Jesus En Jy

Page 1

This book is available from – www.neo-genocide.com


Jesus en Jy Menige kere sien ‘n mens ‘n ander persoon met sulke troostelose en hartseer oë, dat die pyn tot diep n jou eie siel indring.

En dan wonder jy, is daar niks of niemand wat hierdie persoon kan troos nie? Is daar niks of niemand wat hierdie persoon kan vertel hy of sy is oulik, of pragtig, of spesiaal nie?

Is daar niks of niemand wat vir hierdie mensie kan vertel hoe spesiaal God hom of haar aanmekaar gesit het nie?

En op so n kerkkamp, by Wallmansthal, genaamd Eksderde Kamp, het die stukkende en hartseer verhale my so getref, dat ek besluit het om al die mooi dinge en name wat Jesus ons noem, in n boekvorm beskikbaar te stel.

Die doel hiervan is, dat as jy dit lees, jy sal sien hoe sorgvuldig God jou aanmekaar gesit het; hoe Hy jou sien, hoe spesiaal jy is, dat God jou selfs die kroonjuweel noem wat Hy dra as Skepper.

God noem selfs dat die wat in Hom glo, nie deur die wil van ‘n man, of deur die normale gang van die lewe tot stand gekom het, en gebore is nie, maar deur die wil van God.

This book is available from – www.neo-genocide.com


Verder reken God dat jy uit dieselfde saad, (spermah in Grieks) as Jesus afkomstig is, waarvan Jesus Christus die eerste was.

Die boek is geskryf, sodat nadat jy dit gelees het, in die spieël moet kyk en vir altyd besef hoe spesiaal jy vir God is. Jy moet net die mooi dinge weer n keer lees as jou selfbeeld n bietjie af is, of as jy nie goed voel oor jouself nie.

Daarna kan jy as berader, of as vriend ook die kennis in die boek vat, en dit vir ander mense met donker in hulle oë, en seer in die harte gaan meedeel.

Hoop jy geniet dit net soveel soos ek, om te weet hoe spesiaal God jou beskou ! Kom ons kyk net hoe God een van die menige eienskappe in jou beskryf, naamlik die lig wat in jou oë is en die lig wat uit jou skyn :

Die lig in jou

Die wêreld was donker in die begin. Daar het toe ‘n lig ingekom wat die hele wêreld en al die duisternis verlig het. Die lig staan bekend in Grieks as die ‘fosay’. Dit is ‘n allesverhelderende lig wat alle duisternis verlig. Daardie lig was Jesus. Dit is ‘n lig wat van binne af skyn en alles verhelder. Dit is ook die lig wat in mense is wat die Heilige Gees het.

As jy ‘n kind van God is, en jy het Jesus in jou, skyn daar ‘n verblindende onoortreflike lig uit jou uit. Toe die Wet van Moses, wat doodmaak, na die mense toe gekom het, het dit met soveel This book is available from – www.neo-genocide.com


heerlikheid gekom dat Moses sy gesig vir Israeliete moes verberg. Met hoeveel heerlikheid en lig kom iemand nie wat met die lewemakende Gees na die mensdom toe kom nie ?

Dit is lig wat met soveel intensiteit skyn dat dit die persoon wat onverwags daarop afkom, sal doodmaak.

Dit is diè lig wat in jou is.

G5457 φῶς phōs foce (From an obsoleteφάω phaō (to shine or make manifest, especially by rays; compare G5316 and G5346); luminousness (in the widest application, natural or artificial, abstract or concrete, literal or figurative): - fire, light.)

Die lig in jou word van gepraat as van die lig self, soos in Matt 17:2 wat lees : “Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander : sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.” Daar word ook van die lig gepraat as die lig wat uit ‘n liggewende voorwerp uitkom soos die lampe, en die son en ook daglig.(Matt 10 : 27) Daar word ook van die lig gepraat as die ontoeganklike lig wat die troon van God omring waarbinne Hy bly. (2 Tim 6 : 16) Dit is ook die lig wat Jesus omring in Sy verskynings na Sy hemelvaart. (Hand 9 : 3) Dit is ook die lig wat engele omring. (Hand 12:7) Verder is die lig wat vir gelowiges wag in die ryk van die lig (Kol 1 : 12 ) This book is available from – www.neo-genocide.com


Dit is ook ‘n skitterende lig, ‘n lamp of ‘n vuur. Dit is ook die lig van die hemelliggame soos die son, maan en sterre waarvan God figuurlik die vader genoem word.

Verder is dit figuurlik die morele en geestelike lig en kennis wat die verstand, siel en gewete verlig, en sluit in die idee van morele goedheid, morele suiwerheid en heiligheid en die gevolglike beloning en geluk. Algemeen word gepraat van die foce as die ware kennis van God en geestelike dinge en Christelike piëteit soos in (Matt 4 : 16; Joh 3 : 19; Joh 8 :12; Hand 26 : 18, 23; Rom 13 : 12; 2 Kor 6 : 14; Ef 5 : 8; 1 Pet 2 : 9; 1Joh 1 : 7; 1Joh2:8 ) Daarom word daar van die kinders van God gepraat as die kinders van die lig, of die seuns van die lig (Luk 16:8; Joh12:36; Ef5:8; 1Tes5:5) Daar word van die lig gepraat as dit in die lewe en die leer van iemand teenwoordig is soos in Matt 5:14 -16. Jesus sê vir ons dat ons is die lig vir die wêreld, en ons moet ons lig so laat skyn dat die wêreld ons goeie werke kan sien en dat Hy ons Vader wat in die hemel, verheerlik. Hierdie lig in jou is dus die ware kennis van God en geestelike dinge, en is die lig wat jou verstand, jou gewete en jou siel verlig. Dit is die lig wat die sluier van jou verstand af lig ! Pieter Oosthuizen.

This book is available from – www.neo-genocide.com


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.