Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
Eenheid
2
Bronne en verwysingsmateriaal soos woordeboeke en tesourusse gebruik om effektiewe en presiese woordeskat te kies en aanbiedings te lewer deur gebruik te maak van notas en rekwisiete, oudio- en/of visuele hulpmiddels en grafieke om die aanslag en akkuraatheid van aanbiedings te verhoog.
Voorbereiding en aanbieding Jy moet mondelinge-aanbiedingsvaardighede inoefen en demonstreer deur die volgende te doen: Direk met die gehoor te praat. Na ’n wye verskeidenheid bronne verwys wat geraadpleeg is, insluitend ’n reeks feite en voorbeelde volgens die vereistes van die taak en erkenning aan die geraadpleegde bronne gee. ’n Doeltreffende inleiding gee en ’n gevolgtrekking maak, idees ontwikkel en argumente op ’n duidelike en logiese manier saamstel sodat die toespraak op die man af is en afwykings, onnodige herhaling en clichés vermy word. Organisatoriese strukture soos chronologie, onderwerp, oorsaak-gevolg, vergelykkontrasteer en probleemoplossing gebruik om in te lig en te oorreed. Korrekte intonasie en frasering gebruik. ’n Duidelike argument aanbied en dit volhou deur verskillende gepaste bewyse te kies (bv. statistiek, getuigskrifte, spesifieke gevalle) wat geloofwaardig, geldig en relevant is. Gepaste aanspreekvorme en herhalings (dames en here; ek wil beklemtoon dat ...) gebruik. Gepaste woordkeuse, taalstrukture en -konvensies gebruik. Verbale en nieverbale tegnieke (bv. toon, stemprojeksie en -modulasie, volume, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukkings, gebare, liggaamstaal) in aanbiedings gebruik.
Informele bespreking/gesprek
© Optimi
Die volgende stappe moet gedoen word tydens die informele bespreking of gesprek: Inisieer en hou die gesprekke vol. Pas beurtnemingskonvensies toe. Gee vir elke persoon in die groep ’n kans om sy/haar mening te lug. Verdedig ’n standpunt met feite, sonder om aggressief of emosioneel te raak. Onderhandel altyd sodat ’n kompromie bereik kan word. Vul gapings in en moedig ander sprekers aan om ook hul opinie te gee. Deel idees en ervarings en toon begrip van konsepte.
18

