Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
2
EENHEID 2: Die toekoms wag LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
Geïntegreerde taaloefeninge voltooi. ’n Opsomming van ’n leesstuk maak. ’n Begripsleesaktiwiteit voltooi.
Les 5: Taal in konteks LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les behoort jy: Woordsoorte te kan identifiseer. Sinne te kan omskakel van direkte na indirekte rede en andersom.
Verwys na bylae A agter in die handleiding, waarin al die taalaspekte verduidelik word.
’n Kort opsomming van woordsoorte (Verwys na bylae A vir ’n meer omvattende verduideliking.)
© Optimi
Selfstandige naamwoord (noun) – Dit is die naam wat ons aan voorwerpe en dinge gee, bv. tafel, stoel, boom, ens. Selfstandige naamwoorde het ook verkleinwoorde, meervoude en kan ’n lidwoord vooraan kry. Ons kry konkrete selfstandige naamwoorde (kan dit sien en voel) of abstrakte selfstandige naamwoorde (begrippe soos liefde, vriendskap, ens.). Hoofwerkwoorde (verb) – Dit is “aksiewoorde”, bv. sit, loop, aanbid, ens. Byvoeglike naamwoorde (adjective) – Beskrywende woorde voor ’n selfstandige naamwoord. Bywoorde (adverb) – Beskrywende woorde voor ’n werkwoord. Lidwoorde (article) – ’n of die Voornaamwoorde (pronoun) – Dit word gebruik in die plek van ’n selfstandige naamwoord. Telwoorde (tel = count) – Getalle en woorde wat op getalle dui (bv. hope, paar).
20