Eikestadnuus - E-Edition - 17 July 2025

Page 1


A new day dawns

Stellenbosch local Liezel Matthee captured this“beautiful sunrise”over the Eerste River Bridge in Stellenbosch on Tuesday 1 July Eikestadnuus invites readers to submit their photos of scenes and happenings in and around the greater Stellenbosch area for publication Photos need to be at least 1 MB (300 dpi) in size and submitted via email to eikestadnuus@novusmedia.co.za by 14:00 on Monday. Photo: Liezel Matthee

Ma,dogter intaxi-hel

Met gebreekte been agtergelaat

’n Ma is met ’n gebreekte been gestrand gelaat en haar dogter erg getraumatiseer nadat ’n taxirit van Stellenbosch tot vermoedelik ontvoering, poging tot moord en aanrandig gelei het

Die ma en dogter is Sondag (13 Julie) na Stellenbosch om inkopies te doen Na afloop van hul besoek aan die winkels is die twee na die Stellenbosch-treinstasie om ’n taxi huis toe te haal Daar was egter nie ’n taxi nie en die twee het toe geryloop op pad terug huis toe Volgens die Stellenbosch-polisie is die twee toe deur ’n taxi opgelaai, wat reeds drie mans ingehad het Nadat die ma en dogter vir die rit betaal het en die taxi naby die plaas Asara was, het die ander insittendes langs die twee kom sit “Die verdagtes het die klaer met die vuiste in die gesig geslaan

Hulle het toe in haar sak begin krap en die taxibestuurder het by ’n vulstasie in Vlottenburg stilgehou,” het kapt Nathalie Martin, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-polisie, bevestig

Een van die aanvallers het by die vulstasie uitgespring, vermoedelik om geld te trek Die ma het toe begin alarm maak en geskree terwyl die ander twee verdagtes haar glo aangerand het Die dogter het ’n kans gewaag en uit die voertuig gespring

In die chaos het die taxibestuurder vermoedelik paniekerig begin raak en weggery en sy makker in die winkel by die vulstasie agtergelaat Volgens die klaer het sy haar bewussyn in die taxi verloor en sy is by Summerhill, Eersterivier, uit die

taxi gegooi Haar been is in die proses gebreek

Iemand het haar na die Mfulenipolisiekantoor gehelp

“Die Stellenbosch-polisie het ’n klagte van openbare geweld ontvang en is na die vulstasie op die Polkadraai-pad,” het Martin gesê “By die vulstasie was ’n skare wat aggressief op iemand in die winkel geskree het Polisiebeamptes is in kennis gestel dat die verdagte glo deur gemeenskapslede binne die winkel aangerand is ” Beamptes het van die ontvoering te hore gekom, waarna beide die verdagte sowel as ’n gemeenskapslid in hegtenis geneem is Die gemeenskapslid word van openbare geweld aangekla

Die verdagte in die ontvoeringsaak is later na die Stellenbosh-hospitaal geneem

“Moenie stap of ryloop vir ’n geleentheid huis toe nie – dit is gevaarlik,” het Martin waarsku Sy maan pendelaars om vooraf reëlings te tref vir vervoer

“Moenie op vreemdelinge of informele saamrygeleenthede staatmaak nie – veral nie in afgesonderde of onveilige gebiede nie Jy weet nooit wat hul bedoelings is nie Jy kan die teiken van ontvoering, mensehandel of uitbuiting word Bel liewer ’n saamrydiens of vertroude kontak om jou op te laai ”

Die Stellenbosch-munisipaliteit het Vlottenburg-gemeenskapslede in ’n verklaring vir hul vinnige optrede geprys

Die munisipaliteit het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie die kans te gee om die saak te ondersoek sonder om in te meng Martin het bevestig ’n tweede verdagte is Sondag in hegtenis geneem

Teens arrested for murder

Three teenagers were arrested on Friday morning (11 July), in connection with the murder of two brothers in Khayamandi township

Captain Nathalie Martin, spokesperson for Stellenbosch police, said the fatal shooting occurred on Thursday 10 July, when police responded to reports of gunfire in Makupula Street.

She said on their arrival on the scene the responding officers found one man dead opposite Aphiwe Barber “A second person was also shot and transported by private vehicle to Stellenbosch Hospital, where he was declared dead on arrival,” Martine explained

According to reports the deceased are believed to be brothers, one of whom owned the barber, located opposite Makupula Secondary School

Martin said the deceased were apparently working in the barber when two suspects entered the premises

“One suspect drew a firearm and opened fire on the two before fleeing the scene ”

Three teenagers, all aged 17, were arrested in connection with the double murder on Friday morning, the spokesperson confirmed Anyone with information on the incident is requested to contact Stellenbosch police on 021 809 5012 or 021 809 5015

Die Stellenbosch-universiteitskamerkoor deel op 22 Julie die verhoog met ’n koor van die VSA vir ’n samesmelting van koormusiek.

Koormusieksmelt saam by Endler

’n Besonderse konsert met twee uitnemende universiteitskore word op Dinsdag (22Julie) in die Endler-saal in Stellenbosch as deel van die Endler-konsertreeks aangebied

Die konsert bied ’n seldsame geleentheid om ’n kragtige musikale samewerking tussen twee ensembles van verskillende vastelande – die Missouri State University Chamber Choir (MSUCC) en die Stellenbosch-universiteitskamerkoor (SUCC) – te beleef.

Die gehoor kan uitsien na ’n uiteenlopende en boeiende program wat albei kore se artistieke vaardighede en kulturele wortels weerspieël.

Die MSUCC, onder leiding van dr Cameron LaBarr, geniet internasionale erkenning vir hul presisie, musikaliteit en wêreldwye betrokkenheid. Hul repertoire strek van klassieke tot kontemporêre werke en hul jare lange ervaring op internasionale verhoë is in elke uitvoering duidelik.

Die SUCC, wat in 2014 deur dr Martin

Berger gestig is, het intussen een van Suid-Afrika se voorste universiteitskore geword. Die koor bring, onder leiding van Berger en Lunathi Ncamani, ’n unieke klank wat Westerse klassieke tradisies, Afrika-koor-erfenis en hedendaagse komposisies saam. SUCC is bekend vir sy ryk toon, uitdrukkende uitvoerings en sy vermoë om kulturele identiteite deur musiek te verbind. Saam sal dié twee kore ’n aand van koormusiek aanbied wat samewerking, kulturele uitruiling en die verenigende krag van sang vier. Die program sluit werke uit beide die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse tradisies in, met items wat elke koor individueel sal uitlig, sowel as gedeelde uitvoerings Almal is welkom, of jy nou ’n deurwinterde ondersteuner van koormusiek is of net nuuskierig is om iets nuuts te hoor Moenie hierdie aand van musikale dialoog misloop nie; dit is ’n geleentheid waar harmonie grense oorbrug. Kaartjiepryse beloop R100 tot R220. Bespreek aanlyn deur Webtickets.

Dorpskalender | Town calendar

SATERDAG 19 JULIE

Stellenbosch: Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings nooi belangstellendes na ’n spesiale aand waar hulde gebring word aan twee merkwaardige digters, Ingrid Jonker en D J Opperman, ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar Gaste kan uitsien na gedenklesings deur prof Wium van Zyl en prof Dorothea van Zyl; voorlesings van gedigte deur Carel Trichardt en Petru Wessels; en musiek deur Grethe van der Merwe Die geleentheid word by DIE LAER in Simonsbergstraat aangebied en begin om 17:30 Kaartjies, teen R120 per persoon, kan via https://forms gle/agZvF2K7GbU9fBKw8 bespreek word

WEDNESDAY 23 JULY

Stellenbosch: A Night of Cello Classics, a fundraising concert, will be held at the ENDLER HALL at 19:00 The concert will feature cellists Solange Rojas and Clara de la Guerre, accompanied by Elna van der Merwe It will raise funds for the cellist duo – both are Stellenbosch University students who will be attending the renowned Celloworld Festival in Vienna, Austria, next month Tickets, at R120 to R200, are available via Webtickets or at the door

THURSDAY 24 JULY

Stellenbosch: The next in-person meeting of the STELLENBOSCH TOASTMASTERS will be held at Ertfurthuis in Ryneveld Street at 18:30 Whether you’re looking to enhance your public speaking skills, share ideas, or connect with fellow enthusiasts, this is the perfect opportunity for you to join the club

SATERDAG 26 JULIE

Jamestown: Die maandelikse JAMESTOWN-

STRAATMARK vind om 09:00 plaas Stalletjies met alles van vars groente en vrugte tot handgemaakte produkte en smaaklike eetgoed sal in Webervalleiweg wees Kom geniet ’n prettige, genotvolle dag en ontmoet die inwoners

DONDERDAG 31 JULIE

Stellenbosch: Een van die land se mees geliefde akteurs, Frank Opperman, is om 20:00 in die eenman-verhoogprodukie, Reünie, by die KRUISKERK te sien Dis dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer Reünie is deur Dana Snyman geskryf, met De Klerk Oelofse as regisseur Die deure open om 17:30, met musiek, kos en wyn by Die Khaya te koop Kaartjiepryse begin by R180 elk Bespreek jou plek aanlyn deur Quicket

VRYDAG 1 AUGUSTUS

Stellenbosch: Mathys Roets, Liesl du Toiten Matthys Maree bring om 19:00 hulde aan die bekende Leonard Cohen by die DROSTDYTEATER Roets is een van die min plaaslike kunstenaars wat Cohen werklik gestand kan doen In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Roets – so eenders maar tog so anders Roets deel die verhoog met Maree op klavier en Du Toit as die kenmerkende vrouestem in al Cohen se liedjies Kaartjies teen R160 elk en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word

Stuur alle kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia co za

Dr Buisman loves treating all ages from babies to the elderly.

SERVICES: Acute Illness, Chronic Conditions, IV Drip Clinic, Wound Suturing, ECG

071 202 3987 | info@buismed.co.za Stone Square Shopping Centre, Welgevonden, Stellenbosch www.buismed.co.za

NM10018900-EN030725

Ster-losvoorspeler by plaaslike klubwedstryd

Juarno Augustus (middel), ’n voormalige losvoorspeler van Northampton Saints wat deel was van die Springbokkamp in Stellenbosch, het onlangs die Superliga A-kragmeting tussen Van der Stel-Evergreens (VDE) en Maties bygewoon. Hy het weens ’n besering nie teen Italië gespeel nie, maar sal onthou word as die junior Springbok wat as die speler van die toernooi tydens die Junior Wêreldbekerrugby in 2017 aangewys is. Augustus het van 2017 tot 2021 vir die DHL Stormers en die WP gespeel voordat hy van 2021 tot 2025 vir Northampton Saints uitgedraf het Hy sal in die komende Verenigde Rugbykampioenskap by die Ierse-klub Ulster vir diens aanmeld. Op die foto is Augustus saam met Zaakir Bazier en Byron Snell, twee van VDE se o.20-spelers, ná die klubrugbywedstryd.

Liga-stryde AlleoëopVDE nánederlaag

Stellenbosch se rugbyspanne, wat nog in die tweede helfte van die seisoen op die veld is, is oorgehaal om goeie rekenskap van hulself in die onderskeie Westelike Provinsie-ligas te gee.

Alle oë is op die vertoning van Van der Stel-Evergreens (VDE) in SuperligaA gerig Komende Saterdag (19 Julie) pak hy Helderberg tuis op die Bergzichtstadion. VDE het die afgelope Saterdag (12Julie) teen Hamiltons ’n bietjie drooggemaak en 26-10 verloor.

Helderberg kan ’n taai stryd verwag, want VDE wil nou opmaak vir dié verloor-uitslag. Boonop het dit ook Ashwin Dube se 50ste wedstryd bederf en die span sal vir dié glipsie wil vergoed.

VDE en Helderberg is albei tans op 27 ligapunte, maar Helderberg het 11 wedstryde gespeel en VDE net agt, wat beteken VDE kan nog sy posisie op die punteleer verbeter.

Durbell gee tans die pas aan, gevolg deur Villager en dan Hamiltons Maties het tans 16 punte ná agt wedstryde en sal sy posisie wil verbeter, maar die studente moet nog hul staal teen van die groot kanonne wys.

In Superliga B is Franschhoek tweede op die punteleer met 41 punte ná 11 wedstryde – dieselfde as Belhar Dis net Belhar se punteverskil wat hom in die eerste plek hou. Franschhoek sukkel die

afgelope paar jaar om bevordering uit Superliga B te behaal Hopelik is 2025 sy jaar.

Kylemore beklee die laaste plek op die Superliga B-punteleer met slegs sewe punte ná 11 wedstryde en dis belangrik dat hy sy oorblywende wedstryde wen om nie gereligeer te word nie.

In Superliga C beklee Pniël Villagers die negende plek met 26 punte ná 10 wedstryde en sal ook sy oorblywende wedstryde met bonuspunte moet wen om onder die top-ses te eindig. Hy het Saterdag 34-19 met Busy Bee afgereken In die Promosie-liga, alombekend as die Top-9, hou Blue Stars United van Klapmuts die groter Stellenbosch-klubs se naam hoog. Hy het Saterdag 29-19 met Rocklands afgereken en is ná een wedstryd met vyf punte derde op die punteleer. Raithby Universals moet nog sy eerste wedstryd in dié kompetisie speel. Die ander plaaslike klubs, soos Stellenbosch-Coronations, Excelsior en Blakes, se seisoen is al agter die rug. Wedstrydbepalings vir Saterdag 19Julie:

•Superliga A: VDE t. Helderberg; Maties (loslootjie);

•Superliga B: Franschhoek en Kylemore het albei loslootjies;

•Superliga C: Pniël Villagers t. All Saints;

•Promosie-liga: Raithby Universals t. Fisantekraal en Blue Stars United t. Elsies River United.

Karate-Zen Cloetesville nurtures strength, values

The Karate-Zen Cloetesville Dojo recently held its quarterly grading ceremony.

What may look like a line-up of children in white uniforms to some, is to them a rite of passage. It is the flowering of discipline, self-respect and inner mastery.

At Karate-Zen the aim is not to compete but to grow, club founder Garfield Bergstedt explains. “Each student is measured against their own personal progress. The belt is not a trophy; it’s a lived responsibility. It represents how they walk in the world, and not just how they fight. And we ask no fees. This is our gift to the community, built on heritage and human potential.”

The grading system reflects not com-

parison to others, but development of the individual over their entire martial arts journey.

“Together we are building something greater than sport. We are nurturing a future in which our children are strong not just in body, but in values We are crafting local leadership. Cloetesville rises and, with it, a new narrative of dignity and community resilience.”

The leadership team congratulated all students who passed their grading and thanked their parents and supporters Sessions at Karate-Zen Cloetesville, in Lang Street, are held Monday and Thursday at 17:30 Contact Garfield Bergstedt (shihan) on 072 785 6448 or Marlon Davidse (sensei) on 072 509 7984 for more information

The leadership team and students of Karate-Zen Cloetesville at the recent quarterly grading ceremony

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.