

Maandouebabasterf
’nMa van Happy Valley sê haar maand oue kind sou nog gelewe het as ’n ambulans hulle net betyds kon bereik of die polisie hulle dadelik hospitaal toe geneem het toe hulle daar om hulp aangeklop het.
Jasmine Josephs se babadogter, May-Lynn Josephs, het Maandagoggend siek geword en haar bekommerde ouers wou haar so gou moontlik by 'n dokter of hospitaal kry
Hul oproepe na die ambulansdiens was egter te vergeefs, want buite het betogers
AMBULANS KON WEENS BETOGING NIE
BY
SIEK KIND KOM NIE
klippe gegooi en buitebande gebrand
Volgens berigte is daar ook op die onluste-polisie geskiet
Die betogers het verhoed dat enigiemand, insluitende ambulansdienste, in Happy Valley kon kom en Josephs-hulle moes ’n desperate stap neem
In die duisternis het die bekommerde ouers besluit om die enigste ding te doen wat hulle gedink het hul kind se lewe kan
red - om met die baba na die Mfuleni-polisiestasie te stap
"Toe ons daar kom, het ek weer die ambulans gebel om te sê ons wag by die polisiestasie Ons het gevra of een van die beamptes ons nie hospitaal toe kan neem nie, maar is vertel dat hulle nie babas mag wegneem nie
“Ons het vir so 'n uur gewag en toe begin ek traangas ruik en my neus begin brand Die gas het so dik soos mis gehang en ek kon
sien my kind raak al swakker," sê Josephs Josephs se kêrel en die baba se pa, Manuel Willemse, het histeries begin raak en dis toe dat 'n beampte besluit daar moet dadelik 'n bakkie beskikbaar gemaak word om hulle hospitaal toe te neem
"Ons was by die polisiestasie vanaf 06:30 tot so net voor 08:00 By die hospitaal het die dokters gesukkel en na n ruk het hulle kom sê dat sy nie meer met ons is nie," sê die bedroefde Josephs NABLADSY2








WHAT’S ON / DIARY
SENDYOURCOMMUNITYEVENTSTO
JO SEKEPANE@NOVUSMEDIA CO ZA
SATURDAY2AUGUST
. The Cape Town Gem and Mineral Club will be having its Open Day from 10:00 to 14:00 at 14Goede Hoop Street Bothasig. Free entrance Visit www ctminsoc.org.za or email capetowngemmineralclub@gmail.com
. Die NG kerk Parow-Panorama bied 'n ma-endogtertee aan van 10:00 tot 12:00 by die kerk in Rembrandtsingel. Die talentvolle duo van Crown Create Studio, Therene Nel en Melanie Labuschagne, gaan sing en 'n unieke en opbouende boodskap lewer wat elke vrou en meisie sal inspireer Kaartjies beloop R100 en sluit eetgoed in. Besoek https://shop.parow-panorama.co.za om kaartjies aanlyn te bespreek.
. Oom Vossie se gewilde vlooimark vind weer plaas by Oom Vossie Voortrekkers, Disa Singel, Blomtuin in Bellville Let op dat die handelsure verander het en die mark nou van 10:00 tot 15:00 plaasvind. Bespreek jou plek vroegtydig om teleurstelling te voorkom Stuur ‘n WhatsApp na 084 325 4690 vir meer inligting of om 'n stalletjie te bespreek.
SONDAG3AUGUSTUS
. ID Help Fisantekraal bied 'n galakonsert aan om 15:00 in die Hoërskool Durbanville se ouditorium Kaartjies kos R200 per persoon en sluit ligte verversings tydens pouse in Besprekings kan via Webtickets gedoen word Kontak Jan Burger by 082 881 1503 vir meer inligting.
THURSDAY7AUGUST
. A free workshop will be hosted at Kraaifontein Library at 15:00, offering educators and interested community members a practical introduction to using ChatGPT in education. The session will cover key topics such as: understanding what ChatGPT is and how it works, tips for effective prompting, creative ways to use the tool in daily teaching, tools for lesson planning, quiz and worksheet creation. For more information, contact Kraaifontein Library at 021 444 1066 or email Kraaifontein.library@capetown.gov.za.
