Weslander E-Edition - 19 June 2025

Page 1


‘Ons wil nie dié

Kunstige hoede vir VLV se vroue

Die Vrouelandbouvereniging se tak in St. Helenabaai het

Dinsdag (17 Junie) kleurvolle, kreatiewe skeppings na ’n praatjie gedra

Die uitrustings moes “Dra die

see op jou kop” uitbeeld, wat groot pret opgelewer het.

Die gassprekers was Tracy Whitehead, reddingsbestuurder, en Tahlita Noble, bewaringsbestuurder, van die Turtle Conservation Centre by die Twee

Oseane-akwarium in Kaapstad. Hul inspirerende praatjies was deel van die maandvergadering met landbou en tuinbou as tema.

Elke maand se vergadering handel oor ’n ander tema.

WC College takes stand to end GBV

In a stirring show of unity and commitment to ending gender-based violence and femicide (GBVF) in their communities the staff of West Coast College came together on Friday 13 June at Christian Primary School in Malmesbury to officially launch the 100-Day Challenges Campaign

The event, observed as a Solidarity Day, drew staff members from across campuses, all dressed in black to symbolise their collective stance against GBVF A highlight of the day was a solidarity walk through the

streets of Malmesbury, where college staff carried messages of support and non-violence, powerful visual affirmations of their commitment to ending GBVF.

The walk served as a visible public display of the college’s dedication to social justice, safety, and accountability in the communities it serves

The programme featured heartfelt messages and words of support from key stakeholders, including:

• The West Coast College Council

• The West Coast College Student Representative Council

• The Department of Correctional Services

• Western Cape Department of Health and Wellness

• The National Prosecuting Authority

• Swartland Municipality

• Higher Health

• South African Police Service

Delicious de Vos, representing the Disability Unit of the Cape Peninsula University of Technology, delivered a compelling keynote address, urging the college staff to engage in deliberate, ongoing efforts within their areas of influence to combat the persistent scourge of GBVF Lungisa

Mbulaw, principal of West Coast College, said the day was more than symbolic; it was a call to action “It reminds us of our shared responsibility to reflect, take action and remain steadfast in the ongoing fight against GBVF As an institution of learning and transformation we recognise our role in shaping not only minds, but also the values and behaviours that can lead to lasting societal change ”

The day culminated in a symbolic pledge, in which all staff placed their painted handprints on a wall banner in a visually powerful and lasting commitment

Members of West Coast College Vredenburg were also present.

Dieresorg begin ook by jou

Elke dag sien ons tonele wat ons harte roer – honde wat in die son sonder water of skaduwee lê, katte wat maer en sieklik ronddwaal, of diere wat hul hele lewe aan ’n kort ketting deurbring. Hierdie is nie uitsonderings nie – dit is daaglikse realiteite in baie woonbuurte aan die Weskus

“Dit is maar net ’n dier,” sê party mense, maar elke dier ervaar koue, pyn, honger en vrees, net soos ons Hulle het emosies, gewoontes en ’n behoefte aan veiligheid en liefde

Hierdie artikel is die eerste van ’n nuwe weeklikse reeks in Weslander wat sal fokus op diereliefde, opvoeding en praktiese raad oor hoe ons as gemeenskap beter vir ons troeteldiere kan sorg

Ons doel is nie net om mishandeling aan die kaak te stel nie, maar om ware verantwoordelikheid, respek en deernis aan te moedig Want waar daar begrip is, volg beter gedrag

VERANTWOORDELIKHEID

Dit is maklik om ’n hond of kat te kry Baie word sommer net weggegee of geskenk – sonder nadenke

Dieresorg vereis egter baie meer as net ’n bietjie kos in die oggend

Troeteldiere het nie ’n keuse waar hulle woon of wie hulle baas is nie Hulle is heeltemal afhanklik van ons vir alles – kos, skoon water, skuiling, mediese hulp en emosionele verbondenheid

Verantwoordelike sorg beteken:

• Om elke dag genoeg kos en vars water te voorsien Sonder uitsondering

• Om ’n droë, veilige slaapplek te voorsien – gewis nie in die reën of op koue sement nie, maar onder ’n afdak, met ’n kombers of ’n hok wat winddig is

• Om die dier te laat steriliseer en ongewenste kleintjies en oorbevolking te voorkom

• Om met jou troeteldier te speel en te praat, want hulle het sielkundige stimmulasie en liefde nodig

• Om waarskuwingstekens van siekte raak te sien en betyds hulp te vra

Child’s father urgently sought

Caring, Mentoring & Restoring (CMR), a Port Elizabeth-based non-profit organisation, is requesting Rudy Abrahams, the biological father of a male child born on 6 April 2017, or anyone who has information regarding his whereabouts, to contact Mrs Mòray Gouws, a social worker, urgently on 041 484 3554 during office hours.

NIENETWAGTERSOFSPEELGOEDNIE

Honde is nie alarms nie en katte is nie net daar om muise te vang nie Diere is lewende wesens met gevoelens Hulle verstaan roetines, herken stemme, vorm verhoudings en voel selfs wanhoop wanneer hulle geïgnoreer of mishandel word As ’n hond 24 uur per dag aan ’n kort ketting vas is, of ’n kat nie eens ’n skoon plek het om te lê nie, is dit nie net nalatigheid nie – dit is aktiewe wreedheid

Kinders leer van jongs af hoe om ander lewende wesens te behandel As kinders sien diere word geslaan, geskop of verwaarloos, leer hulle dit is reg

Maar as kinders sien hoe jy ’n hond bederf met ’n warm kombers of ’n siek kat veearts toe neem, leer hulle empatie –iets wat hulle vir die res van hul lewe sal bybly

Dieresorg is dus ook kindersorg

GEMEENSKAPSEROL

Dieresorg is nie net elke eienaar se verantwoordelikheid nie – dit is ’n gemeenskapsaak As jy sien iemand mishandel ’n dier, of jy weet van ’n hond wat altyd sonder water sit – sê iets Jy hoef nie lelik te wees nie Dikwels help ’n vriendelike woord of ’n eenvoudige

