12 minute read

Graanproduksie in vir groot jaar

“Hierdie faktore sowel as plaas - veiligheid het baie negatiewe emosies by die boere ontlok, wat veral in die laaste paar jaar toegeneem het. Trans - formasie en grondonteiening is addisionele emosionele kwes - sies wat by die laaste paar kongresse bespreek is. Die politieke klimaat tydens die Zuma-jare het heelwat ontwrig - ting veroorsaak en gaan ge - paard met talle vertrouens - probleme en gemeenskaplike struikelblokke. Ek moet egter sê dat daar nou baie vordering gemaak is en daar beter saam - gewerk word binne die industrie om volhoubaarheid te verseker.”

Mielieproduksie styg vinniger as die aanvraag en daarom is die ontwikkeling van nuwe mark te, hetsy plaaslik of inter - nasionaal, uiters belangrik. “Plaas lik het die sojaboonmark ook aansienlik verbeter as ge - volg van kapasiteit en kwaliteit wat toegeneem het. Graan SA fokus op die bone en ander gewasse om opsies vir die pro - dusent uit te brei en geleent - hede te skep om winsgewend - heid te verhoog en risiko te versprei.

Advertisement

“Meer as 12 000 opkomende boere is oor die laaste 15 jaar deur Graan SA opgelei en ondersteun. Nagenoeg R1,2 miljard is aan opleiding, raad - gewing, herkapitalisering en produksie spandeer en bestuur. Ons bedank die regering en verskeie vennote in die industrie vir hul bydrae tot die sukses van die projek wat nie net die ekonomie op die platteland nie, maar ook lewens verander het.”

Jaco het verwys na die finan - siering van opkomende boere wat nog steeds ‘n probleem is en baie aandag van Graan SA ontvang om oplossings te vind. “Deel van die oplossing is titel - aktes, die beskerming van

Graan SA, wat vanjaar 20 jaar oud is, het onlangs sy jaarlikse kongres by Nampopark gehou waar meer as 70% van die graanprodusente aangedui het dat hulle ‘n bogemiddelde oes verwag. Jaco Minnaar, uittredende voorsitter, het in sy openingsrede gesê dat klimaatsverandering en wêreldkommoditeitspryse die produsente se marges die laaste jaar onder druk geplaas het en dat die potensiaal van goeie oeste verblydend is.

grond reg en die subsidie van oesversekering deur die rege - ring.” Hy het gesê dat die subsidie van oesversekerings - premies vir opkomende sowel as kommersiële boere moet geld om daardeur die terug - be taling van boere se skuld moont lik te maak.

Jannie de Villiers, hoofuit voe - rende beampte van Graan SA, het genoem dat die weer buro die 2de Maart ‘n verslag uitge - reik het waarvolgens die oseane se temperature ‘n baie swak El Niño voorspel. Die verslag voor - spel ook bonormale tempe - rature in die Noorde, wat bete - ken dat ryp moontlik eers later sal voorkom. Aangesien verskeie streke eers later mielies geplant het, is dit volgens hom welkome nuus.

Die toestand van die gewasse en die potensiaal van bogemid - delde oeste, kan meebring dat landbou weer ‘n groter bydrae kan maak tot die NBP, wat vir die tweede agtereenvolgende kwartaal ‘n negatiewe groeisyfer getoon het, wat beteken dat die ekonomie in ‘n tegniese re - sessie is.

Jannie sê dit is fantasties om so ‘n positiewe seisoen te ervaar. “Wanneer oorskotproduksie voor kom, kan pryse daal. Dit wil egter voorkom asof nuwe kontrakte vir uitvoere gesluit word, wat beteken dat pryse nie noodwendig gaan daal nie en kommoditeite selfs teen huidige vlakke kan verhandel. Dit lyk asof boere hierdie seisoen ‘n goeie wins kan maak, maar teen die huidige marges gaan dit ‘n paar seisoene neem om ten volle te herstel. Ten minste is hierdie jaar positief en bemoe - digend vir die produsente.”

Dr Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en bemarking van Graan SA, het by navraag gesê dat China ‘n nuwe groot mark is waarheen binnekort uitgevoer gaan word. “Hulle ver - teenwoordigers het Suid-Afrika gedurende Desember besoek en ons het al hul inspeksies ge - slaag. Uitvoere gaan seker nie so eenvoudig wees met die koronavirus nie, maar dié mark

is nou oop. Iran is ook ‘n nuwe mark en dan voer ons baie uit na Japan, Suid-Korea en Taiwan. GM mielies word ook na Europa uitgevoer vir veevoeding.”

Jannie noem dat Suid-Afrika nader aan die oosterse markte is as Argentinië en Brasilië, wat ‘n tydsvoordeel inhou. “Dit gee ons ‘n geleentheid om selfs teen die huidige pryse mielies mededingend te kan uitvoer. China se nuwe mark sluit soja - bone in en ons sal graag, as daar surplusproduksie is, dit ook daarheen uitvoer.”

Op die vraag wat die grootste bedreiging vir graan is, het Jaco

u Jaco Minnaar wat as voorsitter uitgetree het, sê die vernaamste bedreiging vir graanproduksie is klimaats verandering en nie politieke onsekerheid nie. Hy sê die hoogtepunt gedurende sy termyn as voorsitter was die same - horigheid wat onder uiters moeilike omstandighede onder die graanprodusente ontwikkel het. Minnaar geantwoord dat kli - maatsverandering ‘n groter pro - bleem is as politieke onseker - heid. “Ons sal moet beplan hoe ons mielies oor die volgende 10 jaar gaan produseer te mid -

de van klimaatsverandering. Dit word aanvaar dat die weste droeër gaan word en die ooste natter. Die vraag is: Hoe gaan ons produksie herposisioneer om nog steeds genoegsame

t ‘n Heelwat rustiger NAMPO Park was die gasheer vir hierdie jaar se Graan SA Kongres. Die jaarlikse NAMPO Oesdag word deur meer as 70 000 besoekers bygewoon en is ‘n miernes van bedrywighede.

voed sel te produseer? Ons gaan heel waarskynlik hektare in die weste afstaan aan ander landbouaktiwiteite.”

Die hoofspreker was hoofregter Mogoeng Mogoeng wat onder groot applous verwelkom is. As ‘n ingesweerde pastoor het hy sy toespraak met ‘n gebed ge - open. “Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n woord van opregte dank aan die voedselprodusente in SuidAfrika te rig. Julle kon enige ander professie gekies het, maar het gekies om hierdie edel beroep, om kwaliteitvoedsel vir die volk te produseer, te volg.

“Ek weet dat dinge soms so moeilik raak dat selfmoord nie na ‘n onwaarskynlike uitkoms lyk nie. Ek kan nie eens dink hoe moeilik dit vir boere moes gewees het tydens die droogte nie. Baie moes van hul waarde - volle besittings verkoop net om hul finansiële verpligtinge na te kom. Dankie dat julle volhard het en ek weet dat die politieke gevoelens, frustrasies en uit - sprake van ander Suid-Afrika - ners julle somtyds ontmoedig het en dat die boere moede - loos en verstote kan voel.

“Met inagneming van ons geskiedenis en die tye waarin ons leef, is dit nie maklik om as ‘gronddiewe’ gebrandmerk te word nie. Gelukkig het meeste van ons boere besluit om aan te hou produseer onder uiters moeilike omstandighede. Die boer is ook nie nou in ‘n posisie om sy grond as sekuriteit aan te bied om die finansiële uitdagings van landbou te oorkom nie. Die banke is onse - ker oor hoe lank die boer nog sy grond gaan besit en is slegs gewillig om finansiering tot ‘n klein persentasie van die waar - de van die grond toe te staan.”

Grond en die deelname aan landbou word nog voor 1913 in vryheidsliedere besing. “Dit was nog altyd ‘n vraagstuk en dit sou ‘n fout aan my kant wees om hierheen te kom en te beweer dat geskiedkundige realiteite nie bestaan nie. Daar moet ‘n volhoubare oplossing tot die probleem gevind word en die onregte van die verlede moet geïdentifiseer word.”