FRIDAY8AUGUST
. The Durbanville Wine Valley's much-anticipated Taste of Terroir annual red wine showcase will be presented from 17:00 to 20:00 at Loch Lynne Wine Estate outside Durbanville Each ticket includes the opportunity to taste red wines from nine Durbanville producers, live music by Emile Swiegers and three seasonal canapés by Kos Kouture caterers. Book tickets at R300 per person via Quicket
SATERDAG9AUGUSTUS
. Die Brackenfell Forum bied aan "Koffie uit jou kan" in die Rusoord-saal in Dennegeurstraat om 10:00 vir lede van die gemeenskap om saam te kuier Kaartjies kos R150 elk. Bespreek by Alta by 083 967 9493 of Letitia by 082 879 5383.
SATURDAY9AUGUST
. Cape Welsh Choir presents Why we sing, a concert showcasing the rich diversity of this unique male voice choir This public concert is part of our drive to expand their appeal to new audiences and potential new members. This event will be boosted with appearances by renowned local soprano Lara Basson and a barbershop quartet, the Welsh Rarebits, drawn from members of the choir The concert starts at 19:00, at Erin Hall, 8 Erin Road, Rondebosch. Tickets cost R100 and are available through Quicket Refreshments will be available at the interval. For further information, call Steve Broekman on 083 701 5867
VRYDAG15AUGUSTUS
. Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap bied 'n gholfdag ten bate van studiefondse aan by die Kuilsrivier-gholfklub Vierbal-inskrywings kos R3 500 Stuur ‘n e-pos aan Lizé Theron by LizeT@helpendehand. co.za met navrae Bespreek by https://tinyurl.com/ ylh84otp
MONDAY18AUGUST
. The South African National Council on Alcoholism and drug dependence (Sanca) will host an in-person Drug Testing Workshop – Testing for Drugs and Alcohol will be held at the Bellville Library from 09:00 to 15:30 This one-day workshop is open to professionals and is especially beneficial for social workers who can earn CPD points for attending. The fee is R1 200 To register, please contact Reinette Brand at 021 945 2099 or email bellville@sancawc.co.za
WEDNESDAY20AUGUST
. Join (Sanca) on an online Brief Intervention and Basic Counselling Training via Microsoft Teams, taking place over two days on 20 and 21 August, from 09:00 to 15:30 each day This training is ideal for social workers and other professionals in the field, with CPD points available The fee for the two-day session is R1 700 To secure your spot contact Reinette Brand at 021 945 2099 or email bellville@sancawc.co.za
VroubytroweropN1
DESIRÉERORKE
DESIREE RORKE@TYGERBURGER CO ZA
’n
Vrou (64) van Kaapstad het verwoed terugbaklei toe n rower verlede Saterdagoggend met n pistool by haar motor ingeklim het Marie van der Merwe was onderweg na Kaapstad toe haar motor onklaar geraak het op die N1-hoofweg tussen die Canal Walk- en Maitland-afritte Dit was om en by 10:00 toe sy die wit rook by haar motor se uitlaatpyp sien uitborrel het, en in die noodbaan afgetrek het "Die baan was egter so smal; ek kon nie die deur oo maak of waag om uit te klim soos motors verbygejaag het nie," vertel sy aan TygerBurger Ek haal toe my foon uit en begin soek na my versekering se noodnommer toe ek die volgende oomblik ` n getik aan die passasiersvenster hoor "Toe ek opkyk, staan n man daar met 'n pistool teen die venster gedruk Ek het die motor aangeskakel en probeer wegtrek maar hy was te vinning en het die deur oopgeruk, langs my in die motor geval en die handrem hard opgetrek ” Met die pistool op haar gerig, het die rower Van der Merwe beveel om haar foon te oorhandig Sy het dit in daardie stadium styf tussen haar bene vasgeknyp "Ek weet nie wat my besiel het nie, maar toe hy oorleun om my foon te gryp, byt ek hom baie hard aan sy arm - reg deur sy baadjie" sê sy "Hy raak toe aggresief en stoei my foon by my af, spring uit en vlug die veld in " Haar bankkaarte, identiteitsdokument en bestuurslisensie was in haar selfoon se sakkie Steeds in skok was dit vir haar die heel ergste dat niemand gestop het om haar
VANAFBLADSY1
