Swartland Gazette E-edition - 25 March 2025

Page 1


Jaargang

’n Ondersoek i departemen ontwikkeling van stapel dat bek wanbestuur en onreëlma ’n plaaslike tehui Malmesbu onder hulle aandag geb

bestuurder vir navraag aan die deeglik king tot bejaardes. Di verklap dat ’n nakoming tans uitgevoe geen verdere i bekend gemaak mag word sedert einde verle woed to

Man se hand afgekap

Onwettige betreders na wie verwys word as “vodde-rapers” op soek na goed uit die afval by die plaaslike Highlands-stortingsteirrein, se teenwoordigheid – wat glo al ’n geruime tyd veroordeel word – het onlangs nog ’n wending geneem toe een van hulle se hand met ’n panga afgekap is.

Die voorval het na bewering om 16:00 die middag op 13 Maart ten aanskoue van talle werkers en inwoners plaasgevind. Volgens inwoners wat die terrein gereeld besoek, is daar daagliks sowat vier vodderapers uit nagenoeg 50 wat die terrein met pangas betree. Ooggetuies het die voorval met die Gazette gedeel in die hoop om die gevaarlike situasie die hoof te bied en te voorkom dat nog so gewelddadige voorval plaasvind.

Die Swartland-munisipaliteit het in sy terugvoer gesê ’n voorval van geweld tussen die sogenaamde vodderapers is ook onder sy aandag gebring. Volgens die munisipaliteit ervaar hy tans uitdagings met die mense wat die Highlandsstortingsterrein onwettig betree om te probeer aas uit die afval wat gestort

word en onwettig probeer om op die terrein te plak.

Volgens die munisipaliteit doen Swartland se wetstoepassingsafdeling daagliks rondes om die sogenaamde vodderapers te verhinder en plakkers by die fasiliteit te verwyder, maar sê die grootte van die afvalterrein en beperkte mannekrag maak dit baie uitdagend.

“Dit skep ongelukkig ’n minder veilige omgewing by die stortingsterrein,” voeg die munisipaliteit by.

“Die munisipaliteit bly egter daartoe verbind om die Highlands-stortingsterrein tot die hoogste standaarde en binne die vereistes van wetgewing te bedryf.

“Juis daarom is ’n projek om ’n nuwe sel te ontwikkel, teen ’n koste van nagenoeg R46miljoen tans onderweg en is altesaam R4,5 miljoen daarvan begroot om ’nnuwe heining in die komende boekjaar aan te bring.”

Die munisipaliteit het in die nuwe boekjaar (van 1 Julie 2025 af) vir ’n nuwe heining rondom die perseel begroot, wat sal help om veiligheid en toegangsbeheer by die stortingsterrein te verbeter. Die implementering van addisionele veiligheidsmaatreëls word ook bespreek.

Die owerheid voeg by dat reusagtige koste egter daaraan verbonde is.

“Toekomstige ooreenkomste met diensverskaffers by die verwerkingsaanleg sal ook meer voorsiening maak vir veiligheidsmaatreëls wat deur die diensverskaffer ingesterl sal moet word.”

Die munisipaliteit maan inwoners om paraat te wees wanneer hulle vullis by die stortingsterrein gaan aflaai

“Wetstoepassingsbeamptes sal aanhou om die omgewing te patrolleer, maar totdat ’n nuwe heining geïnstalleer is, sal die vodderapers ongelukkig steeds problematies wees,” erken die munisipaliteit.

Die plaaslike polisie van Malmesbury het die voorval bevestig.

“Die persoon wie se hand afgekap is, het ook die terrein onwettig betree om na skrootmateriaal te soek. Hy het ’n stryery met ’n ander onwettige delwer gehad,” het sers. Henry du Randt bevestig.

“Die polisie was op die toneel, waarna die noodienspersoneel die man en sy afgekapte hand na die plaaslike hospitaal geneem het.”

Die verdagte is intussen aangekeer.

Ná 15 j. skuldig aan moord

Alida Buckle

'n Man wat 15 jaar gelede sy jong vrou voor haar verskrikte minderjarige kinders doodgeskiet en hul ouma in die kop gewond het, is verlede Maandag (17 Maart) in die Clanwilliam-streekhof skuldig bevind aan moord en poging tot moord.

Albert Finana, destyds ’n werker by ’n aartappelaanleg, het die Weskus in 2010 geskok met sy middernagtelike orgie van geweld in Lambertsbaai, wat tot die dood van sy vrou, Nadia Finana (29), gelei het. ’n Gewapende Finana het om middernag op Vrydag 30 April 2010 by Nadia se ouers, Lodewyk en Anna Oktober, se huis in Quickview-singel opgedaag. Sy was hul enigste kind.

Nadia het die week vantevore besluit om haar kinders, Nadeeka (destyds vyf) en Loweano (toe 14), te vat en uit die huis wat sy met Finana gedeel het, te trek. Sy en die kinders is na haar ouerhuis, waar die treurspel afgespeel het.

Lodewyk het destyds bedroef en ver-dwaas aan Weslander se susterskoerant, die Swartland Gazette (Monitor), vertel ’n 16-jarige seun in die huis het

gehoor hoe Finana sy pistool buite die huis oorhaal. Die seun het die slagoffers gewaarsku. Die volgende oomblik het Finana ’n skoot op die hoofslaapkamervenster afgevuur. Die venster het aan skerwe gespat en hy het dit verder oopgetrap. Hy het sy skoonma in dié slaapkamer geskiet en daarna is hy na die kamer waar sy vrou en die twee kinders was.

Loweano het probeer keer dat Nadia die deur oopmaak, maar toe sy oopmaak, het Albert voor haar gestaan en haar in die bors geskiet. Sy is op die toneel dood. Volgens Lodewyk het Albert hierna die vuurwapen op die kombuistafel neergesit en by die huis uitgehardloop. Hy het hom later aan die polisie oorgegee. Lodewyk het destyds gesê hy was dié Vrydag op see en het die aand in Laaiplek oorgebly. Hy is hier telefonies oor die skietery by sy huis in Lambertsbaai meegedeel Anna, wie se gesig geskend is ná die aanval, het verwys na die letsels wat die skokkende voorval op hulle almal gelos het – haar fisieke letsel, maar die kinders se emo-

sionele letsels.

Maandagmiddag het Lodewyk, Anna, ’n volwasse Nadeeka en Loweano en ’n groep vriende en familie ná die skuldigbevinding hulle verheug dat geregtigheid uiteindelik vir Nadia op pad is. Sy is as ’n saggeaarde, liefdevolle mens beskryf – baie huisvas. Lodewyk het ná die hofverrigtinge gesê hy is baie bly.

“Ek is dankbaar vir die Here dat die saak nou na ’n einde toe kom.”

Finana is skuldig bevind en sy borgtog van R2 000, wat al soveel jaar gelede aan hom toegestaan is, is teruggetrek.

Die saak is uitgestel tot 14 Julie vir vonnisoplegging – meer as vyftien jaar nadat Nadia vermoor is. Landdros John Ehlers hanteer die saak.

Finana dra glo tot die familie se ontsteltenis met elke verskyning die hemp wat hy op sy en Nadia se troudag gedra het.

