8
Krit Saterdag
krit se keur
8 | Saterdag, 29 29.3.2014 Maart 2014
Sonder dié was jy nie regtig hier
M
acbeth. Slapeloos: William Shakespeare het teater se oerknal vir die Westerse beskawing veroorsaak, enige kunstefees sonder ’n Shakespeare op sy program, dwaal. ’n Shakes-peare in Afrikaans is ’n raar en wonderlike verskynsel -– moenie dat dit verby jou glip nie. En dié Eitemal-vertaling vonkel al is dit in hoë versnelrat. Voorts net drie name: Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe en Marthinus Basson. Dié topproduksie hoort reg bo aan jou lysie. Land van Skedels: Nicola Hanekom se plekspesifieke stuk oor die gru-geskiedenis van die konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog het vier Fiëstas insluitend beste algehele aanbieding op die Afrikaanse feeste gewen. Dit is grootse teater wat jou opnuut verby dogma en ideologie laat sien. Sy neem die smart uit die Afrikaner-laer sodat dit veel verder weerklink, tot by Kiëf vandag. Onvergeetlik, myns insiens haar beste werk tot nog toe. Oorsee: Vyf mense, drie mans en twee vroue, op ’n boot ná die apokalips wat die vertrou-
Laetitia Pople Afrika gesien het. Dit was nie ’n maklike reis vir ’n bruin vrou en gay man nie, maar watter reis was dit nie! Dit het die Woordfees-gehoor soos een laat opspring. Met reg en met rede. Bravo! Waterpas: Die onderwerp is eksistensieel en gewigtig. Dit gaan oor dit wat van die mens geverg word om staande te bly in die lewe, daardie waterpas-ekwilibrium wat nie versteur moet raak nie anders... Uiteenlopende verhaallyne gepen deur die dramaturg Wessel Pretorius verwissel flink. Skitter ensemble-spel. En ek sê dit weer: haas jou na alles wat die Polony-teatergeselskap doen. Die gewildste Afrikaanse gedigte: Hierdie is ’n moet-ervaring as jy wil hoor hoe Afrikaanse digters se woorde kan “klink en blink” in die monde van
‘‘
Gaan sien alles wat die Polonyteatergeselskap doen as jy hou van teater met ’n snykant de wêreld soos ’n muggie weggevee het. Waaroor sal hulle praat? Die dramaturg Tertius Kapp, vanjaar se Fleur du Cappryswenner vir beste Suid-Afrikaanse toneelstuk met Rooiland, lewer weer ’n gehalte-drama. In dié satire wys Kapp hoe nuwe magstrukture in ’n oogwink gebou word op die skroot en uitskot van die vorige. Onderliggend aan dié vreemde wêreld is hier die bekende gegewe van die gehoor se eie wêreld – die vergrype en konkelary van die heersers ewig in stryd met die hoop en drome van gewone burgers. Wie is bang vir Virginia Woolf?: Om Edward Albee in Afrikaans vertaal deur Saartjie Botha te hoor, is al genoeg rede vir jou kaartjie. Voeg daarby Marius Weyers en Sandra Prinsloo wat oudgetroudes speel wat aan mekaar kerf soos jy biltong sou kerf. Die Lelike Eend: Gaan sien alles wat die Polony-teatergeselskap doen as jy hou van teater met ’n snykant wat jou van die vertroude wêreld vervreem. In dié Afrikaanse vertaling van Marius von Mayenburg se teks word die mens se beheptheid met skoonheid so uitdagend en lagwekkend teruggekaats na jou dat jy Brad Pitt vir ’n eendvoël sal aansien. Onthutsend snaaks en gevaarlik vir gemaksones. Die ongelooflike reis van Max en Lola: Chris van Niekerk en Vinette Ibrahim vertolk karakters wat ’n beleë vriendskap vier, wat hulle deur die storm en drange van apartheid in Suid-
ons beste vertolkers: Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Nicole Holm, om ’n paar uit te sonder in ’n puik produksie saamgestel deur Juanita Swanepoel. Neem groot en klein soontoe. (Woordfees) Die Naaimasjien en Shirley Valentyn – en Amanda Strydom se State of the Heart: Regtigwaar! Dit is nou hoog tyd dat jy dié produksies sien! Willem Boshoff: Sit jou naam op die lys om saam met Willem Boshoff, een van drie feeskunstenaars vanjaar, vir sy druïde-wandeling te gaan. Jy gaan volstruise en paleise miskyk, maar jy gaan ander wêrelde beleef in die spoor van ons eie Gandalf met die kortbaard. Sy “ateljee” is ook ingerig vir die feesgangers se “inspeksie” – dit gaan jou ure besig hou. (Prince Vincent-gebou) Marinda du Toit: Die Wellingtonse beeldhouer het Oudtshoorn van die verlede en hede verken en ’n paar karakters geskep wat ’n mens net van aangesig tot aangesig moet ontmoet. Daar is onder vele meer Sagmoedige Neelsie met die keurige krawat, Magistraat Armstrong met die ysterhand, Karoolientjie met die geel rok, en Armaans Potgieter, ’n touleier van formaat. Die beelde is in die Prince Vincent-gebou te sien. Nog nie self gesien nie, maar op sterk aanbeveling van resensente wie ek vertrou: Wit Manne se Wapens, Sneeuwitjie en Die Sewe Zombies, Feeskatte, Boesman My Seun, Amen en Chris Chameleon se Herleef: Psalms en Gesange.
Sharleen SurtieRichards is te sien in Shirley Valentine. Foto: CHRISTIAAN KOTZE
Hierdie het reeds die feestoets geslaag Die afgelope twee kunsfeeste – Suidoosterfees in Januarie en die Woordfees in Maart – het ’n paar juwele opgelewer wat ook op die Absa KKNK te sien sal wees. Van dié kant van die Suidoosterfees kom: Beauty Queen: Handel oor ’n ma (Marga van Rooy) wat haar reeds middeljarige dogter (Hanli Rolfes) die laaste kans op liefde en geluk ontneem. Beide aktrises gee ster-vertolkings. Duncan Johnson en Denver Vraagom is ook in die rolverdeling en Henry Mylne is die regisseur. Die skrywer van dié vertaalde stuk is Martin McDonagh, wat ook die skrywer is van die draaiboeke van die rolprente In Bruges en 7 Psycopaths. Die Rolbalspeler: Brendon Daniels draai sy karakter Adidas in Rooiland behoorlik nek om in hierdie stuk. As jy hom onthou as die genadelose tronkvoël, gaan kyk hoe sag en innig hy kan wees as ’n blinde man wat meer van die lewe wil hê as om mandjies te vleg. Hy kry dit deur ’n buitengewone vrou wat in sy lewe kom en hom oortuig om te begin rolbal speel. Ook hier skitter die rolverdeling met (afgesien van Daniels) June van Merch, Dann-Jaques Mouton en Nicole Holm. Van die Woordfees af kom: Wie’s bang vir Virginia Woolf? Met Sandra Prinsloo en Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pietersen was dit een van die Woordfees se hoogtepunte. Dit is net ’n plesier om die twee ikone van Suid-Afrikaanse teater op hul beste te sien. Prinsloo is nie die liefdevolle karakter waaraan gehore in Oskar en die Pienk tannie en Die Naaimasjien gewoond geraak het nie. As jy verkies om haar nie kru, dronk en sommer net platvloers te sien nie, bly weg van hierdie stuk. As jy haar bekwaamheid as aktrise wil sien, koop dadelik ’n kaartjie. Waterpas het ’n welverdiende vyf sterre van Die Burger se resensent Laetitia Pople gekry. Die teks is deur Wessel Pretorius. Hy is ook in die rolverdeling saam met Roeline Daneel, De Klerk Oelofse, Francois Jacobs en Hannah Borthwick. Saam maak hulle teater wat uitdaag en vermaak. Die regisseur is Christiaan Olwa-
Mariana Malan gen, ’n regisseur wat bekend is daarvoor dat hy nie vir uitdagings skrik nie. Die stuk dra ’n ouderdomsperk van 16 en is beslis hardebaard. As jy ’n gewoonte-uitloper is, koop ’n kaartjie vir ’n ander vertoning. Feeskatte – ’n dramakomedie steek die draak met die vroue wat jaar na jaar in groepe kunstefeeste besoek. Joanie Combrink, Elsabé Daneel en Susanne Beyers is in die rolverdeling en ook hier is Christiaan Olwagen die regisseur. Daar is heerlike komiese oomblikke, maar ’n mens kry ook ’n goeie skeut menslikheid en hartseer. Geen feeskat, -hasie of ander spesie moet dit misloop nie. Gaan kyk en herken iets van jouself. Voorskoot en lipstiek is ’n kykie na die rol wat die kuns van koskook in die lewe van ’n ma en haar seun speel. Dis die soort stuk wat hartsnare roer en jou laat terugdink aan jou eie ma se kombuis. Ander aanbevelings: DDBB ... Dowwe Dolla betaal belasting – Dolla probeer agter die kap van die byl van belasting betaal kom. The Epicene Butcher – Jemma Kahn stel jou bekend aan die kuns van Kamishibai (Japanse storievertelling) met ’n SuidAfrikaanse geur. Die Lelike Eend – In hierdie satire word daar gekyk na die obsessie met skoonheid. Barok en Roll – met Ockie Vermeulen op die orrel en ander musikante wat ’n moderne klank aan Barokmusiek gee. Chris Chameleon – Herleef: Psalms en Gesange Leonard Cohen in Afrikaans Misa Criolla en Navidad Nuestra (met Amanda Strydom en die Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers)