Aptytwekker edit okt nov

Page 1

ptytwekker ppetiser A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300

Oktober/November 2015

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za corpuschristi@cybersmart.co.za Tel: 022-487 2200

◊ NUUS VAN DIE HERDERSPAAR ◊ MY HANDDRUK ◊ AL BRUIS DIE JORDAAN ◊ HOE HOU EK OP OM BANG TE WEES ◊ DON’T WAIT TO EVIDENCE TO BELIEVE ◊ FEDFED-UP! ◊ JOB HET SY KLERE GESKEUR ◊ ONSKULDIGE BLOED

◊ FOTO NUUS ◊ TO GIVE IS TO RECEIVE ◊ HUWELIK SEMINAAR ◊ ONS STEL BEKEND ◊ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE ◊ SOEK DIE ANTWOORD? ◊ RESENSIE ◊ STORIE TYD


NUUS VAN DIE HERDER SPAAR Deur past. Piet & Susan Smit

ONGEDULD MET MEKAAR Gén. 45:24 – “Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.” En is die Kaapse bestuurders darem ongeduldig met mekaar! Vir ons kerk se Kaapse Nasionale Konferensie, het ek drie keer self ingery vanaf Malmesbury, Parow toe. Vier keer is daar toeter geblaas vir my. As jy ‘n sekonde na die robot se lig groen geslaan het, nog talm, blaas iemand die toeter agter jou. Die eerste oggend toe ek by ‘n sirkel kom (in Malmesbury is nog nie sirkels nie) is ek vir ‘n oomblik onseker toe ek vir ‘n entjie moes regs gaan om weer reguit te gaan. Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde sit ek die flikker aan. Maar ‘n toeter word geblaas asof dit die dag van oordeel aankondig. Toe die persoon by my verbysnel, blaas hy nog ‘n keer sy toeter, so asof hy ‘n behae daarin het om my fout uit te wys. “Julle dom, plattelanders, hier sal ons julle gal vir julle werk!” Ja, toegegee, ek ry min in die stad en dit is vir my nie die beste plek om te wees nie. Ek moet met ‘n kaart 2

en aanwysings die plekke vind. Maar tog net opvallend; niemand blaas ‘n toeter as iemand die spoedgrens oorskry nie. Niemand blaas ‘n toeter as ‘n motoris ‘n rooi robot ignoreer nie. Ek het ook nie ‘n toeter gehoor as mense nie behoorlik stop by ‘n stopteken nie of die selfoon teen die oor hou. (Almal groot oortredinge met groot boetes deesdae ... oorvloed daarvan gesien.) Ons is almal pelgrims op pad na ‘n eindbestemming as ewige tuiste. By hierdie punt, moet ek die volgende sê: Daar is net twee eindbestemmings. Dis òf die ewige geluksaligheid as jy Jesus Christus in hierdie lewe aangeneem het (Joh. 1:12). Òf die plek van ewige smarte en foltering as jy versuim om die Een wat vir jou gesterf het en Sy bloed vir jou redding gegee het, aan te neem (Open. 20:15). Maar terwyl ons deur hierdie wêreld reis vir ‘n relatiewe kort tydjie, gemeet teen die ewigheid, waarom sal ons dit vir ander om ons, so onaangenaam maak? Kom ons vergeet nou die toeterdrukkers van die stad en ons praat oor ons (Vervolg op bl. 3)


(Vervolg vanaf bl. 2)

wandel met mekaar as gelowiges. Watter behae kan nou daarin wees om ander se foute uit te wys, terwyl ek my eie foute vir ander probeer verberg? Moet ons as kinders van die Here nie juis begrip vir mekaar toon nie! Liefde, begrip en verdraagsaamheid teenoor mekaar moet ons gróót kenmerk wees (Joh. 13:35)! 1 Kor.13:7 praat van die liefde: “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” GEBED Here vergewe my, my onverdraagsaamheid teenoor ander, terwyl U liefde verlang. Amen.

AGS Malmesbury Deur Japie Muller

MY HANDDRUK Deur Japie Muller

Dis so lekker om so saam te wees hier by die AGS; Niemand is professioneel nie, maar elkeen doen sy bes.

My hart is in my handdruk my karakter in my kyk my bedoelinge is duidelik my verskonings ongebruik

Die liturg laat jou so goed voel hy het net sy manier; Al kan jy net gediggies lees, is jy bly jy is ook hier.

