G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Les 1 Ligging van die ewenaar, Noord- en Suidpool op ’n aardbol
1
Definieer Ewenaar: ’n denkbeeldige lyn op die aardbol wat die aarde in noord en suid verdeel
Halfrond: ’n helfte van die wêreld wat deur die ewenaar verdeel word, gewoonlik die
Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond
Mense het eers gedink die aarde is plat en dat jy sal afval as jy té ver seil.
Vandag weet ons die aarde is rond, soos ’n strandbal, sonder rande. Die ewenaar is ’n denkbeeldige
lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel. Die boonste deel is die Noordelike Halfrond en die onderste deel die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika lê suid van die ewenaar en is dus deel van die Suidelike Halfrond.
Figuur 1.1: ’n Uitbeelding van ’n plat aarde
© Optimi
11