In case of emergency or to volunteer, contact your nearest animal-welfare organisation: • Saldanha Animal Care 082 921 0233

• Swartland & West Coast SPCA 022 492 2781

• CARE St Helena Bay 064 528 2001

• Velddrif Animal Care 074 740 1111

• Langebaan Animal Care 083 396 7198

• Hopefield Animal Care 072 297 2222

• Leaps 083 734 7865

• Langebaan Fluffy Homes Melinda 083 532 7753

• Animal Lighthouse 078 347 8745

• Western Cape Aniwell 072 672 4416 Western Cape Animal Rescue Team 072 212 7380

aanbod soos ’n ekstra bak water of ’n stuk skadunet meer as wat jy dink

Wanneer ons met dierewelsynsorganisasies of plaaslike dierbeskermingsverenigings saamwerk, versterk ons ons gemeenskap Party mense weet eenvoudig nie van beter nie en dit is waar opvoeding en vriendelikheid ’n groot verskil maak

Ander het dalk hulp nodig, maar weet nie waar om dit te kry nie Jy kan die stem wees vir ’n dier wat nie kan praat nie

WATOMTEVERWAGINDIÉREEKS

Elke week gaan ons gesels oor iets anders wat prakties en toepaslik is vir gesinne met troeteldiere:

• Hoe om jou dier in koue weer sonder groot koste warm te hou

• Mites oor sterilisasie wat mense afskrik;

• Goedkoop maniere om honde en katte gesond te hou

• Eenvoudige identifikasie vir verlore diere

• Hoe kinders kan leer om diere reg te hanteer, met liefde en respek Ons sal ook stories deel van plaaslike helde – mense in ons gemeenskap wat ’n verskil maak in diere se lewens en wat wys ’n mens hoef nie geld te hê om ’n hart van goud te hê nie As ons almal nét ’n bietjie beter doen, ’n hand uitsteek, inligting deel, sal honde se sterte harder waai, katte meer spin en ons gemeenskap ’n sagter en veiliger wees – vir mens én dier

’n Museum vol Weskus-stories

Dr Hendrik Snyders, ’n historikus, spreek die gaste by die Casvier Gallery Museum and Theatre by De Palms-leefstylsentrum in St Helenabaai se eerste opwip-museum op Vrydag 30Mei toe Die eenjaar-viering is gehou met die bekende April Snyders, ’n boorling van die plaas Tierklip naby Stompneusbaai, as inspirasie Lesch verduidelik die opwip-museum se uitstalling sal gereeld verander en sodoende verskeie Weskus-stories deel “Wanneer mense die museum besoek, wil ek hê hulle moet trots wees op ons komvandaan. Ons moet erkenning gee aan ons plaaslike mense vir alles wat hulle gedoen het Hierdie mense het waardes tot ons gemeenskap gevoeg ” Kontak Lesch by 0768592167 om ’n bydrae tot die unieke gemeenskapsprojek te lewer. Casvier Gallery Museum and Theatre is oop tussen 08:30 tot 16:30 van Maandae tot Vrydae en Saterdae van 08:30 tot 15:00 Foto: Noluvu Ludidi

’n Straatkat loop by ’n huis in Paternoster in Foto: Stefanie Ash | Stef Ash Photos

Verf en skyn in die donker

Nes fosfor op donker nagte strepe oor branders verf, so het hul glimverf-kunswerke eers sigbaar geword toe die ligte afgeskakel is.

Lidmate van die NG kerk

Laaiplek het verlede Saterdag (14 Junie) geleer om vir die donker te skilder. Glimverf is gebruik om lewe aan hul verbeeldingryke skeppinge te

gee by die genotvolle Skink en Skilder-aand by die Soverby Lapa tussen Velddrif en Dwarskersbos. Deelnemers het dit as ’n wonderlike aand beskryf waar hulle as gemeente én gemeenskap saam kreatief kon wees, saam kon lag, kuier en vreugde deel –alles in ’n gees van liefde en verbondenheid. Almal het lekker geëet en gedrink en litte op die

Gaste is met hul eie glimverf en kwaste begroet. Foto’s: NG Kerk Laaiplek

dansbaan losgemaak.

Die kerk, wat vanjaar sy 60ste bestaansjaar herdenk, bedank elkeen wat deel was van die spesiale aand. “Julle het dit werklik besonders gemaak.”

Elandrá vermaak Langebaan

Die Suid-Afrikaanse sanger

Elandré (foto) tree Donderdag 26Junie by Kapstadt Brauhaus in Langebaan op. •Sodra jou kaartjie gekoop is, word ’n tafel outomaties aan jou toegewys. Die deure

open om 18:00 en die vertoning begin om en by 20:00. Kapstadt Brauhaus is ’n werkende restaurant; dus sal kos en drankies ook gedurende die vertoning bedien word.

‘Boet

Elandré

Divas and divos celebrated at Die Koelkamers

Johan Liebenberg and Chloe Eddy pays tribute to divas and divos such as Shirley Bassey, Neil Diamond, Barbra Streisand, Michael Bublé and more at Die Koelkamers in Paternoster on Friday 27 June Tickets cost between R184 and R345. To book visit www.diekoelkamers.com.

se goet’ binnekort op die kassie

Boet van der Hoven was enig in sy soort – ’n uitblinker op skool, ’n geliefde onderwyser en later ’n pottebakker, skrywer en kunstenaar bekend vir sy kleurvolle skilderye. Sy lewenspad het in die Klein Karoo begin en weer daar geëindig. Tussenin was daar ’n volle en komplekse lewe.

In die dokumentêr Boet se goet word die kyker op ’n reis geneem deur Boet se buite- en binnewêreld. Daar is insae in die stryd van ’n intense kunstenaarsgees met die lewe en sy omgewing, sy ontvlugting in pottebakkery, sy woorde in digkuns en briewe, sy skilderye van Karoo-landskappe en die mense wat daar woon.

