Kuruman bulletin 26 feb 2014

Page 12

12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 FEBRUARIE 2014

Nie meer in DKD se diens IN January a new Representative Council for Learners (RCL) was elected at the Wrenchville High School. These learners will assist the teachers in the class and also the SMT during break-time. The RLC also represents pupils during a school governing body meeting. From the left are Cameron View (chairperson), Natisha van Wyk (deputy chairperson) and Solomon Fisher. Photo: Supplied

TWEE lede van die departement korrektiewe dienste, Marthinus Cloete en Irene Feziwe Mutsharini, het die departement se diens weens verplasings en/of bedankings verlaat. Cloete is sewe dae ná sy bedanking oorlede – die gemeenskap van Kuruman word hiermee van sy afsterwe ingelig. Cloete het 32 jaar vir die departement korrektiewe dienste gewerk. Foto: Verskaf

FOKUS OP E-CAT

E-Cat lei in omgewingsbestuur Ilse Watson E-CAT is die toonaangewende omgewingsbestuurmaatskappy in die Noord-Kaap en spesialiseer in stofbekamping op omliggende myne. Sy ander produkte en dienste sluit in die suiwering en toetsing van water. E-Cat spesialiseer ook in die verskaffing van myntoerusting soos pompe en elektriese kabels.

Net water is nie doeltreffend genoeg om stof te bekamp nie en daarom word E-Cat se omgewingsvriendelike produk RDC 20 gebruik om die stof te beheer. Water in die algemeen raak ook ’n skaars bron –- RDC 20 dra daartoe by dat waterverbruik met tot 56% bespaar kan word. RDC 20 staan vir Road Dust Control en dit is nie skadelik vir plante of diere nie. Die besonderse produk van E-Cat word op die meeste

paaie by myne gebruik. E-CAT glo sy kultuur is anders deurdat hy mense-georiënteerd en resultaatgedrewe is. Die missie van E-CAT is om die leier in die mark van omgewingsvriendelike dienste en produkte te word. E-Cat se siening is om werkskepping in die gebied te bewerkstellig deur langtermynverhoudings met sy verskillende kliënte te vestig. Tans verskaf E-Cat werk aan 110 mense

waarvan almal in die Kuruman-, Postmasburg- en Kathu-omgewing woon. Stofbekamping is beslis nodig om sodoende aan die gesondheids- en wetlike standaarde van die land te voldoen. Stof op die myne bly ’n groot probleem in die omgewing. Die afgelope ses maande het E-Cat ook sy sakevlerke gesprei en doen nou sake in lande soos Namibië.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.