“Die vraag is hoe ons oplossings gaan vind ten opsigte van die vraagstukke rondom grond, die ekonomie en landbou op ‘n be gin selvaste en sensitiewe wyse wat bou en nie verdeel nie. Die gevaar bestaan dat indien ons nie daarin slaag nie, ons die opportunistiese politici ‘n speelbal gee om verdeeld - heid en haat te bevorder om stemme te werf. Dit is ons ver - antwoordelikheid as Suid-Afrika - ners om hierdie politici nie die ruimte of geleentheid te gee om ons verder te verdeel nie.”

u Hoofregter Mogoeng Mogoeng het die graan - produsente daarop gewys dat hulle deel van hierdie land is en slegs in opportu - nistiese politici se hande speel wanneer hulle dreig om die land te verlaat.

blanke boere te plaas en vir die selfde boere en deelnemers aan die ekonomie om hulself op hul beurt in die skoene van mense van Afrika-afkoms te plaas - mense wat sonder grond is en wie se bates slegs 3% van die waarde op die JSE verteen - woordig. Indien jy dit doen, en slegs deur die werklik hede van verlede in ag te neem, kan jy waarde tot ‘n oplossing toe - voeg.”

“Ons land het genesing nodig - genesing van gebrokenheid, genesing van agterdog en rassisme. Ons vertrou mekaar glad nie en of ons dit nou wil aanvaar of nie, ons is ‘n familie. Ek het hierdie feit besef toe ek ‘n geestelike samekoms in Nigerië bygewoon het. By die lug hawe het ek skielik mense Afrikaans hoor praat. Ek kon my self nie inhou nie en het met die inherente, onverklaarbare same horigheidsgevoel van Suid-Afrikaners na die mense gestap en met hulle in my gebroke Afrikaans gaan gesels - want hulle praat ‘n taal wat in my land ontstaan het en deel is van Afrika.”

“Dit het soveel vir my beteken en my laat besef dat ons dit miskien nie wil erken nie, maar ons is saamgebind as SuidAfrikaners en dit moet die begin - punt wees om ‘n volhoubare oplossing vir die vraagstukke te vind. Ons gaan nie ver kom as ons onsself nie as ‘n familie sien nie.”

“Ek vra vir boere wat daaraan dink om uit die land te gaan: Waar is jou tuiste? Waarheen wil jy hardloop? Geen verant - woordelike seun of dogter sal van die huis weggaan nie. Selfs die verlore seun het terugge - gaan na sy huis. Jy kan nie van verantwoordelikhede en pro - bleme weghardloop wat net jy kan oplos nie. Moet asseblief nie dreig om landuit te gaan nie want jy versterk net die argu - ment van dié wat verkeerdelik sê jy hoort nie hier nie. Die boere hoort hier, maak nie saak hoe moeilik die omstandighede is nie.”

“Die geskiedenis leer ons dat die Afrikanervolk eens op ‘n tyd mismoedig en verwerp gevoel het, sonder grond en benadeel deur die Engelse. Hulle het egter ‘n oplossing in ‘n byna hopelose situasie gesoek. Nee, hulle het nie na Nieu-Seeland of Australië gevlug nie. Hulle het gesê: Hierdie is ons land en die Engelse behandel ons verkeerd. Hulle het ‘n oplossing gevind en die res is geskiedenis. Ge - skiedenis herhaal homself.”

Dr Ferdi Meyer, besturende direkteur van BFAP het verwys na die Nasionale Ontwikkelings - plan en die doelwit om teen 2030 nagenoeg 1 miljoen ad - disionele werksgeleenthede in die landbou te skep. Daar is potensiaal om by die kleinboer en onderbenutte grond te be - gin om werksgeleenthede te skep wat ook families kan onder - steun. In 2011 was daar nage - noeg 1,3 miljoen werksgeleent - hede in die kleinboersektor en dit het intussen met 100 000 af - geneem.

Op plaasvlak het werkskepping gegroei van 835 000 in 2011 na 860 000 tans en 102 000 werksgeleenthede is in die waar de ketting toegevoeg met ‘n doelwit van 300 000 teen 2030. Ferdi het gesê dit is rela - tiewe goeie resultate, met inag - neming van die droogte, KI, bek-en-klouseer en alles wat in die rigting van landbou gegooi is.

Die doelwitte vir verskeie sektore in die landbou-industrie, soos sitrus en macadamianeute, word ook oorskry. Avokado’s

toon die grootste agterstand met slegs 3 700 hektaar beplan - ting teenoor die doelwit van 9 000 hektaar. Sojaboon pro - duksie neem toe en staan op die oomblik op 312 000 hektaar, wat nie te ver van die doelwit van 370 000 hektaar is nie. Melken varkproduksie oorskry die doelwit maar daarenteen toon hoendervleis ‘n agterstand van 270 000 ton teenoor die doelwit van 660 000 ton.

Ferdi het geïllustreer dat daar ‘n afname in die produksie van witmielies is en oor drie tot vier jaar gaan meer geelmielies geplant word. Die grootste groei in produksie gaan in sojabone wees en in 2027 gaan meer soja bone as witmielies geplant word. Sonneblom-, sorghum- en katoenproduksie behoort oor die volgende agt jaar feitlik kon - stant te bly.

Sojaboonproduksie het met ge - middeld 10% per jaar oor die laas te 10 jaar toegneem vanaf 200 000 ton na 1,5 miljoen ton tans. Ferdi is van mening dat daar nog ruimte is vir die pro - duksie van ‘n verdere 500 000 tot 600 000 ton om in die totale

u Dr Ferdi Meyer van BFAP het gesê die laaste vier tot vyf jaar se droogtes was die ergste in die 100 jaar dat hulle rekords hou. Klimaats - verandering gaan veroor - saak dat die weste al hoe minder reën gaan kry en die boere sal moet oor - skakel na ‘n vee kompo - nent.

plaaslike behoefte te voorsien, wat binne die volgende twee tot drie jaar bereik kan word. “Die vraag is: Wat kan gedoen word om te sorg dat die soja - boonmark nie versadig word nie? Die antwoord is hoender - kos. Daar word op die oomblik 500 000 ton hoenderkos inge - voer en dit kan deur sojabone vervang word, wat die plaaslike mark sal vergroot. “

Die laaste paar jaar se droogte en ondergemiddelde oesop -

q Jacques Moll, direkteur van die OVK Groep en Stéfan Oberholzer, besturende direkteur van OVK, was onder die kongresgangers.

breng ste het veroorsaak dat die boere in Suid-Afrika se pro - duk siekoste, uitgedruk as ‘n per - sentasie van oesopbrengste, bo die wêreldgemiddeld was. Vanjaar behoort daardie syfer onder die wêreldgemiddeld te wees en kan ons weer mede - dingend wees en selfs uitvoer. Die verandering in die klimaat in die weste gaan veroorsaak dat boere daar geen ander keuse gaan hê as om met ‘n veekomponent te begin nie. Daar is nog ruimte in die bees - vleisuitvoermark en daar sal nou begin moet word om kud - des op te bou.

Jaco het hierdie punt verder benadruk en gesê dat die boer van vandag aanpasbaar moet wees by die klimaat en met die ontwikkeling in saad en bemes - ting sowel as die ontwikkeling van kuddes, kan die boer sy risiko’s versprei en daardeur be - perk.

Tydens ‘n meningspeilingsessie het 39% van die afgevaardigdes aangedui dat die Safex prys nie laer as R1 800 vir geelmielies behoort te daal nie. Op die vraag oor die planttyd het 41% geantwoord dat hulle een tot twee weke later as die optimale vensterperiode geplant het en 25% het drie tot vier weke later geplant. Daar is sprake dat glifo - saat moontlik verban kan word en 62% het aangedui dat hulle meer as 25% van hul oesop - brengs daardeur sal ver loor.

Na die laaste paar jaar se droogte was die optimisme oor ‘n bo-gemiddelde oesopgrengs feitlik tasbaar en kan mens net hoop en vertrou dat die ver - wagte oeste gaan realiseer.

This article is from: