
1 minute read
LESELEMENTE
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.