Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
EENHEID 1: ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
Geïntegreerde taaloefeninge voltooi. ’n Opsomming van ’n leesstuk maak. Visuele geletterdheid kan interpreteer en vrae daaroor beantwoord. ’n Begripsleesaktiwiteit voltooi.
Les 1: Taal in konteks LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les behoort jy: ’n Artikel te lees en vrae daaroor beantwoord. Sinskonstruksie te verstaan en reg toepas. Die proses van om ’n opsomming te maak, te verstaan en toepas.
Tydens die leesproses moet jy die volgende stappe volg: Vluglees en soeklees vir belangrike woorde, opskrifte, subopskrifte, lettertipes en nommers. Onderstreep onbekende woorde en kyk of jy die betekenis uit die sin kan aflei en konteks waarin dit gebruik word. Omdat hierdie klaswerk is, mag jy ’n woordeboek gebruik om onbekende woorde op te soek. Dit sal ook help om jou woordeskat uit te brei. Kry ’n aktiewe begrip van die teks. Eers nadat jy die teks gelees het en verstaan waaroor dit gaan, moet jy die vrae beantwoord.
© Optimi
Feit: Iets wat vasstaan, dit kan nie verander word nie/kan bewys word. Mening: Iemand se sienswyse/opinie, nie noodwendig waar nie. Denotatief: Letterlike taalgebruik. Konnotatief: Figuurlike taalgebruik.
7