
2 minute read
VOORWOORD
VOORWOORD
Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 12.
Al die werk vir die jaar word in die handleidings vervat. Taalkunde en letterkunde het aparte handleidings en fasiliteerdersgidse. Al die werk in beide handleidings moet behandel word soos in die jaarplan aangedui.
Die taalaspekte van graad 12-werk word op grond van kennis gedoen. Jy het reeds vanaf graad 8 taalkennis begin opbou en nou moet die kennis net toegepas word. Die moeiliker aspekte van die taal sal egter weer behandel word. Elke eenheid dek ’n kwartaal.
Voltooi elke aktiwiteit in die handleiding getrou nadat die gegewe leerwerk behandel is. Jou fasiliteerder sal al die antwoorde met jou kontroleer en hersiening doen waar nodig.
PORTEFEULJEWERK
Jou jaarpunt word deur portefeuljetake bepaal, wat in die portefeuljeboek gevind kan word. Die take in die portefeuljeboek moet betyds voltooi en aan Impak gestuur word teen die bepaalde datums op die puntestaat (in die portefeuljeboek).
Die take sal dan by Impak nagesien word. Jy sal jou punte in ’n vorderingsverslag/puntestaat ontvang, maar die take word nie teruggestuur nie. Jy moet dus ’n gewaarmerkte afskrif vir jouself maak en by jou hou. Die take sal by Impak in jou persoonlike portefeulje gehou word – die portefeuljes van alle kandidate moet te alle tye beskikbaar wees vir moderering deur die eksamenraad.
Afrikaans het ook ’n praktiese gedeelte, naamlik die mondelingtake. Hierdie take tel as individuele take, maar die punt maak ook vraestel 4 van die Eindeksamen se punt op. Fasiliteerders evalueer nie die mondelinge nie. Reëlings vir die evaluering van mondelinge sal deur Impaq getref word.
EKSAMENS
Daar is drie eksamens wat in die jaar afgelê moet word. Die vraestelle is as volg: Vraestel 1 fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis. Vraestel 2 is letterkunde, wat poësie en prosa behels. Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word. Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel – dit is eintlik net ’n samestelling van al jou mondelingpunte deur die jaar.
ADDISIONELE BRONNE
Indien jy ekstra oefeninge wil doen, word die volgende boeke aanbeveel (let wel: die nodige werk word in die handleidings gedek en enige addisionele boeke dien slegs as verryking):
Gouws, R., Gouws, S. en Lätti, M. 2013. Afrikaans sonder grense, 12 Eerste Addisionele Taal. Maskew Miller Longman
Lutrin, B. 2004. Afrikaans Handbook & Study Guide. Berlut Books
Vosloo, R., Viljoen, H., Prinsloo, B., Stevens. H. en Ras, B. 2013. Piekfyn Afrikaans Graad 12. Best Books