Wees tog met my hartlik en kom my nie te na en wees ook met my eerlik dis net dié biétjie wat ek vra.

Ons het mos maar net één doel of ons speel en of ons sing; Om deur alles wat ons hier doen aan Hom eer te kan bring.

~~~

~~~ 3


Al Bruis

Die Jordaan Deur tant Sannie de Ferriers (Vervolg vanaf September)

‘n Paar weke het verbygegaan. Ons het mekaar dikwels by die kerk ontmoet, omdat hy in dieselfde omgewing geloseer het. Onverwags lui die telefoon eendag en ‘n pragtige diep mansstem sê : “Ek het ‘n jaar gelede my spreekkamers omskep in ‘n evangeliesentrum, omdat die Here my geroep het vir sy werk. Ek neem nie meer vergoeding van my pasiënte nie, maar bearbei net hulle siele en bid vir hulle liggaamlike behoeftes. Iemand wat baie siek is, het my nou net gebel. Wil u nie saamgaan om vir haar te bid nie?” Ek stuur vinnig ‘n gebedjie na die hemel vir leiding, en ek het saamgegaan. ‘n Paar dae later was daar weer ‘n pasiënt en die foon het weer gelui, en elke keer het die Here ‘n wonderwerk gedoen. Intussen het ek sy mammie ontmoet, die statige, pragtige gravin Irène de Ferrières, ‘n dame van 60 jaar. Sy was besonder vriendelik en het my gevra om haar te kom besoek om meer van die Woord van God te leer, aangesien sy kort tevore gered is. Ek het eenmaal gegaan en die tyd so gekies dat ek seker was dat haar seun by sy evangeliesentrum was! Drie maande na ons ontmoeting moes ek vir twaalf dae spesiale dienste in Alberton gaan hou. Ek was nou reeds baie gewoond aan al die telefoonoproepies, maar het besluit dat dit nou tyd geword het dat die Here hierdie vinnig groeiende vriendskap moes beëindig as

4

dit nie in sy volmaakte wil was nie. Ek het dus niks gesê van my vertrek nie, en die Here gevra dat alles nou sal doodloop of volgens sy wil sal verloop. Een van die benoudste oomblikke in my lewe was toe ek hom en sy moeder een aand in die kerk sien instap. Sy het haar plek byna reg voor my ingeneem. Was dit nie dat ek my boodskap van die Here ontvang het en Hy my geinspireer het nie, sou dit seker onmoontlik gewees het vir ‘n ou meisietjie om ‘n ware seën vir die toehoorders te wees! Hy het ná die diens die telefoonnommer gevind en driemaal die volgende dag gebel, en die volgende, en die volgende dag weer gebel! ‘n Paar dae later het ek by ‘n ander gemeente met spesiale dienste begin. Toe ek die aand terug kom, het die telefoon weer gelui. My laggende, tergende broers en susters sê omtrent almal gelyk: “Gaan antwoord jy, Sannie. Ons weet tog maar almal vooraf al wie dit is!” “Gee jy om om môre met my saam te gaan om my moeder, wat siek is, te besoek? Daarna sal ek graag met jou oor ‘n ernstige sakie wou praat as jy die tyd kan spaar,” sê die welbekende mooi, diep mansstem weer! Ek het die uitnodiging aanvaar en gewonder wat die “ernstige sakie” eintlik inhou. Daar was genoeg glimlaggies toe ek terug in die eetkamer kom. “Natuurlik was dit weer hy….” “Ja, ek wonder wat sy telefoon Vervolg op bl.5


(Vervolg vanaf bl. 4)

rekening hom die end van die maand gaan kos…” “Ja, en ek wonder waarop stuur al hierdie oproepies af…” “Dit is maar goed die Chevrolet is nuut en sterk, anders was hy al gedaan gery die laaste tyd!” ! So het dit van al die kante gekom en almal, selfs pappie en mammie, het heerlik saam gelag en geterg. (My broers en susters was almal gered en daar was seker nie ‘n gelukkiger gesin op aarde nie.) Ons het sy moeder gaan besoek en daarna het die ”ernstige sakie” se tyd aangebreek. Kalm het hy begin praat oor sy bekering en roeping tot die bediening.

Ek het fyn geluister om uit te vind wat die motief was agter alles wat hy vertel. Dit het spoedig gelyk of dit net op een iets kon afstuur en dit was ‘n huweliksaanbod. Ek sal nooit vergeet dat ek ‘n pragtige paar donkergroen suède skoene aangehad het, wat as versiering fyn gaatjies oor die voorste deel van die voet gehad het. Terwyl ek luister, het ek van pure senuweeagtigheid die gaatjies saggies begin tel. Ek kan nog onthou dat ek elke keer net tot by die vyfde een gekom het en dan so deurmekaar geraak het dat ek weer voor moes begin! (Vervolg)

Hoe hou ek op om bang te wees! Deur Stefan Joubert

“Ek is bang.” Dit is die taal en ervaring van derduisende mense. Vrees is ’n realiteit. Vrees maak jou blind en irrasioneel. Dit laat jou veg en vlug. Vrees haal die mooi uit jou lewe uit en laat net die skerpkante oor. Die Here weet dit. Daarom dat Hy keer op keer vir al sy mense sê: “Moenie bang wees nie!” Hierdie woorde geld ook vir jou. Ook jy is ’n aangespreekte. O ja, dis nie maar net mooi woorde nie. Dis ’n Goddelike opdrag: MOENIE BANG WEES NIE! Hoe hou jy op om bang te wees? Wel, jy hou net op. Jy kies om die Here se gerusstellende woorde te hoor en nie al daardie bangmaak stemme in jou binneste nie. Jy hou op om jouself blind te kyk na die reuse rondom jou. Jy kies om jou ore uit te leen vir God se stem en om doof te raak vir stemme van vrees. Jy kies om jou oorspiere te oefen om die Here goed te hoor. Jy leer om Hom elke dag te hoor en te ervaar. So krimp vrees. So groei jou geloofsvertroue in die lewende God wat altyd en oral by jou is. 5


Don't

Wait

For

Evidence To Believe Written by Kenneth E. Hagin

“His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.� (John 2:5) In John chapter 2, we see the account of Jesus attending the wedding in Cana with his mother. His mother told Him that they had run out of wine. Jesus said to the servants, "...Fill the waterpots with water.." (John 2:7). Let's continue reading in John. And they filled them up to the brim. And he saith unto them, Draw out now, and bear unto the governor of the feast. And they bare it. When the ruler of the feast had tasted the water that was made wine, and knew not whence it was: (but the servants which drew the water knew;) the governor of the feast called the bridegroom, And saith unto him, Every man at the beginning doth set forth good wine; and when men have well drunk, then that which is worse: but thou hast kept the good wine until now. (John 2:7-10) The water became wine. Now what if the servants had stood there and said, 6

"We're going to stand right here and wait until the water becomes wine and then we'll start filling these pots"? Nothing would have happened. You see, that's the thing that defeats many Christians. They want to stand around and wait until they can see it done - until they have the sense evidence that things have happened. In the case of healing, they want to start believing when all the symptoms have disappeared. No, you must believe ahead of time what God says. Act on God's Word, and then what He has said will become a reality. Because the servants acted on the words of Jesus, a miracle was wrought.

Confession: I believe what God says before I ever see anything in the natural. I act on God's Word, and as I do, I see miracles wrought in my life.


FedDeur Willem Botha

W

up!

as of is jy dalk ook al op tyd in jou lewe dat jy net op gesukkel is? Niks wil werk nie, jy het alles probeer, maar dit bly 'n gemors. Ek is seker die meeste mense kan daarvan getuig. Vernaam as die besigheid nie wil werk nie, of jou CV al na soveel plekke toe gestuur is en niks gebeur nie. Na Jesus se kruisiging gaan die dissipels terug na hulle visvang lewe, en hulle was dalk erg ontnugter omdat drie goue jare van hoop en verwagting skielik tot stilstand kom. Dan lees ons in Joh 21:1- 11 dat die dissipels gaan visvang en niks gebeur nie, nie een

vis beland in die nette nie. Dan verskyn Jesus aan hulle, maar hulle herken Hom nie, wanneer Hy vra : Het julle al iets gevang? Nee, antwoord hulle.

Dan maak Hy hierdie vreemde voorstel : Gooi die net aan die anderkant uit, en daar vang hulle so baie visse dat die nette wil skeur. 153 groot visse! Ek sien so paar dinge in hierdie gedeelte: 1. Moenie ophou glo nie. Die Here kan enige situasie in 'n oogwink verander. Jou huwelik; werk

situasie; gesondheid; -inansies. 2. Walk by faith, not by sight. Geloof beteken om te glo en vertrou sonder om te sien. 3. Gooi die net aan die anderkant uit. Die afstand van die een kant van die boot tot die anderkant was 'n paar meter. Dalk is jou oplossing nie ver nie, dalk nie iets drasties nie, net 'n weer probeer. 4. Kry die net in die water. Met die net in die boot vang mens niks!

Weer probeer; hard probeer, vasbyt; uithou en aanhou.

Sterkte! 7


Deur Evan

J

ob het sy klere geskeur, sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê.

Aan wie se deur kon die dood meer geklop het as aan Job s’n. ’n Tragiese, traumatiese verhaal van ’n man wat alles verloor het. Job was ’n Godsman duisend en het kwaad vermy. Hy het nie die einde van sy skatte geken nie. Welvarend, geseënd met sewe seuns en drie dogters. Hy het seweduisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, ens. In ons taal was hy dus ’n baie, baie ryk man. Tot daar eendag ’n ander wese tussen die hemelwesens voor God opgedaag het. Die duiwel. Jesus het aan hom gesê om sy praat te praat en toe sê die duiwel vir Hom. “Ek het die wêreld deurkruis.” Jesus vra toe vir hom of hy vir Job raakgesien het en gaan vêrder: Sy gelyke kry jy nie op aarde nie. (Wat ’n besonderse eer moes dit nie vir Job gewees het nie.) Hy is vroom en opreg. Hy dien My en vermy kwaad. Vir die duiwel was dit summier ’n uitdaging en hy is aarde toe om by Job te gaan aanklop, want hy was vas oortuig dat Job God sou verlaat as hy al sy besittings verloor, sy rykdom en sy familie. Die duiwel wis alles uit (behalwe sy vrou). Hy los niks oor nie. Nie Job se vee nie, nie sy rykdom en eer nie, ook nie sy familie nie. Hy los net vir Job agter om te ween oor sy verlies. Wat het Job gedoen by aanhore van hierdie verskriklike nuus? Job het sy klere geskeur en sy hare afgeskeer. (Job.1:20) “Toe het hy op die grond gaan lê en gesê: Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Heer.” (Afr. Nuwe Vertaling)

8

My liewe mens, glo my, vir ons as menslike wesentjies, is dit seker die moeilikste ding om te doen by traumatiese gebeure. Ons vraag is altyd. Waar was God toe dit gebeur het. Hoe kon Hy dit toelaat. Die seer en moedeloosheid, die verslaenheid het ons blind en doof gelaat, maar as ons mooi kyk en luister sal ons God se hand om ons s’n sien. Ons sal hoor hoe hy ons onderskraag en sê: “Moenie bevrees wees nie, Ek is met jou. Met my eie hand sal Ek jou red.” (Jes. 41:10) Soos hy my gered het en onderskraag daardie middag toe die “dood” aan my deur kom klop het. Toe dit vir my kom sê het my pragtige 17jarige seun was in ’n motorfietsongeluk en vir die res van sy lewe in ’n rolstoel sou moes deurbring. Dit is nou 11jaar later en met Jesus aan my sy kon ek die hartseer en trauma verwerk. Ek was toe nie eers ’n Christen nie, maar daar langs my kind se hospitaalbed het ek letterlik gevoel hoe Hy my hand geneem het en my deur die hele aanvaarding en vrede proses gelei het en sedertdien het Hy my hand nog nooit gelos nie. Hy lei my nog steeds. Al sien ons nie die sin van alle seer en trauma nie, versorg Hy ons liefdevol tot ons heel is en sê: “Prys die Naam van die Here.” Job het deur sy hel geleef en getrou gebly en die Here het hom veelvoudig geseën en die duiwel kwaai op sy neus laat kyk, want selfs op die ashoop kan jy oorwin met Jesus aan jou kant.


Deur past. Piet Smit

Mat. 27:4 – “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai.” Hierdie is die woorde van Judas nadat hy die Seun van God verraai het, maar agterna besef het dat hy het ‘n groot fout gemaak. Hy het tog aan die einde spyt gekry en besef: ‘n Onskuldige Man gaan nou sterf en hy is die oorsaak daarvan. Sy eie aspirasies, liefde vir geld het hom daartoe gedryf. Nooit ooit was daar bloed so onskuldig soos die bloed van Jesus. Jesus was onskuldig van al die aanklagte teen Hom. Daar word algemeen aanvaar dat Jesus in die nag waarin Hy aangekla is, 6 keer verhoor is. Drie keer deur die Romeine en drie keer deur die Joodse geestelikes. In nie een van die 6 verhore was daar ‘n wettige aanklag teen Hom wat die dood sou regverdig. Die bloed van Jesus is die enigste onskuldige bloed wat daar ooit was, soos gebore uit ‘n vrou. Elke ander persoon se bloed of lewe dra die smet van die sonde; is geestelik onrein, besoedel met boosheid wat gekom het weens die sondeval. Vanaf die eerste babatjie wat gebore is op hierdie aarde, loop die onreinheid van sonde in daardie bloed. Job 15:14 – “Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?”

Job 25:4 – “Hoe sou dan ‘n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ‘n vrou gebore is?”

Daar is net een uitsondering: Die BLOED VAN JESUS! Dis daardie bloed wat die sondaar mens nodig het om vir hom versoening te doen. Dis die enigste middel wat my en jou sonde kan afwas en ons rein voor God kan stel. In die duidelikste taal stel die Woord dit:

1 Joh. 1:7 “... die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” Het jy al doelbewus en spesifiek die Here gevra dat Sy bloed jou sal was van jou verlede en ongeregtighede voor Hom? GEBED Here Jesus, ek het U bloed so nodig. Ek staan as sondaar mens skuldig voor U. Was my verlede daarmee weg. Delg my oortredinge daarmee uit. Al was my sonde soos skarlaken, laat dit nou wit word soos sneeu. Kom woon in my hart deur U Gees. Amen.

9


FOTO Ciske du Toit word gedoop. 9 Augustus 2015

Cowan Quickfall word gedoop. 13 September 2015

Hier vertel Elzarie & Herman Fourie vir ons van hul werdervaringe in Zimbabwe.

10

VAT DRIE was die tema - Hier deel Ingrid Gheysens haar 3 gunsteling liedjies met ons.

Oom Deon Koeglenberg en die Cooks pragtige lied. Op Sondag 23 Augu


NUUS Gesinsdiens 16 Augustus 2015 Almal moes soos sy gusteling kunstenaar aantrek.

s sing vir ons ‘n ustus 2015.

Saterdag, 22 Augustus 2015 het past. Piet Smit, Ryan Timotheus en Christa Marais Kasteelberg tot by die laer grot geklim. Hulle het ‘n heerlike ontbyt daar saam gaan geniet .

Lente Sondag 6 September 2015

20 September 2015 Sylvia Venter word voorgestel.

11


TO

GIVE IS TO

RECEIVE

measure - pressed down and shaken in. Sadly though, some people regard giving as an obligation, rather than a pleasure. TRUE GIVING IS AN OVEFLOW OF LOVE. The best know verse in the Bible. John 3:16. God demonstrate His love by giving his Son to pay for our sins on the cross. True love gives, it doesn't take. We must make giving a live long habit.

Written by Susann Calmers

The Bible teaches us in Mal.3:10 and Luk.6:38, Give and it shall be given to you, and Give so that there will be enough food in my store house. I promise, that when you live to give, you will experience the liberating awareness of true abundance, rather than scarcity. Giving sets off a chain reaction inspiring others to give, too, which creates a circle of giving. What goes around comes back a thousand fold. In this way, generosity is contagious. One kind act inspiring another. Giving increases FAITH and trust in God. As His blessings unfold before you, you become more aware that God is at work in every Area of your life. It is a universal law:

The more you give, the more you receive. Jesus said in Luke 6:38 GIVE and it will be given to you. They will poor into your lap a good 12

Scientists have even proven that being on the giving side, creates a positive emotional punch, which in turn, has a beneficial effect on physical health. Positive emotions enhance the immune system by increasing the body's number of T cells that resist disease; they release endorphins the body's natural Tranquilizers and painkillers, and they stimulate dilation of the blood vessels, which leads to a relaxed heart. In fact if we perform a act of kindness or generosity, we get a helper's high, " a kind of euphoria, a warm (Vervolg op bl. 13)


(Vervolg)

glow in the chest and a sense of vitality that come from being simultaneously energized and calm. Studies has proven at the University of Michigan, researchers who Studied 2,700 people for almost 10 years found that volunteering not only increases physical life but even lengthen our life span. Death rate 2.5 times lower than men of the same age who didn't volunteer. Giving has amazing power, leading to an invincible Spirit and a satisfied, healthy life. We need to realize that the goods we have in life is all a gift from God. It's NOT our own, it comes from our Creater, we are only the stewards of all things on earth, and we are measured by what we do with what God has given us stewardship over. We free ourselves from selfishness when we recognise it's not our stuff.

Huwelikseminaar 18 - 20 September 2015

Paartjies is verwelkom by ‘n romantiese ete Saterdagaand deur ‘n uitbeelding van ‘n hart deur kersies.

Hier sit Cobus en Mari Carstens baie verlief en dol gelukkig!

Everything, as well as us, our selves belongs to God. So develop a conscious desire to help and love others unconditionally. Not only money but understanding, give love, give opportunity and appreciation. Give listening, Give to the Blind and Orphans, Give to the Church and Christian Schools, and give a Smile.

LOVE CONQUERS EVERYTHING. Amen

Sondagoggend het paartjies ‘n nuwe huweliksbelofte teenoor mekaar afgelê. Daar was 28 paartjies wat die Seminaar bygewoon het.

13


DIE PAD

HEMEL

TOE

OORGAWE GEBED

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” . Amen! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit 022-487 2200

14


ONS STEL BEKEND Florina Erasmus KAN JY ONTHOU WAT DIT WAS WAT JOU DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD?

WAT HET JOU LAAT BESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES?

Ek het ‘n begeerte gehad om ten volle ‘n vetrouens verhouding met die Here te hê.

‘n Vriend het gesê, as ek Malmesbury toe trek moet ek die AGS gemeente besoek.

WAAR IS JY GEBORE?

WAT IS JOU GUNSTELING TYDVERDRYF?

Oudsthoorn (Hartjie van die klein Karoo)

Lees, die natuur en die see. HOE LANK IS JY NOU AL KIND VAN DIE HERE?

WAT WIL JY NOG GRAAG VIR JESUS DOEN? Siele werf. (Veral die jeug.)

10 Jaar

WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT JESUS VIR JOU GEDOEN HET?

WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JY VIR DIE MENSE DAAR BUITE.

Toe Hy my siel kom red het.

Daar is niks beter as om die Here te dien nie. Dit is die beste keuse.

15


opregtes.” M.a.w. as jy ‘n opregte is, ‘n wedergebore kind van God wat Hom dien in volle oorgawe en gehoorsaamheid, behoort lofprysinge deel van jou te wees: dit BETAAM jou. Die verklarende woordeboek sê ander woorde vir deur: Dr. James van Zijl betaam is : pas, behoort by. Lofliedere pas en BEHOORT BY ‘n kind van God.

Slaankrag

in LOFPRYSINGE (Vervolg vanaf September)

A

s jy die Here voortdurend prys sal daar ook nie negatiewe en a rekende woorde by jou mond uit kom nie! Jy weet mos dis ‘n Bybelse prinsiep dat jy sal kry net wat jy sê (Mark. 11: 23) sorg dus dat jou mond vol lof en eer aan die Here is, en jou seëninge sal net toeneem. Sulke lof en danksegging aan die Here kan net gedoen word as jou hart vol vreugde is. Hierdie stelling is nie waar nie en nie in lyn met die Woord van God nie. ‘n Kind van die Here behoort’n geloofs-mens te wees en

As jy nog ‘n oomblik stilstaan by Ps. 33 sal jy merk dat daar heerlike beloftes in opgeneem is vir die Kind van God. “Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood” (Ps.33:18 & 19) Hou egter in gedagte dat AL die beloftes van die Here aan sy kinders, altyd onderhewig is aan voorwaardes wat ons moet na kom. In Ps. 33:1-3 word ons bevel om vyf dinge te doen: jubel in die Here; Loof

GELOOF is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien die Here; Psalmsing tot sy eer; Sing nie. (Heb.. 11:1) GELOOF IS OM TE GLO DAT tot sy eer; speel (musiekinstrumente). DIT WAT JY VAN GOD GEVRA HET, REEDS GEBEUR HET (dit verwesenlik te sien met jou geestesoog). Dan het jy mos rede om Hom te loof en te dank VOOR JY DIE FISIESE MANIFESTASIE VAN JOU GEBEDSVERSOEK SIEN! (Mark 11:24): “Alles wat julle in die gebed vra, GLO DAT JULLE DIT AL ONTVANG HET en dit sal vir julle so wees.” As jy dus GLO, dat jy ONTVANG HET, het jy mos rede om vreugde in jou hart te hê en die Here te prys. Kyk wat staan in Ps. 33:1 “O regverdiges, jubel in die Here! ‘n Loflied BETAAM die

16

Weereens gee die Here vir ons voorwaardes, en dan seën Hy ons ryklik volgens verse 18 & 19. As jy dus nie voor die Here jubel, Hom loof, psalmsing tot sy eer nie, kan jy nie verwag dat Hy sy beloftes aan jou sal bewaarheid nie. Hierdie saak sny egter veel dieper as wat dit op die oppervlakte lyk. In Afrikaans gebruik ons die woordjie bedien heel dikwels en die mening daarvan is om iemand te help of te voorsien. So weet ons om Vervolg op bl. 17


soek die antwoord vorige keer se antwoord

Nuus ∂

Die drie mooi manne:

∂ Josef (Gen. 39:6) ∂ Dawid (1 Sam. 16:12) ∂ Absolom (2 Sam. 14:25)

Henk & Elsabé v/d Westuizen kleindogter ryker geword.

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!

Zelda Roberts en Magriet Smit het die antwoorde voorsien - baie mooi!

epos invalgedagtes bediening

hierdie keer se vraag Kan jy die naam voorsien van enige van Salomo se baie vroue?

Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde boodskap vanuit die Woord. corpuschristi@cybersmart.co.za

Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902

Vervolg vanaf bl. 16

die kos te kry, hy voorsien ons van die kos. In die christen samestelling praat ons ook van bedien. (Engels: minister) In die Liggaam van Christus het elkeen ‘n bediening. (As jy nie weet wat joune is nie, vind uit!) Die een het ‘n bediening van lering, m.a.w. hy help die ander om die Woord te verstaan; die ander het ‘n bediening van musiek , m.a.w. hy help die ander om die Here te prys en om in oorwinning te lewe d.m.v. die musiek wat hy aanbied. ‘n Ander persoon het ‘n bediening van versorging, m.a.w. hy help altyd die oues van dae, die siekes, die swakkes ens. Daardie persoon hou daarvan om daardie spesifieke diens te lewer aan sy mede-Christene, en God het hom spesiaal daarvoor toegerus. (Vervolg volgende maand.)

innige simptie Oorlede:

Filicity Onverwacht se broer en haar pa.

∂ ∂ ∂

Roderich Onverwacht se pa. Dina se man - Louis Hayini Ena se man - Wynand Nortjé

17


FINDING

FAITH Resensie deur Ann-Beth

“Even though your not in control of a situation doesn’t mean somebody isn’t”. Daar is vandag soveel gevare in die wêreld. Die media speel veral ’n groot rol. Twitter, facebook en soveel ander hou groot gevaar in vir onskuldige jong tieners. Hulle is so maklik manipuleerbaar en dit het Faith en haar ouers ’n nare ondervinding laat beleef. Faith was ’n gelukkige tienermeisie, soos menige ander wat op ’n baie kwesbare manier uitgebuit is deur die gebruik van “I me” , ’n internet aksie soos facebook. Dit is hier waar die moeilikheid begin het met Eddie Blue. Met ’n profile pic wat nie aan hom behoort het nie. Faith, soos haar naam getuig, het ’n Christelik skool bygewoon en was aktief by die kerk betrokke. Tot die dag toe sy op pad na haar vriendin deur ’n man gegryp is en in sy “pick up” gedwing is ........... Daardie dag het sy deel geword van die statistieke van vermiste meisies. En dit is hier waar die vraag by ons opkom. “Can good actually come from evil” en jy in jou gedagtes die nare vermoede vorm van” I don’t think so.” In samewerking met die speurders en taakmag begin die soektog na Faith. Haar nare voorland is die mark van seksslawe. Groot geld word vir jong maagdelike tienermeisies betaal. Faith se pa is oral saam met die polisie. Sy dogter moet gevind word. Hoe sterk sal Faith se ouers en haar geloof hou met die besef dat “The funny funny thing about brokenness is that it could lead you to faith or it can lead you away from it.” Kom beleef die spannende soektog na Faith saam met die polisie en haar ouers en ontdek wat hulle ontdek op hulle soektog. “It never stop amaze me how God can bring good out of evil. We have the hope and a promise that God will always be with us whatever the outcome may be! “

!!!’n Moet sien vir elke ouer met ’n tiener kind !!! 18


Storie tyd .... Ek het nuwe skoene - en jy? deur Tant Sannie de Ferriers uit KOM ONS VERTEL STORIES

Wat ‘n snaakse opskrif vir hierdie stukkie. Ja, my liewe maats, dit lyk snaaks, maar ek gaan julle vertel wat dit beteken.

Sondagskool. Alweer nuwe skoene, alweer ‘n nuwe rok, ‘n nuwe handsak en wat meer. Gewoonlik sê hulle dan vir die ander outjies: “Ek Julle weet, al die mense is het alweer nuwe klere - en nie ewe ryk nie, ook jy? Hoekom het jy alweer spandeer almal nie hulle jou ou hoed op, het jou ma geld op dieselfde wyse nie geld om vir jou ook nie. Sommige mense is nuwe klere te koop nie? baie lief om amper al hulle Kyk, ek het ‘n nuwe geld aan mooi klere te handsak ook gerky spandeer. Vir hulle maak siestog, joune lyk al oud dit nie saak of hulle nê” So nie, staan hulle magies amper honger ly graag langs ‘n ander nie, en of hulle in die spoggerige maatjie, en skuld is nie, solank hulle fluister saggies terwyl net weer met nuwe klere ander verbyloop wat nie kan spog. Andere is ryk alweer nuwe klere het nie. en het baie geld. Andere Het jy nie ookal so het nie baie geld nie, maar gemaak nie? spandeer party daarvan op Kinders, julle moet goeie kos, en werk so versigtig wees. Jy kan ‘n versigtig dat hulle nooit in andereen so seer maak dat die skuld kom nie. Ook hy dalk eendag verlore gee hulle altyd geld vir die gaan en jy sal self nooit in Here se werk, en al is die hemel kom as jy so ‘n hulle kleertjies al oud; is spoggerige, hoogmoedige dit mooi opgepas sodat hart het nie. Die Bybel sê hulle altyd netjies lyk. die Here veg teen hulle! Dit kan jy tog nie uithou Nou wil ek vir jou vra nie, dit sal te vreeslik watter soort is jy? Ek wil wees! spesiaal praat met die spoggerige kinders by die Daar is nog iets:

Mooi klere maak nie van ‘n mens se lewe ‘n sukses nie. Sommige mense trek juis baie spoggerig aan dat die mense van hulle baie moet dink omdat hulle weet hulle harte is baie lelik binne-in. Dit help ook nie, want ‘n mens sien gou aan iemand se geaardheid hoe hy is. ‘n Spoggerige, hoogmoedige kind se maats word almal vir hom baie gou moeg. Op die end is jy baie eensaam en ongelukkig. Moet ek vir julle almal goeie raad gee? 1. Of jy arm of ryk is, wees altyd baie netjies en vriendelik en jy sal altyd mooi lyk. 2. As jy ‘n hart het wat altyd nuwe goed begeer wat jy nie regtig nodig het nie - vra vir die Here Jesus om jou hart te verander. Probeer altyd om almal gelukkig te maak en jy sal self baie gelukkig wees. ♥♥♥

19


HERFSBLARE IN DIE REËN RE N ( Uit die digbundel LAAT REËN deur Tina Bergh van Zyl)

‘n Herfsblaar in die reën ‘n Herfsblaar het op my stoep beland Bruin omraam, en geel getand met ‘n kartelrand ‘n reëndruppel het op die blaar geval Helder, deurskynend nes Kristal ‘n wonderlike gesig, van hersblare wat val, en Reëndruppels van Kristal Hoe vars en verfrissend is die reën Selfs vir die herfsblaar is dit ‘n seën Luidkeels in die wingerd, snater die tarentale, en polka In die reën, oor die dansvloer van herfsblare heen Hul gesnater vul die hele lug En suig die druppels dorstig op Waar jy kyk is nat grassteeltjies Nes juweeltjies, is die reëndruppels om jou heen Edelgesteentes is die herfsblare Deel van God se seën Jou lewensspan is vasgevang In die hart van die reëndruppel En weerkaats jou lewensgang Soos ‘n herfblaar wat aan ‘n takkie hang Ns. Sommige van ons is in ons herfsblaartyd, ons troos as ons afgeval het, gee die Meester vir ons ‘n drupel van kristal - die ewigheid. Open. 22:1 - 2 — Rivier met kristalhelder water; die boom van die lewe; sy blare maak nasies gesond. Rev. 22:12 — The river of the water of life as clear as crystal… and the leaves of the tree are for the healing of nations.

Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand per blok.

20

Regs: Die “link” na ons facebook blad.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.