Die dokumentêr is gemaak deur die meesterregisseur Koos Roets, en die bekende digter en radioman Daniel Hugo is

die verteller-aanbieder.

“Die inspirasie om Boet se storie te vertel, kom van die ongekunstelde en direkte wyse waarop Boet sy Karooonderwerpe met deernis en empatie benader en in woord en beeld kon weergee; hoe hy sonder skroom sy siel in sy woordkuns kon blootlê,” sê Roets.

“Kykers kan uitsien na die ontvouing van ’n verhaal van ’n Karoo-kunstenaar se persoonlike stryd en onophoudelike soeke na klaarheid en ankers, die blootlegging van sy siel. Ook die verhaal van sy noue verbintenis en vereenselwiging met die wel en weë van tipiese plattelandse Karoo-mense wat hy so uniek en raak in woord en beeld kon vasvang.”

Van Boet se geliefdes deel hul herinneringe aan hom, en David Kramer vertel watter rol Boet in sy ikoniese rooi

velskoene gespeel het. Anton Goosen is ook te hoor met die liedjie “Saterdagaand”, waarvan hy en Boet die lirieke geskryf het.

Kenners en vriende vertel hoe hy deur bekende kunstenaars soos Pranas Domsaitis beïnvloed is, sowel as kontak, inspirasie en vriendskap met die skilder Gregoire Boonzaier en die pottebakker

Hyme Rabinowitz

Deur Roets se lens gee die dokumentêr ook ’n intieme blik op ’n eenkantgemeenskap – vasgevang in die alledaagse sikliese gang van swaarkry, arbeid, kortstondige vreugdes, pyn en verlies, lewe en dood.

•Boet se goet word op Sondag 29 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Dagboek/Diary

E-pos: weslander@novusmedia co za Dagboekinskrywings is gratis Inskrywings moet voor 17:00 op ’n Maandag ontvang word

SATERDAG 21 JUNIE

• Adam Tas, die boeredigter uit die bosveld, bring vir die Weskus van sy grootste treffers van sy drie platinum-albums na Die Koelkamers toe – ware kos-vir-die-siel-musiek wat al vir langer as ’n dekade in die harte van Suid-Afrikaners woon Hy bring ook splinternuwe liedjies wat die hart sal roer en die voete sal laat jeuk Die vertoning begin om 17:00 Kaartjies kos tussen R184 en R288 Besoek www diekoelkamers com om te bespreek

SATERDAG 27 JUNIE

• Die NG Gemeente Saldanha hou ’n heerlike mandjiedans by Togryersvlei in Jacobsbaai om 18:00 om die kwartaal af te sluit Bring jou eie eetgoed en ondersteun die kontantkroeg Kaartjies: R75 (volwassenes) en R50 (leerders) Skakel 083 285 2729 of 061 460 0270 vir nog inligting SUNDAY 29 JUNE

• A gospel talent competition hosted by Thyrone Pieterse will take place at The House of Potter Church in Vredenburg Starting at 16:00, everyone who wants to share their talent whether it be dancing, rap or singing, is welcome Entry fee to take part in the competition is R70 Tickets will be sold at the door at R25 for children 10 to 15 years and R50 for 16 years and older Contact Thyrone on 061 408 6347 for more information and to enter VRYDAG 4 JULIE

• Dr Moore se gewilde beesvleiskerrie en rys word by Huis Wittekruin teen R45 per bakkie verkoop Sakel Huis Wittekruin by 022 713 2230/9 om bestellings te plaas

SATURDAY 2 AUGUST

Bergrivier Tourism is hosting a Women’s High Tea at Russells on the Port in Port Owen Velddrif starting at 11:00 Decorate your table with your special tea sets and enjoy lucky draws, canapés, petit fours as well as a welcome drink and tea Corkage fee for own drinks The speaker of the day will be the clinical psychologist Sanché Nel Tickets cost R250 per person Contact Chevon on 022 783 1821 or send an email to velddrif@ bergriviertourism co za for more information

Lekker om saam te verf Van links is Kotie Kritzinger saam met André en Lize Brand
Glimverfwerk verg fyn konsentrasie Bo is Johann Foot en sy vrou, Annatjie
Mariaan Lambrechts, André Mostert en Susan Mans geniet die geverwery

Sê liewer net nee

en sit neer

Met die hele sage rakende Joshl se verdwyning het die lugborrel onskuld, rustigheid en verdraags wat onsigbaar oor die Wesku het, onseremonieël gebars

Vir jare langer as ander geb die land, was daar ’n skyn va rustigheid, wat duisende men gebied gelok het.

Minder as ’n dekade gelede skeie inwoners nog hul deure sters ongesluit gehou, want dit karakter van die omgewing. Die breë Weskusmens is egter goedgelowig en gaaf. Waar die “dis beter om gaaf te wees as dig reg” nié van toepassing is wanneer mense met die ongel tal bedrieërs en swendelaars Weskus toe, te make kry.