Sy sê sy is kwaad omdat die polisie hulle nie dadelik gehelp het nie
"As die ambulans nie kon deurkom nie, kon my swaer of my bure ons wegneem, maar dit was onmoontlik As die patetiese polisie ons ook net weggeneem het toe ons daar kom, kon dinge soveel anders gewees het," sê sy
Lt kol Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê enige bewering dat ‘n kind weens die betoging of traangas gesterf het, is ongegrond
“Die inligting tot ons beskikking dui daarop dat die beamptes die ouers en die kind tussen 06:00 en 07:00 na die Eersterivier-hospitaal geneem het, waar sy behandeling ontvang het
“Nooddienste kon nie in die omgewing kom nie en dit is hoekom hulle die ouers en die kind gehelp het,” sê Pojie by navraag
Volgens hom is ‘n saak van openbare geweld by die Mfuleni-polisie aanhangig gemaak en is twee volwasse mans is weens openbare geweld in hegtenis geneem
Die protesaksie vroeg Maandagoggend het gelei tot grootskaalse verkeersontwrigting in buurte soos Blackheath, Blue Downs en Silversands So erg was die ontwrigting dat die Blue Downs-hof ook vir die dag toegemaak het
VERSTOM DAT NIEMAND STOP OM TE HELP NIE
te help nie "Ek was vrou-alleen en die pad was baie besig Iemand moes tog iets gesien het," sê sy "Ek kon nie die handrem afkry om verder te ry nie, en moes my hand by die venster uitswaai om iemand se aandag te trek " n Goeie Samaritaan het uiteindelik agter haar stilgehou en haar te hulp gesnel “Hy het my seun gebel en agter my aan tot by die Maitland-polisiekantoor gery, waar ek n saak geopen het " Ruth Solomons, woordvoerder van die Stad Kaapstad se metropolisie, sê die Stad is bewus van motoriste en fietsryers wat verder af in die hoofweg by die Laer Kerkafrit beroof is "Daar is gereelde patrollies in daardie omgewing wat deur die metropolisie, verkeer en wetstoepassing uitgevoer word sedert die laaste voorval," sê sy
Daarbenewens versoek sy motoriste om te alle tye waaksaam te bly "Indien u weens ` n noodgeval gedwing word om langs enige pad te stop, hou ten alle tye jou deure gesluit en vensters toe en wag todat hulp opdaag Skakel dadelik die nooddienste Bly binne-in jou voertuig, hou jou deure gesluit, vensters toe en wag totdat hulp opdaag Wees altyd bewus van jou omgewing " Motoriste kan alle voorvalle by die Stad se openbare noodkommunikasiesentrum aanmeld deur 021 480 7700 vanaf n selfoon of 107 vanaf n landlyn te skakel Sers Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die saak word ondersoek
Op video's wat op sosiale media die ronde doen, kan gesien word hoe woedende betogers buitebande brand en klippe na verbygaande voertuie en die polisie gooi Ten minste een bron met wie TygerBurger gepraat het, beweer dat betogers op die polisie geskiet het en hulle teruggeskiet het
Wat tot die betogings gelei het en hoekom dit gewelddadig was, is nie heeltemal seker nie, maar TygerBurger het 'n plakkaat gesien waarop die plaaslike SANCO-tak, die sogenaamde Rose Sonto-tak, inwoners van Happy Valley nooi na ‘n "vreedsame" optog Maandag Uit die skrywe op die plakkaat is dit nie duidelik waaroor die betoging gaan nie, maar volgens inwoners met wie TygerBurger gepraat het was dit oor diensleweringsprobleme TygerBurger het 'n WhatsApp-boodskap na een van die kontakpersone op die plakkaat, ene Martha Damas, gestuur Damas word as die ondervoorsitter van die tak aangedui en hoewel sy aanvanklik TygerBurger se boodskap beantwoord het, wou sy nie bevestig of sy die regte persoon is om mee te praat nie 'n Latere boodskap het onbeantwoord gebly Kariena Mare, plaaslike raadslid, het laat weet sy wag op die Stad Kaapstad se mediakantoor vir 'n verklaring Intussen wag Josephs op die uitslag van die nadoodse ondersoek



CCCCpraatoorredesvirmisdaad
BRENDENRUITER
BRENDEN RUITER@NOVUSMEDIA CO ZA
In die tweede afdeling van ‘n reeks oor bendes gesels TygerBurger vandeesweek met ds Llewellyn MacMaster, die voorsitter van die Cape Crime Crisis Coalition (CCCC) oor die oorsake van bendegeweld en wat gedoen kan word om dit hok te slaan.
