Die Huidige Volksmoord Van Afrikaners

Page 1


Die

Huidige

Volksmoord

van

Afrikaners

Pieter Oosthuizen


Die Skrywer. Gebore 1958 te Louis Trichardt, en word verder groot in Tzaneen.

Verrig diensplig in die Suid Afrikaanse infanterie, en begin n belangstelling in die studie van konflik ontwikkel. Hy begin n leeskennis oor die onderwerp en spesifiek, die kommunisme se betrokkenheid by terreurbewegings in veral Afrika opdoen.


.

Begin by R.A.U. studeer in 1982.

Verwerf die grade: • • •

B.Com. ( Bedryfsielkunde) in 1986; B.Com (Hons) Bedryfsekonomie in 1987; B.A. ( Hons) Nasionale Strategie in 1989, onder leiding van Generaal H de V du Toit (hieronder)- Hoof van Staf Inligting, sowel as Hoof van Staf Teeninligting.


Op die foto verskyn die skrywer saam met Lt. Genl. H.de V. du Toit (links) en Dr. Piet Liebenberg ( heel regs) met sy verwerwing van die graad B.A.Hons in Nasionale Strategie, gedurende 1989; met een van sy hoofvakke as RevolusionĂŞre Oorlog met spesiale verwysing na die terroriste bewegings van Suider Afrika, onder andere SWAPO, ZANU PF, FRELIMO en die ANC.


Die ontwikkeling van die okkulte in die tradisionele gelowe, tot n nuwe terreurwapen deur die ZANU PF, en die ANC, lei tot verdere spesialisering in sy studies.

Etnokulturele oorlogvoering, en die verdere ontwikkeling daarvan deur terreurbewegings in die Suider Afrikaanse omgewing, fasineer hom, tesame met die Sowjet Unie se betrokkenheid by die ANC sedert 1928, om n swart kommunistiese regering tot stand te bring in die RSA, lei tot die samestelling van n boek : “Die opmars van die antichris in Suid Afrika sedert 1521”. Hierin word 25 jaar se navorsing en dokumente vervat oor die onderwerp.

Tans is die onderwerp waarop hy hom toespits : “Die Huidige Volksmoord van die Afrikaners.”

Die Huidige Volksmoord van Afrikaners. Op die 20ste Maart 2009, berig News24 dat nagenoeg 30 Suid Afrikaners maandeliks in Brasilië gearresteer word op klagtes van dwelmsmokkelary. Suid Afrika het tevoorskyn getree as een van die sleutelpunte in die globale besigheid van dwelmsmokkelary. Die dag van 4 Februarie 1994, word n boer wreedaardig vermoor. Solidariteit se lys van slagoffers, berig so oor die moord : “Johannes George Prinsloo (64) van die plaas Wildebeestfontein is deur 3 mans oorval, Ogies, hy is ure gemartel, sy vinger en toonnaels is met ’n tang uitgetrek, ’n stookyster is verhit waarmee hulle dit oor sy hele liggaam gesteek en verbrand het, sy lyk was ook oortrek met sweephale, hulle het hom ook op kole laat lê, hy is dood aan veelvuldige beserings, die nadoodse ondersoek het ook bevind dat sy geslagsdele gekneus was, sy nek en skedel is gebreek, tande vergruis, milt wasgeskeur. Ogies, naby Witbank.” Hierdie is maar net een van die gru-moorde wat die Afrikaner gemeenskap teister. Die debat daaroor en of dit polities gemotiveer is of nie, is eintlik irrelevant. Dit is volgens die weermag net beserings wat in ‘n oorlog voorkom. En die blanke Suid Afrikaanse gemeenskap is salig onbewus daarvan dat hulle midde-in een van die grusaamste revolusionêre oorloë betrokke is in menseheugenis, en verder is hulle nog minder daarvan bewus dat hulle as die vyand en teikens, beskou word.


Jarelange kommunistiese-geïnspireerde staatspropaganda en sielkundige oorlogvoering teen die Afrikaners, eis sy tol. Hierdie onkunde spruit primêr uit die marxistiese regering se beheer en manipulasie van die media voort. Dat die media belangrik is vir die marxistiese ANC/SAKP regering, blyk uit resolusie 9 wat in Pietersburg rakende die SABC geneem is. Resolusie 9, punt nommer 25 lui : “The public broadcaster, the SABC, continues to play a critical role in shaping opinions of our Nation and therefore remains an important role player in the National Democratic Revolution.” Sedert 1928 het die ANC vermeng geraak met kommunisme, en met behulp van, en onder instruksie van die KOMINTERN

(die Rusland-gebaseerde, internasionale beheerliggaam van

kommunisme wêreldwyd) doelbewus en doelgerig gewerk om n swart kommunistiese regering in Suid Afrika te vestig. Terrorisme, internasionale terrorisme, asook internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, terreurstate, en strategies-geplaasde kommuniste in Westerse Intelligensiedienste; waaronder Brittanje se MI5 se uitvoerende hoof, was instrumente in die kommunistiese-ANC se stryd en het oor n tydperk van 66 jaar meegewerk om n swart kommunistiese regering in Suid Afrika gevestig te kry. Met die skenking van Suid Afrika in 1994 aan die marxistiese ANC/SAKP regering, het ‘n hele klomp organisasies van blydskap gejuig oor die 728 lughawens en 4 700 kilometer kuslyn, wat in hulle skote geland het. Transnasionale misdaadsindikate het een van hul grootste pryse ooit gekry. “Progressiewe” terreurbewegings het gejuig oor die versterking van hulle geledere. Die SAKP kon nou onverpoosd voortbou op sy eie Oos Duitsland, soos wat hy in 1989, in Havana beloof het om te doen. Die kulturêle marxiste se greep op donker Suid Afrika was volledig, die voorstanders van die tradisionele gelowe, kon nou met die hulp van die regering, die res van Afrika se tradisionele gelowe versterk. Voormalige terreurkamerade van die ANC, soos SWAPO, FRELIMO, ZANU PF, MPLA en die POLISARIO FRONT, het gejuig oor hulle kamerade se verkryging van Suid Afrika.

En dit is almal rolspelers in wie se belang dit is om die wettelose kleptokrasie van die ANC aan bewind te hou, ongeag die verval en die sterftes wat dit vir gewone Suid Afrikaners meebring.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.