2 minute read

Konflikbestuur

Next Article
Sinergie

Sinergie

3. Konflikbestuur

Waar daar diversiteit is, sal daar verskillende opinies wees. Dit is nie noodwendig altyd ’n slegte ding nie, soos aan die hand van die volgende klassifikasie gesien kan word: ○ Funksionele konflik – dit is nie-aggressiewe konflik wat kreatiwiteit stimuleer en idees toelaat om te vloei. ’n Voorbeeld hiervan is mense wat nie saamstem nie, maar bereid is om na verskillende idees te kyk, ten einde tot ’n vergelyk te kom, soos in ’n dinkskrum waar selfs ’n slegte idee tot ’n goeie idee wat uiteindelik kan werk, kan lei.

○ Disfunksionele konflik – Aggressiewe verskille ontstaan waar die partye weier om ’n ooreenkoms te bereik en dit kan die werk aan ’n taak sowel as goeie verhoudings benadeel. Beide tipes konflik moet opgelos word. Funksionele konflik kan opgelos word deur kreatiewe idees te kies en dan tot ’n vergelyk te kom oor hoe om vorentoe te beweeg. Disfunksionele konflik moet deur die proses wat hieronder bespreek word, aangespreek word. Die proses bestaan uit vier stappe, waar elke opeenvolgende stap meer bemiddeling as die vorige een nodig het. Wanneer die konflik in enige van die stappe opgelos word, hoef daar nie na die volgende stap oorgegaan te word nie.

Stappe in konflikoplossing:

Onderhandeling Versoening Bemiddeling Arbitrasie

ONDERHANDELING

VERSOENING

Versoener BEMIDDELING

Bemiddelaar ARBITRASIE

Arbiter

Disputante

Disputante Disputante Disputante

Twee partye kom bymekaar en probeer om alleen tot ’n vergelyk te kom. Indien onderhandelinge onsuksesvol was, word ’n derde party genader om betrokke te raak. Hierdie persoon maak seker dat albei partye ’n kans kry om te praat.

Voorbeeld: ’n Pa en seun verskil oor hoe laat die seun saans tuis moet wees. Hulle kom bymekaar om die saak te bespreek en saam ’n oplossing te vind. Voorbeeld: Twee vriende baklei as gevolg van ’n misverstand, ’n derde persoon tree dan tot die gesprek toe om seker te maak dat beide partye al die nodige inligting het en dat die misverstand uit die weg geruim kan word. Indien versoening nie werk nie, raak die derde persoon meer betrokke en gee raad, maar die uiteindelike besluit lê nog by die oorspronklike partye.

Voorbeeld: Twee besigheids- vennote verskil oor die sluit van ’n nuwe kontrak. ’n Prokureursvriend met kennis van kontrakte kan ingeroep word om meer lig op die saak te werp en te sorg dat hulle meer insig kry ten einde tot ’n vergelyk te kan kom. Indien bemiddeling nie die problem kon oplos nie, word die besluit uit die hande van die oorspronklike partye geneem en ’n derde persoon neem dan die besluit.

Voorbeeld: Twee vloerbestuurders in 'n fabriek kan nie tot 'n vergelyk kom oor die plasing van nuwe, groot stuk toerusting nie. Die produkbestuurder tree tussenbeide om die besluit te neem wat bindend vir albei departemente is.

This article is from: