Standard Breederivier Gazette- E-edition - 25 September 2025
Donderdag, 25 September 2025
Tel: 023 347 0968
Moord en selfdood breek De Doorns se hart
Ronél
van Jaarsveld
Die skietdood van Jannie Wildskut (40) en sy vriendin, Alvina Robyn (35), albei van De Doorns, het verlede week skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
In hierdie tragiese voorval blyk dit dat Wildskut, ook bekend as “Jango”, vooraf video-opnames gemaak het waarin hy vertel dat hy homself om die lewe probeer bring. In die laaste van vier video’s kan gesien word hoe ’n vrou in ’n pienk kamerjas, vermoedelik Robyn, in ’n plas bloed lê. Dit kon nie bevestig word hoe die video’s versprei is nie.
Die hartseer gebeure het verlede Dinsdag (16 September) kort voor middernag in ’n huis in Suncitystraat in Sunnyside Orchard in De Doorns afgespeel.
In die eerste video’s, wat wyd op sosiale media versprei is, staan Wildskut met ’n swart tou om sy nek en praat met die kamera. Hy is sigbaar emosioneel. In ’n volgende video drink hy iets uit ’n pienk maatbeker, met ’n oop vyfliter-kan waarvan die etiket nie gesien kan word nie, by sy voete. “Die tou het gebreek,” sê hy.
In ’n derde video sê hy: “Tou het nie gewerk nie, gif het nie gewerk nie, maar ek dink nie dat ’n bullet sal misluk nie” en “Ek was nog nooit so lief gewees vir iemand nie”.
“GOEIE SKEIDSREGTER”
In die laaste video waar die vrou, vermoedelik Robyn, op die grond lê, is nog mense by. Wildskut swets voordat hy wegloop. Hy het homself vermoedelik daarna geskiet.
Volgens kapt. F.C. van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het hulle die paartjie by hul aankoms dood aangetref. ’n Girson-9-mm-pistool is op die toneel gekry.
’n Saak van moord is geopen en ’n
geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Die omstandighede om die voorval word ondersoek, sê hy.
Wildskut was ’n Boland-rugbyskeidsregter en is deur spelers as ’n “goeie, opregte en eerlike skeidsregter” beskryf.
Lyndon Julius, die bestuurder van skeidsregters by die Boland-rugbyunie, sê Wildskut was langer as tien jaar ’n toegewyde lid van die Boland Skeidsregtersvereniging en het veral diens gedoen in die Breederivier- en Langebergstreek, waar hy ook pligte in die Streekuitdaagbeker verrig het.
“Hy sal onthou word as ’n lewendige, gesellige en leerbare skeidsregter, wat
altyd bereid was om by te dra tot die spel en gemeenskap van rugby. Sy teenwoordigheid op en langs die veld sal deur almal wat hom geken het, gemis word,” sê Julius.
‘HY HET ’N KEUSE GEHAD’
“Ons betuig ook ons innige meegevoel aan die familie en vriende van Alvina. Haar lewe en nalatenskap word deur baie mense hoog geag en ons dra haar familie in hierdie tyd van rou in ons gedagtes en gebede.”
Anchen Spogter, wat die egpaar geken het, skryf in ’n roerende plasing op Facebook: “Hy het ’n keuse gehad. Selfs al was daar ontrouheid, kon hy
Videos van voorval skok
weggestap het. Maar hy het ... geweld gekies. Hy het gekies om haar lewe te neem en sy eie. Hy het selfs die wreedheid gehad om ’n video te neem terwyl sy daar lê, leweloos in haar eie bloed. Dit is nie liefde nie. Dit was obsessie. Dit was selfsugtigheid. Geestesgesondheid is ’n realiteit. As jy sukkel, kry hulp voordat jy lewens verwoes. Wiena (Alvina) het beter verdien. Haar kinders het beter verdien. Nou moet hulle sonder hul moeder grootword as gevolg van een man se keuses.” Sy het gesê twee gesinne is gebroke gelaat ná hierdie tragedie.
• Die Standard Breederivier Gazette het na beide Wildskut en Robyn se families uitgereik. Hulle wou nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.
• Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) verskaf ’n noodlyn vir diegene wat oorweldig of depressief voel. Skakel 0800 567 567 of besoek hul webwerf by www.sadag. org indien hulp benodig word.
Alvina Robyn en Jannie Wildskut
Alvina Robyn is doodgeskiet.
Ronél van Jaarsveld
Oud, maar nog lank nie koud nie. Die New Cape Central Railway Company (NCCR), wat stoomtreine in Robertson bedryf, het vandeesweek vyf nuwe lokomotiewe by hul vloot gevoeg.
Dié nuus kom in die week dat Erfenisdag gevier word. “Die lokomotiewe is deel van ons kulturele erfenis. In Erfenismaand reflekteer ons juis oor hoe ons gekom het waar ons is en ons wil iets doen om hierdie erfenis te bewaar vir geslagte wat nog kom,” het Dan Marokane, groepuitvoerende hoof van Eskom, by die oorhandiging gesê.
Dié Hunslet-lokomotiewe
word vir vyf jaar by Eskom gehuur nadat dit by die Rosherville-kragsentrale gebruik is om steenkool te vervoer. Eskom het ná ’n tenderproses, wat in Mei verlede jaar begin het, en beraadslaging met die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) en ander organisasies, besluit om die lokomotiewe aan NCCR toe te vertrou.
Die vyf Hunslet-stoomlokomotiewe is vroeër jare by Eskom se Rosherville-kragsentrale gebruik om steenkool te vervoer en moes nou ’n nuwe tuiste kry.
Een van die lokomotiewe, Kitson, het ’n mooi storie om te vertel. Dié kragreus het sedert 1879 diens gedoen en die merkwaardige mylpaal in 1979 gehaal
om die eerste stoomlokomotief in die land te wees wat ’n volle eeu in gebruik is. Gepraat van gebou om te hou! Dié lokomotief
is in 1983 as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Die NCCR gaan die lokomotiewe by hul depot in Preto-
ria restoureer, waarna hulle op ’n sirkelroete by die historiese myndorp Cullinan gaan diens doen.
Derick du Toit, die besturende direkteur van die NCCR, het by die oorhandiging gesê: “Ons glo dat ons van hierdie lokomotiewe weer aan die werk sal kan kry –dan kan ons kinders ook eendag daarop ry.” Die lokomotiewe wat nie weer kan werk nie, sal wel gerestoureer word. NCCR se roete van Robertson af lewer ’n groot bydrae om toeriste na die omgewing te lok en die stoomtrein, wat se rookbolle dikwels langs die pad tussen Robertson en Worcester gesien kan word, bring so stukkie ou-wêreldse geskiedenis na die hede.
Polisie lê beslag op miljoene rande se perlemoen op N1
Ronél van Jaarsveld
Perlemoen ter waarde van meer as R3 miljoen is laat Maandagmiddag (22 September) in ’n vragmotor op die N1 buite Rawsonville aangetref.
Die Breederiver-honde-eenheid en die eenheid vir seevisserye van die departement van bosbou, visserye en die omgewing het op inligting reageer. Die vragmotor is by die weegbrug op die N1 buite Rawsonville voorgekeer en deurgesoek. Verskeie sakke perlemoen –altesaam 13 341 stukke – met ’n geskatte waarde van R3,3 miljoen is gevind, sê sers. Wesley Twigg, ’n provinsiale woordvoerder. ’n Man en vrou is weens die besit van perlemoen in hegtenis geneem. Hulle
sal eersdaags in die hof in Worcester verskyn.
• Skaars ’n maand tevore het die polisie ook ’n vragmotor ’n entjie verder op die N1-snelweg naby Worcester voorgekeer en op 2 271 eenhede perlemoen afgekom.
Suid-Afrikaanse perlemoen (Haliotis midae) kom slegs hier voor en is die grootste van die spesie. Dié seeslak het ’n hoë markwaarde en ’n bedryf van onwettige oes en smokkel het ontstaan, volgens die Suid-Afrikaanse webwerf Corruption Watch.
Die vermoede is dat perlemoensmokkelary hand-aan-hand gaan met die handel in dwelms en ander natuurlewe-produkte soos renosterhoring, met dwelms wat dikwels in ruiltransaksies gebruik word.
Volgens die Wildlife Justice Commission is 90% van die perlemoen wat gestroop word, vir die mark in Hong Kong bestem. Chinese misdaadnetwerke is blykbaar by die perlemoenstropery betrokke. Plaaslike bendes word ook betrek. Nadat die perlemoen gedroog is, word dit glo in vragmotors versteek en oor die grens na Suid-Afrika se buurlande vervoer, vanwaar dit na Asië versprei word.
Derick du Toit, die besturende direkteur van die NCCR.
Perlemoen ter waarde van R3,3 miljoen is gevind waar dit in ’n vragmotor versteek was. Foto: verskaf
Een van die ou lokomotiewe onderweg na NCCR se depot in Cullinan.
Zekoe steel kollig
Enrico Claassen
Hy is ’n doodgewone ou met ’n gewone pen op die gewone platform met ’n ongelooflike liefde vir Afrikaanse liedjies.
Só som die Afrikaanse liedjieskrywer Aidam-John Zekoe (27) van Roodewal in Worcester homself in ’n neutedop op.
Aidam-John en die Afrikaanse sangeres Talitha het die kollig gesteel met die duet “Ek is joune” by die Afrikaans is Groot- 100 Jaar-konsert wat die afgelope Saterdagaand (20 September) in Kaapstad gehou is. Die konsert was deel van Afrikaans se 100ste bestaansjaarvieringe.
Aidam-John, ’n onderwyser by die Primêre Skool Kosie de Wet in Villiersdorp en die jongste van vier kinders in sy ouerhuis, sê aan Standard Breederivier Gazette sy betrokkenheid by die Afrikaans is Groot-konsert het met die liedjie “Ek is joune” begin, wat die aandag van talle Afrikaanse musiekliefhebbers getrek het.
Hy het dié liedjie self geskryf en gekomponeer.
“Die wind het dit [die liedjie] onder die aandag van ’n legende in die musiekbedryf, Arnold Coleske (voormalige ATKV Crescendo-wenner en eienaar van Coleske Artist Management), gewaai.
nagenoeg 50 000 mense opgetree.
“Hy en sy span het dit toe goedgedink om my vir hierdie geskiedkundige konsert te nader.”
Volgens Aidam-John is hy die een helfte van die Afrikaanse musiekgroep StayViral: Die hoofseuns van Afrikaans. Hy sê hoewel hy nou al “vir ’n rukkie” musiekoptredes doen, was niks nog so spesiaal soos hierdie konsert [Afrikaans is Groot] wat 50 000 Afrikaanse musiekliefhebbers na die DHL-stadion in Kaapstad gelok het nie.
Volgens hom was hierdie ervaring onbeskryflik.
“Ek het by die Afrikaans is Groot- konsert die voorreg gehad om met van die beste kunstenaars en verteenwoordigers van die Afrikaanse taal skouers te skuur – onder wie Kurt Darren, Emo Adams, Appel, Early B, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Riaan Benadé, Refentse, Elvis Blue, Bok van Blerk en die legendariese Laurika Rauch.
Aidam-John sê hy en Chresville Adendorf (Lil’ Willy), het al ’n klomp musiek die lig laat sien.
Volgens hom is hul liedjie “Hier by jou” een van hul gewildstes en pronk met 3,9 miljoen besoekers op YouTube.
Hy bevestig ook hul YouTubeblad het tans meer as 67 000 volgelinge en 28 miljoen besoekers.
Dink hy Afrikaans is nog relevant?
“Definitief,” sê Aidam-John.
“Groot konserte soos Afrikaans is Groot en Liefde by die Dam is voorbeelde hiervan. Daar is egter altyd plek vir verbetering, soos om platforms te skep vir die uitbeeld van alle vorms van die kunste.
“Die Worcester-gemeenskap is so vol talentvolle mense met min geleenthede om dit te wys. Dit moet gewis ontgin word.
“My planne vir die toekoms is om meer musiek te maak en aan geleenthede te werk om die kunste in Worcester uit te beeld,” sê Aidam-John.
Dis die regte vibe, sê C-Jay
Standard Breederivier Gazette stel volgende week sy eerste skole e-publikasie bekend. Standard het onlangs ’n kompetisie van stapel gestuur, op soek na die regte naam vir die elektroniese skolebylaag. C-Jay Visagie, ’n gr. 11-leerder van die Hoërskool Breërivier in Worcester, se voorstel wat hy ingestuur het, het die span aan die dink gesit en op die naam Skole/School Vibes laat besluit. Hier ontvang hy sy prys van Standard se uitgewer, Stefan Kolver. Hou Standard se Facebook-blad volgende week dop vir die bekendstelling van die eerste Skole/ School Vibes e-publikasie, propvol skolenuus – van alles waaroor die jong klomp vandag praat tot skoleprestasies en raad oor studierigtings ná skool. NTT Volkswagen is die hoofborg van die eerste uitgawe.
TAKE A STEP TOWARDS A HEALTHIER HEART THIS HEART MONTH
MEDICLINIC WORCESTER INVITES YOU TO A FREE CHOLESTEROL TEST AT THE MOUNTAIN MILL MALL.
DATE: Friday 26 September 2025
TIME: 09:00 – 15:00 No booking required
Cholesterol is one of the factors that can influence your heart health. This simple test offers helpful information you can discuss with a healthcare professional, a small step that may make a big difference
Aidam-John Zekoe van Roodewal in Worcester het die afgelope Saterdagaand by die Afrikaans is Groot 100 Jaar-konsert by die DHL-stadion in Kaapstad voor
Fietsry-pioniers gegroet
Die Suid-Afrikaanse fietsrygemeenskap treur oor die verlies van twee van sy mees geliefde figure, JP van Zyl (52), die stigter van Recycles Bike Shop in Bellville, en die Dirtopia-stigter, Meurant Botha. Die twee goeie vriende is voorverlede Saterdag (13 September) tragies in ’n motorongeluk naby Calvinia oorlede.
JP, wat vir sy vriendelike glimlag en goeie kennis van fietse bekend was, was veel meer as net ’n werktuigkundige.
Vir duisende fietsryers was hy ook ’n vriend, mentor en reddingsboei – die een wat hulle weer op die roete of die pad kon kry wanneer alles verlore gelyk het.
JP was sedert 1989 ’n toegewyde bergfietsryer en het 13 jaar in die fietsbedryf gewerk voordat hy Recycles in 2002 gestig het.
Sy visie was eenvoudig dog kragtig –om ’n winkel en dienssentrum te skep waar fietsryers van alle vlakke welkom voel en waar fietse met dieselfde respek en sorg as hul eienaars behandel word. Recycles het spoedig ’n hoeksteen van die Wes-Kaapse fietsrygemeenskap geword, maar JP se invloed het ook ver buite die winkelvloer gestrek. Hy was veral bekend vir sy tegniese ondersteuning tydens Suid-Afrika se mees uitdagende bergfietswedrenne.
Hy en sy span het sedert 2006 by fietsrytoere soos die Cape Epic, Sani2C, JoBerg2C, Wines2Whales, Tankwa Trek en Cape Pioneer Trek dienste gelewer. JP was ’n bekende gesig op plaaslike fietsryroetes en het gereeld saam met die Tygerberg-MTB-klub gery.
Hy het in ’n sport wat dikwels deur sterk mededinging gekenmerk word, vir sy nederigheid uitgestaan.
Botha se dood merk die einde van ’n era vir Suid-Afrikaanse bergfietsry, ’n sport wat hy van ’n nis-beoefening tot ’n hoofstroomverskynsel help omskep
het. “Meurant se lewe was gewy aan die roetes, die mense wat gery het en die gemeenskappe wat hulle bymekaar gebring het,” het sy vrou en sakevennoot, Arina, vroeër gesê.
Botha was onder die eerstes wat die Tygerberg-heuwels verken het voordat hy van die land se beste roetes uitgelê het. Sy vroeë werk het die bou van SA se eerste afdraandebaan en die bekende Botmaskop-roetes ingesluit, wat later die gesogte 1997-1998-UCI-Wêreldbeker-renne sou aanbied. Saam met Arina het Botha SA se eerste nasionale bergfietsbyeenkoms in 1999 in Citrusdal en die land se eerste bergfietsfees in Greyton aangebied. Hy het ook die eerste Cape Epicroete ontwerp, wat sy reputasie as die land se voorste roete-ontwerper verstewig het. Deur Dirtopia, wat in 2000 as Suid-Afrika se oudste bergfietsbyeenkomsmaatskappy gestig is, en Amarider, wat vir volhoubare roetetoegang gepleit het, het Botha die land se mees ervare roetebouer en geleentheidsorganiseerder geword.
JP en Meurant se vriendskap het langer as drie dekades gestrek en elkeen het op sy manier tot die groei van bergfietsry in Suid-Afrika bygedra en saam die Wes-Kaap as die hart van nasionale bergfietsry gevestig.
Organisasie maak steeds ’n verskil
Dit is nuwe era vir Child Welfare SA Worcester wat ná ’n moeilike seisoen weer goed op dreef is.
Dié organisasie, waaronder die Julie Naudé-crèche val, het die afgelope paar jaar merkwaardige groei en herstel getoon nadat hulle in 2019 op die randjie van sluiting was. ’n Nuwe bestuur is in daardie jaar verkies en hulle het verskeie uitdagings aangepak om die organisasie weer op koers te bring.
’n Deeglike ontleding van hul sterk- en swakpunte asook ’n regrukplan is opgestel. Die positiewe draai was gou te siene, het die organisasie gesê. In 2022 het hulle ’n suksesvolle moniterings- en evalueringsinspeksie van die departement van maatskaplike ontwikkeling met ’n 80%-telling geslaag. In April vanjaar is ’n nog beter telling van 88,22% behaal – ’n bewys van hul volgehoue verbetering en toewyding aan hoëgehalte-dienslewering.
Onder die hoogtepunte tel die opgradering van kantooruitrusting, nuwe skootrekenaars en nuwe voertuie, asook beleggings in personeelwelstand. Hierdie mylpale is grootliks moontlik gemaak deur ’n finansiële hupstoot na ’n suksesvolle aansoek by die Nasionale Loteryfonds.
Hoewel sommige bestuurslede hul posisies ontruim het, is nuwe lede met waardevolle vaardighede gewerf – van wie sommige nou selfs in die Provinsiale raad vir kinderwelsyn SA Wes-Kaap dien. Die organisasie se veerkragtigheid
en aanpasbaarheid word verder weerspieël in die toenemende ondersteuning wat dit van die gemeenskap ontvang. Plaaslike sakelui het deur hul volgehoue skenkings en ondersteuning ’n onskatbare rol vervul. “Sonder julle sou dit onmoontlik wees om die nodige bystand aan ons gemeenskap te verleen,” het die bestuursraad gesê.
STERK LEIERSKAP EN ERKENNING
Rochelle Magerman van die provinsiale kantoor van Kinderwelsyn SA WesKaap, onder wie se toesig die Worcestertak val, het haar dankbaarheid en trots oor die positiewe vordering uitgespreek. “Die uitslae is ’n direkte weerspieëling van verantwoordelike bestuur en die toegewyde diens van personeel,” het sy gesê. “Om sulke uitmuntende terugvoer te ontvang, wys dat die regte mense op die regte plek is.”
HOOP EN VOLGEHOUE DIENS Kinderwelsyn SA Worcester kyk met hoop na die toekoms. Die organisasie bly vasberade om kinders en gesinne in die breër Worcester-streek met deernis, integriteit en professionele diens te ondersteun. Strategiese beplanning word vir die uitbreiding van hul programme gedoen om hul uitwerking in die gemeenskap te vergroot. “Ons weet dat daar steeds groot behoeftes in ons gemeenskap is, maar met die regte ondersteuning en volgehoue samewerking kan en sal ons ’n verskil maak,” het die bestuur gesê.
MANAGER: WASTE MANAGEMENT
ADVISOR: RISK AND COMPLIANCE
Die span van Child Welfare SA se Worcester-tak.
Meurant Botha en JP van Zyl.
Gewilde ren vir blindes kom terug!
Ná ses jaar van stilte het die nuus dat die adrenalienbelaaide Pioneer Rally weer vlerke, of eerder wiele, kry, soos ’n veldbrand versprei en bekendes, navigators en borge het sonder huiwering weer hul steun agter hierdie geliefde inisiatief gesit. Die tydren se suksesverhaal as prestige-byeenkoms in die Worcester-omgewing maak die Pionierskool vir Siggestremdes opgewonde en vanjaar se byeenkoms beloof om weer verwagtinge te oortref.
Siggestremde navigators, bekendes en ondernemings kom op Saterdag 25 Oktober weer vir hierdie buitengewone gebeurtenis – die Pioneer Rally-geldinsameling ten bate van die Pionierskool vir Siggestremdes – bymekaar. Hierdie unieke geleentheid is veel meer as net ’n motor-tydren – dit is ’n lewensveranderende ervaring. Vanjaar se tydren sien weer bekendes uit die vermaaklikheid-, sport- en sakewereld agter die stuur, met ’n blinde navigator aan hul sy, en hulle durf die pad aan van We Buy Cars in Richmond na Golden Valley Casino in Worcester –maar met ’n kinkel in die kabel. Die braille-roete en kontrolepunt-aanwysings, fyn beplan deur die wêreldbekende renjaer Sarel van der Merwe, word eers net voor hul wegspring aan die bestuurders en navigators oorhandig. Die bestuurders – vol-
kome afhanklik van hul blinde navigators – word dan deur middel van die blinde navigator se Braille-aanwysings van beheerpunt tot beheerpunt gelei – alles teen die stophorlosie!
Wanneer die stof gaan lê en die enjins stil raak, sluit die dag se avonture af met glans en styl by ’n galadinee by die ATKVGoudini Spa. Die deftige byeenkoms se tafels is deur ondernemings van Worcester en omstreke geborg en gaste het die voorreg om ’n bekende en ’n blinde navigator aan tafel te hê.
Gaste sal bederf word met fynproewergeregte, komplimentêre wyn, topklas-vermaak en ’n veiling.
Die wenspanne van die dag word dié aand ook onder luide toejuiging gekroon en met die geliefde Margit Meyer-Rödenbeck, Peter Mitchell en Wicus
van der Merwe as seremoniemeesters, beloof die aand om ’n groot dosis lag, stories en goeie samesyn op te dis.
Alle opbrengste wat deur die Pioneer Rally ingesamel word, sal aangewend word om Pionierskool vir Siggestremdes se gespesialiseerde en unieke dienste aan sig- en addisioneel gestremde leerders te finansier. Die navigators is almal huidige of oud-leerders van Pionierskool en hul bereidwilligheid en entoesiasme om jaar ná jaar aan die rally deel te neem, is ’n bewys van die gehalte-onderrig wat Pionierskool bied en die sterk band tussen die leerders en hul alma mater.
“Hierdie is nie bloot ’n geldinsameling nie,” sê Annelette Kemp, organiseerder van die geleentheid. “Dis ’n geleentheid om die ongelooflike vaardighede
Die akteur Germant Geldenhuys saam met Robyn Walters (Pioneerskool-leerder), by ’n vorige Rally-geleentheid. Foto’s: Johette Pople
van ons siggestremde leerders en oudleerders aan die wêreld ten toon te stel en almal vir ’n dag deel te maak van hul lewe. Ons is opreg trots en dankbaar om die wiele met die Pioneer Rally weer aan die rol te hê.”
Die publiek en die Worcestergemeenskap word hartlik uitgenooi om die deelnemers by die Golden Valley Casino-parkeergebied van 14:30 op Saterdag 25 Oktober te verwelkom.
Dit is ’n gulde geleentheid om jou gunsteling-bekendes in aksie te sien en die ware sterre van die dag – die siggestremde
navigators – te ondersteun en aan te moedig.
Van die bekendes na wie uitgesien kan word, is Elandré, Herman Lensing, Margit MeyerRödenbeck, Wicus van der Merwe, Pietman Geldenhuys, Waldimar Pelser, Whitey Basson, Shimmy Isaacs, Neels van Jaarsveld, Vanes-Marie du Toit, Johnny Davids en Deon Lotz, om maar net ’n paar te noem! • Vir enige verdere inligting, kontak asseblief Colleen Marais of Cathy Hugo by 023 342 2313 of stuur e-pos na marketing@ pioneerschool.org.za
Tracey Lange, Margit Meyer-Rödenbeck en Ivaan Levendal by ’n vorige Pioneer Rally.
Dis lente; dis dus slangtyd
Chantélle Hartebeest
Die groen boomblare is ’n bewys van die nuwe seisoen wat aangebreek het namate die koue weer terugtrek en plek maak vir die warm son.
So ontwaak verskeie diertjies ook uit hul winterslaap om weer in die lenteson te bak.
Paarl Post, ’n susterskoerant van Standard Breederiver Gazette, het met die bekende plaaslike slangvanger Eduanne Niemand gesels om te hoor of die slangseisoen reeds aangebreek het.
“Ek het verlede week net pofadders gevang, maar hierdie week is dit maar stil. Die afgelope naweek was ook stil, maar ek het een oproep oor ’n kobra gehad. Die mense het hom egter nie dopgehou nie en hy het weggekom. Twee weke gelede was dit rowwer. Nou is die koue weer terug, maar ja, die slangseisoen is aan die go.”
beeld die deep freezer toe gaan.” Wanneer ’n mens ’n slang op jou erf of in die huis teëkom, sê Niemand, moet jy dadelik die honde ook bêre. “ ’n Slang raak deurmekaar as ’n hond langs hom begin blaf . Hy het mos nie ore nie – hy het egter ’n gehoorbeentjie, wat die vibrasie opvang, en ’n hond irriteer ’n slang. ’n Hond jaag graag ’n Kaapse kobra in ’n boom op omdat hy so aanmekaar staan en blaf en dan wil die slang net wegkom. Die beste is: Beweeg agteruit en staan doodstil. As ’n slang jou sien, sal hy onder iets wegkruip.” Volgens Niemand, wat aan die stuur van Boland Snake Removals 24/7 & Pest Control is, moet mense na die netheid van hul erf omsien, want enige onnetheid kan slange lok.
Volgens Niemand kom hy deesdae meer op pofadders af. Hy meen op warm dae kom die pofadders uit om hul “batterye te recharge”.
“Dit is mos maar nou hul (pofadders se) teeltyd . en kobras ook.”
Niemand sê wanneer ’n mens op ’n slang afkom, moet jy net ’n paar treë agteruit loop en ’n veilige afstand van sowat vier meter hou.
“As dit ’n kobra is, gaan hy obviously sy kop oplig en bakkop maak as jy in die huis stap en jy kom op hom af, maar as jy stilstaan, gaan hy onder iets soos ’n
yskas of ’n rusbank wegkruip – iewers waar dit donker is onder. Dan kan jy maar geraas maak, want dan bly hy net daar. Dit help nie jy hol pad toe en dan kom die slangvanger oor ’n halfuur eers daar en dan staan jy in die pad en dan moet hy die hele huis deursoek nie. Geen slang jaag jou nie. As jy hom van ’n veilige afstand af dophou, sal jy kan sien wanneer hy van die yskas na byvoor-
“Blare in ’n tuin onder struike moet opgehark word sodat dit skoon is. Sny die bossies so 30 cm van die grond af oop sodat jy kan sien. As daar blare lê, kom daar muise, en as daar muise is, kom die slange. Met water features (soos fonteintjies) kom daar altyd slange, want daar is paddas. Daar is muskiete, wat die paddas lok, en dan kom veral ’n kobra op soek na ’n padda om te vreet.” Slange kom nie juis by vensters in nie, maar eerder by deure wat oop staan wanneer dit buite warm is, meen Niemand.
“As dit warmer as 30 °C is, maak maar jou huis se deure toe, anders gaan ’n kobra, wat buite warm kry, in die huis kom afkoel. Dan verdwaal hy in die huis en dan loop jy hom die een of ander tyd in jou huis raak.”
Bully-Buster, Warrior Women kick bullies
The Cape Winelands Kickboxing Federation's (CWKF) Bully-Buster and Warrior Women programmes are still going strong.
The programmes were launched three years ago with the mission to empower communities and combat social ills through martial arts under the leadership of Sensei Riaan Pietersen of Titans Sports Academy.
As part of this initiative a dedicated team of CWKF coaches visits organisations, schools and community groups to teach kickboxing fundamentals, self-defence awareness and practical techniques. These programmes are offered pro bono, driven purely by the coaches' passion for the sport and their commitment to creating safer, stronger communities.
"Our mission goes beyond sport. It's about giving people, especially the vulnerable, the tools to protect themselves, build confidence and stand strong," according to Warrior coach Garine de Wet.
to individuals at organisations, schools and community groups free of charge.
"Knowledge is power, and we want to transform lives not only during 16 Days of Activism, but throughout the year."
Women Programme equips women with the skills and awareness needed to protect themselves in threatening situations.
eration can deliver the highest-quality training, mentorship and empowerment where it is needed most. Be part of the one of a kind development programme that will launch in October."
The Bully-Buster Programme addresses the urgent need for anti-bullying education among youth, while the Warrior
To keep these initiatives alive and impactful CWKF is calling on businesses and individuals to partner as sponsors.
"By investing in these vulnerable groups, sponsors help ensure the fed-
For sponsorship opportunities or to learn more, please contact De Wet on 072 447 2576 or email gdwet1@gmail.com.
Local runner is UK champ
From the athletics tracks of Worcester to the world!
Grindan Abrahams, formerly a learner at Esselen Park Primary School, is making his mark in the UK, leaving no u-15 sprint record safe.
“This year he smashed both the 100 m and 200 m in times of 10.77s and 21.77s respectively. This made him the champion in the UK for his age group. These times places him second on the all-time list for his age-group in the UK.”
Grindan’s talent was apparent when he was just five years old. At school he was a track star and competed for Boland Athletics, the Western Cape and took part in the national championship in Potchefstroom.
“In 2022, I received an offer from Richemont in the UK as a watchmaker and we made the decision to relocate to England. Grindan has broken records ever since. Not only at club level but also schools level,” said his father Graville Abrahams. Last year, Grindan finished sixth in the 200 m for boys u-15.
Grindan used to train at Boland Park with Shaheed Isaacs and then Hisham Neethling. Neethling predicted Grindan’s success in athletics and still coaches him via WhatsApp video. “He continues to keep his hand on my son's progress. Grindan misses him,” said Graville. “I used to coach him with the help of Mr Neethling until late in the evenings on Boland Park, even in strong winds and rain.”
Grindan's dream and goal is to break the records of Usain Bolt, whom he admires amongst others like Yohan Blake, Akani Simbine and Wayde van Niekerk
Die slangvanger Eduanne Niemand hou ’n Kaapse kobra dop. Foto: Eduanne Niemand/ Boland Snake Removals 24/7 & Pest Control
The Cape Winelands Kickboxing Federation’s (CWKF) Bully-Buster and Warrior Women teach kickboxing fundamentals, self-defence awareness and practical techniques
who once even featured Grindan on his Twitter account. Last month, Grindan was approached by recruiters from the USA. “He sees himself running in SA colours in all the major championships. He wants to inspire other kids to keep working hard, achieve and stay humble like him,” said Graville.
Grindan Abrahams, who moved from Worcester to the UK three years ago, is the u-15 UK champion in the 100 m.
Spaza-eienaars kry opleiding in kosveiligheid
Die eienaars van spaza- en huiswinkels in Robertson en Ceres se kennis oor hoe om hul ondernemings beter te bedryf, het onlangs ’n groot hupstoot gekry.
’n Inligtingsessie oor voedselveiligheid is Woensdag 17 September gehou en baie meer mense het opgedaag as wat verwag is.
Die sessie is deur die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit (KWDM) in samewerking met die Langeberg- en Witzenberg-munisipaliteite aangebied. Dit is die eerste in ’n reeks sessies wat in dié gebied gehou gaan word.
Meer as 130 winkel-eienaars van Ceres en 152 van Robertson het deelgeneem. “Dit dui op ’n groot belangstelling in voedselveiligheid en om aan die wetlike vereistes te voldoen,” het Jo-Anne Otto van die KWDM gesê.
Die onderwerpe wat bespreek is, sluit in die veilige hantering van kos en higiëniese praktyke vir verbruikers se veiligheid, die berging en temperatuurkontrole om besmetting te verhoed, die korrekte etikettering van vooraf verpakte kos, die regulering en sertifisering van persele waar kos voorberei word asook hoe om vir belasting te registreer, elektrisiteitsverkope en finansiering wat vir spaza-winkels beskikbaar is.
Die plaaslike munisipaliteite het ook verduidelik watter wetlike vereistes op spaza- en huiswinkels van toepassing is, soos sakelisensies en goedkeuring van
bouplanne en hersoneringsaansoeke.
Een van die fokuspunte was die sertifikaat vir aanvaarbaarheid, oftewel die Certificate of Acceptability (COA), wat vereis word vir almal wat met kos werk om dit te verkoop.
Hierdie sertifikaat moet op ’n sigbare plek opgesit word. Wanneer winkels nie aan dié regulasies voldoen nie of ’n gesondheidsrisiko skep, mag regstappe teen hulle geneem word of hulle mag verhoed word om sake te doen.
Die sessies het afgesluit met besprekings waartydens die winkeleienaars kon vrae vra en hul bekommernisse direk met munisipale amptenare deel.