MacMaster sê die CCCC is diep bekommerd oor die aanhoudende toename in geweldsmisdaadveral die patroon van groep- of massamoorde en bendeverwante skietvoorvalle in gemeenskappe soos Khayelitsha, Gugulethu, Bishop Lavis en Philippi en ander woonbuurte op die Kaapse Vlakte, maar ook in ander dele van die provinsie, sowel as in ander dele van die land "Hierdie is nie geïsoleerde voorvalle nie; dit is simptome van ’n dieper, stelselmatige krisis
ONDERLIGGENDEOORSAKE
Die volgende onderliggende oorsake word deur navorsing en gemeenskapsorganisasies uitgewys, wat gewis nie onbekend is aan die staat nie Daar word byvoorbeeld gereeld verwys na die sogenaamde “whole of government, whole of society”-benadering, wat aandui dat ons nie eng of simplisties na die komplekse uitdagings van geweldsmisdaad moet kyk nie "Diepgaande en historiese sosio-ekonomiese ongelykhede soos werkloosheid, armoede en

beperkte toegang tot onderwys en vaardigheidsontwikkeling dryf jongmense na misdaadnetwerke as ’n vorm van oorlewing Die afwesigheid van en swak dienslewering deur die staat, soos 'n gebrek aan behoorlike behuising, infrastruktuur, gesondheid, jeugontwikkeling en polisiëring, skep 'n omgewing waarin misdaad floreer," sê MacMaster
MORELEVERVAL
Volgens hom is die verval van morele waardes ook 'n bydraende faktor in die groeiende bendeprobleem "Gemeenskappe is onder druk, gesinne is verskeur en daar is ’n gebrek aan rolmodelle en morele leiding vir die jeug Die geskiedkund en 'inter-generational' trauma loop baie diep in mense en
gemeenskappe Die morele vesel van ons samelewing is aan flarde Bendes floreer waar korrupsie en onbetroubare wetstoepassing hulle beskerm Bendes werk binne georganiseerde misdaadnetwerke met internasionale bande, wat byna elke faset van ons samelewing infiltreer het, met die gevolg dat die sogenaamde 'criminal economy' uiters sterk gevestig is "Hierby dra die lae vervolgingsyfer en gebrek aan beskerming vir informante, fluitjieblasers en getuies by tot 'n gevoel van magteloosheid Mense het nie vertroue in die strafregstelsel nie Die onlangse opspraakwekkende onthullings deur die polisie se provinsiale kommissaris in KwaZulu Natal, het - te verstane en te verwagtedie kwik in die land geweldig laat styg Mense is moeg, gefrustreerd en kwaad oor die kultuur van strafloosheid en eis ingrypende stappe en transformasie van die hele stelsel," sê hy MacMaster sê die CCCC het verskeie voorstelle om die bendebedrywighede te bekamp "Die polisie moet gefokusde, taktiese teenbende-optredes van stapel stuur met ondersteuning van nasionale eenhede en onafhanklike toesig 'n Interdepartementele beraad van die polisie, provinsiale regering,
munisipaliteite, burgerlike samelewing en geloofsinstellings moet onmiddellik belê word en veilige en anonieme meganismes moet in werking gestel word om die vrees van informante die hoof te bied
MEDIUMTERMYN
'n Kommissie van ondersoek na bendes en georganiseerde misdaad moet in die mediumtermyn gestig word Die CCCC het reeds 'n maand gelede so 'n versoek gerig Dit moet nie net op die Kaapse Vlakte en in die Wes-Kaap gerig wees nie, maar moet ook op ander dele van die land fokus Die president self moet hierdie kommissie aanstel en met die nodige magte toerus, wat dan met duidelike aanbevelings kom Daar moet gekyk word waarom die goeie werk en aanbevelings van vorige kommissies van ondersoek nie ingestel is nie - wat tot die huidige skeptisisme oor sulke kommissies bygedra het
NASORG
"Daar moet investering wees in nasorgprogramme, vakleerlingskappe en gemeenskapsprojekte, wat jongmense aan hoop en vaardighede bind Plaaslike polisiekantore moet proaktief met gemeenskapsveiligheidsforums
saamwerk en aanspreeklik wees teenoor die publiek Die skuif en naamsverandering van 'n polisiemag na 'n polisiediens moet hierdeur sterker beklemtoon en getoon word Groter konsultasie en insluiting van gemeenskappe by die aanstelling en evaluering van stasiebevelvoerders is ook broodnodig Meer speurders moet aangestel word, sodat ondersoeke tot skuldigbevinding en gevangenisstraf kan lei," sê hy MacMaster sê nie een organisasie kan 'n ommeswaai bewerkstellig nie "Kerke, moskees en ander geloofsgemeenskappe, skole en gemeenskapsorganisasies moet morele waardes aktief herstel - deur opvoeding, mentorskap en geestelike vorming Hierdie morele opbou kan nie weer alleen net in die hande van die staat gelaat word nie Dit behoort ook alle staatsaanstellings in te sluit Almal van ons moet ons deel bydra tot die morele heropbou van ons land as teenvoeter vir die skynbare aanvaarding dat ons niks kan doen om die verrotting te stop nie Uiteindelik is die misdaadkrisis nie net 'n polisiëringsprobleem nie; dit is 'n staats- en samelewingskrisis Dit vra van alle sektore - die regering, geloofsgemeenskappe, skole, die sakegemeenskap en burgers - om 'n gedeelde morele en praktiese verbintenis tot herstel en geregtigheid te handhaaf," sê hy










WalkingLadiescelebrateinstyle
BRENDENRUITER
BRENDEN RUITER@NOVUSMEDIA CO ZA
The Walking Ladies community group from Bonteheuwel recently celebrated their 18th birthday with a winter wonderland theme.
Walking Ladies is a multifaceted organisation focusing on the health of their members, but also works in charity and community upliftment
According to Soraya Salie, founding member of the organisation, a tree was planted 18 years ago with a sincere intention for the seed to grow firm and strong, to serve humanity in diversity
“As per nature, trees normally have leaves, some leaves are there for a reason and some for a season When there’s a change of season, many leaves get blown off the tree, making space for new leaves to grow
“This is a continuous cycle from one season to another Then

WALKING LADIES CELEBRATE 18TH BIRTHDAY
of course the tree has branches which are stronger than leaves but cannot handle strong weight, which brings us to the root of the tree The root of the tree is not visible, but it holds the tree
whilst it weathers the storms All thanks, praise, glory and honour to our creator for granting special people on our journey who are not always visible but keep us up when we feel down
These people have walked the walk with us and as we reflect 18 years back, we are humbled with gratitude,” says Salie At the event Salie was as also surprised as it was her 65th
birthday “I'm still in awe and I have no words to describe the feeling I am humbled with gratitude to all the hearts and hands involved in making this surprise birthday event so super awesome I was all excited about the organisation’s anniversary, but in the meantime the members were planning a surprise 65th birthday party and combined the two together and pulled off a stunning two-in-one event “They asked me to trust and allow them to organise everything for the anniversary This was a blessing as I was challenged with my health for three weeks I'm super proud of them, as they truly have outdone themselves They surely surprised me,” says Salie At the event artists such as Waseef Piekaan, Shameemah Jacobs Piekaan, Connor, Aziza Baxter-Davids performed and Timothy Paul Amos was the programme director