Die meeste sake word nie by aangemeld nie, want mense kry Hulle voel simpel omdat hulle inloop het deur kamstige ban en sogenaamde werkers by lugred dergelike ondernemings. Tóg sake al wel aangemeld waar die net eenvoudig die beller geglo skelms teiken mense spesifiek, ouer man met ’n diep stem w figuur by vroue inboesem of ’n vrouestem wat die mans teiken Weskussers moet wakker skr nee. Dankie vir jou oproep, maar

Media behou die kopiereg op gepubliseer in Weslander en niks mag skriftelike toestemming gebruik word n

Kantoor

SMSlyn Uitgewer

Redakteur

Redaksie

022 713 1251 (t) 022 713 2487 (f) 32510

Stefan Kolver stefan.kolver@novu Alida Buckle alida.buckle@novusm

Noluvu Ludidi Alida Buckle Nuuswenke noluvu.ludidi@novusm alida.buckle@novusm nuus@weslander co.za

Advertensies

Madelie van Tonder madelie.tolken@novus Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.z Sirkulasie: On the Dot

Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/0 (WhatsApp) ntekenare@med a24 Joernalis aan diens/Nuuswenke Alida Buckle 082 576 0453

Contact

Stuur

Woord van die week

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings

 Oudorp-buurt ervaar bedags meer inbrake: As die buurt se mense saam kan staan en Oudorp-buurtwag help, sal dinge beter gaan – Johannes de Vries Wanneer laas het die polisie daar patrolleer of in die nag voetpatrollies daar gedoen? – Allen Daley  Pleidooi vir dierewelsyn in die Weskus: This is what I am fighting for on a daily basis, that all animals get the treatment they deserve, or if you do not really love a dog don’t adopt them – Mitzi Conradie • As ’n mens net ’n span veeartse kon hê wat op ’n gereelde basis tussen die dorpe in die omgewing kan reis om aan die behoeftes te voldoen sal dit al baie help As ’n mens ook net een mens in elke dorp (veral die klein dorpies) kan hê wat saam met die veeartse kan werk en as kontakpersoon dien Iewers sal ons ’n plan moet uitwerk, want dit gaan rof met van die diere – Doreen van Wyk

Please Saldanha Bay Municipality (SBM), can we have a licensing department for these poor domestic pets We had it in Cape Town when I was young Still have a copy of the dog licence – Leslie Anne Drake Hoekom kan die SBM nie bydra tot dieresterilisasie nie, in plaas van bonusse te betaal aan werkers? Almal gaan sê hulle verdien hul bonusse, maar hoeveel werkende mense kry bonus by die werk? Dit moet deel vorm van hul gemeenskaplike dienste Ek verstaan die mense is baie arm in veral Saldanha en Vredenburg en dat honde laaste op die lys is – An-Sophi Lategan

Wil jy dalk ’n woord in die WAT, of selfs een wat nog nie in die WAT is nie, koop of borg?

Besoek WAT by www wat co za Dit is ook ’n geskikte geskenk

gbystadions

beskou as die amptelike reëls vir iseer is Die bekend gestaan bestaan en het dig. Danksy die ormige stel tig word. us-gebied word die dorp wat die die streek gestig Malmesbury er Despair” delik, volg die (oftewel die ville (1899) rste vyf klubs in ik Malmesbury, c.1899), Hopedatum onbekend) ootball Union. ap het bestaan oorsitter – Piket(Moorreesburg), sepresident), tesourier –- munisipale an ’n rugbykulting van die 1920 Teen 1930 ot die groeiende e saam met g andere later die

Boland-rugbyunie in 1939 Teen 1910 het rugby ook in die bruin gemeenskappe van Piketberg en Saron ’n vasstrapplek gekry Met klubs soos Piketberg, Saron, Klipbokke en Mountain Breakers is wedstryde gereeld teen mekaar gespeel

Teen 1918 is hul geledere aangevul deur die Young Standards-klub van Darling Volgens mondelinge oorlewering was daar teen omstreeks 1927 ’n klub genaamd Hamlets in die Velddrif-gebied. Daarbenewens is die Piketberg Rangers in 1928 gestig. Sewe jaar later, nagenoeg 40 jaar nadat rugby vir die eerste keer in Hopefield gespeel is, is ’n tweede klub, die Universals-rugbyvoetbalklub daar gestig. Danksy die merkwaardige groei in die aantal spelende klubs kon ’n nuwe rugbybeheerliggaam teen 1936 op die been gebring word. Hierdie organisasie, die destydse Westelike Provinsie Kleurlingrugbyliga, het uit verskeie sub-unies, ingeslote Malmesbury en Distrikte, waaraan die streekklubs behoort, bestaan

Die bestaan van die WP-liga het verdere klubgroei gestimuleer In 1938 –kort ná die stigting van Swallows-rugbyvoetbalklub in Moorreesburg – volg die vestiging van die Noord-Westelike Kleurlingrugbyvoetbalunie (Clanwilliam, Klawer, Ebenezer en Lambertsbaai) Dat rugby hier godsdiens geword het wie wil stry?

- Hendrik Snyders

Step closer to Mrs SA

Verusca Franzman, a 35-yearold teacher from Vredenburg, is a semi-finalist in the prestigious Mrs South Africa 2025 competition.

Warm and spontaneous, she is among the remarkable women from across all nine provinces who will soon join the upcoming Semi-Final Showcase in the hope of taking another critical step closer to the coveted crown.

Franzman said the Mrs SA experience had been far more than a personal endeavour; “it’s been a journey of growth that’s empowering me to open doors for others.

“I’m proud to show the West Coast our potential knows no bounds; we can step forward, rise with purpose and inspire right where we are.

“I entered Mrs South Africa because of my sister-in-law, who competed two years ago and inspired me more than she’ll ever know

“Supporting her opened my eyes to a world beyond my West Coast town, and I started dreaming bigger for myself. That spark stayed with me.

“As a teacher I carry a deep responsibility; to show my little ones they can be anything they want to be. I wanted them to see courage in action I wanted them to see one doesn’t need to be fearless; one just needs to be willing, that it’s okay to dream big even if it feels scary.”

In recent months Franzman has been actively involved in her community through working with Sr Rozaan Nel, visiting a small community school serving

Weeklikse sudoku

Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie

the 4- to 6-year age group, teaching them about living healthily.

Believing in the power of unity and compassion to create positive change has fuelled her determination to use the Mrs South Africa platform to make a difference in the lives of others.

“In my community people are often shy to speak about their goals or believe in possibilities beyond what they know.

“But on this journey I’ve seen hearts open. Pageantry was unfamiliar here, but I’m now

Die een raaisel is van ’n hoër moeilikheidsgraad terwyl die ander meer op beginnersvlak is

Die antwoorde van hierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander ver-

11th in SMS votes because my community is starting to believe in something bigger too.”

The Semi-Final Showcase will take place at the Theatre of Marcellus, Emperor’s Palace in Kempton Park, Johannesburg at 20:00 on Friday 4 July.

This glamorous event will culminate in the announcement of the 2025 Top 30 finalists, who will continue their quest for the crown.

Joanie Johnson CEO of Mrs South Africa said each of the semi-finalists embodied the authenticity, courage and self-belief that Mrs South Africa represents.

“These extraordinary women are already using their voices and influence to stand in solidarity with vulnerable groups, and I’m incredibly proud of the ways in which they’re playing an active role in uplifting others

“That’s what Mrs South Africa is about; fulfilling one’s own true potential and influence as a changemaker. What has made this group of women so special is how they’ve embraced this opportunity to grow, develop and create lifelong memories, and join our unique sisterhood while making a meaningful difference in their communities.”

Tickets to the Semi-Final Showcase are available at Ticketpro online, with prices starting at R850.

Franzman encourages friends, family and supporters to attend this spectacular event as she takes this important step on her Mrs South Africa journey.

To vote send an sms to Franzman on 47587.

skyn

Weslander, na gelang van plek, poog om elke week twee nuwe Sudoku-raaisels te plaas Regs is die antwoorde van verlede week se kopkrappers

Die snoek loop – vir snoekfrikkadelle

As die snoek in die Weskus loop, moet jy snoek gaarmaak Hierdie heerlike snoekfrikkadelle is fantasties as ’n voorgereg

Bestanddele:

• 800 g gaar snoek, gevlok,

• 250 ml kapokaartappels (gebruik een groot aartappel),

• 1 suurlemoen se sap en skil, fyn gerasper,

• 250 ml fyngekapte pietersielie,

• 1 pakkie bruin uiesoppoeier,

1 ui, fyn gerasper

• sout en witpeper, soos verkies,

• broodkrummels om in te

rol

Metode:

Meng die vis, ui, pietersielie, suurlemoensap, suurlemoenskil, kapokaartappels, soppoeier, sout en peper saam in ’n bak Vorm balletjies en druk dit ’n bietjie plat met jou hand

Rol die platgedrukte koekies in die broodkrummels en sit dit op ’n bakplaat met bakpapier in die yskas vir een uur Bak dit in vlak olie, in die oond of in die lugbraaier totdat dit goudbruin is Dreineer dit op kombuispapier

Verusca Franzman, a Mrs South Africa semi-finalist
Marinda Engelbrecht van Marinda Kook se snoekfrikadelle

Meet Saldanha’s youth councillors

NoluvuLudidi

As we celebrated Youth Day on Monday 16 June the newly-elected Youth Council of the Saldanha Bay Municipality was inaugurated for the 2025’26 term This annual event took place at the Skilpad Hall in Vredenburg

The purpose of the Youth Council is to serve as a platform for making the voices of the youth on the West Coast heard Ethan Mahoney from Curro Langebaan, the newly-elected Junior Mayor, said he will lead the region’s youth with great humility and a sense of conviction He previously served as Junior Deputy Speaker “Let me begin by saying I am not here because I have all the answers I am here because I believe in the power of

listening, of collaboration and of building a future that sounds like your voice, your challenges and your dreams ”

In the coming months Mahoney said the Youth Council will not be a ceremonial council, but a working one that will serve and focus on empowerment through opportunity Other priorities will be mental health among the youth, unity in diversity and the youths’ voice in governance, to name a few Valiant Arends, the newly-elected Junior Speaker from Weskus Skool, said he looked forward to being a strong voice for his peers and driving positive change “The role means the opportunity to lead with purpose, listen and make a real impact on our community I am representing my school and have gained confidence, for this is the first

time someone from Weskus Skool is in the role of Junior Speaker ” Arends said his primary goal in this new role was to create a culture of participation, teamwork and accountability “I want to ensure our meetings are efficient, inclusive and focused on achieving meaningful outcomes for our fellow councillors and community ”

In his second term as Junior Deputy Mayor Shikil Sahadew from Vredenburg High School said he was eager to continue making a difference within the West Coast “I look forward to enhancing our initiatives that promote youth involvement in decision making and encouragement Additionally, I am excited about organising events that encourage dialogue on important issues such as environmental sustain-

ability Collaborating with my peers to implement innovative solutions will be priority, as I believe our collective voice can lead to meaningful change in the Saldanha Bay Municipality ” According to Sahadew his first term taught him valuable lessons in leadership, collaborating and youth encouragement, which he wishes to continue by implementing more aspects to benefit the youth.

Nikilitha Owam Batyie, the newly elected Junior Deputy Speaker from Louwville High School, said she looked forward to contributing to decision making, representing constituents and developing leadership skills “We live in a time where low self esteem and lack of confidence is a real pandemic I want to create a safe space where the youth can find comfort in the things

they find discomforting such as voicing up their opinions and speaking up their feelings My vision is a society where young people are empowered, valued, have confidence in themselves and believing in their capabilities My mission is to amplify youth voices by providing a platform for young people to express their thoughts and concerns and also help the youth realise their potential and regain confidence.” Mahoney encouraged Saldanha Bay youth to dream big and then get to work and challenge the system They should build something better and speak up, even if their voice falters “You are capable of making a difference and worthy of leading with conviction and courage, in a place where youth needn’t travel elsewhere to thrive, where hope isn’t distant ”

Skool se nuwe adjunkte onderwysers het visie

Noluvu Ludidi

Die Hoërskool Diazville het met trots aangekondig dat Gregory Makan en Ursula Boy as dié skool se permanente adjunkhoofde aangestel is

Beide Makan en Boys het sedert 2019 in die rol van waarnemende adjunkhoofde gedien en is amptelik in Junie in hul permanente poste verwelkom

Wat hierdie geleentheid nog meer spesiaal maak, is dat Boys die eerste vrou in die skool se geskiedenis is wat ’n adjunkhoofpos beklee Sy meen dit beteken die afbreek van bakens en verteenwoordig ’n mylpaal in geslagsgelykheid, wat nie teen norme indruis nie, maar grense verskuif Sy kom uit ’n familie van onderwysers – ’n beroep waarop sy ook verlief geraak het.

