KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Staan saam teen Dwelms nie die antwoord dwelmmisbruik Benneli Olivier Van der Walt
Benneli Olivier Van der Walt
DWELMMISBRUIK is ’n probleem oor die Noord-Kaap heen. Die polisie op Kathu verskaf die volgende inligting oor dwelmmisbruik aan lesers. Verskillende dwelms kan verskillende fisieke reaksies veroorsaak. Kafeïen, alkohol, dagga, heroïen, ecstacy, Mandrax en kokaïen word alles as dwelms geklassifiseer. Kafeïen en alkohol is wettige dwelms, terwyl dagga, heroïen, ecstacy, Mandrax en kokaïen onwettige dwelms is. Die uitwerking van die dwelm kan nie voorspel word nie. Dit is algemeen bekend baie gesoute dwelmgebruikers het al aan ’n oordosis dwelms gesterf. Dit maak nie saak hoe goed ’n mens voel terwyl jy dwelms gebruik nie, jou liggaam ly daardeur skade. Uppers (kokaïen, ecstacy, Speed, Crack) Uppers laat die gebruiker goed voel. Die korttermyn-uitwerking laat jou voel asof jy meer energie het, maar kan ook angstigheid en paranoia veroorsaak. Dit plaas geweldig druk op die hart.
Langtermyngebruik kan tot die verlies van aptyt, beskadiging van die lyf se senuweestelsel en slapeloosheid lei. Wanneer die dwelm se uitwerking oor is, kan die gebruiker depressief voel en selfs selfdoodneigings toon. Downers (alkohol, dagga, heroïen, Mandrax) Downers laat die gebruiker ontspanne voel. Die misbruik van die dwelms lei tot luiheid en maak dit moeilik om in die samelewing te funksioneer. Skoolkinders en studente wat die soort dwelms misbruik, vind dit moeilik om te konsentreer en opdragte klaar te maak. Verhoudings ly ook daaronder . . . Hallusinogene (LSD en Mescaline) Die soort dwelmmiddels veroorsaak hallusinasies wat ’n blywende uitwerking op die gebruiker se lewe kan hê. Dwelmhandelaars en -bedrywighede kan by die Kathu-polisiekantoor of by die misdaadbord in Shoprite aangemeld word. Bel ao. Allen Dalton of ao. Maryna de Klerk met enige inligting of om dwelmbedrywighede aan te meld.
WANNEER ’n mens die eerste keer ’n dwelm gebruik, sal die uitwerking waarskynlik genotvol wees. Maar hoe meer die dwelm gebruik word, hoe meer het die liggaam die dwelm nodig. En hoe meer dwelms ’n mens soek, hoe meer geld het ’n mens nodig om vir die dwelms te betaal. Geen dwelmhandelaar gee sy produk verniet weg nie. Dwelms is duur en die gevolge van dwelmmisbruik maak dit dikwels nie moontlik vir ’n gebruiker om die geld wat hy of sy nodig het vir die dwelms op ’n wettige manier te verdien nie. Baie dwelmverslaafdes pleeg misdade en ander hoërisikogedrag om geld te maak. Hulle word in hegtenis geneem en beland in die tronk. In die uiterste gevalle word dwelmverslaafdes prostitute en lei ’n tragiese lewe. Soms kan mense dwelms gebruik en vroeg genoeg daarmee ophou sonder om verslaaf te raak. Maar nie almal is een van dié mense nie. Dit
DIE misdaadbord by Kathu se Shoprite kan gebruik word om mis dade annoniem by die polisie aan te meld. Die publiek word gevra om spesifieke besonderhede oor die misdaad neer te skryf en die polisie sal dan die saak opvolg. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
maak nie saak hoe sterk ’n mens se karakter is nie, die verslawing aan dwelms is sterker. Alle dwelmverslaafdes dink hulle kan enige tyd die dwelms ophou gebruik. Ongelukkig is elke verslaafde ’n bewys dat dit nie die geval is nie. Wanneer die lewe moeilik raak, mag ’n mens hom of haar na dwelms wend. Onmiddellike bevrediging, die ontsnapping van die werklikheid, ’n gevoel
van innerlike vrede of selfs die gevoel van mag is die beloftes wat dwelmhandelaars maak. Dwelmhandelaars vertel ongelukkig nooit die volle waarheid nie. Die feite van dwelmverslawing is dat: ) Die gebruiker kan nooit die uitwerking van die dwelm voorspel nie. ) Die gebruiker kan nooit seker wees waarmee die dwelm gemeng is nie. ) Wanneer die uitwerking van die dwelm oor is, wag die werklikheid en die probleme waarvan die gebruiker probeer ontsnap het steeds. ) Enige kombinasie van dwelms kan potensieel dodelik wees. ) Dwelms laat die gebruiker beheer verloor (byvoorbeeld oor die bestuur van ’n motor). Ongeag hoe aanloklik dwelms mag lyk, sal dit nie probleme laat verdwyn nie. As ’n mens se probleme te veel begin raak, soek eerder hulp. As ’n mens al vantevore dwelms gebruik het en bang is om verslaaf te raak is dit beter om dadelik vir hulp te vra. Hoe gouer die probleem aangepak word, hoe vinniger kan ’n oplossing gevind word.
13