Vroueinkolligbyuitstalling
AVRILFILLIES
Vainola Makan van Bellville, koördineerder van die Ubuntu Landelike- en Jeugvideo-en-foto-uitstalling wat in Augustus in die Kunstekaap te sien is, lig die toewyding van Weskusvroue uit
Die Weskusvroue veg vir hul gemeenskap om 'n beter lewe te hê teen die mynbedryf wat tans langs die Weskus ontginning doen
Haar uitstalling is deel van die Kunstekaap se 2025 Vrouemensdomfees wat in Augustus aangebied word en waar ses ikone ook vereer gaan word
"Die foto-en-video-uitstalling is baie belangrik vir my omdat die foto's, stories en die film gestalte gee aan die kleurryke stemme van die Weskusvroue wat hul stories so vrygewig deel
Die uitstalling spreek van die
dapperheid van die vroue wat uit moeilike omstandighede hul eie vryheid van spraak uitleef teen die olie- en gasmynbedryf dat die aarde en natuurlike hulpbronne nog lank kan voortleef vir almal Die mynbedryf is daarop uit om wins te maak uit die erfenis wat hulle so na aan die hart lê," sê
Makan
Sy is oorspronklik van George en het haar eerste skooljaar by die Primêre Skool Eden in Zoar voltooi en die res van haar laerskooljare op 'n plaas, Ganskraal, in die Langkloof afgesluit
"Die sorgelose plaaslewe van bergklim, in die sand speel, vrugte pluk en lammers versorg en op die donkiekar ry met my niggies en nefies was die
lekkerste gedeelte Omdat ek self as 'n plattelandse patatvoet grootgeword het, het my loopbaan outomaties in daardie rigting gegaan Die waardes wat 'n mens in die platteland leer, sluit in dat almal vir mekaar omgee, dankbaarheid en hoe om die klein dinge in die lewe te waardeer," sê sy
"Vroue het oor die algemeen baie uitdagings, maar die vroue in die landelike gebiede se uitdagings sluit in armoede, gevare van besmettingstowwe op plase, geweld teen vroue en mynbou wat ‘n bedreiging inhou vir spesies, seediere en die visbedryf
"Ek sal graag wil hê dat almal die waarde van "small is beautiful" sal aanleer en dat

ons die bronne wat tot ons beskikking is, insluitend die lug, grond en die natuur, sal beskerm Ons almal kan gelyke genot daaruit put sonder om die bronne heeltemal tot niet te leef deur gulsigheid Ek wens ook dat almal mededeelsaam kan lewe en dat ons kan besef dat daar vir almal genoeg is Dit is beter om saam in vrede te lewe as om oorlog te maak sodat 'n klein gedeelte van die mensdom dit beter as ander kan hê," sê Makan Wat haar voete op die grond hou, is haar geloof, haar familie, vriende en kollegas Sy gee ook erkenning aan die vroue met wie sy werk, die gebede van gelowiges wat opgaan om aktiviste te beskerm, want dit maak alles 'n verskil
Sy het 'n BA-graad met vrouestudies, sosiologie en sielkunde aan die Universiteit van WesKaapland verwerf en dit het

die grondslag gelê vir haar toewyding om 'n beter lewe vir ander te help verseker
"Die opvoeding en die informele opvoeding oor demokrasie om 'n nie-rassistiese en nie-seksistiese toekoms na te streef, was die basis vir die opheffingswerk wat ons, die organisasie, nou met die vroue doen
“My droom is om meer lande te leer ken en dat ek nog elke dag die son kan sien opkom," sê sy Haar stokperdjies is lees, fliek, lekker kuier en om maaltye met familie te geniet
. Die uitstalling begin Vrydag 1 Augustus en val saam met Vrouemaand.