Dros open sy deure Saterdag

Die nuwe Dros in Piet Retiefstraat, wat voorheen die Beef and Barrel gehuisves het, open eerskomende Saterdag (29 Maart) amptelik sy deure vir die publiek Die vriendelike eienaars en bestuur staan reg om klante te verwelkom vir ’n aangename eetervaring saam met familie en vriende. Agter (van links) is

FRIDAY EVENING

Kom geniet ‘n glasie wyn & “live music” 28 Maart 2025 vanaf 17:00 //

Come enjoy a glass of Wine & Live Music on 28 March 2025 from 17:00.

SATURDAY MORNING

Open For Trade

29 Maart 2025 om 08:00 // 29 March at 08:00

Pieter Koch sr. (eienaar)en Pieter Koch jr (bestuurder) Voor: Dominique Olivier (assistentbestuurder) en Leoné Koch (direkteur/eienaar) Foto: Loraine Malan
Nadia Finana (29)
Albert Finana

Van bl. 1

“Dit is sedert die ontstaan van die ACVV ’n integrale deel van sy doel stellings om vrywilligers by dienslewering te betrek. Vir die MGA is voortdurende insluiting van vrywil uit ons dorp noodsaaklik vir toepaslike bestuur en vir beheer en beskerming van geld,” meen ’n sameroeper van die groep, luidens ’n verklaring uitgereik deur MGA

Ongelukkigheid is wéér deur die aksiegroep geopper omdat die ACVV-hoofkantoor op 25 Februarie tydens ’n ledevergadering na bewering een ACVV-bestuur vir die Malmesbury-affiliaal verkies en al die diensver takkings daaronder ingesluit het Sy verduidelik dat die vorige struktu ur bestaan het uit verskeie bestuurskomitees vir die onderskeie diensvertakkings soos dié vir Aandskemering, die dienssentrum bejaardes, asook die Amandelrugaftreeoord.

Die ACVV-bestuur vir die Malme bury-affiliaal is dus op daardie dag verkies nadat ’n mosie van wantroue teen voormalige bestuurslede boonop gedurende ’n spesiale algemene ver gadering ingestel is en hulle wéér tot die nuwe bestuur verkies is. Meintjies meen die mosie van wantroue was nie regsgeldig nie en is nie volgens die geskil-besleg-voorskrifte in die ACVV grondwet ingedien nie. “Dit moet deur ’n ingeskrewe lid van die ACVV-affil iaal, deur die proses soos in die ACVV grondwet voorgeskryf, as ’n skriftel geskil voorgelê word.

Die nuwe lede wat in Januarie om lidmaatskap aansoek gedoen en ledegeld betaal het, is uit die vergadering gehou. Meintjies verduidelik dat bestaande ACVV-lede nuwe voornemende lede kan benoem, welke nuwe lid deur die bestaande lede by ’n ledevergadering aanvaar kan word. Lidmaatskap van ACVV vereis dat ’n voornemende lid die ACVV-grondwet en beleide moet aan vaar, onderskryf en hulle daarmee moet vereenselwig. “Geen nuwe lede is op genoemde vergadering deur bestaand

l sien

uiteindelik onbekostigbaar sal wees vir die huidige pasiënte wat daar woon, doen tans die ronde. Meintjies het die bewerings ontken en gesê hulle is nie bewus daarvan nie.

OOR119JAAROPGEBOU

“Baie van ons voorgangers en ouers wat tans inwoners van Aandskemering en Amandelrug-aftreeoord is, het bygedra tot die bates wat oor 119 jaar in die ACVV-tak opgebou en tot stand gebring is. Die MGA is verontrus oor die huidige verwikkelinge sonder om die gemeenskap van Malmesbury hieroor in te lig en is verbind tot rentmeesterskap van die huidige bates en geld,” lui die aksiegroep se verklaring verder Meintjies het die bewerings dat die ACVV die plaaslike gemeenskap vervreem en nie deursigtig is nie, as teleurstellend beskryf aangesien die ACVV graag met rolspelers in diens van die gemeenskap wil saamwerk. “Die ACVV is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat uitsluitlik deur vrywilligers bestuur word met die doelwit om ’n welsynsdiens te lewer.” Sy voeg by om deursigtigheid en gesonde korporatiewe bestuur te verseker, word gereelde bestuursvergaderings gehou en volgens die ACVV se grondwet, beleide en praktykkodes gewerk asook die wetlike praktyke soos voorgeskryf deur die NPO-wetgewing en die betrokke departemente waar nodig.

e e n Niekerk, ’n anneks van k gemaak

“Die werklikheid is dat ons afhanklik is van die toewyding van individue wat hul eie tyd, energie en dikwels persoonlike hulpbronne opoffer om die bedrywighede te bestuur.”

Die ACVV vra dat die gemeenskap hul hand vat. “Verskeie pogings is van stapel gestuur om lede en vrywilligers te werf wat die ideale van die ACVV onderskryf. Ons moedig alle belangstellendes aan om die proses te volg om as lid aan te sluit en deel te word van ’n netwerk toegewyde individue wat werklik ’n verskil in hulle gemeenskappe maak.” Lucia Smuts, die nasionale bestuurder vir ouer mense, sê die departement sal op die regte tyd terugvoer gee

Mag hierdie t ou uitgesorteer word

Ek droom ’n droom van ’n outehuis in Malmesbury waar vrede heers – ’n plek waar inwoners en personeel floreer sonder ernstige aanmanings dat hulle moet swyg oor die onverkwiklikhede wat tans daar heers.

Ek droom die senior bestuurslede sal besef hoe belangrik dit is om openlik te kommunikeer met ’n gemeenskap wat vir die tehuis en sy inwoners omgee Ek droom ’n droom dat hierdie bestuurspan, wat in die middel van omstredenheid oor hierdie outehuis staan, bewustelik sal kies om vredeshande uit te steek en gesprek te voer met skenkers en vrywilligers wat reeds jare lank die tehuis tot ’n selfstandige entiteit help ontwikkel het – Aandskemering-tehuis vir bejaardes, waar inwoners gekoester gevoel het Dié tehuis waar skole, vroue- en kerkgroepe, diensorganisasies soos

die Lions en ander kundiges die inwoners gereeld bederf het met konserte, braaivleisetes, bederf-tees en lente- en valentynsdagvieringe; waar ’n kundige vrywilliger in haar vrye tyd stoelgim-oefeninge vir inwoners aangebied het Selfs 93-jariges het

g dog, eesp ontwikkel het nie Niemand sou vermoed het notules word beweerdelik gemanipuleer om sekere doelstellings te bereik nie Met die horlosie-terugdraai-aksie sou ’n skenker nie sy R700 000-skenking teruggetrek het nie; die uitstekende instelling

eeds bestaan ers sou hul om ’n ywilligers en oom dat senior vy met respek sal al aanbied– ’n hand e onderhandelinge odat almal kans eer eit dat die

g asie op gr eeds wonderlike dienste vir hul kliënte lewer, maar op topbestuursvlak sal deelnemers hopelik terugdelf na die organisasie se stigtingsdoelwitte: Vroue wat mekaar wou ophelp ná die vernietigende uitwerking van die Vryheidsoorlog met hoofsaaklik

maatskaplike en beskermingsdienste aan kinders en bejaardes.

Is dit ’n futiele droom dat die verskillende groepe saamwerk met een gemeenskaplike doel – omgeedienste aan die weerloses van die samelewing?

Hoewel alle drome nie waar raak nie, droom ek ’n dringende droom dat hierdie dorpstameletjie spoedig met inskiklike harte en vredige samesprekings uitgestryk sal word.

Op watter ander manier sal ons volgende jaar die ACVV se 120ste jaar in Malmesbury kan vier?

•Geskryf in die idioom van Martin Luther King, die Baptiste-predikant se I have a dream’toespraak in 1963 in Washington in sy soeke na respek en gelyke geleenthede vir alle Amerikaners

Goedgedacht enjoys new partner

A promising new partnership was recently formed between the Goedgedacht Trust and Riebeek Special School. This initiative came forward following an insightful visit by Dr Andre Rowan, education specialist and psychologist of the school to Goedgedacht’s open day at the POP Centre in Riebeek West in November last year.

"During this visit, it became evident that the school could greatly benefit from the various community-focused initiatives offered by the trust," says digital manager Lavern Maarman, in a press statement.

The Riebeek Special School, is a skills-based school focused on providing hands-on workshops and practical training in various vocational fields, including woodwork, haircare, general maintenance, office practice, mechanics, welding, agriculture, upholstery, hospitality and much more.

The Goedgedacht Trust, an

NGO dedicated to empowering rural communities in the Swartland region, achieved to create sustainable opportunities for growth and development through this new venture.

"As part of this collaboration,

five learners from the school had the opportunity to gain valuable real-world experience through practical training at Goedgedacht Trust's departments. Over the course of a week, the learners were im-

mersed in our hospitality and agriculture departments, learning essential skills that will empower them as they move forward in their careers."

This initiative is according to the trust, a crucial step in creating pathways for these learners to gain practical experience and increase their chances of finding meaningful employment in the future.

“Following the signing, staff members from Riebeek Special School visited the farm to tour the various departments where the students had been working.

"The visit gave them an opportunity to see firsthand the positive impact the programme had on the learners.

The hospitality team played a vital role during the visit. Under expert guidance, the learners were able to refine their culinary skills and gain confidence in a professional setting. This experience not only enhanced their abilities but also fostered a sense of accomplishment. This partnership between Goedgedacht Trust and Riebeek Valley Special School represents a

powerful collaboration, one that will have a lasting positive impact on the learners involved," Snyman added.

Sixty60- aanlyn winkel doen nou Shoprite-aflewerings

Die Sixty60-afleweringsdiens verbonde aan Checkers het nou sy vlerke wyer gesprei en begin eersdaags inkopies van Shoprite aflewer.

Die nuus kom met ’n bietjie gemengde

gevoelens.

Sommige klante voel dit is ’n goeie toevoeging tot die diens terwyl ander ook wil weet hoe dit moontlik die verkeer gaan raak.

Volgens die Shoprite-groep se mediaspan volg die besluit ná ’n suksesvolle loodsprojek in die Wes-Kaap en Gauteng. Die dienste sal by 19 Shoprite-winkels in agt provinsies bekendgestel word.

G H VERWERKING &

“’n Gefaseerde ontplooiing sal verseker dat elke nuwe ligging die uitnemendheid en doeltreffendheid lewer wat met Sixty60 sinoniem geword het.” - Chantélle Hartebeest

On Thursday, 6 March, the partnership was officially formalised as the agreement was signed by both the Principal of Riebeek Special School, Ricardo Rickett and the managing director of the trust, Dr Deon Snyman.
One of the highlights where learners were actively involved in preparing and serving food to the staff members of their school on their visit

Bejaarde fnuik identiteitsdiewe

’n 64-jarige vrou van Vredenburg het gelukkig betyds snuf in die neus gekry toe ’n identiteitsdief haar bel met ’n vet liegstorie oor ’n pakkie aan iemand in Moembaai, Indië, wat by die Bloemfonteinse lughawe gevind is

Erika Smalberger was verstom toe dié vreemdeling haar op die naam en van aanspreek en haar identiteitsnommer vir haar voorlees Hy kon egter nie haar adres bevestig nie

Die man het haar Maandag 17Maart omstreeks 14:30 gebel en gesê hy bel van die Bloemfonteinse internasionale lughawe se doeanedepartement af Die bedrieër het voorgegee daar is ’n pakkie wat Smalberger aan ’n man gestuur het – aan ene “Mr San Jasin, Shop 55, N4 Road, Ramchrimargar, Mumbai, India, 4005”

Hy het glo die afleiding gemaak omdat Smalberger se naam en van en identiteitsnommer as versender aangedui is Sy was stomgeslaan toe sy hoor dat die inhoud van die pakkie 16 leë paspoorte, 58 OTM-kaarte en 104 mg Ecstacy insluit Smalberger is gedreig

dat dié onwettige inhoud haar polisieklaringstatus gaan beïn-vloed Die man wou haar daarna met alle mag “deursit” na die blitslyn van die bedrog-afdeling in Bloemfontein, maar Smalberger, wat teen daardie tyd besef het dat iets groot fout is, het op haar beurt aangedring om die nommer van die sogenaamde “blitslyn” en gesê sy wil dit self skakel

Sy is gedreig dat ’n strafsaak teen haar aangemeld gaan word omdat sy nie binne twee ure by die Bloemfonteinse polisiekantoor sal kan aanmeld nie Toe sy egter vra of sy eerder na die naaste polisiekantoor toe kan gaan, het hy gesê sy kan nie, hy moet haar “deurskakel” na die bedroglyn toe Smalberger het vermoed as sy “deurgesit” sou word, die volgende vraag oor haar bankbesonderhede sou gegaan het. Sy het later bloot die foon dood-gedruk nadat sy hom gepeper het met vrae wat hy nie kon of wou antwoord nie Sy is hierna onmiddellik na die Vredenburg-polisiekantoor toe Terwyl sy daar was, het ’n tweede man haar van ’n ander nommer af gebel en haar die pakkie se verwysingsnommer “deurgegee” as “SA 683546170

Transaction 10 4018117 59 60 1212”, wat eindig met die datum

as 7Maart 2025

Smalberger het haar selfoon vir die polisiebeampte gegee sodat hy self met die man kon praat Die polisiebeampte het daarna vir haar gesê die man klink soos ’n Nigeriër

Terug by die huis het Smalberger die nommer vir die werklike doeanedepartement by die Braam Fischer- internasionale lughawe in Bloemfontein gebel Chess van den Berg, ’n personeellid by die departement, het haar tot haar skok ingelig dat sy die 129ste persoon is wat oor die einste “pakkie” bel Volgens Van den Berg werk ’n Indiër, ’n Nigeriër en ’n vrou van Afrika-afkoms saam om mense in veral die Wes-Kaap en Gauteng met dié storie te bedrieg

Hy het Smalberger aangeraai om ’n bekentenis by die polisie te gaan aflê vir ingeval bedrog met haar persoonlike inligting gepleeg is Daarin bevestig Smalberger dat sy self in besit is van haar identiteitsdokument en paspoort en dat sy dit nie verloor het nie

Sy het op 12 Februarie vanjaar vir haar nuwe digitale identiteitsdokument aansoek gedoen “Ek wil ander mense waarsku sodat hulle daarop bedag kan wees ”

ID-diefstal al meer

Hoewel digitale identiteitsdokumente veronderstel is om verbeterde sekuriteit teen identiteitsdiefstal te bied, blyk dit uit verskeie aanlyn bronne dat identiteitsdiefstal en bedrog eerder toegeneem het.

Suid-Afrika se digitale identiteitsbedrog het volgens ’n studie van die Suid-Afrikaanse bedrogvoorkomingsdiens sedert die grendeltyd in die Covid-19pandemie eksponensieel gegroei Volgens dié studie het dit tussen 2023 en 2024 met 400% gestyg.

Weskussers beweeg na ’n tydperk van verhoogde vertroue op digitale stelsels en aanlyn transaksies, wat ongelukkig nuwe weë vir identiteitsdiefstal skep, aangesien misdadigers kwesbaarhede in hierdie stelsels uitbuit.

Een van die grootste bronne van data-oortredings is wanneer kuberkrakers toegang tot groot databasisse met persoonlike inligting verkry.

Misdadigers koop dié gesteelde persoonlike inligting op die Dark Web om identiteitsdiefstal te pleeg en gebruik phishing-e-posse (uitvissingsboodskappe) en oproepe en skadelike sagteware (malware) om gebruikers te mislei om persoonlike inligting te openbaar.

Identiteitsdiefstal het ’n invloed op die emosionele welstand van slagoffers, soos wat talle Weskussers die afgelope tyd agtergekom het.

Dit kan egter ook ’n ernstige uitwerking hê, soos finansiële probleme, skade aan krediet-

graderings, die ontkenning van krediet, verlies van werk, verwoeste reputasies en selfs misdaadrekords.

Weskussers, sakeondernemings en ander instansies moet maatreëls tref om persoonlike inligting te beskerm:

•Kontroleer gereeld kredietverslae en stel kredietwaarskuwings op om verdagte aktiwiteite te monitor

•Wees versigtig met persoonlike inligting aanlyn en op sosiale media.

•Wees bewus van phishingswendelary en moenie persoonlike inligting in reaksie op ongevraagde versoeke per e-pos, SMS, WhatsApp, Facebook of foonoproepe deel nie.

•Beveilig jou persoonlike inligting en maak seker dat afskrifte van jou identiteitsdokument veilig hanteer word.

•Moenie enige inligting gebruik waartoe vermoedelik toegang verkry is nie.

•Gebruik dubbele verifikasie vir alle rekeninge en produkte –veral vir finansiëlediensteprodukte.

•Registreer vir SMS-kennisgewings om jou te waarsku wanneer toegang tot produkte en rekeninge verkry word.

•Ondersoek en registreer vir kredietverwante waarskuwings wat deur kredietburo’s aangebied word.

•Gaan jou bankstate gereeld na. •Bykomende bronne: Your Own Trusted Identity (Yoti); Google AI-bronnelys.

Mosbolletjies: Bekende soet smaak

Namate die son die laaste somerdae in Maart oor die Bolandse wynlande gooi, is die wyndruifoes nog in volle gang.

Swaar vragte druiwe beweeg stadig op trekkers met kronkelende paaie langs op pad na wynkelders waar hulle in wyn omgeskep sal word. Maar vir diegene wat die tradisies van weleer koester, is dit ook die tyd vir iets anders – iets soets; iets troosvol; iets wat die hart laat warm klop met herinneringe: Dit is tyd vir mosbolletjies!

Só min geure is só diep in Bolanders se volkssiel ingeweef as die warm, soet reuk van mosbolletjies wat in die oond bak. Dit is ’n geur wat onmiddellik herinneringe aan ouma se kombuis oproep –’n kombuis waar die deur altyd oop was, die koffiekan altyd op die stoof gestaan het en waar altyd tyd was vir ’n stukkie warm mosbolletjie met botter wat stadig smelt en in die warm brood insink. Mosbolletjies is as’t ware deel van ons land se ryk kultuurgeskiedenis – ’n saamvloei van Nederlandse bakkuns, Franse wyninvloed en die unieke Suid-Afrikaanse wynboutradisie. Die Franse Hugenote, wat in 1688 in Franschhoek gevestig is, het hul wynmaakkennis saamgebring en daarmee saam ’n briljante idee: Om die eerste stadiums van druiwesapfermentasie – die “mos” – te gebruik as ’n natuurlike rysmiddel vir brood, maar ook ’n brood wat baie aan die tradisionele Franse soet, sagte brood – Brioché – herinner.

Die term “mos” verwys na druiwesap in die eerste stadium van fermentasie voordat dit gefiltreer word om wyn te

word. Dit is ’n lewendige, borrelende nektar vol natuurlike giste en die soet belofte van wynword. In tradisionele mosbolletjie-resepte word hierdie mos gebruik om die deeg te laat rys, wat ’n subtiele wynagtige, fermenterende karakter aan die bolletjies gee en wat eenvoudig onvervangbaar is. Moderne bakkers kan dwarsdeur die jaar mosbolletjies bak met druiwesap en kommersiële gis, maar enige kenner sal jou vertel – dit is net nie dieselfde nie. Die ware mosbolletjie, gemaak met egte mos in parstyd, het ’n diepte van smaak; ’n kompleksiteit; ’n siel wat nie nagemaak kan word nie.

Die bak van mosbolletjies is meer as net ’n resep volg – dit is ’n ritueel. In oumagrootjie se tyd was dit ’n daglange proses. Die mos moes vars van die naaste wynkelder af verkry word, die deeg moes geknie word met hande wat die kuns van broodbak deur geslagte verfyn het, en die pan mosbolletjies moes stadig naby die kombuisvuurherd of in die son rys – elke stap ’n daad van geduld en liefde.

En dan, uiteindelik, wanneer die bolletjies in die oond is, vul die huis met daardie onmiskenbare geur – warm, soet, effens wynagtig, met die fyn ondertoon van anyssaad. Dit is ’n geur wat kinders laat opkyk, ouer mense die oë laat toemaak in genot en vreemdelinge na die kombuis lok met die vraag: “Wat ruik dan nou so heerlik?”

En as die bolletjies ’n bietjie oud word? Dan word hulle in mosbeskuit omgeskep – stadig gedroog in ’n lou oond totdat dit die perfekte metgesel vir ’n koppie boeretroos is. In elke hap mosbolletjie proe jy nie net die soetheid van druiwe en die subtiele anysgeur nie; jy proe die son van die Boland, die ryk grond van die wynlande, die geskiedenis van

’n volk wat brood en wyn saam in iets onvergeetliks geweef het.

Nou, in hierdie parstyd, terwyl vragte druiwe verby beweeg op pad na hul wynbestemming, is dit die perfekte tyd om na hierdie tradisie terug te keer; om die kombuis met die geur van nostalgie te vul; om die kinders en kleinkinders nader te roep en te wys – só knie ons die deeg; só vorm ons die bolletjies; só deel ons die wondere van ons erfenis.

Tradisionele mosbolletjies

Wees gewaarsku – mosbollejties kan nie net in ’n paar uur opgetower word nie. Die natuurlike rysproses van die mos is stadig en gee die kenmerkende ‘langdradige’ tekstuur aan die brood.

Jy benodig:

2,5kg koekmeel

15ml sout

60ml anyssaad

750ml melk

250g botter

4 eiers

4 koppies suiker

1 liter witdruif-mos (17 / 18 balling)

Só maak mens:

Plaas die koekmeel, sout en anys in ’n groot mengbak. Verhit melk en botter tot kookpunt en laat afkoel tot louwarm. Voeg dan die eiers en suiker by die afgekoelde melkmengsel, klits baie goed saam en voeg by meel.

Nou is dit tyd om die mos by te werk. Roer met ’n houtlepel totdat als saam begin bind. Begin dan liggies knie. Hou ’n bietjie meel byderhand indien die deeg te klewerig is en voeg net effe by.

Knie dan goed vir ongeveer 15 minute. Wanneer mooi egalige deeg gevorm het, vryf die deegbal met ’n bietjie botter, bedek die skottel met kleefplastiek en ’n kombers en laat oornag op ’n warm plek

rys. Die volgende dag, wanneer die deeg goed gerys het, knie die deeg weer af. Smeer ’n bietjie gesmelte botter aan jou hande en rol die deeg in bolle effens groter as ’n gholfbal. Smeer jou broodpanne goed en pak die balletjies egalig in die broodpanne en laat staan die panne weer totdat dit vol gerys is.

Verhit die oond vooraf tot 180°C. Plaas die mosbolletjies in die oond en verlaag oondtemperatuur tot 140°C. en bak vir 45-60 minute tot goudbruin en deurgaar Verf met sterk suikerwater en keer uit op draadrakke. Eet die vars mosbolletjies met botter en ’n koppie boeretroos daarby.

Breek die ander rolletjies uitmekaar as dit heeltemal afgekoel het, versprei op jou oondrakke en laat hulle oornag in ’n verhitte oond van 100 °C uitdroog vir mosbeskuit.

Kokkedoor kry nuwe voorskoot

Kokkedoor kry ’n ander uitrusting en soek nuwe kossterre vir die tiende seisoen van kykNET se gewilde koswerklikheidsreeks. Die program trek nie net ’n nie nuwe voorskoot aan nie, maar kry ook twee nuwe beoordelaars

In sy volgende gedaante gaan die reeks as Kokkedoor: Son & see bekend staan, terwyl die koskenners Herman Lensing (37) en Yolani Abrahams (32) gaan besluit watter deelnemers koning kraai

Die TV-vervaardigher kykNET soek nou na deelnemers vir die reeks, wat in November en Desember ’n hoofgereg op die kykNET-spyskaart gaan wees

Kokkedoor: Son & see is die vyfde gedaante van die Kokkedoor-familie, waarvan die huidige reeks, Kokkedoor: Vuur & vlam, tans op kykNET uitgesaai word. Buiten Kokkedoor, wat in 2012 die eerste keer voorgesit is, en Kokkedoor: Vuur & vlam, was daar ook Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie

Volgens Kokkedoor se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, het Kokkedoor: Son & see ’n paar unieke bestanddele, wat dit van die vorige reekse onderskei.

“Mense moet as ’n span van twee familielede inskryf met boonop ’n generasiegaping van ten minste 20 jaar tussen die twee spanlede wees,” sê hy. “Dit kan byvoorbeeld ’n ouma en ’n kleindogter, ’n ma en seun, skoonsusters of niggies en neefs wees – solank hulle ’n soort familieverband het en die jongste spanlid minstens 18 jaar oud is.

“Nog ’n verskil is dat ons vir Kokkedoor: Son & see net na huiskokke soek en geen deelnemers met ’n kwalifikasie as professionele sjef mag deelneem nie

“Die rede hiervoor is dat Kokkedoor: Son & see die kollig wil laat val op die nostalgiese rol wat kosmaak in ’n familieverband speel en die manier waarop dit soos ’n goue draad tussen die verskillende geslagte loop.”

Die nuwe aanbieders het geen bekendstelling nodig nie, en al twee het al diep spore in die Suid-Afrikaanse koslandskap getrap. Herman en Yolani spog nie net albei met sjefskwalifikasies nie, maar

het ook elk reeds hul verskyning in talle kook- en leefstylprogramme op die kassie gemaak.

Volgens Yolani, wat ook ’n restaurateur is en in 2017 as die wenner van SARIE se voorbladgesigkompetisie aangewys is, wou sy nog altyd haar kosvernuf in die media deel. Herman, wat talle topverkoperboeke op sy kerfstok het en onlangs as Netwerk24 se smaakmaker van die jaar aangewys is, sê hy droom al van 2013 af om ’n Kokkedoor-beoordelaar te wees. Wat jy alles moet weet om in te skryf: •Kry die aansoekvorm by kyknet.tv en volg die stappe of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv.

•Sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April 2025.

•Die jongste lid van die span moet ten minste 18 jaar oud wees en die generasieen ouderdomsverskil tussen die spanlede moet ten minste 20 jaar wees.

•Die twee deelnemers móét ’n familieverwantskap hê, soos ’n ouer of stiefouer, oupa, ouma, skoonfamilie, ooms, tannies, niggies of neefs.

Mosbolletjies
Yolani Abrahams en Herman Lensing is die aanbieders van die jongste aflewering in die Kokkedoor-familie: Kokkedoor Son & see

Rolprentmeester herleef Fiela

Dit is ’n besondere kuns om gehalte- Afrikaanse rolprente met ’n dieper inslag en terselfdertyd vir die genot van ’n groter gehoor te vervaardig – ’n kuns wat Sonneblom Films sedert die jare sewentig vervolmaak het.

Die gedugte egpaar Katinka Heyns, as aktrise en regisseur, en die ontslape Chris Barnard as draaiboekskrywer, was ’n span wat die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf op ’n meesterlike manier help vorm het.

Tydlose rolprente soos Die wonderwerker, Paljas, Die storie van Klara Viljee en Fiela se kind het die verbeelding aangegryp met die wyse waarop bepaalde temas uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis met ’n fyn ondertoon van sosiale kritiek van die bepaalde tydsgees nuwe lewe gekry het. ’n Hele paar het selfs internasionale gehore meegevoer.

Die FAK se Kaapse kantoor het onlangs, met die herdenking van Dalene Matthee se afsterwe 20 jaar gelede, ’n buitelugfliekaand in Milnerton gehou en Fiela se kind vertoon. Die eregaste dié aand was Katinka en haar seun Simon Barnard, wat die rol van die klein Benjamin Komoetie in die geliefde negentiende eeuse Knysna-bosverhaal vertolk het.

“Dit was ’n gesellige saamkuieraand en die gehoor het vrae gevra en soms lekker saamgelag. Tydens die koffiepouse, terwyl hulle gewag het vir die son om te sak, het mense die geleentheid benut om in kleiner groepies met Katinka te gesels Sy het onder andere vertel van haar destydse besoeke aan Matthee en hul besoeke aan die bos wat moes

“toestemming gee” vir die maak van die rolprent,” vertel Elizma Smith, die FAK se kultuurnetwerkkoördineerder in die suide van die land.

Ná heerlike roosterkoeke vir aandete het almal hul kampstoele reggeskuif vir die

Oesfees-kuier met Valiant en kie op Solms Delta

FRANSCHHOEK – Dis min dat soveel groot name op een dag dieselfde verhoog deel, maar dis wat hierdie Saterdag (29Maart) by die Oesfees gebeur!

Emo Adams, Koos Kombuis en Valiant Swart is maar net drie van ’n rits musikante wat konsertgangers tot sonsondergang gaan laat stof opskop.

Die Solms-Deltawynlandgoed buite Franschhoek open dan weer sy deure vir musiekliefhebbers en die gemeenskap ter viering van die einde van die oes én Suid-Afrika se musiektalent.

Tommy Hall, dieuitvoerende hoof van die Solms-Delta-wynmaatskappy, sê die fees, wat sy terugkeer in 2024 ná sewe jaar gemaak het, bring musiek én kultuur bymekaar. “Die Oesfees is ’n wonderlike platform vir opkomende én gevestigde plaaslike kunstenaars en wanneer mense van heinde en ver onder die eikebome sit met die Groot Drakensteinberge in die agtergrond én boonop heerlike Kaapse kos en wyn geniet, word dit ’n wenresep.”

“Uithaler-vermaak” beloof

Emo Adams met sy aansteeklike energie en kenmerkende humor was ’n bekende gesig tydens die beginjare van Oesfees en sal soos sy broer Loukmaan en sy band verlede jaar konsertgangers van uithaler-vermaak voorsien.

Hall sê hy is ook verheug dat Koos Kombuis op die dinamiese program is: “Hy is soos Emo ’n gróót naam in Suid-Afrika en ek het baie respek vir sy musikale bydraes oor soveel jare.” Hy is net so opgewonde oor Valiant Swart se verskyning op vanjaar se Oesfeesver-

hoog: “Wie kan liedjies soos ‘Die Mystic Boer’ vergeet? Dis reeds in 1995 vrygestel, maar steeds ikonies.”

Anton L’Amour, die gesoute kitaarspeler wat al vir meer as 30 jaar van Suid-Afrika se topmusikante begelei, gaan die verhoog met Swart deel – ’n ou vriend en musikale kollega. (L’Amour het sy eerste solo-album, Dwaalvuur, in 2023 vrygestel.)

Nuweling maak opwagting

Nog ’n nuwe stem by vanjaar se Oesfees is dié van Luna Paige. Hall sê dié sanger en liedjieskrywer van Stellenbosch, wat as gaskunstenaar, gaan optree, is ’n groot aanwins vir die fees. “Mense sê haar musiek praat met jou hart en siel en ons sien uit om dit eerstehands te beleef.”

Geliefde plaaslike groepe soos die Papier Family Band, Die Soetstemme en Solms-Delta se eie Optelband, begelei deur die bekende Nick Turner, Schalk Joubert en Carlo Fabe, gee net nóg meer skop aan die dag se feestelikhede.

Oom Hannes Coetzee, die lepelin-die-mond-kitaarman van die Karoo, is nog ’n bekende Oesfeesgesig wat sy terugkeer maak.

Feesgangers kan ook uitsien na die sielvolle musiek met sy sterk Afrikaaanslag van Tribal Echo se Frazer Barry. Hy tree ook soos verlede jaar weer as seremoniemeester op.

Die ATKV sluit opnuut aan as ’n borg, waaroor Hall verheug is.

•Kaartjies kos R200 per persoon en is aanlyn by Solmsdelta.com en Plankton. mobi te koop. Die hekke maak 10:00 oop.

vertoning van die rolprent.

Katinka het interessante staaltjies tydens die maak van die rolprent met die gehoor gedeel, soos haar interaksie met die olifante en die samestelling van die rolverdeling. Oor Simon se rol as die klein Benjamin Komoetie in die rolprent, het Katinka gesê: “Ek het amper begin huil toe ek weer sy klein ronde boudjies gesien het.”

Dalene het met ontsag na die magiese effek van die bos en verskillende dimensies verwys

Katinka sê dit sou besonders wees as die rolprent die vierde dimensie vasvang, “maar die vyfde dimensie sou uitsonderlik wees”.

Dalene het by die première van Fiela se kind met verwysing na die vyfde dimensie aan Katinka gesê: “Jy het dit!”

Dalene se sentrale boodskap in die boek Fiela se kind is ook wat Katinka in die rolprent beklemtoon het. “Die Here vergewe ons baie dinge, maar Hy vergewe ons nie die onreg wat ons ’n kind aandoen nie.”

Katinka het haar belewenis van die aand verwoord toe sy aan die einde van die rolprent verwys het na haar ervaring van ’n besondere atmosfeer wat geheers het om die rolprent so onder die bome met liggies in die buitelug saam met almal te kyk – iets anders as ’n groot rolprentskerm.

Katinka is tans besig om nes te skrop in Negester Onrusrivier, ’n aftreelandgoed naby

Hermanus.

Die woord “Negester” lê haar na aan die hart. Sy sê min mense weet dit, maar dié woord is ’n sterk tema in D.J. Opperman se gedig “Negester en Stedelig” in die bundel Negester oor Ninevé. Die gedig gaan oor sy geestelike reis as ’n noodsaaklike komponent in die geheelbeeld van sy geloofservaring en -oortuigings. Simon is nou ’n mededirekteur van Sonneblom Films, wat toesien dat die maatskappy voortleef. Hy fokus meer op dokumentêre produksies en het reeds verskeie kreatiewe skeppings op sy kerfstok. Hy glo sy talent kom van albei ouers af. “My pa was hermeties, met ander woorde iemand wat maar ’n alleenmens is, met ’n fyn waarnemingsvermoë. Ek het ook hierdie persoonlikheid geërf, maar ek stel veral belang in mense en daarom fokus my dokumentêre op interessante Afrikanerpersoonlikhede.” Katinka speel steeds ’n belangrike rol in Simon se lewe. “Hoewel my ma nie meer op die stelle teenwoordig kan wees nie, vra ek nog gereeld haar raad. Sy het veral ’n fyn aanvoeling vir bepaalde emosionele registers wat in elke rolprent teenwoordig moet wees.”

Simon woon ook in Onrus en verklap dat sy volgende dokumentêre reeks oor ’n baie interessante en omstrede mens uit Suid-Afrika se onlangse geskiedenis handel.

Katinka Heyns (links) gesels met van die gaste by die spesiale vertoning van Fiela se Kind.

Paarl hét wel teengif vir slangbyt

Suid-Afrika, insluitend die Drakenstein, ervaar tans ’n tekort aan slangbyt-teengif weens die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) wat vertragings met die vervaardiging van die teengif in die gesig staar

Volgens ’n persverklaring deur NHLS, gedateer 7 Desember 2024, is die laboratorium weens opgraderings aan hul geriewe nie daartoe in staat om nuwe teengif te produseer nie Dit het tot die uitputting van al hul reserwes gelei

“Die NHLS het ’n opknappingsprojek vir SAVP se geriewe begin om produksiedoeltreffendheid te verbeter Die inisiatief beoog om vorige bekommernisse [oor] masjienonderbrekings, wat meestal veroorsaak is deur verouderde toerusting en onvoldoende infrastruktuur, die hoof te bied,” lui die persverklaring

Volgens die staatsbeheerde gesondheidslaboratoriumdiens is die opknappings voltooi en kan die produksie van teengif eersdaags voortgaan

Michéle Clarke, die DA se woordvoerder van die portefeuljekomitee van gesondheid asook ’n lid van die parlement, het op 6Maart tydens ’n virtuele portefeuljekomiteevergadering oor gesondheid die stem dik gemaak oor die tekort aan teengif

VolgensPaarl Post se WhatsApp-gesprek met haar was die vergadering nie oor die teengif-kwessie nie, maar nadat dit as besprekingspunt deur die

NHLS genoem is, het die DA “die geleentheid gebruik om hulle [die NHLS] ook oor die teengif-tekort te pols”

“Ons [die DA] is nie tevrede met die antwoorde nie en gaan vra dat die NHLS, die SuidAfrikaanse entstofprodusente (SAVP) en die departement [van gesondheid] so gou as moontlik terugkom komitee toe om spesifiek oor die tekort verslag te doen,” het Clarke gesê

“Die NHLS moet ook rekenskap gee aan die vermelde

tekorte [aan teengif] in hospitale en wat gedoen word om dit die hoof te bied,” lui ’n persverklaring wat Clarke uitgereik het Luidens dié persverklaring is die tekort nie uitsluitlik weens opgraderings nie, maar ook beurtkrag, wat ’n demper op produksie geplaas het Clarke het gesê beurtkrag was amper ’n “daaglikse realiteit vir bitter lank”

“Ons [die DA] wil verstaan hoe dit kan gebeur dat só belangrike fasiliteit geen teenvoeters

[alternatiewe krag] daarteen kon hê nie ” Suid-Afrika ervaar jaarliks ongeveer 4 000 slangbyte, met ongeveer 900 hospitaalopnames en 100 pasiënte wat teengif benodig Volgens Eduanne Niemand, ’n bekende slangvanger in die Drakenstein-vallei, word die uitwerkinng wat die tekort aan slangbyt-teengif inhou, oordryf Hy het verduidelik in die geval waar die Paarl-hospitaal of die Mediclinic Paarl nie teen-

gif aanhou nie, kan die pasiënt deur ’n respirator aan die lewe gehou word terwyl die teengif van ander hospitale af gekoerier word Dít geld veral in die geval van ’n slangbyt deur ’n Kaapse kobra, wat neurotoksiese gif het, en die vermoë om natuurlik asem te haal, verswak Volgens Leensie Lotter, ’n waarnemende woordvoerder van die Paarl-hospitaal asook die Weskus- en Overbergdistrik as deel van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, is die Paarl-hospitaal die enigste staatshospitaal binne die Drakenstein-munisipaliteit wat teengif aanhou en administreer Lotter het verduidelik die naaste staatshospitale buite die Drakenstein-munisipaliteit sluit in die Stellenbosch-hospitaal en die Swartland-hospitaal in Malmesbury “Voldoende slangbyt-, skerpioen- en spinnekop-teengif is egter tans by die Paarl-hospitaal in voorraad en die voorraad word opgevul sodra dit gebruik is “Tussen Januarie 2024 en Januarie 2025 is vyf gevalle van slangbyt by die Paarl-hospitaal aangemeld, [met] geen toename in hospitaalopnames of sterftes [wat] in die laaste jaar aangemeld [is] nie ”

Volgens Lotter kon alle slangbyt-gevalle by die Paarl-hospitaal die afgelope jaar suksesvol behandel word “Teengif-dosisse word gewoonlik beperk weens die kort rakleeftyd en hoë koste per dosis ”

Know your rights when interacting with the police

Understanding your rights when interacting with the South African Police (SAPS) is important to ensuring fair and lawful treatment Gazette's sister publication, the Paarl Post reached out to the Western Cape Police Ombudsman to clarify some common questions about what the public is entitled to in their dealings with the police

Below are the answers to some of these crucial questions

1 Firstly, the newspaper asked what are the key rights every citizen should know when interacting with the police

According to the Ombudsman, this answer can be found in Chapter 2 of the Bill of Rights of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (Act 108 of 1996)

This section in the Bill of Rights outlines the rights and freedoms guaranteed to all citizens of South Africa

It is a cornerstone of South Africa's democracy and human rights framework, ensuring that every individual is entitled to specific rights, such as the right to life, dignity, equality, freedom of expression, and access to justice, among others

Some key takeaways in this bill include:

• Section nine states that every per-

son (race, gender, ethnicity, religion, or any other factor) is equal before the law and has the right to equal protection and benefit from the law

• Section 12 of chapter two states that no one may be arrested or detained without just cause, nor subjected to excessive force by the police or any other source of violence

• Under section 17 citizens have the right to peaceful protest and cannot be arrested or assaulted by the police for lawful demonstrations

2 What are an individual's rights regarding search and questioning if they are stopped by a police officer in a

public place or at a roadblock?

The Western Cape Police Ombudsman states that police must have reasonable suspicion of an offence or unlawful possession before conducting a search In the case of a roadblock, proper authorisation under Section 13(8) of the Police Act is required According to a BusinessTech article from 29 March 2024, drivers have the right to ask officers the reason for the search and to request a valid search warrant If the officer cannot provide one, the driver may refuse the search However, excessive questioning could lead to accusations of obstructing justice and potential arrest To avoid conflict, it is advisable to remain calm Drivers also have the right to record the interaction without the officer's consent, although some may attempt to misuse obstruction laws to prevent filming

3 Are citizens legally required to provide identification to the police on demand?

According to the Western Cape Police Ombudsman, the answer is "yes" Under the Immigration Act, Police Act, and Criminal Procedure Act, individuals must provide identification when requested If they do not have it, they must be given a chance to retrieve it Failing to present an identification document, including a driver's licence when driving, is a criminal offence

4 How can a member of the public verify if a police officer, is indeed a police officer?

"Every police officer is issued with an appointment certificate/card which indicates that such person is a police officer A police officer must carry this on their person and produce it before conducting any search of arrest, even if the police officer is wearing a uniform," according to the ombudsman

5 What are the rights of citizens when opening a case at a police sta-

tion?

A citizen has the right to open a case at any police station and cannot be turned away or referred elsewhere The police will only open a criminal case if the necessary elements of a crime are present Civil matters will not be accepted and fall under the jurisdiction of civil courts Should an officer refuse to open a criminal case, the complainant should record the date, time and officer's rank and name (reflected on the name badge if the officer is in uniform) and report the matter to the officer's supervisor on duty or station commander. If the complainant is still not assisted they can lodge a complaint with the Western Cape police ombudsman

6 What are the public's rights regarding photographing or recording police officers in public and within police precincts?

Under section 16 in Chapter 2 of the Bill of Rights of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (Act 108 of 1996), people have the right to record police officers in public, provided they do not interfere with police duties Relating to the media, the SAPS Standing Order 156 states that in public spaces, media representatives have the right to photograph anything in plain view, including SAPS members Filming inside police premises or cells can only be authorised by senior SAPS leadership

Section 10(3)(a) of the Standing Order 156 clarifies that media representatives are not prohibited from taking photographs or visual recordings, including of police officers, despite Section 69 restrictions

Section 10(3)(c) ensures media personnel are not subject to verbal or physical abuse, and their equipment cannot be seized unless legally required Furthermore, no member of the SAPS may intentionally damage media equipment

Foto ter illustrasie: Johan Marais/ African Snakebite Institute/ Facebook
Illustration photo. Photo: Archive

Wesbank wen rugby-Derby

David Rossouw

Die Wesbank-rugbyklub het Saterdag (22 Maart) teen Never Despair op die Alfastraat-sportstadion in ’n hoogsverwagte GrootuitdaagDerby-wedstryd die stem dik gemaak.

Spairs het eerste bloed geruik toe hulle die eerste sewe punte aangeteken het, maar Wesbank het vinnig gereageer en met teenaanvalle begin wat tot Gavern Skippers se verdoelde drie gelei het om die telling gelykop te maak.

Die senterpaar Jean-Pierre Smith en Devon van Niekerk het kanse geskep vir Matthew van der Westhuizen, Dillon Oppelt en Gavern Skippers. Swak dissiplinne aan die kant van Spairs het die skeidsregter genoodsaak om Spairs te straf vir onkantspel en Skippers het die geleentheid gebruik om Wesbank se telling na 10-7 te laat aanskuif.

Hoewel Wesbank verbetering getoon het, het ongedwonge foute en dissiplinne tot Spairs se ondergang gelei – kwelpunte vir enige afrigter. Verdere druk deur Wesbank se meer ervare spelers het groot druk op Spairs geplaas, wat tot Ralton Du Toit se drie gelei het, wat deur Skippers verdoel is en die telling skielik 23-12 gemaak het. Met net meer as vyf minute speeltyd oor het Tyreec Liedeman ’n lang aangee van Wellman op die regtervleuel uit die lug gepluk en Wesbank se derde drie gedruk. Skippers se doelskop was mis, maar die koeël was deur die kerk. Wesbank se oorwinning van 28-12 oor Never Despair hou sy aanspraak lewendig vir ’n top-twee in die Swartland. Spairs se afrigters sal gewis hard aan die foute werk voor die wedstryd teen Porterville op 29 Maart.

Beide spanne se verdediging was rotsvas wat verhoed het dat daar geen verdere drieë voor rustyd behaal is nie en Wesbank gehelp om sy drie punt voorsprong van 10-7 tot rustyd te behou.

Harde woorde van frustrasies is rustyd uitgespreek, en ná die herbegin het Spairs druk op Wesbank geplaas en gaan druk. Ongelukkig kon Spairs se doelskopper nie verdoel nie, maar die span was heel tevrede met vyf punte en die voortou van 12-10.

Spairs is egter weer vir onkantspel gestraf en Skippers het weer drie punte met die skoen bygevoeg om Wesbank 1312 te laat voorloop.

Spairs se nagmerrie met sy dissipline het voortgeduur en nog ’n strafskop vir onkantspel aan Wesbank op daardie tydstip het die verloop van die wedstryd danksy ’n 16-12-voorsprong in Wesbank se guns geswaai.

Na die wedstryd het Adonis gesê: “Hul spelers is eenvoudig beter gekondisioneer as ons, wat hulle ’n voorsprong gee. Ons sal egter op die tekortkominge fokus voordat ons Porterville aandurf.” Dit is nog te vroeg om voorspellings te waag, maar Wesbank se vertoning in die laaste twee wedstryde dui daarop dat hy op ’n hoër vlak is en net beter kan word. Met Abbotsdale, Wesbank en Mamre die pasaangeërs, gaan die komende week se wedstryde vir die voorlopers interessant verloop.

Grootuitdaag-uitslae (22 Maart)

•Swartland

Darling 35-29 Saron, Abbotsdale 4441 Riebeeck United, Porterville 20-29 Mamre, Good Hopes 30-27 Moorreesburg, Villagers Wittewater 40-30 Voorberg.

•Weskus

Saldanha 38-12 Langebaan,Vredenburg 38-0 Steenberg’s Cove, Goedverwacht 18-22 Piketberg, St.Helena 39-36 Velddrif, Patternoster 27-29 Young Hearts

Tyreec Liedeman duik oor vir Wesbank se derde drie in die derby teen Never Despair Foto: David Rossouw

Speler as beste vir 2024 aangewys

Davidswen toekenning

CharlotteLesch

Ashlon Davids (31), ’n oudleerder van Schoonspruit

Sekondêr wat vandag deel is van die Sanlam-BolandKavaliers, was een van die provinsie se groot wenners by vanjaar se SA Rugbyprysuitdeling

Davids, van Kalbaskraal buite Malmesbury, is Donderdag 13 Maart by die spoggeleentheid by Kaapstad se Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) as die Carling-Curriebeker- eerste ligas se Speler van die Jaar vir 2024 aangewys. Sy kaptein, Thurlow Marsh, was ook vir dié prys benoem, maar die titel is

uiteindelik deur Davids opgeraap

Die prys volg nadat hy lid van die wenspan van verlede jaar se eersteligatoernooi was en onlangs met 12 punte tot die Kavaliers se sege oor die Toyota Cheetahs in die SA Beker-toernooi in Wellington met puik skopvoetwerk bygedra het

Davids het volgens sy oudskoolhoof, Raynard de Jager, reeds sy merk as rugbyspeler gemaak toe hy vir die eerste keer as 14-jarige sy skool op die rugbyveld verteenwoordig het

Hy het sy buiging in die skool se eerste rugbyspan in 2009 as ’n gr.11-leerder gemaak. Hy het sy matriekjaar as een van die top- vyf-puntemakers in die

Wes-Kaap afgesluit

Sy prestasies op die veld het hom kort daarna ’n plek in 2010 se Boland o 18-Cravenweekspan verseker, gevolg deur sy opname in die Goue Leeus- rugbyunie, waar hy die o 19- en o 21-spanne op Curriebeker- en SuperRugbyvlak verteenwoordig het Davids het intussen by die Griekwas aangesluit voordat hy na die Boland-kavaliers terug is Davids het die toekenning as ’n “groot voorreg” beskryf en beskou dit as spesiaal juis omdat hy van ’n klein dorpie soos Kalbaskraal af kom, waar hy geleer rugby speel het Volgens hom hoop hy die toekenning insipreer ander jong rugbyspelers om groot te droom

Ashlon Davids het onlangs SA Rugby se Carling Curriebeker First Division Speler van die Jaar vir 2024-toekenning gewen. By hom staan Adv Willie Smal, en Thomas Lawrence (Direkteur Castle Lager) wat die toekenning aan
het

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.