“Ek voel baie dankbaar teenoor die Here wat ’n nuwe deur vir my oopgemaak het en ek is opgewonde oor die nuwe seisoen met gepaardgaande nuwe uitdagings ”

As adjunkhoof sien sy uit om as deel van ’n dinamiese span opvoeders ’n ondersteunende rol vir die hoof en die breë skoolgemeenskap te speel

“Ek sien in dieselfde gees ook uit na my onderskeie pligte en om ’n span leiers rondom my te bou, wat die vooruitgang en bemagtiging van ons leerders en veral vroue in ons gemeenskap belangrik ag en bevorder ” Hoewel Makan nie uit ’n familie onderwysers kom nie, is dit egter persoonlike eienskappe soos dissipline, harde werk, toewyding aan ’n saak en ’n natuurlike geneigdheid om ander te help, wat instrumenteel in die bevordering van sy liefde vir onderrig was Makan is al sedert 2002 deel van die Hoërskool Diazville-span en is baie opgewonde oor dié amptelike pos en vir dit wat voorlê “Ek is verheug oor my aanstelling en ek voel ek het soveel meer om tot die Diazville-gemeenskap by te dra Ek voel dit is belangrik dat die skool die hoeksteen vir die bou van ’n beter gemeenskap moet wees Ek wil

ook graag my vrou, Brigitte, bedank, wat ’n steunpilaar in my lang reis tot nou is ” Makan hoop om ’n 100%-matriekslaagsyfer te sien voordat hy eendag aftree en sy visie is om meer leerders by tersiêre instellings te sien “Ek weet dit klink soos ’n cliché, maar ons moet leerders opvoed, wat ’n betekekenisvolle bydrae tot ons gemeenskap kan lewer Ons moet ons leerders verbeter – nie net om hulle vir die eksamen voor te berei nie, maar ook vir die lewe ná skool ” Boys se woorde aan die gemeenskap, leerders en personeel van die skool is om saam te staan as ’n verenigde front

en die Hoërskool Diazville tot nuwe en groter hoogtes te neem Makan bedank die ouers en sien daarna uit om te ervaar hoe die leerders hul volle potensiaal bereik, en siek ook daarna uit om verder met sy kollegas saam te werk Paul Haricombe, die skoolhoof, sê met Makan en Boys se sterk leiersvermoë, toewyding aan onderwys en passie vir leerdersukses, is hy vol vertroue dat dié twee ’n waardevolle bydrae tot die skoolgemeenskap sal lewer

Dit is merkbaar dat beide Makan en Boys ’n voorspoedige toekoms vir die skool sien en gereed is om hul nuwe rolle aan te pak

The Saldanha Bay Youth Council Photo: Corma Films
Ursula Boys (adjunkhoof), Nomnikelo Gaika (Vredenburg-kringbestuurder), Gregory Makan (adjunkhoof) en Paul Haricombe (skoolhoof)

Meiring bekoor weer

Noluvu Ludidi

Lizz Meiring is geen vreemdeling aan die Weskus nie en het die afgelope Sondag (8 Junie) nog ’n sprankelende optrede by die Hoedjiesbaai-hotel in Saldanha aangebied.

Met haar vertoning Kamers, konserte en kleedkamerstories het Meiring meer oor die lewe van ’n aktrise gedeel – van die woelinge en waansin, chaos en kreatiwi-

teit, beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings en vele meer Sy het ook vertel oor die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal – die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en TV-stelle en natuurlik die soms vreemde gedrag van gehore.

Dolfie de Bruin, die bestuurder van die Hoedjiesbaai-hotel, sê gaste het baie daarna uitgesien om Meiring te ontmoet.

“Sy was plat op die aarde, baie snaaks en het lekker interaksie

met die gehoor gehad. Lizz is iemand wat ek al lankal wou nooi en ek is persoonlik baie mal oor haar. Sy is fantasties met vermaak. Dit was ’n voorreg om net nog een landwye bekende persoon in Hoedjiesbaai aan te bied ”

Gaste het ook ’n heerlike driegangmaaltyd en samesyn geniet. Meiring het ook produkte aan die einde van die vertoning verkoop om geld vir Saldanha Animal Care in te samel.

Fragrant Moroccan Lamb Stew with Butternut and Sweet Potatoes

As the cold days become more and more, this fragrant Moroccan Lamb Stew with Butternut and Sweet Potatoes stew, filled with spicy North African flavours is exactly what you need

Prep time is only 30 minutes and cooking time will take 2 hours

Ingredients

800 g lamb neck cuts

4 tbsp olive oil

1 onion, roughly chopped

1 tbsp fresh ginger minced

3 garlic cloves, chopped

1 medium chilli, chopped

1 tsp ground cumin

1 tsp ground coriander

1 tsp paprika

2 tsp Harissa paste

1 cinnamon stick

1 tin cherry tomatoes

2 cups beef stock

1 cup red wine

2 tsp salt

3 sweet potatoes peeled, cut into 2,5 cm chunks

1 medium butternut, peeled, seeded, cut into 2 5cm chunks

¼ cup fresh coriander, chopped

Full cream yoghurt for serving

Directions

Heat a large heavy bottom pot over a med-high heat and add 2 tbsp olive oil

Toss the lamb cuts in flour and add them to the pot Brown the meat on both sides, then remove them from the pot

Turn the heat down, drizzle

Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie

Die een raaisel is van ’n hoër moeilikheidsgraad terwyl die ander meer op beginnersvlak is

Die antwoorde van hierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander verskyn Weslander, na gelang van plek, poog om elke week twee nuwe Sudoku-raaisels te plaas

