Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
VOORWOORD In hierdie fasiliteerdersgids gaan elke faset van die kandidate se Afrikaans Huistaal-studie behandel word. Elke les word afsonderlik hanteer, sodat daar duidelike onderskeid tussen luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, en die praatproses is. Deur die jaar sal daar van die kandidate verwag word om verskillende portefeuljetake te voltooi, wat die jaarpunt sal uitmaak. Die jaarpunt tel uiteindelik 25% van die totale punt vir Afrikaans Huistaal. Die portefeuljetake kan in die portefeuljeboek gevind word. Alle ander aktiwiteite is daar gestel om die kandidate te help met die voorbereiding vir eksamens. Buiten die taalaspek, gaan 12 gedigte, die roman Droomdelwers en die drama Siener in die suburbs behandel word. In elkeen van die bogenoemde genres moet die kandidate uiteindelik langvrae sowel as kontekstuele vrae kan beantwoord. Hierdie afdelings word in vraestel 2 van die eksamen geassesseer. Vraestel 1 gaan fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis. Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word. Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel, want dit is eintlik net ’n samestelling van al die mondelingpunte deur die jaar. Die kandidate moet elke aktiwiteit in die handleiding getrou voltooi nadat die gegewe leerwerk hanteer is. Gaan na die tyd saam die kandidate deur die antwoorde. Die antwoorde is in die fasiliteerdersgids vervat.
© Optimi
5