2 minute read

Uit die Woord

God is betroubaar en hou altyd Sy woord

Ds Danie Kleynhans NG Moedergemeente Ladybrand

Advertisement

Enige kontrak word altyd tussen twee partye gesluit. Albei partye parafeer elke bladsy van die kontrak en teken dan op die laaste bladsy. Wanneer een van die partye nie by die ooreen - koms hou nie, staan dit die an - der party vry om die kontrak te verbreek of die ander party op te skroef.

Ons lees in Genesis 15 dat daar ‘n kontraksluiting tussen God en Abram plaasvind. Daar ge - beur egter iets baie bete - kenisvol, waarvan ons onder andere in vers 12-18 lees:

Teen sononder het ‘n diep slaap Abram oorval; angs, ‘n groot don kerte het hom oorweldig. Toe sê die Here vir Abram: “Weet beslis dat jou nageslag vreem - delinge sal wees in ‘n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank. Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek. Jy sal in vrede sterf en op ‘n hoë ouderdom begrawe word. Die vierde geslag ná jou sal hier -

natoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.”(m.a.w. nadat Abram reeds aan die slaap was) Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik ‘n oond wat rook en ‘n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur. Op daardie dag het die Here ‘n ver bond gesluit met Abram ... Abram raak aan die slaap en God loop alleen tussen die stuk - ke van die offerdiere deur. Hier - die kontrak word dus deur slegs een party onderteken. God wil daarmee aan ons kommu ni - keer dat Hy rekening hou met die feit dat ons as mense nie ons kant van die kontrak kan nakom nie.

God hou rekening met ons menslikheid. Hy wil nie in ‘n posisie geplaas word dat ons ontrou Hom sou dwing om aan sy ooreenkoms met ons te onttrek nie. God bly deur dik en dun, deur ons foute heen, getrou aan sy woord en belof - tes.

Hierdie waarheid word baie dui - delik geïllustreer in die verhaal van Jakob. Ons lees in die Jakob-verhaal dat daar vanaf sy geboorte ‘n geknoei is, totdat God hom die nag by die Jab - bokspruit inhaal. God bly getrou aan mense, want Hy wil hulle ontmoet. Die Nuwe Testament se ekwivalent vir die Jakob-ver - haal, die verhaal van die verlore seun, beklemtoon ook dat God nooit sy woord sal verbreek nie. Hy sal getrou aan jou bly en teenwoordig bly, want Hy wil deel van jou lewe word.

Hierdie eensydige kontrak vind ons ook in die Ou Testamentiese besnydenis en die latere ver - bonds doop asook in die nag - maal. God sluit met die besny - denis ‘n kontrak met ‘n agt dae oue baba en in die nagmaal herdenk ons Jesus se bloed wat gestort was.

God laat nooit toe dat ons menslike swakheid en selfs sonde Hom dwing om ons verlore te laat gaan nie. Hy sal sy woord hou en voort durend probeer om deel van jou lewe te word.

Gebed: Here, dankie dat U nooit moed opgee met my nie.

This article is from: