Page 1

krit Krit

Donderdag 3 April 2014

Van zombies tot wolwe, met liefde As ’n mens die sesde dag van ’n fees met ’n wenner begin is die kanse goed dat jy jou momentum gaan hou tot Saterdag. As die wenner dan ’n eeu-oue sprokie is wat op sy kop gedraai is met Sneeuwitjie as die bose ene, trek dit soveel te meer jou sin vir die aweregse. Dus is dit die Hoërskool Bloemhof se Sneeuwitjie en die sewe zombies vandag om 09:00. Dit was die uitblinker van die ATKV-Tienertoneel verlede jaar en spelleiding is deur onder andere Christiaan Olwagen. Dit word as ’n verfrissende, melodramatiese feëverhaal beskryf waarin ’n Boeremeisie in opstand kom teen Sneeuwitjie se heerskappy. Daarna is twee ure opsy gesit vir Pie-

Resensente­dagboek ter Fourie se klug Vat hom Flaffie. Dit is ’n kwarteeu gelede geskryf in die beste klugtradisie en gaan oor ’n klompie mans wat na ’n hydro toe gaan. Nou vir wat sal ’n vleiseter Boerseun hom uitlewer aan ’n slaaiblaar en komkommersap terwyl hy smag na ’n braai en bier?

Dit is mos duidelik dat dit hier om die halsbandjie gaan – soos dit nou maar gaan in ’n klug. Met ’n rolverdeling wat behels Chris van Niekerk, Neels Coetzee en Gideon Lombard en regie deur Albert Maritz, is dit die ene blink belofte. Daarna wag die Afrikaanse verwerking van die Amerikaanse dramaturg A.R. Gurney se Loveletters as Kysbriewe met Hennie Jacobs en Diaan Lawrenson van 7de Laan. Dan sluit ek die dag af op ’n gewigtige noot met Wie is bang vir Virginia Woolf? Dit beloof om ’n nag van lang messe en ou wrokke tussen jarelange huweliksmaats te wees. Met Sandra Prinsloo en Marius Weyers in die hoofrolle gaan dit ’n reis van hoë emosie wees.

3

Piet Matipa

Swartgesmeer Liewe dronk Alkoholgelaaide Aggressiewe Persoon (AAP) en Al Capone-bartenders, moet my asseblief nie slaan nie. Een ding wat ek vroeg geleer het, is: jy moenie met ’n man mors as hy ’n paar kappe in het nie. Hy is nugter genoeg om ’n paar klappe uit te deel – veral die jong spiertiere wat aggressief raak wanneer iemand dieselfde drankie as hulle bestel. Die bulletjie gee jou eers so ’n binnensmondse dreigement: “Wat het jy gesê?” Verward vra jy: “Wie, ek?” Dan antwoord die brekertjie met ’n tevrede: “Jy beter nie.” Asof hy ’n punt gemaak het. Van hulle skouer jou sommer om seker te maak jy verstaan wie’s baas, pappa. So wanneer ek my biscuit skud op die dansvloer, probeer ek maar altyd om uit potensiële AAP’e se pad te bly. Ek het dié week by die Al Capone-kuierplek geleer dat bartenders ook soos AAP’e kan wees wanneer hulle agter die toonbank uitkom. Ek het altyd gedink bartenders is kalm – amper soos dronkmense se sielkundiges. Nie die jong bartenders van Al Capone nie. Dié is soos ’n trop wolwe, gereed om te verskeur. Jou waarskuwing is so ’n gluur en daarna kom die vloekwoorde. Dan moet jy maak dat jy wegkom. Ek kom na ’n kuierplek toe om lekker te kuier – met lekker mense, jolige nagdiere. So, liewe dronk AAP en bartenders, moet my asseblief nie slaan nie. Ek is in elk geval te maer. Praat met ons by @kritredaksie

KKIK­toets wat weet jy?

1. Hoeveel jaar gelede was Anna­Mart van der Merwe en Dawid Minnaar saam op die verhoog? 2. Watter aktrise, wat op die fees is, het onlangs nuwe liefde gevind? 3. Watter KKNK­geleentheid is weens die reën geskuif?

‘Oorlog’ en ete uitgereën ’n Vertoning van die plekspesifieke produksie Land van Skedels is gistermiddag weens die gure weer gekanselleer. Ook die Karoo Lam­ tafel is geskuif uit Baron van Reedestraat na die NG Moedergemeente. Die langtafel­konsep is effens kortgeknip, en daar is een ver­ korte langtafel en ses dwarstafels gedek. Volgens die Suid­Afrikaanse Weerdiens is daar vandag ’n 60% kans op reën en gaan die kwik tot 20°C styg. Vrydag en Saterdag sal gedeeltelik bewolk wees en geen reën word voorlopig voorspel nie. Foto: JACO MARAIS

Antwoorde op gister se vrae

1. Emo Adams 2. Agt 3. 2001 4. Laag­op­laag klere 5. Die ontlasting­gooiers kom fees toe

Volksteater se voet! V

andag kyk ons terug na die jaar 2005. “Die klassieke Afrikaanse teks is hoogs onderskat,” sê Albert Maritz, regisseur van Faan se Trein. “Reeds as student het ek die strydbyl opgeneem met dosente wat neerhalend verwys het na volksteater. Faan het elemente wat daarvan ’n grootse teks maak. Voeg daarby die handvol gesoute akteurs en ’n span gewillige jongelinge, humor soos die baie snaakse begrafnistoneel met dominee se vrou wat haar mond vol tert stop, die pragtige stel deur Koos Marais en die dapper manier hoe ons (ek, die spelers en die verhoogbestuurder Jeanne Steenkamp) die praktiese probleme van ’n groot stuk op skoolverhoë omseil het – ’n goeie storie met die lag en die traan – en ons kon seëvier.”

Vandag in die (Fees) verlede Ilza Roggeband

Daar is wyd oudisies gehou en ná beraadslaging met dramaturg Pieter Fourie is daar op Paul Eilers besluit. “Dit het op talle terreine ’n wyse besluit blyk te wees,” sê Maritz. “Vir twee jaar was Paul ’n wonderlike spanman. Ek dink steeds die jaar daarna, toe hy in Trein en Stasie gespeel het, twee opvoerings per dag die hele week lank, is iets wat moeilik geëwenaar kan word.” Maritz se seun Viljé Maritz is deesdae bekend vir sy rol in Binneland, maar het in Faan se Trein sy eerste rol op die verhoog gespeel. “Toe ek die stuk as kind gesien het, het dit my gehinder dat net een seun kom moeilikheid maak,” sê Maritz senior. “Toe maak ek dit twee. Viljé en sy jonger broer Martiens was in die stuk. Viljé was in Graad 9, pas by Hoërskool Jan van

Riebeeck aangeland met ’n sportbeurs, en het in daardie jaar ook ’n klein rol in ’n skoolproduksie losgeslaan. Maar Faan was sy eerste op ’n professionele verhoog.” Tande uit Die produksie by die Absa KKNK het nie altyd glad verloop nie. “Paul het sy voortande die dag voor ons geopen het, op die verhoog uitgeval,” vertel Maritz. “ ’n Tandarts red ons die nag met Paul wat vier ure in die tandartsstoel moet sit. Die volgende dag open ons foutloos. Daar was twee vertonings en Faan het die fees op hol. “Twee dae later, en in die eerste opvoering van twee, onthou Paul nie ’n woord van die teks nie. ’n Reddingsaksie, ’n verhaal op sy eie, speel hom af en die gehoor kom nie agter die stuk is gehawend en kor-

ter nie. Hulle is steeds verruk.” Daar was ook ’n resensie wat Maritz warm onder die kraag gehad het. “ ’n Laagtepunt in my lewe, en een waarvoor ek steeds die spit afbyt, is toe ek standpunt ingeneem het teen die tragies swak resensie van ’n tydelike resensent. Ek word vandag nog daaroor gestenig deur sommiges, maar feespublikasies maak darem nou van professionele resensente gebruik.” . Roggeband is die skrywer van KKNK 20, ’n feesboek wat by die volgen­ de plekke teen R250 te koop is: V PNA­boekwinkel by die CP Nel Museum V Die Absa KKNK­stalletjies in Baron van Reede en die Rivierbuurt V Aanlyn by www.absakknk.co.za V PNA­boekwinkel by die ATKV­Karoo Kafee by Arbeidsgenot

3__  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you