Portland Cement Company in 1921 die aanleg oorgeneem en die eerste sementfabriek daar opgerig. Met ander woorde - in 2021 is PPC reeds 100 jaar deel van die Piketberg-gemeenskap! Piketberg Museum, in samewerking met PPC De Hoek en die Universiteit van Stellenbosch is besig met ‘n projek wat die Eeufees van PPC in Piketberg sal herdenk en vier. Ons het jou hulp nodig! Deel van die feesvieringe sal die opening van ‘n uitstalling by Piketberg Museum insluit, wat die geskiedenis van PPC De Hoek uitbeeld. Indien u oor enige informasie, foto’s, dokumente, stories, staaltjies, prente, films ensomeer ten opsigte van PPC De Hoek beskik, kontak ons asseblief so spoedig moontlik. Ons sal die informasie-bronne met omsigtigheid hanteer en aan u terugbesorg. Ons soek ook die name van persone met wie ons onderhoude kan voer. Ons wag opgewonde om van u te hoor!

Piketberg Museum, Kerkstraat, Piketberg Tel. 022 913 2177 info@piketbergmuseum.co.za

Leeskring 2019 17 APRIL: UIT DIE BLOUTE – Chanette Paul Bespreek: Sandra van Wyk

22 MEI: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG: MINDFULNESS VIR BESIGE MENSE – Johannes de Villiers Gasspreker: Johannes de Villiers

12 JUNIE: HANS STEEK DIE RUBICON OOR – Rudie van Rensburg. Bespreek: Hanlie Richter

24 JULIE: Vergadering by Moira se huis in Tuinstraat HUISIES VAN PAPIER – Dalena Theron. Bespreek: Marietha Goosen21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar 18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING


27


28

Piket-bo-berg Groentetuinkompetisie Algehele Wenners 2019

Foto’s: Marika Ince

Die Piketberger se Datums MEI: Berigte in 23 April Verskyn 3 Mei JUNIE: Berigte in 21 Mei Verskyn 30 Mei JULIE: Berigte in 18 Jun Verskyn 27 Junie AUG: Berigte in 23 Julie Verskyn 1 Augustus SEPT: Berigte in 20 Aug Verskyn 29 Augustus OKT: Berigte in 24 Sept Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov Verskyn 28 November EPOS:

diepiketberger@gmail.com

PAASFEES

Eredienste: NG Kerk Do 18 Apr: Nagmaal 7nm Vr 19 Apr: Nagmaal 9:30vm HAJL So 21 Apr: Opstandingsdiens 9:30vm Ma 22 Apr: Gesinsdag


29


30 Benodig u ‘n sekuriteitskamerastelsel vir u huis of plaas? Wil u kan sien wat op die perseel gebeur, al is jy nie tuis nie? Wil u voorkomend kan optree teen potensiële bedreigings teenoor jou familie en besittings? D&D IT spesialiseer op die gebied van cctv kamera oplossings. Sentraal geleë in die omgewing tussen Piketberg en Citrusdal, diens ons die area vanaf Piketberg tot Clanwilliam, Porterville tot Elandsbaai. Ons kan ook help met “Panic Systems” en Infra Rooi Beams ens.

Vir die beste advies en puik diens teen billike pryse

Kontak Deon Taljaard 071 810 5626

Epos: dftaljaard1@gmail.com

Bravo vir Besigheidseienaars Alle sake-ondernemings, neem kennis dat Bravo Wine & Food een maal per maand ’n geleentheid skep vir sakeondernemings om mekaar te ontmoet en besigheidskaartjies uit te ruil. Die foto’s wys die eerste geleentheid in Februarie. Die tweede geleentheid is 27 Maart en die derde een op 24 April. Foto’s: Marietha Goosen


31


32

Dra jou kroon met Trots

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Dra jou kroon met trots, want jy is spesiaal. Hierdie boodskap van PHS se hoofdogter, Janke van Schalkwyk aan ‘n puik groep Gr 12 dogters by ‘n spesiale tee. Foto’s: Rina Engelbrecht

022 913 1600 / 022 913 2075

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


33


34

Saam 300 vir Boland

Sport Uitblinkers

Chris van der Merwe van PHS, Richard Visagie van Hoër Jongenskool Paarl en Takkies Reitz het elk 100 rugbywedstryde vir Boland gespeel. Ná baie jare het hulle mekaar by PHS ontmoet tydens ‘n kragmeting tussen HJS en ‘n gekombineerde span van PHS en HSP (die Zebras en die Bulle). Foto: Iza Schreuder Jacques Lambrechts het ‘n 3de plek behaal in gewigstoot met ’n stoot van 14,82m by die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms.

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Tyrique Booise van Steynville Primêre Skool, behaal ‘n 5de plek in die 80m seuns O/11 by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms. SPS is trots op hierdie Boland Atletiekkampioen!

Silwer vir Roux Roux Basson, regs, is opgeneem in die O/12 Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan. By ‘n toernooi gehou te Kimberley het Roux ‘n silwer medalje ontvang. Foto’s verskaf

Jason January van Hoërskool Piketberg het ‘n 4de plek behaal in verspring seuns O/15 by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms.


