Aptytwekker Des Jan

Page 1

ptytwekker ppetiser Desember 2015 Januarie 2016

AGS Corpus Christi Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za corpuschristi@cybersmart.co.za Tel: 022-487 2200

Baraccastraat 19 Malmesbury Die Wingerd Malmesbury, 7300

Huldeblyk Gummy v/d Westhuizen

Al Bruis Die Jordaan Be a people builder

DIE KRUIS

Hierdie een saak! saak Ons stel bekend? Foto’s: Piet Smit

‘n Skoon blad in die Boek van die Lewe Ons kinders


Nuus van die

Herderspaar Ps. 116:12 “Wat sal ek die Here vergeld vir al Sy weldade aan my?” Iemand vra:

Wanneer laas het die Here jou met ‘n bederfie geseën?” Onmiddellik dink mens aan iets baie spesiaals. Moontlik iets geesteliks soos die Heilige Gees wat oor jou kom of ‘n groot genesings wonderwerk. Of miskien iets baie groots op materiële vlak soos ‘n groot geldbedrag of ‘n motor … Verseker is dit nie uitgesluit nie. Maar is dit al wanneer God ‘n mens seën? Is die klein goedjies dan uitgesluit? Of die goed wat Hy reeds vir mens gegee het deur die jare. Moet mens oor dit kyk en dit sien as afgehandel en nou hoef jy nie meer daarvoor dankbaar te wees nie? Ek onthou die slagspreuk wat ek iewers opgeplak gesien het: “Mens leef asof alles ‘n wonderwerk is, of jy leef asof niks ‘n wonderwerk is nie.” Daardie dag het ek ‘n keuse gemaak; alles sal voortaan vir my soos ‘n wonderwerk wees! 2

Hoe tragies om mense te kry wat in teenstelling met dit, altyd ondankbaar is.

• • •

Nooit tevrede. Altyd ontevrede. Altyd ingedoen deur ander asof die lewe hulle iets skuld.

Ek kom tot die besef dat vir alles moet ek dankbaar wees! Vir letterlik die kleinste dingetjies tot by die grootste … Om bv. ‘n sakdoek te besit, is wonderlik, want daar is mense wat nie dit het nie. Selfs vir die minder aangename van die jaar, kan ek aan die einde van die dag, ook dankbaar wees …(1 Thess. 5:18) Dit het my geskaaf en geskuur en gepoleer en sterker gemaak vir die Koninkryk van God (Ps.119:71). past. Piet & Susan Smit


Slaankrag

in LOFPRYSINGE Dr. James van Zijl (Vervolg vanaf November)

Iemand anders het dalk die bediening van bemoediging, m.a.w. Hy het vir elkeen altyd ‘n aanmoedigende woordjie en hy bid saam met hulle en wys hulle op God se goedheid. Sodoende help hy hulle om blymoedig voort te gaan. So bedien die lede van die Liggaam van Jesus mekaar, en seën mekaar. Weet jy dat die Here ons gemaak het om HOM TE BEDIEN? Ja, dis moontlik en Hy verlang dit. Nou praat ek nie van jou liefde vir die Here, jou tyd vir die Here, jou finansies vir die Here nie. Daardie dinge gee die Here ons ‘n opdrag om aan Hom te gee - Hy verwag dit van ons. Maar wanneer ons die Here wil bedien, dan doen ons dit met ons lofprysinge en ons aanbidding. Die Here het al sy kinders gemaak om konings en priesters te wees vir Hom (1 Pet. 2:5 en 9) Kom ons lees vers 9: Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

As priesters van God, bring ons nie meer die bloedige offerhandes van die Ou Testament nie, maar ons bring die geestelike offerhandes van die Nuwe (1 Pet. 2:5). Hierdie geestelike offerhande sluit o.a. In ‘n lof-offer. Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ‘n OFFER VAN LOF bring die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. (Heb. 13:15) LOF is die OFFER wat jy aan God moet bring (Ps. 51:14). Die mens wat My eer, is die een wat LOF as ‘n OFFER bring. (Ps. 51:2 en 3) Daar is ‘n verskil tussen lofprysing (loof) en aanbidding. As ek hier van aanbidding praat, bedoel ek nie gebed nie, maar wel aanbidding VIR WAT DIE HERE VIR ONS IS. Hier lê ook dan die verskil. Loof is om die Here te prys VIR WAT HY VIR ONS GEDOEN het, terwyl aanbidding gaan OM SY PERSOON, WIE HY IS. Die woordjie prys (lofprysing) kom van baie woorde met hulle wortels in die Hebreeus en Grieks. Ek noem ‘n paar vir interessantheidshalwe: ► bl. 5

3


Al Bruis

Die Jordaan tant Sannie de Ferriers (Vervolg vanaf November)

Ten laaste het hy sy gesprekkie in ‘n rigting gestuur dat dit so mooi ingepas het toe hy liefdevol gesê het: ,,En nou het ek jou alles vertel en wil dit be-eindig deur te sê dat die Here Jesus my baie duidelik getoon het dat jy die lewensmaatjie is wat Hy vir my gekies het. As jy gewillig is, sou dit vir my die grootste voorreg wees om my lewe lank met jou saam vir Hom te arbei!” Uiterlik kalm, maar met ‘n hart wat skielik klop van onsekerheid toe die erns van die saak tot my deurdring, het ek verleë gesê: ,,Ek waardeer alles wat jy gesê het en die vertroue wat jy in my stel. Ek weet ook dat jy ‘n ware kind van die Here is wat vir Hom werk daarom sal ek Hom ernstig raadpleeg. Ek hoop nie jy gee om om miskien lank te wag op ‘n antwoord nie? Ek kan niks sê tot ek van my Meester hoor nie!” ,,O nee, ek gee nie om hoe lank ek moet wag nie, want ek weet dit sal nie tevergeefs wees nie,” het hy met ‘n mooi glimlag en ‘n vaste vertroue gesê. Na byna vyf jaar van ‘n geseënde bediening alleen was dit ‘n geweldige, byna onmoontlike besluit om te maak. Ek het die paadjie wat ek bewandel het so goed geken. Dit het so veilig gelyk en hierdie nuwe saak so vreemd en onveilig! Tog, hy was ‘n ware wedergebore man, gedoop in water en in die Heilige Gees, en was in die voltyd bediening. Hy was ook reeds gereed om as reisende evangelis te begin arbei vóór hy my ontmoet het. Stadig het die res van die voorwaardes, wat ek drie maande tevore in Zambië ,,ontwerp” het, my bygeval. Hy het meer as voldoen aan

daardie ,,kwalifikasies.” Hy het uit ‘n Engels – Franse familie gekom, was ‘n bekwame klavierspeler en vioolkunstenaar. Ook was hy drie jaar ouer as ek, lank, skraal en donker. Ons roeping was dieselfde, en ons was geesverwante. Nieteenstaande dit alles sou dit wedersyds ons bediening kon bevoordeel? Sou ons mekaar waarlik kon bemin as man en vrou? Hy het my verseker dat hy diep oortuig was dat dit die volmaakte wil van die Here is. ,,Maar wanneer sal ek dieselfde kan sê”, was my probleem. Ek het baie ernstig begin bid. Terselfdertyd was ek met die veldtog ook besig en dit het baie aandag vereis. Verlore siele was op die spel en ek kon hulle nie faal nie, nog minder my Meester. Omdat ek die wil van die Here nie kon vind nie, het ek besluit, soos hy voorgestel het, om twee van die hoofde van ons kerk te gaan spreek. Die president en algemene sekretaris was beide in ekstase. ,,Dit is te wonderlik. Die Here kon nooit iets beters beplan het nie. Ons het nog nooit twee mense gesien wat beter bymekaar pas nie,” was beide se antwoord.

Na twee ure het ek hulle kantore verlaat met meer sekerheid en helderheid en later het die Gees van God my volkome oortuig dat hierdie saak van Hom is…, en ek het my hand en my hart daardie aand aan Jean de Ferrières gegee in die teenwoordigheid van die Heilige God. ► bl. 5

4


◄ bl.4

ouers, broers en susters kon almal by die huwelik teenwoordig wees en was oortuig dat dit die leiding van die Here was. Ek sal nooit die pragtige orrelspel vergeet toe ek die kerk in my lang, wit trourok en sluier binnegekom en die arm van my geliefde bruidegom geneem het nie. Ons oë het ontmoet. Hoe hierdie saak beskik het. soet die gedagte dat God Ons het besef dat Hy ons self alles beplan het! Die vir mekaar gehou het, hele seremonie en terwyl huwelike met ander gelukwense was soos ‘n persone vantevore byna Dis nie die de Ferrièrs nie. mooi droom, en nou na vyf onvermydelik was. Net ‘n foto. en twintig jaar dank ek God Die geluk wat uit sy nog meer as ooit dat Hy ons twee aan moeder se gesig gestraal het, was mekaar geskenk het. eintlik aansteeklik. Hoe dank ek my God vir daardie skoonmoeder. Ook my (Vervolg) Ses weke later, op 1 Julie 1944, is ons getroud. Dit was ‘n warm sonnige dag in Johannesburg in die middel van die winter. Ons harte het oorgeloop van liefde en geluk, omdat ons oortuig was dat die Here

Slaankrag

in LOFPRYSINGE

◄ bl.4

Hebreeus: Hillulim Tehillah Todah Barak Halal Grieks Arete Doxqa Epainos Eulogeo van Humeo

Afrikaans prys, danksegging psalm belydenis om te seën om groot te praat moedigheid heerlikheid aanbeveling om goed te praat gesang.

Wanneer jy God prys, seën jy Hom, jy beveel Hom aan en jy praat goed van Hom. Soms bring jy danksegging tot

Hom, of ‘n psalm of ‘n gesang waarin jy Sy grootheid besing. So lees ons dat die psalmdigter ALLES WAT ASEM HET beveel om die Here te prys (Ps. 150:6) Kinders van die Here bedien Hom dus met lof en aanbidding. (En ons het ALMAL hierdie bediening!) Soos ons Hom op hierdie wyse bedien gaan ons sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang. Want die Here is goed; Sy goeder-tierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag. (Ps. 100:4 en 5) Ek glo dat hierdie die geskikte tydstip is om jou daarop te wys dat alles wat ek tot dusver geskryf het en verder sal skryf, net vir jou geld. (vervolg)

5


HULDEBLYK Oorgeneem uit Die Courant

“Gummy” trap diep spore in talle se lewens. ‘n Voorbeeldige, standvastige en lewenslustige mens met ‘n besondere sterk wilskrag, maar tog ook ‘n baie nederige, lojale en pligs-getroue mens – dit is hoe mense Achmat Andrew van der Westhuizen (alombekend as Gummy) sal onthou. Van der Westhuizen is op 4 Oktober 2015 oorlede en is op 7 Oktober 2015 uit die AGS Corpus Christi, Malmesbury begrawe. Johan Smit het hierdie huldeblyk bymekaar gesit: “Die voorbeeld wat hy gestel het getuig van ‘n man wat plat op die aarde was. Hy was altyd vriendelik en het sy medemens met respek behandel.” Hy is op 14 April 1952 op Malmesbury gebore, 'n seun van wyle oom Pieter en tannie Tima v/d Westhuizen. Hy kom uit ‘n gesin van 12 kinders (vyf seuns en sewe dogters) en ontvang sy skoolopleiding by St. Thomas Primêr en Schoonspruit Sekondêr. Op 16 jaar (standard 9) verlaat hy die skool en begin werk by sy pa. Hy bekwaam hom as loodgieter onder sy pa se bekwame leiding. Op 23-jarige ouderdom ontmoet hy sy vrou, Susan. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Susan het by Huis Bergsig gewerk en v/d Westhuizen moes ‘n toiletpot daar gaan regmaak. En die res is geskiedenis! Uit die huwelik is twee seuns gebore, Elton en Lezander. Daar is ook ses kleinkinders, Elchanan, Zarah, Noah, Keane, Quade en Joel. Hy was ontsettend lief vir sy kinders, maar veral vir sy kleinkinders.

Hy is deur sy familie en vriende gerespekteer vanweë sy simpatieke houding en belangstelling in sy medemens – 6

en juis hierdie eienskap het hom baie geliefd gemaak. As dit by sy werk kom, sê hierdie woorde alles: “Het jy ‘n loodgieter gesoek, dan was Gummy jou man.” Smit vertel dat hy geglo het dat jou voorkoms, etiese waardes, wedersydse respek en harde werk en determinasie bestanddele is vir sukses, en dat hierdie eienskappe slegs tot hul reg kom as die Here in beheer is. Sy werksmense het geweet hulle rook nie by die werksplek nie; mans kom nie met ‘n oorring werk toe nie; en jy kom werk nie met ‘n broek wat te swaar raak en dreig om af te val nie. Elton vertel dat sy pa baie kere waar hulle gewerk het, nie geskroom het om vir iemand daar te bid nie. Sy geloofslewe het hy elke dag uitgeleef. Hy het geglo dat jy die Here se tiende eerste gee; God sorg vir die res. Hy het ook eers gesorg dat sy werkers besoldig is. Alhoewel hy in die posisie was waar mense hom dien (vir hom gewerk het), was hy baie maal die een wat ander bedien het. Smit het sy eie herinneringe aangevul met dié van familie en vriende: ∗ Elton vertel dat wanneer hy soggens by sy ouerhuis aanmeld vir werk, staan sy pa reeds reg met ‘n koppie koffie vir hom. ∗ Lezander vertel met trots dat sy pa ook baie keer vir hulle gesê het: “Julle moet met julle oë steel, dis hoe jy leer” en “n mens is nooit te oud om nuwe ‘tricks’ aan te leer nie”, met verwysing na hul ambag (loodgieters). ∗ Die v/d Westhuizens het op Langebaan gekamp. Daar was altyd plek vir familie en vriende wat kom inloer om oor te slaap. ∗ Broer Gummy was ‘n goeie man en pa. Selfs sy broers- en susterskinders het hom “Pappa” of “Mekkie” genoem. ► bl.7


◄ bl.6

∗ Carmen, Elton se vrou, vertel dat haar

skoonpa eintlik aan Masterchef moes deelgeneem het – hy kon lekker kos maak, veral afvalpotjie en gebakte harders. Sy afvalpotte wat hy vir die kerk by die jaarlikse Kersliggiemark gemaak het, was altyd ‘n groot gunsteling en was altyd eerste uitverkoop. Lezander het my vertel hoe hy altyd ‘n dag voor die Kersliggiemark die hout fyn moes kap – streng volgens sy pa se opdragte. Ek verneem dat in Gummy se jonger dae, wanneer sy ma en pa na die aanddienste toe gegaan het, het hy by hul huis kerk gehou met sy broers en susters. Onder meer moes Pedro getuig, Sharon moes hard voorsing en dan het Gummy gepreek en vir hulle hande opgelê en gebid.

Smit sê v/d Westhuizen sal onthou word as ‘n ware Christen. Hy was ‘n geloofsman. Hy het altyd getuig van hoe die Here hom van werk voorsien, al het die ekonomie ook hoe swaar geknyp. Hy was ‘n bidder en het altyd as volg begin bid: ‘Onse Vader wat in die hemel is’ en daarna het hy God altyd dankie gesê vir Sy seëninge oor die gemeente en sy familie. Hy het baie vir ons gemeente (AGS Corpus Christi) beteken. Hy was nie net die vise-voorsitter van die gemeente nie, maar het ook baie van sy tyd en selfs sy werksmense gebruik om sekere opknappingswerk by die kerk te voltooi. Smit vertel dat v/d Westhuizen gedurende sy laaste paar weke baie rustiger

geword het. Selfs sy werkers wou net rondom hom wees. Hy wou sy kinders langer by hom laat sit, asof hy geweet het dat sy uurglasie vinnig besig was om leeg te loop. Gummy het sewe dagstukkies by sy werkstafel agtergelaat. - Volgens Lezander het sy pa elke dag gedurende sy laaste week een hiervan gelees. Hier is ‘n paar:

- Die belangrikste is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 1 Petrus 4 : 8 - Moenie daaroor bekommerd wees dat jou kinders nie na jou luister nie. Wees eerder bekommerd oor die feit dat hulle jou altyd dophou. - Elke pa moet onthou dat sy seun eendag sy voorbeeld gaan volg en nie sy raad nie. - Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is gelukkig. Spreuke 20 : 7 - Elke kind se hart klop met die ritme van ‘n pa se liefde.

Gummy trap diep spore.

innige simptie met: Oorlede: ∗ Susan v/d Westhuizen se man Gummy ∗ Roderick Onverwacht se suster ∗ Jean Uys & Linda Swanepoel se suster

Mag jul Jesus se liefde en se nabyheid ervaar in hierdie tye van hartseer.

7


Be a People Builder (Oorgeneem)

G

“Therefore encourage one another and build each other up...” (1 Thessalonians 5:11, NIV)

God designed us to live in relationship with others. He wants us to help each other grow. None of us will reach our highest potential by ourselves. We need people in our lives to encourage us, and we need to encourage the people in our lives and help them reach their potential. The word “encourage” means to “urge forward.” Many times, you can see things in other people that they don’t see themselves. You can see their strengths and talents. You can see that God has a special plan for them even though they may be going through a difficult time. Don’t assume that people see what you see in them. Take a moment and encourage them either with a kind word or a simple

note. There might be a special gift you can give that will remind them of their goal or dream. In whatever way you can, urge the people in your life to keep moving forward. If you’ll be a people builder and help others fulfill their dreams, God will help you fulfill your dreams also, and you’ll live in blessing all the days of your life. A Prayer for Today “Father, thank You for the people You have placed in my life. Help me build them up and find creative ways to urge them forward to Your glory in Jesus’ name. Amen.”

Hospitaal Bediening Elke Woensdag gaan bedien van ons mense die pasiënte by die hospitaal. Die AGS het dit begin, maar daar is reeds ander gemeentes ook betrokke. Almal is welkom om hulle te kom help met Bybels uitdeel, bid vir pasiënte, uitdeel van ou tydskrifte en uitdeel van speelgoed vir kinders ens. Hier is Amber Zandberg, Brenda Taits en Maretha Walters. Daar is ook nog Anina Cloete, Katrina Mouton, Nicolene Louw en Talitha Spies.

8


‘Vanaf godsdiens tot evangelie’

A

lle godsdienste sê: “Moenie bedrog pleeg en vals wees nie.” Maar die evangelie loop een tree verder: “Praat die waarheid met jou naaste, want ons is lede van die liggaam van Christus” (Efesiërs 4:25). Die eerste 50% wat sê “moenie,” is nog nie genoeg nie. Die tweede 50%, wat sê wat ons wel moet doen as navolgers van Jesus, is die volle prentjie. Ons is eers volledig op die Jesusroete as ons gedurig die waarheid praat en die waarheid in ander se lewens inpraat! Om bloot net nie te lieg en bedrieg nie, is nie genoeg nie, Alle godsdienste sê: “Moenie steel nie!” Maar die evangelie gaan twee tree verder: “Werk hard met jou eie hande,” en: “Versorg die armes vanuit jou harde werk” (Efesiërs 4:28).

Stefan Joubert

Om nie te steel nie is die eerste 50%. Om tot eer van God hard te werk is die tweede deel. O ja, en ook om te werk sodat ander mense kan eet. Min gelowiges loop laasgenoemde roete. Hulle werk graag hard vir hulle volgende vakansie; nuwe rekenaar of hulle aftrede. Die evangelie gaan altyd een stap verder: werk hard sodat minderbevoorregtes vandag kan eet. So klink die volle evangelie! Alle godsdienste sê: “Moenie lelik praat en vloek nie.” Die evangelie gaan een tree verder: “Praat net wat goed is tot opbou van ander” (Efesiërs 4:29). Natuurlik moet jy nie vloek en afbrekend praat nie. Maar dis eintlik nog net

godsdiens. Die tweede 50% is die volle prentjie. Dit hou naamlik verband met die vraag of jou woorde ’n opbouende verskil maak in die lewens van ander. Is jou woorde wapens van massavernietiging, of medisyne? Is jou taal deurspek met die Here se wysheid? Hoor mense mooi genade op jou tong? Om bloot net sekere verkeerde dinge nie te doen nie, is nie die volle roete van die evangelie nie. Die volgende 50% gaan oor wat ons as navolgers van Christus doen tot eer van God en tot opbou van ander. Nou ja, is jy bloot net godsdienstig, of is jou tong en hart en harde werk sigbare bewyse dat jy Jesus daagliks navolg?

Nou ja, is jy bloot net godsdienstig, of is jou tong en hart en harde werk sigbare bewyse dat jy Jesus daagliks navolg?

9


FOTO 1 Die Weskus substreek-A het ‘n drie dag konferensie hier by ons gemeente gehou. Past. Errol le Roux, die voorsitter, het dit aangebied.

1

2 Die 18de Oktober 2015 het Jurgens & Charmaine Henrico gehoorsaam geword aan wat in Mark.16:16 staan. 3 Sondag, 18 Oktober 2015 het ons spesiale offerande vir Bybelverspreiding gehad. Hier is ‘n paar interesante Bybels uitgestal.

2

4 Oktober se Gesinsdiens het ons soos Cow Boys aangetrek. Daar was ook ‘n hele paar mense wat stewels aangehad het.

5, 6, 7 24 Oktober het ons ‘n Gesinsdag gehad. Lekker boeresport eier & lepel, water ballonne, kruiwastoot, ens. Daar was speletjies vir oud en jonk. Daar was ook stalletjies met heerlike eetgoed.

3 4

5 10


NUUS 10

9

11 8 Die Kinderkerk het die nag van 30 Oktober 2015 ‘n oorslaap gehad. Daar is met hulle leersame dinge gedeel en lekker saam geĂŤet. 9 Die 8ste November 2015 is Neville Quickfall, Minnette Kotze en Liesel Willemse gedoop deur onderdompeling. Baie geluk. 10 Nuwe lidmate is Sondag 15 November 2015 voorgestel nl. Neville & Cowan Quickfall. 11 Die Gesinsdiens van 15 November 2015 het elkeen met een of ander uniform daar aan gekom. Groot pret!

6

8

7 11


ONS SÊ NET BAIE DANKIE Namens die Bestuursraad bedank ek elkeen van ons broers en susters vir ‘n wonderlike jaar van saamdoen vir die Here! Jou bydrae vir die werk van die Here materieël sowel as geestelik, word opreg waardeer. Jou mooi positiewe gesindheid het gemaak dat ander aangemoedig is. My mooiste wense vir ‘n ongeëwenaarde Kersseisoen en 2016 in Jesus Christus! Past. Piet Smit

BONUS OF DERTIENDE TJEK! As jy bevoorreg was om ‘n beroep te kon beoefen deur die jaar, is jy inderdaad baie bevoorreg in hierdie land van ons, want bykans 40% van ons land se mense word beskou as werkloos. Dis geen reg, maar ‘n voorreg as jy aan die einde van die jaar ‘n bonus of dertiende tjek kan ontvang. Eer God daarvoor deur aan Hom ‘n tiende ook daarvan te gee. Die Here Jesus moet altyd eerste wees in alles wat ons doen!

Mal 3:10 12


DIÉ KRUIS Wilna Botha

Ek het hierdie foto êrens in ’n begraafplaas geneem: simply to the cross I cling. Dit het my dadelik laat dink aan Gal 6:14 - “Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus...” ►

Klou vas aan die kruis

Sonder die kruis en die bloed van Jesus wat daar gevloei het, is daar net oordeel, dood en vernie ging. Klou vas aan die kruis, klou vas aan Jesus se vergifnis, roem daaroor, wees bly daaroor, verheug jou daaroor, spog daaroor, praat daaroor, sing daaroor, koester dit en waardeer dit intens. ►

Ek sit die kruis vandag opnuut weer sentraal in my gedagtes en in my lewe. Sonder die kruis is ek verlore, het my lewe hier geen sin en betekenis nie, is daar geen lewe na die dood nie. Sonder die kruis is ek kaal, hulpeloos, vuil en verlore. ►

Klou vas aan Jesus se vergifnis Hoe sê die woorde van die ou-ou liedjie, Rock of Ages? “Nothing in my hand I bring, Simply to Thy cross I cling; Naked, come to Thee for dress; Helpless, look to Thee for grace; Foul, I to the fountain fly; Wash me, Savior, or I die.” 13


DIE PAD

HEMEL

TOE

OORGAWE GEBED

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” . Amen! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit 022-487 2200

14


ONS STEL BEKEND Sylvia Venter KAN JY ONTHOU WAT DIT WAS WAT JOU DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD?

WAT HET JOU LAAT BESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES?

My man was weggevat en ek was sonder enige finansies gelaat en het ‘n kind van 14 jaar in die skool. Ek het die Here aangeneem en toe het dit sommer baie beter met my gegaan.

Die Here het my gelei om die regte gemeente te kies.

WAT IS JOU GUNSTELING TYDVERDRYF?

WAAR IS JY GEBORE? Oos-Londen S-A

Om my kleinkind groot te maak en ek is baie lief vir haar. HOE LANK IS JY NOU AL KIND VAN DIE HERE? WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JY VIR DIE MENSE DAAR BUITE. Bekeer jou! Eindtyd is hier! Dis hoekom God sy Seun gestuur het.

13 jaar

WAT WIL JY NOG GRAAG VIR JESUS DOEN? Enige opdrag wat die Here vir my gee om te doen.

WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT JESUS VIR JOU GEDOEN HET? Na 32 jaar het die Here my verlos van rook, epilepsie en vrees aanvalle.

15


‘n Skoon blad in die

BOEK van die LEWE geskryf deur Evan

Oral in die lewe kry die mens ’n kans om oor te begin. Met elke vars nuwe dag wat vir ons in die ooste breek gee Jesus vir ons die geleentheid om te besin en die regte pad te kies. Ons besef nie al dag hoe belangrik hierdie geleentheid van ’n nuwe kans ons bied nie. Hoekom is dit so belangrik om elke dag ’n nuwe kans te kry? Hoekom hamer die mense so op ’n nuwe kans? Die dood eenvoudige rede: Versoekings!

L

keuse: Wil julle lewe of wil julle sterwe.” Dit is dan ook presies wat sal gebeur as jy nie die regte keuse doen nie. As jy nie elke dag se uitnodiging om nuut te begin wil aanvaar nie. Jy sal sterwe! En ek bedoel letterlik sterwe en dan kan niks jou meer red nie. Daarom waarsku Hy ons in Jesaja 55:6 “Dat jy Hom moet soek terwyl Hy nog te vinde is,” want eendag gaan daar ’n dag aanbreek wat die dag nie meer gaan breek nie en dan is jou kanse verspeel. Weg soos mis voor die son. Wat kry ons as ’beloning’ as ons die Here se aanbod aanneem. Hierdie antwoord kry ek toe duidelik by ’n begrafnis. ‘n Paar dae gelede het die eer my te beurt geval om my tannie, my ma se suster, (ons het

nooit vir haar ‘tannie’ gesê nie; nee, sy was vir ons soos ‘n suster) na haar laaste rusplek te dra. Wat my hier getref het, was die boodskappie wat op die ere bladjie verskyn het. En dit het my laat besef wat ons beloning is. As ons sy kanse aangegryp het en volgens Sy wil gelewe het en ons die dag sterwe begin ons eers regtig lewe, want dit is wat gebeur.

e w e

Versoekings is deel van ons daaglikse lewe. Daarom moet ons elke dag nuut begin en vasberade wees om nie daarvoor te swig nie. Het jy al jouself afgevra hoekom die Here vir ons so baie kanse gee om oor te begin. As jy gaan kyk in Heb. 2:18 sê dit duidelik daar:

“Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy die help wat versoek word.” Juis hieroor is dit so belangrik om elke dag oor te 16

begin, want as jy dit nie doen dan kom jy voor ’n keuse te staan soos die Here duidelik in Jeremia 21:8 stel. “Ek gee julle die

Dan loop ons vir die eerste keer langs God se stad met blye verbasing oor dit wat nuut is, want dan kan ons sien wat ons altyd geglo het. Nou kan ons vry en vol vreugde beweeg in die heerlikheid. Mooier as ’n menslike droom. Vry van siekte, vry van swakheid, pyn en die liggaam se lyding hier op aarde. 3

Wat ’n heerlike vooruitsig. Wat gaan jy nou doen my vriend/vriendin. Jou kans gryp of verspeel? Jesus liefde Jou vriend in Jesus.


soek die antwoord vorige keer se antwoord Naäma, was een van die vroue van Salomo (1 Kon. 14:21). Paul Cloete en Magriet Smit het die antwoord voorsien - baie mooi!

hierdie keer se vraag Aan wie is heel eerste die evangelie verkondig? Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902

epos invalgedagtes bediening Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde boodskap vanuit die Woord. corpuschristi@cybersmart.co.za

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!

Die Heiland is gebore in stille Bethlehem, by blye engelgesange voeg ek my hart en stem, So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun, sy Enigste, gegee het as Middelaar en Steun.

17


HIERDIE

ÉÉN

SAAK

Past. Piet Smit

by die Here te kry. Om iemand uit die modderslyk uit op te trek en sy voete op kom mens met so ‘n ligte skok agter hoe die Rots Jesus Christus te plaas. (Ps. 40:1 ver het die jaar reeds gevorder. Elkeen is -4) Om die verlore siel soos ‘n so besig soos wat hy of sy maar kan drenkeling in die see te red en hom op wees. Onwillekeurig vra mens jouself die veilige land te bring. Kortom, om ‘n hel vraag af: Waarheen gaan dit alles? ‘n verdiende sondaar by die Here Jesus te Goeie antwoord is: Alles spoed na sy kry as die poort en deur na die hemel einde op hierdie aarde. Een of ander (Mat. 7:13, 14; Joh. 10:9)! stadium gaan elke mens by sy einde kom Hoor weer die bekende tekste: en een of ander tyd moet almal van ons • Spr. 11:30 – “hy wat siele win, is voor God staan en rekenskap gee van sy wys.” lewe op aarde. • Jak. 5:20 – “laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg Ek wil nie my lewe verspeel en om mors bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en met goed wat aan die einde van die dag ‘n menigte sondes sal bedek.” niks beteken nie. Ek is seker dat dieselfde Mag alles wat ons doen en elke geld vir enige regdenkende mens. Hoe bediening in die kerk, in diens staan van kan ‘n mens jou energie tap vir dit wat hierdie grootse saak. Mag dit ons groot daardie dag voor God niks sal beteken saak en dryfveer wees vir die tweede nie? helfte van 2015 ... res van ons lewe siele vir Jesus. Vir elke mens wanneer hy aan sy einde kom, sal dit wonderlik wees as hy of sy kan sê: “Ek het my lewe aan God gewy.” GEBED Ek ontken nie dat daar is baie edele sake Here, U het gekom om te soek en te red in die Koninkryk van God waarmee mens wat verlore was. U dissipels het vissers van mense geword en presies dieselfde jou kan besig hou. Maar as ek my dan móét afsloof; laat dit dan wees om ‘n siel gedoen. Salf my, om dit my grootste passie van alles te maak! Amen!

Die dae en maande spoed en iewers

e l e i S

Regs: Die “link” na ons facebook blad. 18

Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand per blok.


Ons kinders presteer! Phoebe Parsons Mialise & MischĂŠ du Toit

Set Smit

Michaela Smit

Josua Smit

Levona Roberts Paula-Mari Gerber

Sertifikate, diplomas en medaljes wat van ons kinders verwerf het deur 2015. (Jammer as ons miskien kinders uitgelaat het.) 19


20


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.