Gr 12-Afrikaans Huistaal-Handleiding Taalkunde 1

Page 19

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Eenheid

2

EENHEID 2: Voorseisoen LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:    

’n Informele bespreking kan hou oor die onnatuurlike seisoene, reënpatrone, hitte, ens., wat ons beleef. ’n Begripsleesoefening voltooi. ’n Beredenerende/argumenterende opstel skryf. ’n Geïntegreerde taaloefening voltooi wat op leestekens fokus.

Die doel van hierdie eenheid is om jou bekend te stel aan informele besprekings sodat jy leer om jou opinie op grond van feite te stel. Jy gaan ’n begripsleesoefening doen, leer hoe om ’n beredenerende opstel te beplan en te skryf, sowel as ’n taaloefening voltooi waar die fokus op leestekens is.

Les 5: Informele bespreking Praat Jy gaan in hierdie eenheid leer hoe om gemaklik, geredelik en akkuraat te praat. Dit is een van die belangrikste vaardighede vir jou persoonlike en professionele lewe in die toekoms. In die vorige grade het jy reeds die meeste van die basiese praattegnieke geleer, daarom word net dié tegnieke waarmee jy nog nie vertroud is nie, behandel. Die praatproses Tydens die praatproses moet jy die volgende praatproses- en kommunikasiestrategieë insluit:  Beplanning, navorsing, organisering.  Voorbereiding en aanbieding. Beplanning, navorsing en organisering Jy moet die vaardighede van beplanning, navorsing en organisering vir mondelinge aanbiedings deur die volgende demonstreer:  Die gebruik van gepaste register, styl en toon (volgens gehoor, doel, konteks en tema).  Die gebruik van toepaslike taal.  Kritiese taalbewustheid demonstreer deur feite weer te gee, menings uit te spreek, denotatiewe en konnotatiewe betekenis te herken en geïmpliseerde betekenis te verduidelik.  Uitdrukking gee aan waardes en houdings en bewustheid van partydigheid, stereotipering, gevoels-, oorredings- en manipulerende taal toon.

© Optimi

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.