Die deelnemers het gesê die inligting wat hulle by die sessies ontvang het, is vir hulle van groot waarde en hulle het heelwat geleer.
Die volgende sessies vind van 10:00 tot 12:00 plaas – op Dinsdag (7 Oktober) by die Touwsrivier-gemeenskapsaal; Donderdag (9 Oktober) by die Thusong- veeldoelige sentrum in De Doorns; Maandag (13 Oktober) in die Zwelethembagemeenskapsaal; en Donderdag (16 Oktober) om 10:30 by die KWDM in Trappestraat 51, Worcester. Bespreek plek by Lenache Burger by 023 348 2338 of stuur e-pos na lenacheburger@capewinelands.gov.za.
Kleinplasie verlede week aanlyn opgeveil
Die aanlyn-veiling van die geskiedkundige eiendom Kleinplasie in Worcester het verlede week Woensdag (17 September) en Donderdag (18 September) plaasgevind.
Volgens inligting beskikbaar op die afslaers, Claremart, se webwerf, het die bod op hierdie eiendom op R9 miljoen begin. Dit is 206,164m² groot en behoort aan die Breedevallei-munisipaliteit.
Die eiendom is langs die Robertsonpad geleë, naby aan die nywerheidsgebied en woongebiede.
Die koper moet aan verskeie vereistes voldoen, voordat die transaksie goedgekeur sal word, onder andere om die historiese geboue te onderhou. Kleinplasie is die oudste plaas in die Worcester-omgewing.
Meer inligting oor hoe die veiling verloop het, is nie op hierdie stadium beskikbaar nie.
Shane Fourie van ClareMart het alle navrae na die munisipaliteit verwys. Die munisipaliteit wou nie op hierdie stadium enige verdere inligting bekend maak nie.
“Ons verstaan die openbare belangstelling in Kleinplasie en die veiling. Ons sal meer besonderhede met al die inligting oor die proses en die uitslag daarvan bekend maak, sodra ons al die interne prosesse voltooi het,” het Chad Malgas, die bestuurder van die munisipaliteit se kommunikasie-afdeling, by navraag gesê.
IMPORTANT NOTICE
FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG. 10(1)]
Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Wester n Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices The applications concer ned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application upon request and free of charge be inspected by any person at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act
VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG 10(1)] Hier mee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankower heid (die Ower heid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore Die betrokke aansoeke kan tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Ower heid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys Afskrifte van ’n aansoek kan by die Ower heid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Ower heid en die aangewese drankbeampte ingedien word IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo xa eceliwe kwaye simahla ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho
No Full name of applicant
Volle naam van aansoeker
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Name under which business will be conducted
Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Address of the proposed premises
Adres van die voorgenome perseel
Idilesi yesakhiwo
Kind of licence applied for T ipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
Baie meer mense as wat verwag is, het vir die inligtingsessies vir die eienaars van spaza- en huiswinkels in Robertson en Ceres opgedaag. Foto: Facebook/KWDM
Oefenskool vier nege dekades
Die NGK Oefenskool in Worcester vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar en ryke geskiedenis. Die skool het Saterdag (20 September) die strate ingevaar met ’n feestelike optog en ’n kaskardag om hierdie groot mylpaal te vier. Die kaskardag het as ’n geldinsameling vir die skool gedien.
Fun day with dodge ball
The Worcester Ladies Circle 38 is hosting a dodge ball competition on Saturday 27 September at Montana Hoërskool in Worcester. The event starts at 09:00 and everyone is invited to come and share in the fun.
There will be a variety of children’s activities to keep them entertained. Adults can look forward to a lively beer tent, the perfect spot to relax and enjoy the atmosphere. Sports fans won’t miss a moment of the action, with the rugby broadcast live on the big screen.
Entry is R20 for adults, R45 for children above 6 years and kids under six years may enter for free. The parking fee is R10.
All proceeds will go directly to the Worcester Ladies Circle 38, a charitable organisation dedicated to uplifting families and strengthening the local community.
Ladies Circle South Africa is part of a worldwide network of women’s organisations that focus on friendship, personal growth, and community service. Members come together to create meaningful connections while working on projects that make a positive difference in their communities.
Worcester Ladies Circle 38, officially chartered in August this year, is one of the newest groups in the country. The circle has quickly become a vibrant force in Worcester, bringing women together to support one another while dedicating their time and efforts to helping local families and community initiatives. Ladies between the ages of 18 and 45 are welcome to join. For more information, send an email to: lc38@ladiescircle.com.
Voor in die koor! Die kaskarre het die voortou geneem by die NGK Oefenskool in Worcester se optog deur die dorp voordat die kaskardag amptelik begin het.
Harde houe in ‘Moer ’n Boer’
Ronél van Jaarsveld
Die twee boere van Worcester en Wolseley wat die afgelope Saterdag (20 September) aan die Moer ’n Boerkompetisie in Pretoria deelgeneem het, is effe blou en seer, maar andersins heelhuids deur hul gevegte.
Die 34-jarige Danie Visser, wie se bynaam vir die gevegte “Giggelvrug” was, boer met sitrus, wyndruiwe en ander ge-
wasse in die Nuy-vallei buite Worcester. Hy het sy geveg teen Jaco van Niekerk “Tuli Blok” van Botswana verloor.
Daniël Müller (27), wat buite Wolseley met groente boer, het drie taai rondes teen Lucas de Kock van Nelspruit in die kryt gehad, maar het uiteindelik geseëvier.
Müller, wie se krytnaam “Mannetjiespou” was, se fiksheid het hom uiteindelik die oorhand gegee in ’n geveg waarin die twee teenstanders net soveel uit-
gedeel het as wat hulle ontvang het. Müller en Visser het voor die gevegte meer oor gevegskuns geleer en hul fiksheid by die Titans Mixed Martial Arts Studio in die Paarl verskerp, waar hulle deur Riaan Pieterse afgerig is.
As deel van die Moer ’n Boer-program het hulle ook ’n sessie saam met die wêreldbekende afrigter Morné Visser, mentor van die Ultimate Fighting Championship-kampioen Dricus du Plessis, gehad.
Dagboek | Diary
Stuur inskrywings na info@worcesterstandard. com. Spertyd vir dagboekinskrywings is Maandae voor 12:00.
26 TO 28 SEPTEMBER
Flower festival at Worcester United Church, 73 Church Street, Worcester.
10 OKTOBER
Join us for an unforgettable night of fun, music and laughter at our Karaoke Night in the Town Hall, High Street, Worcester from 19:00 till late with DJ Davy Kat. Price: R50 per person. Bring your own food and drinks. Contact Josh at 076 814 9008 or Erika at 072 654 3480.
Danie Visser (links) het die afgelope naweek ’n taai geveg teen Jaco van Niekerk in Moer ’n Boer verloor. Foto’s: Facebook/Moer ‘n Boer
Daniël Müller het ná drie rowwe rondes teen Lucas de Kock as wenner uit die kryt getree.
’n Blik hier; ’n bottel daar beteken geld
Ronél van Jaarsveld
Wat vir een vullis is, beteken vir ’n volgende ’n paar rand ekstra in die sak.
’n Entrepreneur van Worcester, Martin Ellis, maak die afgelope vyf jaar lank al koeldrank- en bierblikkies, plastiekbottels en ander goed bymekaar wat hy op sy beurt weer aan ’n herwinningsmaatskappy verkoop.
“Die lewe word al hoe duurder. Ek het hiermee begin om my inkomste aan te vul,” het Ellis vertel. Hy het ’n plat waentjie aangeskaf waarmee hy groot herwinningsakke kan vervoer. Hy sorteer die materiaal tuis voordat hy dit gaan ingee.
“Die wind maak soms lekker sports,
maar die vrag is nie so swaar nie,” sê hy. “Ek is al so in die gewoonte om blikkies bymekaar te maak. As ek verby ’n blikkie in die straat loop, stop ek eers om dit op te tel en saam te neem. Ek probeer om te help om die dorp skoner te maak. Mense gooi die blikkies sommer in slote of in die veld en dink nie eens daaraan dat dit waarde het nie; so ook met stukke aluminium en yster.”
Hy wag gewoonlik totdat hy sowat 40kg se blikkies bymekaar het voordat hy dit gaan ingee. “Mense in die woonbuurte help my deur hul herwinbare vullis vir my te hou. Ek ry elke nou en dan en gaan laai dit by hulle op. Van my werksmense het ook ingekoop in my plan en bring hul plastiek en blikkies vir my. Ek vat ook stukkende elektriese toerusting en kartonbokse,” het hy gesê.
Big award for local library
Tucked away among vineyards, the humble Sandhills Library is doing great work in encouraging a love for reading among young and old.
On Wednesday 17 September, the library received the ATKV Award for the Promotion of Reading.
This award recognises the invaluable role Sandhills Library plays in fostering a culture of reading, learning, and personal development within the community. Situated at Hexview Farm near Sandhills Primary School, the library has become a cornerstone of knowledge
and growth, especially for young readers.
The Executive Mayor of the Breede Valley Municipality, Antoinette Steyn, congratulated the staff and community on the award.
“This award is a reflection of the dedication and passion of our library staff and the value we place on literacy as a municipality. By promoting reading, we are empowering individuals, strengthening families, and building a brighter future for our community. Congratulations to Sandhills Library for this well-deserved recognition.”
Martin Ellis by van die sakke wat hy vol blikkies en plastiekbottels gemaak het om te herwin.
A group of children from the Disneyland Aftercare visited the Sandhills Library in March during Library Week.
VGK se debutantebal slaag puik
Die VGK Worcester-Suid-gemeente het vroeër vandeesmaand ’n baie suksesvolle debutantebal gehou. Die leraarspaar en gemeente spreek hul opregte trots en dankbaarheid uit vir elkeen se ondersteuning. Die wyke het gesamentlik die besondere bedrag van meer as R204 000 ingesamel. Wat die aand so spesiaal en besonders gemaak het, was dat dit deur nuutverkose diakens van die gemeente gereël is. Die kerk spreek ook sy dank uit aan elke onderneming wat die gemeentegeselligheid ruim met groot borge en pryse ondersteun het.
Die wenners was (van links): Derde: Charlene Philander (wyk 13B); eerste: Jade Smith (wyk 7) en tweede: Jucina Wehr (wyk 12B).
Victoria Park Primêre Skool in Worcester het onlangs ’n baie suksesvolle Mnr. en Mej. Victoria Park aangebied. In die afdeling vir Mej. Victoria Park Primêr Tiny, was Summer-Joy Buys die eerste prinses, Tyra-Faith Louw die wenner en Johnay Willemse die tweede prinses.
HEINRICH GEB: 11.07.1975 - GEB: 14.09.2025
CUPIDO, ISAK DANIEL GEB: 17.06.1948 - GEST: 16.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 10;00 by Parrotstraat 10, Avianpark en om 11:00 by Christ Community Centre, h/v Buitenkanten Noblestraat, Riverview.
Rus sag Daddy, ons gaan jou verskriklik baie mis. Denovan, Chevonne, Tue-linn en Dylan
Rest in perfect peace Daddy. We will miss you Heinrich, Narike and Haven Rus sag Daddy, ons gaan daddy baie mis. Horacius en Lucille
Your memory is a treasure, you will be missed. Riaan, Janine en Viaan
Our world might be dark without you but memories will be our light. You will be missed. Your sister Louisa and children Daddy, jou plek is leeg maar jy los ons met die mooiste herinneringe. Ons is jou ewig dankbaar vir jou liefde, omgee en leiding in ons lewe. Rus sag Daddy. Ons mis jou Cyril, Chirlin, Tamia, Xavia en Carlyn
WILSKUT, JAN (JANGO) GEB: 09.12.1984 - GEST: 17.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 28 September 2025 om 09:00 by Ntwanambistraat 23, Stofland en om 10:00 vanuit die Hexvallei Senior Sekonder skoolsaal, De Doorns.
Daddy, skielik is jy weg sonder dat ons nog 'n laaste drukkie kon gee. Ons sal jou nie meer kan bel nie, daddy sal nooit weer met ons kan praat nie. Dankie dat ons vir Daddy as 'n pa kon hê. Dankie vir alles wat Daddy vir ons geleer het. Vir elke mylpaal wat Daddy saam met ons bereik het. Ons gun Daddy die ewige rus, wetend dat Daddy altyd in ons harte voortleef. Jamian, Lukwinn en Lizmaré
JACKS, HAROLD CLYDE
GEB: 01.09.1950 - GEST: 12.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 by Roxanastraat 12, Hexpark en daarna by Emmanuel Congregational Kerk.
Roudiens vind plaas Donderdag, 25 September 2025 om 19:00 by Emmanuel Congregational kerk. Begrafnis reëlings word by roudiens bekend gemaak. Kontak Mev Lizette Zekoe by 071 981 8111 vir meer inligting rakende die begrafnis tye.
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 09:00 te Woonstel L-20, Roodewal en om 10:00 vanuit die AME Calvary Kerk.
Our hearts breaks everyday knowing we cannot see you or hear your voice. Wife, children and grandchildren
PHILLANDER, EMERENCHIA EMILIA
GEB: 17.12.1949 - GEST: 17.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 10:00 vanuit die Moria Gemeentes, Breërivier Singel 10, Riverview, Worcester.
FESTUS, FIROZA WINSTONIA
D.O.B: 18.05.1961 - D.O.D: 18.09.2025
Funeral service will take place on Saturday, 27 September 2025 at 09:00 at the Methodist Church, Africa Street.
EZAU, LENA GEB: 02.03.1951 - GEST: 12.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 09:00 by Septemberstraat 79, Roodewal en om 10:00 by Maranatha kerksaal, Denisestraat.
JAMES, SYDNEY GEB: 13.11.1941 -GEST: 18.09.2025
Troosdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 09:00 by Daffodilstraat 17, Florianpark en om 10:00 vanuit VGK Worcester-Oos, Fischerstraat.
JACOBS, JAROME DANWIL
GEB: 04.04.1972 - GEST: 21.09.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 27 September 2025 om 09:30 by Brookstraat 26, Riverview en om 10:30 by A.M.E Zion Kerk, Le Sueurstraat.
JAROME JACOBS Skielik van ons weggeneem. Rus in vrede Rompie. Cathy, Simone, Maree & Bennett.
MINA WILLIAMS 26 September 2025
DANIEL WILLIAM BAYMAN 29.09.1975 - 15.08.2020
Baie geluk met jou Hemelse verjaardag. Rus sag. Van jou eggenoot en Januarie familie.
Dit is jou eerste verjaardag weg van ons. Jou lewe was 'n seëning. Die verlange is groot. Van Eddie, kinders en kleinkinders.
ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000
Child Welfare SA Worcester is requesting Ms. Estelle Van Zyl and Mr. Adolf Stemmet to urgently contact the social worker, Mrs. M. Joubert at 023 347 0190 during office hours (07:30-16:00) or visit at 79 De Wet Street, Worcester, 6850
"HEALER" JOSHUA All family problems Financial problems Relationship
ELIZABETH STANDER 25 September 1954 Happy Heavenly birthday. From Aunty Wiesie.
TENDER-34/2025
Tenders are hereby requested for the APPOINTMENT OF A SERVICE PROVIDER TO IMPLEMENT THE SWOP SHOP SERVICES IN LOW-INCOME AREAS FOR LANGEBERG MUNICIPALITY, FOR A PERIOD OF THREE (3) YEARS as specified in the bid document.
Completed Bids, in sealed envelopes, clearly marked “TENDER-34/2025: APPOINTMENT OF A SERVICE PROVIDER TO IMPLEMENT THE SWOP SHOP SERVICES IN LOW-INCOME AREAS FOR LANGEBERG MUNICIPALITY, FOR A PERIOD OF THREE (3) YEARS”, should be placed in the tender box, at the Langeberg Municipal Office, 28 Main Road, Ashton, not later than 12:00 on 31 OCTOBER 2025 when the Bids will be opened in public. Late, faxed or e-mailed tenders will not be considered.
PLEASE NOTE:
The official Bid document must be fully completed in black ink, all pages must be submitted and the document should preferably be bound.
The Langeberg Municipality may appoint “reserve bidders” and award the bid to the second- or third-ranked bidder during the adjudication stage if the highest-scoring bidder fails to perform during contract execution. Supporting documents must be submitted separately and must be stapled or bound. The lowest, or any tender, will not necessarily be accepted and council reserves the right to accept any tender Tenders will be evaluated according to the Council’s Supply Chain Management Policy and the 80/20 Preference Point system. The Supply Chain Management Policy can be viewed at Municipal Offices or www.langeberg.gov.za
Tender documents are available from 26 SEPTEMBER 2025, on the Langeberg Municipal website: www.langeberg.gov.za
Please refer written enquiries to MR G SLINGERS - (gslingers@langeberg.gov.za).
DP LUBBE
MUNICIPAL MANAGER
Private Bag X2 Ashton, 6715
ONDERVERDELING EN KONSOLIDASIE: ERWE 1, 728 & 874, KLOOFSTRAAT, MONTAGU
Eienaars : Langeberg Munisipaliteit; Transmuse CC Grootte : 1,6019ha
Voorstel : Onderverdeling van Erf 1 in 2 dele naamlik: R
Erf 728
naamlik: Restant van erf 728 en Gedeelte B (0.31ha); Hersonering van Gedeeltes A en B vanaf Oopruimte sone IV (Natuurreservaat) na Oordsone; Konsolidasie van Gedeeltes A en B
goedgekeurde terre nontwikkelingsp an, om g
; Opheffing van beperkende titelvoorwaardes wat gebruik van Erf 874 beperk tot privaat doeleindes en een woonhuis. Huidige sonering : Oopruimte sone IV; Oordsone
Hiermee word kennis gegee ingevolge Artikel 45 van die Langeberg Verordening op Grondgebruikbeplanning (PK264/2015) dat die bogenoemde aansoek ontvang is en ter insae lê gedurende weeksdae tussen 08:30 en 15:00 by d e Stadsbep anningsdepartement te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Enige skriftelike k o m m e n t a a r / b e s w a a r k a n i n g e v o l g e A r t i k e 5 0 v a n g e m e l d e Verordening gerig word aan die Bestuurder : Stadsbeplanning by bogenoemde adres, binne 30 dae vanaf die datum van plasing van hierdie kennisgewing en moet u naam, adres, kontakbesonderhede, ‘n verduideliking van u belang by die aansoek en redes vir besware insluit. Telefoniese navrae kan gerig word aan Jack van Zyl by 023 614 8000. Die Munisipaliteit mag weier om kommentare te ontvang wat na die sluitingsdatum ingedien word. Enige persoon wat nie kan skryf nie sal deur ‘n Munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar neer te skryf.
PROPOSED REZONING, SUBDIVISION AND CONSOLIDATION: ERVEN 1, 728 AND 874, KLOOF STREET, MONTAGU
Owners : Langeberg Municipality; Transmuse CC Size : 1,6019ha
Proposal : Subdivision of Erf 1 into 2 portions namely
; Subdivision of Erf 728 into 2 portions namely Remainder of Erf 728 and Portion B (0.31ha); Rezoning of Portions A and B from Open Space
Consolidation of Portions A and B with Erf 874; Amendment of existing conditions of approval, including approved site development plan, to relocate the approved 5 guest units; Removal of title conditions that restricts the use of Erf 874 to private purposes and one dwelling.
Existing zoning : Open Space zone IV; Resort zone
Notice is hereby given in terms of Section 45 of the Langeberg Land Use Planning Bylaw (PN264/2015) that the abovementioned application has been received and is available for inspection during
Department at 3 Piet Retief Street, Montagu. Any written comments / objections may be addressed in terms of Section 50 of the said legislation to The Manager: Town Planning, 3 Piet Retief Street, Montagu, 6720 on or before 30 days from the date of publication of this notice, quoting your name, address or contact details, interest in the application and reasons for comments. Telephonic enquiries can be made to Jack van Zyl at 023 614 8000. The Municipality may refuse to accept comment received after the closing date. Any person who cannot write will be assisted by a Municipal official by transcribing their comments.
NM10029725-BW250925
ATKV-betrekkings
ATKV-Goudini Spa
Kliëntediensbeampte
Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n ervare kliëntediensbeampte by sy vakansieoord, ATKV-Goudin Spa.
Die ATKV volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.
Vereistes
• ’n Graad 12-sertifikaat.
• Goeie taalvaardigheid en kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels.
• Moet kan swem.
• Moet selfgemotiveerd wees en selfstandig kan funksioneer
• Moet onder druk kan funksioneer Moet goeie menseverhoudings kan handhaaf. Moet bereid wees om oortyd en skofte te werk
Vernaamste verantwoordelikhede
Toegangsbeheer ontvangs en lewering
Huis Mimosa, Tehuis vir Bejaardes verlang die dienste van ’n Assistent verpleegkundige (1 x 8/8 pos).
SLUITINGSDATUM : 02 10 2025 Datum van Diensaanvaarding : 01.11. 2025
Vereistes: Registrasie by SA Raad vir Verpleegkundiges Kennis van versorging van bejaardes
• Bereidwilligheid om skofte te werk en « roep » te doen Goeie menseverhoudings.
Diensvoordele: Salaris volgens Badisa riglyne Pensioenfonds Mediese fonds Ruim verlof Rig aansoeke met volledige CV en bewyse van kwalifikasies aan : Die Admin.beampte Huis Mimosa Epos: mimosa@murraygemeente.co.za
NM10029741-BW250925
Rooi Hond (Pty) Ltd is a dynamic company with many facets, and we are looking for a young, energetic manager with + 10 years of experience.
The role would report directly to the Operational Director
• Formal training in Management would be advantageous
• Experience in the management of Nurseries, Restaurants, Events and Bars will be to your advantage
• Personal attributes – A creative problem solver who can think out of the box with a go-getter attitude, topped off with a pleasant personality
Resumes or CVs can be sent to awiefrey@gmail.com Applications close 9th October 2025.
Adres:
Omgewingsbestuurswet, 1998 (Wet Nr 107 van 1998) vir die voorgestelde verbouing van 30 hektaar wingerd (wyndruiwe) en infrastruktuur wat die skoonmaak van ongerepte grond vir landboudoeleindes behels. 'n Watergebruikslisensie sal vereis word aangesien verbouingsaktiwiteite naby waterlope plaasvind.
Ligging: Gedeelte 39 (’n gedeelte van gedeelte 6) van die plaas Rietvallei 115 naby Robertson, Langeberg Plaaslike Munisipaliteit, Wes-Kaap.
Gelyste Aktiwiteite: Aktiwiteite is geïdentifiseer ingevolge beide Lyskennisgewing 1 en Lyskennisgewing 2 van die EIA-regulasies, 2014, soos gewysig, en daarom sal n omgewingsimpakstudie uitgevoer word om omgewingsmagtiging vir die voorgestelde projek te kry Geïdentifiseerde aktiwiteite sluit in:
Lyskennisgewing 2 (GN R 984): - Aktiwiteit 15: “Die skoonmaak van 'n gebied van 20 hektaar of meer inheemse plantegroei, uitgesonderd waar sodanige skoonmaak van inheemse plantegroei vereis word vir 'n lineêre aktiwiteit; of onderhoudsdoeleindes wat onderneem word in ooreenstemming met 'n onderhoudsplan”.
Lyskennisgewing 1 (GN R 983): - Aktiwiteit 12(ii): Die ontwikkeling van infrastruktuur/strukture met 'n fisiese voetspoor van 100 vierkante meter of meer waar sodanige ontwikkeling binne in of binne 32 m van 'n waterloop plaasvind. - Aktiwiteit 19: Die invul, storting van enige materiaal van meer as 10 kubieke meter in of die baggerwerk of verskuiwing van grond, sand, klip of rots van meer as 10 kubieke meter uit 'n waterloop gewerk word.
Aktiwiteite gelys ingevolge Artikel 21 van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) wat 'n Watergebruiklisensie (WUL) vereis, sluit in:
Artikel 21(c): belemmering of afleiding van die vloei van water in 'n waterloop.
Artikel 21(i): verandering van die waterbeddings, oewers, of van 'n waterloop. Proponent: Goedemoed Agri (Edms) Bpk. Omgewingsevalueringspraktisyn (EAP): Green360 (Edms) Bpk en Enviromin Projects (Edms)
Donderdag, 25 September 2025
Young Good Hopes klop Alberts
So naby en tog so ver
Alver Uys
Alle paaie het die afgelope Saterdag (20 September) na Bolandpark gelei waar die Boland se verpligte promosie/relegasie-wedstryde in die Groot- en Streekuitdaagreeks vir die 2025-seisoen in alle erns plaasgevind het. Die eerste wedstryde het reeds om 10:00 afgeskop met Atlantics van Hermanus wat teen Elandskloof buite Villiersdorp kragte gemeet het.
Met hul sege van 48-19 het die vissermanne van die Overberg seker gemaak dat hulle volgende seisoen weer in hul streek se Grootuitdaag-kompetisie gaan deelneem. In ’n ander promosiewedstryd het Tulbagh met 38-32 korte mette met Evergreens van die Paarl gemaak om sodoende hul plek in die Witzenbergafdeling van die Grootuitdaagkompetisie te bespreek. Boonop het die Boland se o.21-span teen die SWD Arende te staan gekom en met sprankelende hardlooprugby met 52-31 geseëvier om die groot skare ekstra waarde vir hul geld te gee.
BESOEKERS UIT LANGEBERG
UITEINDELIK BAAS TEEN
TUISSPAN VAN BREËRIVIER NÁ
WIPPLANKRYERY
Dit was egter die kragmeting tussen Breërivier se Streekuitdaagkampioene Alberts en Langeberg se Streekuitdaagkampioene Young Good Hopes wat die skare met uitstekende hardlooprugby op hul voete gehad het. Young Good Hopes was ná ’n wipplank-ryery uiteindelik met 37-36 baas nadat die twee uithalerspanne teen waterdrinktyd met 17-15 in die besoekers se guns gedraai het.
Die besoekers (Young Good Hopes), wat teen ’n fris windjie in afgeskop het, het sommer in die tweede minuut die voortou geneem toe sy losskakel, Gregory van der Bank, ná verskeie fases met
’n maklike strafskop geslaag en sy span 3-0 laat voorloop het. Nou behoorlik aangevuur, het die telling tot 10-0 gestyg toe die woelwaterflank Alvin Martinus oorgeduik en Van der Bank verdoel het. Alberts het egter met mening teruggeslaan toe sy linkervleuel, Cubitt Micheals, naby die pale oor is en sy heelagter, Jadrian Buys, verdoel het om die agterstand na 10-7 te laat krimp. Kort hierna is sake gelykgemaak toe die einste Buys met ’n blitsige skepskop geslaag het. Kort hierna het Alberts die voortou geneem toe Buys vir ’n onvervyfde drie oor is. Die besoekers het egter die voorsprong kort voor rustyd herwin toe die agsteman, Kenan Siljeur, oor is en Van der Bank verdoel het om hulle 17-15 te laat voorloop. Ná rustyd het Alberts weer die voortou geneem toe Micheals vir sy tweede drie oor is en Buys vir ’n 22-17-voorsprong verdoel het. YGH het egter nooit bes gegee nie en sake weer gelyk gemaak toe sy binnesenter, Dylan Tities, vir ’n onvervyfde drie oor is. Alberts het weer voorgeloop toe die plaasvervanger-skrumskakel Ashwinn Syster gedruk en Buys vir ’n 29-22-voorsprong verdoel het. Kort hierna was sake weer gelyk toe ook Martinus vir sy tweede drie oor is en sy heelagter, Brendan Plaatjies, verdoel het. Hierna het hulle die voortou geneem toe Plaatjies met ’n strafskop geslaag het. Alberts het egter hard teruggeslaan toe die plaasvervanger-losskakel Shaan-Jay Lucas oorgegaan en Buys verdoel het om die tuisspan met 36-32 te laat voorloop. Kort voor die einde het die prentjie egter drasties verander toe die linkervleuel Kirwan Cupido in die hoekie oor is om Young Good Hopes met 37-36, wat ook die eindtelling was, te laat voorloop.
Nog ’n gewilde sportsoort
word deel van Fit2Run
Die eerste lid van die Tafeltennis-afdeling van Fit2Run, Henry Philander, het in Maart vanjaar by Fit2Run aangesluit en sy eerste speler, Tamzin Human, saamgebring. Intussen het Robyn Blom se pa haar vroeg in September kom inskryf. Philander, nou 71, het sowat twee jaar gelede besluit om weer atletiek en tafeltennis af te rig as dienslewering aan die gemeenskap – veral aan juniors wat nog nie hul eie geld verdien nie. Philander was van 1983 tot 1996 die sameroeper (administrasie), afrigter en spanbestuurder van Boland-hoërskole-tafeltennis. Hy het in 1990 die sameroeper van die Suid-Afrikaanse senior skole-sportvereniging (wat ook Sassa genoem word) vir tafeltennis geword, totdat die Verenigde skolesportvereniging van Suid-Afrika (Ussasa) in 1996 oorgeneem het. Hy voel hy het genoeg ondervinding om weer ’n positiewe bydrae tot tafeltennis te lewer.
Aangesien hulle net die hoogste standaarde vir tafeltennis wil handhaaf, is ’n ooreenkoms met Graham van As aangegaan om gereeld van sy afrigtingsdienste gebruik te maak. Die eerste afrigtingskliniek met hom is die afgelope Saterdag
(20 September) aangebied. Hulle bied slegs persoonlike afrigting aan, dus moet kinders eers by ’n klub aansluit of vir hul skool speel. Die ouer of afrigter moet aansoek doen. Indien die speler reeds oor ’n afrigter beskik, word verkies dat die afrigter ook hier sy/haar afrigting moet kom doen. Philander beklemtoon dat hulle op dieselfde beginsel as Fit2Run werk en dus nie ’n klub is nie, maar wel enige klub of skool se lede vir afrigting aanvaar. Bel Philander vir enige verdere inligting by 081 438 5357 of kontak hom per e-pos by henry.fit2run@gmail.com.
Graham van As (afrigter van die nasionale tafeltennisspan), Robyn Blom, Tamika van As (nasionale kampioen in die afdeling vir meisies o.13 en o.15), Tamzin Human en Henry Philander.
Worcester Golf Club Combined Stableford played on Saturday 20 September
1. Gerhard de Bruijn and David Francke 61
Sarel Pieterse and Niel Louw 59
Andre Holtzhausen and Fred Roothman 57
Braam Boshoff and Jurie Brand 57
Tamzin Human (Titans-tafeltennisklub en die Hoërskool Montana); Henry Philander en Robyn Blom (Titans-tafeltennisklub en Worcester Primêr).
Ambulans en mediese hulp elders besig Man sterf terwyl hy wag
Ronél van Jaarsveld
’n Busbestuurder in De Doorns, wat siek gevoel het, is verlede week inderhaas na die ambulansdienste toe geneem, maar daar was glo niemand nie. Die man is oorlede terwyl hy om hulp gewag het.
Verskeie inwoners het op sosiale media gekla dat hulle lank moet wag wanneer ambulansdienste benodig word. Die ambulanse is dikwels reeds met ander pasiënte besig en kan nie onmiddellik reageer nie.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het intussen gevra dat inwoners die noodnommers 10177 op ’n landlyn en 112 op ’n selfoon skakel sodat die naaste beskikbare ambulans gestuur kan word.
Die eienaar van die busdiens vir skoolkinders, wat verkies om anoniem te bly, sê die bestuurder het hom verlede Maandagoggend (15 September) gebel en gesê hy voel sleg. Hy het toe
die kinders skool toe geneem.
“Ons het gereël dat een van die ander busbestuurders hom gou oplaai en by die ambulansdienste kry, maar daar was niemand in sig nie. Ons is uit
radeloosheid polisiekantoor toe. Niemand daar kon ons help nie.”
Hy sê hulle het baie lank gewag vir iemand om op te daag. “’n Ambulans is uiteindelik
uit Touwsrivier gestuur, maar dit was te laat,” sê hy.
Die man se lyk het in die bus bly lê totdat hy gehaal kon word.
Shimoney Regter, ’n woord-
voerder by die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het die voorval bevestig.
“Die De Doorns-polisie het die oggend van 15 September om 06:59 [gebel] oor ’n pasiënt wat mediese sorg benodig het. Ons nooddienste se kommunikasiesentrum het dadelik reageer en die naaste ambulans uitgestuur,” sê sy. “Die span van die De Doorns-ambulans was op pad terug nadat hulle ’n pasiënt na die Worcesterprovinsiale hospitaal geneem het en was nog nie terug by die basis nie. ’n Ambulans van Touwsrivier is om 07:02 gestuur. “ ’n Mediese noodwerker van die De Doorns-ambulansdiens het na die pasiënt omgesien voordat die ambulans opgedaag het. Die pasiënt was met die ambulans se aankoms ongelukkig reeds oorlede.
“Vir mediese noodgevalle moedig ons die publiek aan om 10177 op ’n landlyn en 112 op ’n selfoon te skakel.”
Regter het haar meegevoel met die man se familie betuig.
’n Werkgewer wat ’n siek busbestuurder na die ambulansdienste in De Doorns gehaas het, is ontsteld omdat niemand daar was wat dadelik kon help nie. Die ambulans was glo besig met ’n ander pasiënt en ’n ander ambulans en mediese span is uit Touwsrivier gestuur.