35


36

Steynville SekondĂŞr Skoolnuus

Agter: (Gr 12) Clayton van Wyk (Voorsitter), Jemeal Koordom, Riduwaan Otto, Merlyn Douman (opvoeder), (Gr 11) Samantha Cloete (Ondervoorsitter), Romario Mabeta, Bokamoso Lukas Middel: (Gr 9) Chante Boois, Kayleigh Abrahams (onder-sekretaris), Rowan Adams, (Gr 10) Matthew Hendriks (Onder-tesourier, Selena Nero (Tesourier), Des-Marie Benjamin (Sekretaris). Voor: (Gr 8) Nickayle Faro, Shaneen Boois en Reynaldo Davids.

Alfred Otto saam met die atlete wat in die WesBolandspan opgeneem is: Juan Adams (hoogspring M19, 1ste), Melchoir Ruiters (Hoogspring S17, 1ste), Chadlin Julius (Gewigstoot, 1ste). Voor: Stephan Alexander (800m S15, 1ste), Brandon Afrika (1500m S15, 1ste), Fabion Abrahams (1500m S15, 2de), Gaylynne Faro ( Hoogspring D17, 2de), Wilbury Klaasen (100m hekkies S14, 2de) en Nickyle Faro (300m hekkies S14, 2de).

Leonardo West en Justin Booys is onlangs gekies om in 2020 na Nieu-Seeland te toer vir 'n "West Coast Youth" onder 17 rugbyspan. Richard Erasmus is hul afrigter. Die volgende leerders is opgeneem in die 0/15 Weskus span na die proewe in Vredenburg en Malmesbury. Shane April, Deyelroy van Rooy en Duan Voster kwalifiseer om deel te neem aan die Weskus proewe te Lutzville en Porterville.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Wilbur Dietrich het onlangs die Wes-Boland onder 15 span verteenwoordig. Rolando Baadjies is opgeneem in die Wes-Boland onder 17 span. Hul afrigter is Richard Erasmus. Foto’s: Marietha Goosen


37

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


38

PHS se Kaskar Pret

Foto’s: Rina Engelbrecht


39

PHS se Kaskar Pret


40

PHS in HM O/20

Dewald van Deventer, Nicki van der Westhuizen en Jac Goosen het uitgedraf vir Huis Marais se onder 20-rugbyspan. Hulle is almal oud PHS-eerstespanspelers. Foto: Retha van Deventer

HUISHULP BENODIG

Zebras kan Swem

Adi Liebenberg O/9 het by die Swartland Swemklub Champs swemgala die volgende medaljes gewen: Goud - Borsslag Silwer - Vryslag Brons - Vlinderslag

Hennie Pretorius O/8 Skolegala Ouderdomswenner. By die Swartland Swemklub Champs swemgala het Hennie wat O/8 is, ‘n O/9 borsslag 2de plek losgeswem.

Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Jana Truter Beste O/16 swemmer by PHS se swemgala. Foto’s: Facebook

Kansa Shavathon

Skoolhoof Quinton Engelbrecht neem deel aan PHS se KANSA Shavathon. Foto: Rina Engelbrecht


41


42

Mini Krieketfees

Platteland skole het die afgelope naweek deelgeneem aan die Provinsiale Mini-krieketfees in Paarl. Deelnemende skole was oa Carl Schreve Primêr, Porterville Primêr en Stawelklip Primêr. Hier staan van die spanne met hulle afrigters en Mnr Baron, Mini-krieket koördineerder vir Platteland. Berig en foto: F Baron Die volgende Piketberger verskyn op 3 Mei 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 April 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Basaarpoeding Bederf

Manne wat besig is om in Kerkstraat slote te grawe om kabels te lê, is die Maandag ná die Fonteinfees bederf met heerlike basaarpoeding. Foto: Marietha Goosen

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com


43

The Piketberg Mobile Clinic Service, that operates on a 5 week cycle in the Bergrivier rural sub-districts, services 335 farms. The Baby Porridge donated by SUPERSPAR Boland, will be distributed by the mobile clinic, to bring relief where needed.

Sr Mandi Young-De Vries and Philip Jankielsohn. Sr Joceline Booys, Nurse Frederika Baron, Marlene Visagie, Marietjie Jacobs and Sr Liesel Potgieter.


44

Met groot opwinding het Piketberg Hoërskool se Graad R-klas SUPERSPAR Boland op 13 Maart besoek. Daar is gesels oor vrugte en groente en by die deli het hul mondjies behoorlik gewater vir die heerlike gekookte

kos. In die geur van varsgebakte brood is hulle gewys hoe die meel in ‘n groot menger in deeg verander en daarna in panne geplaas word. In die slaghuis is hulle geleer hoe vleis bewerk en verpak word.

Wiskunde of Rekeningkunde (Wiskundige Geletterdheid ingesluit) Spontaan en vriendelik, hou daarvan om met mense te werk Kan akkuraat onder druk werk Gestremde persone is welkom om ook aansoek te doen

in by .

Handig ‘n CV en kontakbesonderhede in by Boland SUPERSPAR. Daar is beperkte poste beskikbaar so doen sommer vandag aansoek om teleurstelling te voorkom.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.