Senior sentrum vier 37 jaar
JOFOURIE
Die Ruyterwacht Senior Sentrum het onlangs sy 37ste bestaansjaar gevier met ’n geleentheid wat nie net sy ryk geskiedenis geëer het nie, maar ook die diep spore van God se genade en die ondersteuning van gemeentes, donateurs en vriende beklemtoon het "Wat ’n merkwaardige mylpaal!" was die woorde waarmee vele gaste hul verwondering uitgespreek het oor die sentrum se reis tot dusver Volgens die program is die dag op gepaste wyse geopen deur Peet Blanckenberg met 'n geestelike boodskap, waarna Margaret Olivier ’n kort maar kragtige toespraak gelewer het ’n hoogtepunt wat by baie mense sal bly vassteek
Die musiekverrigtinge was net so besonders met Abraham Darlow wat met sy sielvolle sang en melodieë die gehoor betower het Phillida Jackson en Rita Nunes het ook hul talent ten toon gestel en nie net musikaal bygedra nie, maar ook ’n heerlike koek voorsien wat gaste behoorlik bederf het “Die dag was ‘n reuse-sukses,” sê Nanda Brits, bestuurder van die sentrum “Die opgewondenheid was groot sommige gaste het selfs hul voete nie kon stilhou nie en het vrolik saam gedans ” Hoewel daar nie enige verrassings op die dag self was nie, was die vreugde en deelname van inwoners en gaste tasbaar "Die betrokkenheid van ons mense was ongelooflik Hulle het die musiek só geniet dat hulle letterlik opgestaan en gedans het Dit was ’n pragtige gesig,” vertel Brits Die sentrum rus nie op sy louere nie “Ons is reeds besig om die vrouedagviering vir Donderdag 7 Augustus te beplan Dit gaan beslis nog ’n spesiale dag wees,” sê Brits



..JYHETNOGNIE‘NHOENDER GEËETASJYNOGNIE‘NEGTE PLAASHOENDERGEËETHET NIE-SOORTVAN‘NSTATUSSIMBOOL ASDITBYHOENDEREETKOM,HETSY MYLAATGLO.

bly agter by die slagter as beloning, die ander ene netjies in 'n plastieksak Nee, sê my ma, so 'n hoender is maar lekker taai, ek moet hom slaghuis toe vat om gerook te word Die slagter gee my hoender een kyk "Mevrou, jy kan jou kalkoen oor 'n week kom haal " Nee, dis g'n kalkoen, dit het voor my eie oë as 'n gewone hoender grootgeword, seg ek Die slagter het tot die dag wat ek my hoender gaan haal het, volgehou dis 'n kalkoen Daar word besluit om die gerookte hoender te hou vir Kersdag Gelukkig val my dogtertjie, wat hopeloos te vroeg begin loop het, en word ek al troostende dit gespaar om van Petra-wat-Piet-geword-het te eet 'n Mens eet darem nie jou troeteldiere nie Die aanwysings op die verpakking van die umleqwa-hoender sê dis vooraf stadig gekook - nog net 20 minute in die oond en hy is reg vir die tafel! Dis 'n lenige, atletiese hoender Lang maer dybene Gespierde boudjies Na 'n uur in die oond lyk die hoender egter nog niks meer eetbaar nie en ek sit die hoender in 'n pot om dit behoorlik gas te gee Die bykosse is al lankel opgepeusel, toe kook ta nog steeds! Dis later slaaptyd en ons gooi tou op Dis so koud, ek besluit om die hoender sommer net so in die pot oornag te los Om 02:31 word ek wakker van 'n reuk wat ruik na Afrika gebrande pap, koeimis ek droom van 'n hoender wat in die vuil hooi in ‘n varkhok rondskrop agter kos aan 'n skrophoender Ek smeer Vicks onder my neus dat ek nie die hoender kan ruik nie Watson, ons tuinman, lag toe ek hom die volgende oggend vertel van my hoender "In Zimbabwe we call it a road runner, " sê hy - die groot kuns is glo nie net om hom sag gekook te kry nie, maar jy moet hom eers gevang kry! Dis daai hoenders wat in Afrika tussen karre deur oor die hoofweg hol dat die biesies bewe Ek loer weer in die pot voor ek hom vir Watson in tinfoelie toedraai die arme hoender is nou al erg verinneweer gekook; lyk vir my toe al eerder na 'n road kill -ESMEERASMUS

Mandela Day should be every day
It was truly heartwarming to read about how so many people were inspired to reach out to the less fortunate on Mandela Day I sat with my heart blazing imagining the smiles that must have lit so many faces
But it didn't last
Why is this overflow of ubuntu reserved for only one day a year?
Why can't we love our neighbours more steadfastly throughout the year?
Why do we need a special day to make giving a habit?
If dedicating a day is truly all that is needed to motivate people then why not dedicate more days?
Like Valentines Day Instead of making it a day of romantic love why not make it a day of loving our neighbours?
Why not add an element of giving to every major day? On Heritage Day, donate some of your braai or on April Fool's Day, donate some of your cheer On youth day, do something good for youth
The more significant days I think about the more I realise that all of them have theme that is open to interpretation in charitable ways but they've become mostly about politics
Maybe it's time that started adding charity to our mindsets, starting with celebrations on significant days Maybe then we'll turn the tide of poverty in our country
EMMA BENNET, Strandfontein

Lê eier oor Stad Kaapstad se begroting
Vandag wil ek darem ook 'n eier lê oor hierdie begroting van ons geagte burgemeester en sy trawante in die Stad Kaapstad oor heffings
Daar moet nou 'n heffing op alles wees omdat waterpype herstel moet word, strate skoongemaak moet word en die armes gehelp moet word En dit nogal op my huis se waarde wat ek gekoop het en met my geld in stand gehou het Vir drie weke het die water nou by die groot kruising tussen Frans Conradie-rylaan en Hugostraat uitgeborrel en niemand was bekommerd oor die duisende liters water wat weggeloop het nie Terloops, dit is nou die derde keer dat daar 'n waterlek is en elke keer word daar 'n hele dag gewerk en sit ons sonder water en dan lek dit maar weer
Sondagoggend toe is hier twee waterlekke in De Wetstraat, ‘n blok van mekaar - een by Cambridge en nog een by Hugostraat Weer 'n hele dag sonder water
Vanaf Dag Zero betaal ons 'n pyp of meterheffing dit is jare, Wat is met daardie geld gemaak?
Ek was vier jaar oud toe het ons in Die Akkers hierbo gekuier, toe was hierdie waterpype al hier Ek woon al 50 jaar hier en is al 75 en steeds is die waterpype wat Clive Justus vir my in 2011 gesê het vervang moet word, nie gedoen nie
Hoekom moet ek 'n skoonmaakheffing betaal?
Ek versorg self my sypaadjie, en die straat voor my deur maak ek self skoon Ek gaan beslis nie betaal om skoon te maak agter squatters wat al jare in die boulevard, voor die munisipaliteit van Goodwood, die polisiestasie by Goodwood en oral rondlê en honde aanhou en mors nie
Laat mense 'n slag verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie omstandighede, dan sal hulle ook weet waar geld vandaan kom Hou op om net te gee!
MARTIE DU PLESSIS, Goodwood
Scrap value linked service charges
The article "Sapoa fights tariffs" (TygerBurger 23 July) refers I am a property owner and resident in Bothasig I herewith join Sapoa, challenging thee property-linked tariffs recently introduced by the City of Cape Town in its 2025-26 budget
These include a new cleaning levy and fixed charges for water and sanitation services, all calculated based on the value of a property rather than actual usage I wish to state categorically that my property is for my housing needs not speculative purposes The whole notion of rates based on value of property at market prices is placed and is a gross violation of my human rights to property At any rate the so called market value should be at the time the property was purchased precisely it is not for speculation The City is advised to address its challenges of unfunded mandates from DORA MZUKISI, Bothasig