Gently stir these ingredients around for 2-3 minutes, scraping up all the flavoursome brown bits at the bottom of the pot

Turn the heat up, add in the tin of cherry tomatoes, beef stock and red wine

Add the browned meat and salt, making sure there is enough liquid to cover the meat Stir and bring to a boil

Once it comes to a boil, lower

1 tbsp olive oil over the bottom of the pot and add the onion, ginger, garlic, chilli, cumin, coriander, paprika, Harissa paste and cinnamon stick

to a simmer, cover and cook for 1½ hours, stirring intermittently

Add the butternut, allow to cook for a further 15 minutes, then add the sweet potato

Cover and simmer for another 30 minutes Once the vegetables are tender and the sauce has thickened, remove the pot from the heat

Spoon into a serving dish, garnish with fresh coriander and serve with couscous and full cream yoghurt on the side

Source: Food Lovers Market

Moroccan Lamb Stew with Butternut and Sweet Potatoes
Dolfie de Bruin, die bestuurder van die Hoedjiesbaai-hotel, saam met Lizz Meiring Foto’s: Noluvu Ludidi
Erna en Johan du Plessis.
Francelle en Benjamin du Plessis van die Kaap.
Bongeka Mlenzana en Zikhona Moyakhe het die vertoning geniet.
Levern Hern en Tarsha Miles saam met haar dogter, Lyrique, en Trudie Julies

Plaaslike polisie gee om vir Langebaan Primêr-leerders

Langebaan Primêr bedank die plaaslike polisie, wat die skool tydens Kinderbeskermingsweek besoek het, van harte “Jul teenwoordigheid het ’n duidelike boodskap van sorg, ondersteuning en leiding oorgedra –iets wat ons kinders broodnodig het,” sê die skool

Sachin blink uit

Vredenburg High makes a difference to child welfare

In support of Child Protection Week, which took place between Thursday 29 May and Thursday 5 June, the Representative Council of Learners from Vredenburg High School launched a heartfelt donation drive Thanks to the generosity of the school community, they were able to make a meaningful contribution to Child Welfare South Africa Vredenburg From warm clothing to essential toiletries and non-perishable food items, every donation will help bring comfort and support to children and families in need The council thanks everyone who gave so willingly Pictured at the back is Nazzli Clarke (head girl) and Wilmore Daries (head boy). Front: Anelisa Konjwa and Juliet Pienaar from Child Welfare South Africa Vredenburg

Kollege plaas en die Cravenweek by die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga van Maandag 7 Julie tot Saterdag 12 Julie

Dit is met groot trots dat die Hoërskool Piketberg aankondig dat een van sy leerders, Sachin van Rooy, in die Gardens-krieketspan opgeneem is, wat in September aan die Boland-Pro20-toernooi gaan deelneem. “Baie geluk, Sachin. Jou harde werk, toewyding en liefde vir die spel dra nou vrug Ons is trots op jou en sien uit na alles wat nog op jou krieketpad voorlê,” sê die Hoërskool Piketberg

Last year, approximately R40 million was spent fixing vandalised infrastructure. Millions are spent annually fixing damage caused by vandalism Millions that could have been spent improving basic service delivery and helping the Western Cape’s economy grow.

Lower West Coast Open chess champions from Diazville Primary Diazville Primary School is proud of their u-11 chess players who participated in the Top Schools Chess Tournament recently They returned as the Lower West Coast Open chess champions
The netball girls from Hopefield High School have made the school proud as a number of them will be representing the West Coast District and Western Cape netball teams West Coast District team: second from the left is Paris van Hooi (u-14), Ariana Veotté (u-15), Mianke Nel (u-15), Izabella Schnetler (u-15), Leancke Nieuwenhuis (u-16), Mia Carolus (u-17) and Nina Slabber (u-18) Paris Samuels far left (u-18) made it into the Western Cape netball team

Location: St. Helena Bay or surrounds (visits to West Coast landing sites and South Coast)

Contract: Fu l-time, 2-year fixed-term

Start Date: 1 July 2025

Remuneration: R264 000 annually

Capricorn Marine Environmental (Pty) Ltd is seeking a dedicated and detail-oriented individual to join our team as the Small Pelagic Observer Program - Observer coordinator

This is an exciting, hands on opportunity to work in the fisheries monitoring sector, supporting the dep oyment and performance of scientific observers in South Africa s small pelagicsector Thesuccessfulcandidatewil reportdirectlyto theProgramManager

Key

Responsibilities:

• Coordinate daily deployments of observers on fishing vessels and landing sites across the coast (St. Helena, Laaiplek Gansbaai, Mossel Bay Gqeberha)

• Weekend and night work during season – not exceeding 9 hours per work day

Maintain deployment logs and WhatsApp communications

• Conduct harbour and factory site visits during offloads to evaluate observer performance and verify correct application of standardised sampling methodolog es

• Review correct, and digitise observer data into the CapMarine system

• Support and troubleshoot the transition to electronic data capture and validation

Provide ongoing support and re-training to observers where necessary

• Submit incident reports and provide regular feedback to the Programme Manager

• Contribute to data quality control and monthly reporting

• Validate land-based monitoring data

Requirements:

• An appropriate degree/diploma in marine sciences/environmental management/ conservation management with a focus on monitoring (preferably)

Minimum of 2 years’ experience in the pelagic industry and demonstrable history of managing people

• Good leadership skills are required, as Observers are managed across the coast, with an emphasis on communication and coordination skills

• Ability to work independently and manage time effectively

• This role demands a high level of integrity and committed work ethic. Attention to detail, especially in data handling

Willingness to travel regularly to sites within the West Coast region

• Working knowledge of Microsoft Office Suite, including Access database and GIS

• Own vehicle (mileage will be reimbursed)

Please send a cover letter and CV to carika@capfish.co.za

Deadline: 26th of June 2025

Health Run was a huge success

The third Saldanha Health Run was a huge success, bringing about 1200 athletes from all over together. The event took place at the Saldanha Bay Military area on Saturday 14 June.

Runners took part in the 10km, 21km and the 5km fun run.

Leonie Vorster, organiser of the event, said the day was a huge success and civilians enjoyed the history and felt privileged to be able to utilise such a lovely venue. “The wind was a bit wild at the end, but the great lucky-draw prizes really made up for this, and many people stayed until the last minute.

Fantastic new national sponsors like Brooks Running SA, Balega Socks, Coca Cola and Hammer Nutrition came on board as well as new local supporting sponsors like Sea Harvest, Spar Saldanha, Life Private Hospital Vredenburg, Seeff Saldanha and Byers Security added immense value to the event.

According to Vorster the purpose of the event is to uplift, improve and promote the town of Saldanha by fostering a strong sense of community and collaboration among its residents. “Saldanha Health Run celebrates the unique culture and history of Saldanha, enhancing public spaces to make them more welcoming and

accessible, and supporting local businesses to thrive. By prioritising sustainable development and environmental stewardship, we aim to create a vibrant town where everyone feels proud to belong Through partnerships with local organisations and authorities, we envision a fu-

Stars Gymnasts

1 to 8) on Saturday 7 June in Malmesbury, rhythmic (Level 3) on Friday 30 May in Stellenbosch and tumbling and trampoline (Level 1) on Friday 13 June in Brackenfell The entire team have made the team that will go to the

provincial championship later in the year

ture where Saldanha is not only a great place to live but also a sought-after destination for visitors, showcasing its natural beauty and rich heritage.”

Vorster said she appreciates everyone who helped make this dream come true and is overwhelmed by runners’ generosity

and camaraderie. “Our local running clubs had at least 125 participants that entered the two timed events. They all seemed to thoroughly enjoy the race With Top Events as new partner, this event will continue to grow and the Town of Saldanha will reap the benefit. We are already excited to start working on 2026 Saldanha Health Run and are going to strive to make the event even more special and noteworthy on the Athletics SA Calendar, as this West Coast event is one that is not to be missed ”

Vorster also thanks Saldanha Bay Military for the venue

Male winners 21km:

1. Justice Kanyonga

2. Nicolin Farmer

3. Joshua Leon Rutgers Female winners 21km:

1. Heidi de Jager

2. Obertina Kanyonga

3. Anja Dippenaar

Male winners 10km:

1. Keaton Lott

2. Sisphesihle Sunduza 3. Johan van Zyl

Female winners 10km: 1. Ryeleigh Jesse Lentz

Candyce Hall 3. Marinda Briers

Agt atlete van Saldanha se atletiekklub presteer

Agt van Saldanhabaai-atletiekklub se atlete het die afgelope Saterdag (14Junie) aan die Saldanha Bay Health Run by die Militêre Akademie in Saldanha deelgeneem Die atlete het aan die 5-km-item deelgeneem en medaljes verwerf. Uitslae:

•Lushaan Koopman (11) – vierde plek

•Jaden Basson (14) – sesde

•Romeo Adams (16) – 10de

•Chrystal Adams (13) – 11de plek en eerste vrou (junior)

•Jordan Basson (12) – 13de

•Elijah Adams (8) – 16de

•Abrey Hollard (12) – 18de plek en tweede vrou (junior)

•Zusakhe Rorwana (9) – 21ste plek

Die klub en gemeenskap is baie trots op ons toekomstige Olimpiane. ’n Groot dankie gaan ook aan Willie Nel, die hoofafrigter, en die assistentafrigters Marlin Present, Veronique Nel en Alfred Damons

Seun van Clanwilliam wil graag oorsee gaan rugby

NoluvuLudidi

Sy skitterende vertoning by die Hoërskool Vanrhynsdorp-rugbytoernooi het Houston Collair die geleentheid gebied om deel te wees van die o 15-rugbyspan wat in Engeland en Wallis gaan speel Die geleentheid word aangebied deur Travel and Sport en vind tussen Woensdag 3 en Vrydag 12Desember plaas

Om hierdie droom ’n werklikheid te maak, het die jong inwoner van Clanwilliam R55 990 nodig, wat onder meer sy vervoer, visum en vliegkaartjies moet dek Volgens Houston is hy baie opgewonde Hoewel hy nie ’n liefhebber van die sport

was nie, maar homself meer as ’n boekwurm beskou het, het Houston mettertyd ’n liefde vir rugby ontwikkel Met hierdie geleentheid hoop Houston dit sal vir hom baie deure oopmaak

“Ek is dankbaar vir die talent wat ek het Dit gee my ook die kans om die stres van skool op die rugbyveld uit te sweet,” meen Houston Wat vir hom sover hoogtepunte is, is dat hy as onderkaptein vir die o 15-rugbyspan van sy skool, Augsburg Landbougimnasium, gekies is Selfs in die wedstryd wat bepaal het of hy die span wat Engeland toe gaan, sou haal, het sy span met 11 spelers gespeel, steeds gewen en is hy as speler van die wedstryd

aangewys

Dit sal Houston se eerste keer oorsee wees en hy sien baie daarna uit om meer van ander spelers te leer Sy ma, Leandre Collair, sê haar seun maak haar altyd trots “Ek het nooit gedink hy sou so ’n geleentheid kry nie, hoewel hy al gekies is om in Johannesburg skaak te speel, maar weens die koste nie kon gaan nie Die geleentheid om oorsee te gaan rugby speel, maak ’n moederhart baie trots,” voeg sy by Paaiemente van R9 000 moet op Maandag 30 Junie, Donderdag 31 Julie, Saterdag 30 Augustus en Dinsdag 30 September betaal word As jy ’n bydrae wil maak, bel Leandre by 0795571369

Club Mykonos athletes showed up in their numbers
Chrystal Adams (13)
Abrey Hollard (12)
Houston Collair in aksie op die rugbyveld

BUSINESS Local

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.